• No results found

Frederik Salomo (Salmon) Opperman gehuldig

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Frederik Salomo (Salmon) Opperman gehuldig"

Copied!
1
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

FREDERIK SALOMO (SALMON)

OPPERMAN GEHULDIG

Op 16 Desember 1981 is ’n borsbeeld ter ere van die stamvader van die Oppermans, Frederik Salomo, wat reeds op 3 November 1891 oorlede is, in die Oppermansgronde onthul. Die eerste plaas in hierdie landelike Kleurlinggebied in die distrikte Jacobsdal en Fauresmith is in 1859 deur Frederik van Adam Kok III gekoop en die Oppermansgronde is deur Frederik se seun, Adam, aan sy verwante as gemeenskaplike besit nagelaat. ’n Volkekundige ondersoek word tans deur die Museum in hierdie gebied gedoen. Die gedagte om Frederik Opperman op hierdie wyse te huldig het in die gebied self ontstaan en die nodige reelings is deur die “Salomo Frederik Gedenkkomitee” gekoordineer. Nadat genoeg geld plaaslik ingesamel is, is die Bloemfonteinse beeldhoudster, Daniella Geldenhuys, opdrag gegee om ’n borsbeeld te maak. ’n Spesiale program is vir die onthulling gedruk. Die

E. du Pisani

Die borsbeeld van Frederik Salom o (Salm on) Opperman.

onthulling is deur mev. Mina Romain, ’n suster van wyle A d a m J a c o b u s O p p e rm a n , waargeneem. Sy is die langslewende van die Oppermans. (Adam Jacobus se vader, Salmon Adam Opperman, was ’n seun van Adam Fillippus Jakobus, ’n seun van Adam Opperman na wie voorheen in Museumnuus nr 20 verwys is), ’n Bondige historiese oorsig sowel as besonderhede oor latere ontwikkelinge in die gebied is tydens die plegtigheid gegee. Koorsang het ’n gewyde atmosfeer aan die geleentheid verleen. Die belangrikheid van hierdie gem eenskap se geskiedenis en g ro n d b e sit is d eu r verskeie sprekers beklemtoon.

Op ’n gedenkplaat, wat later teen die monument se voetstuk aangebring sal word, verskyn die volgende aanhaling uit Adam Opperman se testament:

“De Testateur verklaarde ... dat genoemde erfgename en hunne wettige opvo/gers dezelve nooil o f nimmer zullen mogen verkopen, verbinden, verruilen, verhuren, verpachten, of anderzinds direct o f indirect vervreemden o f hezwaren maar dezelve a/s Fidei Commissum een onvervreemde erfgoed der Familie Opperman zullen blyven. ”

Die oprigting van die borsbeeld is die eerste fase van ’n groter projek om historiese voorwerpe in die gebied te bewaar. Hierdie beeld is 'n belangrike toevoeging tot enkele ander monumente (byvoorbeeld vir Adam Kok III) wat tot op hede vir ’n Kleurling-leier in Suid-

Afrika opgerig is. o

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

It might be true if Siraj said that “Islam is inherently a homophobic religion” (Siraj, 2012, p. 449) due to its strong homophobic religious doctrines. Although this statement

zekerlijk het doel van haar leven: Adam te behagen, hem volgend als haar meester waar hij goedvond te gaan, en naar zijn begeeren te glimlachen en te caresseeren wijl hij

Die illusie wat so gewek word, heri;nner aan die bygeloof C7an die beoefenaars van die dolosspel, naOJnlil'> dat n .bonatuurlilie mag die voorwerpe rangsliik,

oak dat die kind hom nie op enige spesifieke stadium kon identifiseer met die ouer as totale persoon nie, maar slegs met daardie wederkerige rolverwantskap wat

DOEL Plaatsen van de huidige discussie over mdma in de context van de recente geschiedenis en beantwoorden van de vraag wat we kunnen leren van de manier waarop mdma werd gebruikt

[r]

(1) Ik, de oude mens in Adam, ben gekruisigd met Christus; (2) het is niet langer het oude “ik” dat leeft, maar Christus leeft in mij, de nieuwe schepping; (3) het leven dat ik,

De beschimpingen van de Gouverneur, die door Tas ten val gebracht was, kunnen wij natuurlijk niet als de waarheid aannemen; maar Tas heeft stellig dadelik de eigenschappen getoond,