• No results found

Die markbehoefte van Cycloxydim tolerante mielies in die Noordwes streek van Suid-Afrika

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Die markbehoefte van Cycloxydim tolerante mielies in die Noordwes streek van Suid-Afrika"

Copied!
74
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

Die markbehoefte van Cycloxydim tolerante

mielies in die Noordwes streek van Suid-Afrika

CJP Otto

orcid.org/0000-0003-3026-2151

Skripsie voorgelê ter gedeeltelike nakoming vir die graad

Magister in Bedryfsadministrasie

aan die Noordwes-Universiteit

(2)

THE MARKET DEMAND OF CYCLOXYDIM TOLERANT MAIZE IN THE

NORTHWEST REGION OF SOUTH AFRICA

ABSTRACT

The increase in world population results in higher demand on food sources. This demand requires more efficient food production by using the already scare resources optimally. Maize is one key source of food for the development- and poorer countries of the world. Increased production could be achieved by reducing the impact of weeds on crops such as maize. Here chemical weed control plays a significant role. Current practice is mainly using a mono-cultural chemical substance namely Glyphosate. However, mono-cultural practices do have the disadvantage of developing resistance in weeds; this endangers the continued use of the specific chemical substance for weed control. Sustainable control could be achieved by altering the chemicals used to control weeds. Cycloxydim is one solution because it has a different active ingredient namely the Acetyl co-enzyme which is an inhibiter which also controls grass while the maize has a natural tolerance against this chemical. This study determines if the North West region has a market demand for Cycloxydim tolerant maize. The study confirmed that this demand exists and also showed that farmers are positive about the product, especially because some already witnessed chemical resistance on their crop fields.

(3)

OPSOMMING

Met ʼn toename in die wêreldbevolking en die groeiende voedselbehoefte word groter eise aan skaal hulpbronne gestel om die wêreld te voed. Beter effektiwiteit in voedselproduksie bied een oplossing, en hier kan beter onkruidbeheer ʼn rol speel om die natuurlike hulpbronne optimaal te benut. Die teenwoordigheid van onkruid het ʼn negatiewe impak op mielieopbrengs en die gebruik van chemiese onkruidbeheer speel ʼn belangrike rol in die beheer van onkruid in mielieverbouing. Hierdie beheer word hoofsaaklik uitgeoefen deur van ʼn mono-kulturele praktyk gebruik te maak waar slegs een chemiese middel, naamlik Glifosaat, gebruik word. ʼn Mono-kulturele praktyk veroorsaak egter dat weerstand in onkruide opbou, en dit bring die volhoubaarheid van hierdie praktyk in gedrang. Volhoubaarheid kan egter verseker word deur afwisseling van chemie met ʼn ander metode van werking. Cycloxydim bied hierdie oplossing aangesien dit ʼn ander metode van werking het naamlik Asetiel ko-ensiem A inhibeerder, en dit gras spesies kan beheer in mielies wat natuurlike toleransie teen hierdie chemie opgebou het. Hierdie studie ondersoek of daar wel ʼn mark bestaan in die Noordwes streek van Suid Afrika om ʼn alternatief soos Cycloxydim tolerante mielies aan te plant. Die studie bevind dat daar inderdaad so behoefte bestaan en dat boere reeds weerstand ondervind in hulle mielielande teen Glifosaat.

(4)

BEDANKINGS

Graag wil ek die volgende bedankings doen wat die voltooiing van hierdie studie moontlik gemaak het:

• Die Here wat hierdie geleentheid vir my moontlik gemaak het.

• My vrou Sumandi en twee dogters, Lesa en Lienke, vir hulle motivering • My studieleier, Prof Christo Bisschoff vir sy ondersteuning en leiding. • My familie en vriende vir hulle ondersteuning.

