• No results found

Phoenix. [CD resensie]

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Phoenix. [CD resensie]"

Copied!
1
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

123

PHOENIX

Universiteit van Pretoria Camerata onder leiding van Michael Barrett

Z. Fick: Onse Vader; J. Dowland: Come Again; A. Bruckner: Locus iste; J. Elberdin: Cantate Domino; H. Hofmeyr: Spokewals; V. Miškinis: Neišeik, Saulala; K. Matsushita: Karamatanu Kuicha; Trad.: Indodana

(verwerk: M. Barratt & R. Schmitt); Mangisondele

Nkosi Yam (verwerk: M. Barratt); Songs from Africa: Sanbonani; Ndawana; Umahlalela; Namhla Kudibene

(verwerk: M. Barratt); D. Besig: As long as I have Music; Spiritual: Didn’t my Lord deliver Daniel

(verwerk: A. Dale).

Geen reeksnommer (CD 57:43) Engelse kommentaar ingesluit Opname: Plek onbekend

indrukwekkend afgesluit met twee liedere uit Suid-Afrika, naamlik Umahlalela (Xhosa) en Kwela

Kwela, ’n tradisionele Tswana-huwelikslied.

Die Pretorianers se ewe-indrukwekkende vrystelling open met Zander Fick se Onse Vader, wat skalks na die bekende kerklied knipoog, maar dan ontwikkel in ’n volwaardige komposisie waarin die emosionele trefkrag van die teks effektief verklank word. Dowland se bekende Come Again, voortreflik uitgevoer met die medewerking van Ryan Kirsten (klassieke kitaar), en Bruckner se

Locus Iste – (beide komposisies waarskynlik baie bekend aan voormalige lede van Suid-Afrikaanse

universiteitskore) – herinner vlugtig aan ouer koortradisies – ’n verpligte en onontbeerlike deel van koorontwikkeling. ’n Interessante werk in hierdie aanbieding is die “Spokewals” van Hendrik Hofmeyr. Die spookagtige opening, gevolg deur die verwronge wals, alles binne die konteks van “onaardse” harmonieë, word op ’n uitstaande wyse uitgevoer – ’n kragtoer in die kleine. Koormusiek uit Litaue en Japan, gesing in die oorspronklike tale, voer die program verder na ’n reeks liedere uit Suid-Afrika: Indodana, Mangisondele Nkosi Yam, en die siklus Songs from Africa (“Sanbonani”; “Ndawana”; “Umahlalela”; “Namhla Kudibene”) – almal effektiewe verwerkings van die koorleier Michael Barrett. Die Camerata se program sluit af met As Long as I have Music en ’n opwindende verwerking van die geestelike lied, Didn’t My Lord deliver Daniel?

Albei CD-omslae bevat inligting oor die kore en koorleiers, aangevul met foto’s. Die Camerata-omslag sluit name van die koorlede in. asook Engelse vertalings van al die liedtekste. Dit is te begrype dat onkoste dikwels dikteer, maar die insluiting van Engelse tekste van veral nie-Engelstalige liedere, is altyd aan te beveel.

Albei hierdie kore is as wenners in die onderskeie afdelings waaraan hulle deelgeneem het tydens die Wêreld-koorspele in Riga, Letland, aangewys is (2014). Die CD’s bied aaan ons die klankmatige bewys waarom hierdie uitmuntende kore so hoog aangeskryf word. Skaf gerus vir u hierdie CD’s aan. Vir verder inligting: www.sun.ac.za/koor en www.tukscamerata.up.ac.za.

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Although Casino Royale does not quite have a fairy-tale ending like From Russia with Love, in both movies Bond still has to fight off villains, leaving the city in a state

Therefore, we thought it might be fruitful to examine the recall accuracies of the stable phrases versus the recall accuracies of the non-stable phrases within each of the

Hypothesis 6: The mediated relationship between exposure and story-consistent beliefs through narrative immersion will be moderated by prior exposure, such that participants who

The first indications came from interpretation of the disjoining pressure isotherms of wetting films of water on hydrophilic substrates [1], while unambiguous experimental proof

[1] H. Tijdeman: On the propagation of sound waves in cylin- drical tubes. Beltman: Viscothermal wave propagation includ- ing acousto-elastic interaction. Beltman: Viscothermal

experiences of accessing HIV testing at public sector primary health care facilities or non-governmental mobile services in Cape Town, South Africa.. Sue-Ann Meehan 1* , Natalie Leon

The Embedded Systems master provides direct admission (no bridging courses) for students who have completed a Bachelor in Computer Science or in Electrical Engineering (e.g.. of

- Facility Services zou het beste de strategie van Productleiderschap (Treacy en Wiersema) / differentiatie (Porter, 2000) kunnen toepassen omdat de potentiële afnemers kwaliteit en