(5)

INHOUDSOPGAWE

ABSTRACT ... II OPSOMMING ... III BEDANKINGS ... IV LYS VAN FIGURE ... IV LYS VAN TABELLE ... V

1 HOOFSTUK 1: OORSIG VAN DIE STUDIE ... 1

1.1 INLEIDING ... 1

1.1.1 Die rol van die Suid-Afrikaanse landbousektor in die land se ekonomie ... 1

1.1.2 Die Noordwes Provinsie ... 2

1.1.3 Eksterne omgewing en die landbou in Suid Afrika ... 4

1.2 PROBLEEM STELLING ... 7

1.3 NAVORSINGSDOELWITTE EN SPESIFIEKE NAVORSINGSVRAE ... 8

1.3.1 Primêre doelwit ... 8

1.3.2 Sekondêre doelwit ... 8

1.3.3 Navorsing vrae ... 9

1.4 BELANGRIKHEID EN VOORDELE VAN DIE STUDIE ... 9

1.5 OMVANG VAN DIE STUDIE ... 10

1.6 NAVORSINGSONTWERP ... 10

1.6.1 Literatuurstudie ... 10

1.6.2 Kwalitatiewe navorsingsbenadering ... 10

1.7 AANNAMES ... 10

1.8 DEFFENIESIE VAN KERN TERME ... 11

1.9 HOOFSTUKUITLEG ... 11

1.10 OPSOMMING ... 11

2 HOOFSTUK 2: LITERATUUR OORSIG ... 13

2.1 INLEIDING ... 13

2.2 DIE BEHOEFTE VIR LANDBOU IN SUID AFRIKA... 13

(6)

2.4 DIE ROL WAT GENETIES GEMANIPULEERDE MIELIES SPEEL IN DIE

VOEDSELKETTING... 22

2.4.1 Kritiek oor GMO in Suid Afrika ... 24

2.5 ONKRUIDBEHEER IN MIELIES ... 25

2.5.1 Biologiese beheer ... 25

2.5.2 Meganiese beheer ... 26

2.5.3 Chemiese beheer ... 26

2.5.4 Cycloxydim tolerante mielies (CTM) as moontlike chemiese gewasbeskerming ... 27

2.5.5 Kritiek oor Cycloxydim behoefte in Suid afrika ... 30

2.5.6 Belangrikheid van chemiese variasie en onkruid beheer ... 30

2.5.7 Potensiële oplossings tot die probleem ... 32

2.6 OPSOMMING ... 33

3 HOOFSTUK 3: NAVORSINGS ONTWERP, RESULTATE EN BESPREKING ... 34 3.1 INLEIDING ... 34 3.2 NAVORSINGSMETODOLOGIE ... 34 3.2.1 Navorsingsontwerp ... 34 3.2.2 Populasie en steekproef ... 35 3.2.3 Data-insameling ... 36 3.2.4 Data analise ... 37

3.2.5 Assessering en demonstrasie van die kwaliteit en grootte van die voorgestelde navorsingsontwerp ... 37

3.2.6 Navorsingsetiek ... 38

3.3 RESULTATE ... 38

3.3.1 Praktyk en gebruik ... 38

3.3.2 Redes waarom respondente chemiese doders gebruik ... 39

3.3.3 Alternatiewe metodes van onkruidbeheer ... 40

3.3.4 Probleme om onkruide effektief te beheer ... 41

3.3.5 Onkruide se Glifosaat weerstand ... 43

3.3.6 Mark vir GMO vrye graan ... 44

3.3.7 Opbrengs van chemiese onkruidbeheerde lande ... 44

3.3.8 Produksiekoste ... 45

(7)

3.4 OPSOMMING ... 46

4 HOOFSTUK 4: GEVOLGTREKKING EN VOORSTELLE ... 48

4.1 INLEIDING ... 48

4.2 GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS ... 48

4.3 VOORSTELLE VIR TOEKOMSTIGE NAVORSING ... 52

4.4 OPSOMMING ... 52

5 LYS VAN VERWYSINGS ... 54

6 BYLAAG A ... 59 7 BYLAAG B ... 60 8 BYLAAG C ... 61 9 BYLAAG D ... 63 10 BYLAAG E ... 64 11 BYLAAG F ... 65

(8)

LYS VAN FIGURE

Figuur 1.1 Die gebied waarin die studie onderneem is. ... 3

Figuur 1.2 Jaarlikse aanvalle en moorde op plase. ... 6

Figuur 2.1 Die verbruik van graan en vleis as direkte voedselbron. ... 14

Figuur 2.2 ʼn Suid Afrikaanse kaart wat die landboustreke aandui. ... 15

Figuur 2.3 ʼn Uiteensetting van die jaarlikse reënval van Suid Afrika. ... 16

Figuur 2.4 Reënval patroon van die somer reënval streek... 16

Figuur 2.5 Reënval patroon van die winter reënval streek. ... 17

Figuur 2.6 Reënval patroon van die transisionele reënval streek. ... 17

Figuur 2.7 Die totale kommersiële produsente van Suid Afrika. ... 18

Figuur 2.8 Die totale area aanplanting van die mees bekende akkergewasse van Suid Afrika oor verloop van tyd. ... 20

Figuur 2.9 Die mielie produksie oor verskeie seisoene. ... 21

(9)

LYS VAN TABELLE

Tabel 1.1 Landbou se bydraes tot die ekonomie. ... 2 Tabel 1.2 Lys van afkortings ... 11

(10)

1

HOOFSTUK 1: OORSIG VAN DIE STUDIE

1.1 INLEIDING

Hierdie studie handel oor die gebruik van ʼn alternatiewe chemie om onkruidbeheer toe te pas in mielies (of dan breëblaar gewasse). Die hoofstuk stel die agtergrond van die somersaaigebiede, die landbou en die Noordwes provinsie waar die studie uitgevoer is, bekend. Die invloed van landbou in die Suid-Afrikaanse ekonomie word ook bekend gestel. Die in-diepte besprekings van die landbou, die provinsie en die betrokke chemie word in hoofstuk twee gedoen.

Suid Afrika is divers met ʼn verskeidenheid van verskillende gewasse en landbouaktiwiteite. Beide lewende hawe as boerdery-aktiwiteit sowel as ʼn verskeidenheid gewasse word verbou op droë land en onder besproeiing. Grainger (2018) toon verder aan dat groenteboerderypraktyke ook ʼn groeiende bedryf in die landbou is. Suid Afrika val hoofsaaklik in drie reënvalstreke, naamlik winter, somer en reënval wat deur die jaar voorkom.

Die winterreënvalstreek sluit die Weskaap in, wat benewens bekendheid vir druiwe en wynproduksie, ook koring (508,365 hektaar), kanola (68,075 hektaar) en groente produseer (Grainger, 2018). Die res van die binneland is ʼn somerreënvalstreek waar ekstensiewe boerdery fokus op die verbouing van somergraan en oliesade. Hier word beide geel en wit mielies (met aanplantings van ongeveer 2 miljoen hektaar), sonneblom (718,500 hektaar), sojabone (502 800 hektaar), grondbone (22,600 hektaar), sorghums (48,500 hektaar) en droë bone (34,400 hektaar) jaarliks aangeplant (Grainger, 2018). Alhoewel die gewasse en die aantal hektaar wat jaarliks aangeplant word as gevolg van die gewaspryse en die klimaat varieer, word daar ongeveer 3.2 miljoen hektaar jaarliks in die somerreënvalstreek beplant (SAGIS, 2016:2).

1.1.1 Die rol van die Suid-Afrikaanse landbousektor in die land se ekonomie

Die landbousektor in Suid Afrika speel nie net ʼn belangrike rol in die ekonomie van die land nie, maar is veral krities ten opsigte van voedselsekuriteit en om die bevolking van die land te voed. Hier noem Du Plessis (2012) dat “Sustainable farming is about meering the needs of South Africans today and in the future. The recent global rise in food prices and

(11)

repeated reports about social untest in a large number of countries reveal the strategic and basic importance of the agricultural sector for social and economic stability”.

Landbou was nog altyd, selfs ten spyte van wisselde klimaatsomstandighede en droogtes, ʼn steunpilaar in die bydraes tot die Suid-Afrikaanse Bruto Binnelandse Produk (BBP). Die afgelope agt jaar se bydraes word in die tabel hieronder aangetoon.

Tabel 1.1 Landbou se bydraes tot die ekonomie. Jaar Totale waarde

bygedra R (mil.)

Bydrae van landbou tot waarde

R (mil.) As % 2009 2 277 146 56 055 2,5% 2010 2 494 860 52 001 2,1% 2011 2 725 022 55 066 2,0% 2012 2 939 640 59 713 2,0% 2013 3 183 433 63 321 2,0% 2014 3 418 061 70 755 2,1% 2015 3 625 467 72 235 2,0% 2016 3 869 460 94 408 2,4% 2017 4 171 729 106 421 2,6% Bronne: DAFF (2017); Matsai (2017)

Die primêre landbousektor het gegroei met ʼn gemiddeld van ongeveer 2.2% per jaar sedert 1994 (Matsei, 2017a). Hierdie groei is toeskryfbaar aan verskeie faktore soos meer wetenskaplike boerderypraktyke, verbeterde genetika, geneties gemodifiseerde gewasse en grondbewaringspraktyke.

(12)

oesreste en klipvelde te benut. Daar word 1,6 miljoen hektaar gebruik vir landbou en op 716,000 hektaar daarvan word somerreënval gewasse aangeplant in die provinsie (gebaseer op die 2016/17 produksieseisoen). Hier het mielies (wit en geel) (440,000 hektaar), sonneblom (245,000 hektaar), sojabone (15,500 hektaar), grondbone (9,500 hektaar), sorghum (3000 hektaar) en droë bone (3,000 hektaar) beslaan (DAFF, 2017).

Figuur 1.1 Die gebied waarin die studie onderneem is. Bronne: Grainger (2018) & Worldlicenceplate (2017)

Die landbousektor het ook ʼn indirekte rol in die ekonomie. Hierdie indirekte rolle bestaan uit ʼn terugwaartse rol en ʼn voorwaartse rol. Die terugwaartse rol behels die aankoop van produkte soos bemesting, chemie en implemente vanaf die vervaardigingsektor. Weens dié vraag skep die vervaardiging van die produkte verskeie werkgeleenthede wat ekonomiese aktiwiteite verhoog, fiskale voordele vir die land skep en verminder dit werkloosheid en ook die koste wat werkloosheid vir die land inhou. Die voorwaartse rol behels die verskaffing van grondstowwe, rou-materiale en produkte aan die vervaardigingsektor. Hier word verwerking van verskeie produkte tot verbruikersprodukte hanteer wat ʼn positiewe invloed op die betalingsbalans van die land het omdat plaaslike produkte aan die verbruikersmark verskaf word. Ook hier word verskeie werkgeleenthede geskep (Matsei, 2017a). Die landbousektor vorm dus ʼn belangrike deel vir ander sektore en groei van die res van die ekonomie.

(13)

1.1.3 Eksterne omgewing en die landbou in Suid Afrika

1.1.2.1 Grondhervorming

In die geskiedenis het grondhervorming plaasgevind vir verskeie redes, wat hoofsaaklik polities gedryf is, om die diegene te bemagtig wat deur die geskiedenis benadeel was en ook om stemme te wen in verkiesings. Hervorming het egter ʼn hoër mislukkingsyfer as ʼn slaagsyfer; die nadele oorheers die voordele en hervorming soos dit tans toegepas word beïnvloed die ekonomie negatief, veral as produktiewe landbougronde hervorm word en verval tot onproduktiewe grond. Sodoende word voedselsekuriteit benadeel en waarde vernietig tot min voordeel van enige party (BFAP, 2018).

Die motiewe van grondhervorming in Suid Afrika is gesetel in die toenemende vlakke van ongelykheid van die dualistiese landbou stelsel. Aan die een kant is ʼn sterk gevestigde kommersiële landbousektor wat voedselsekuriteit verskaf terwyl daar ook grootskaalse werkskepping plaasvind. Aan die ander kant is daar die bestaansboere en ontwikkelingsboere. Die regering het die behoefte om hierdie ongelykhede aan te spreek ten einde die werkloosheidskoers te verbeter, plaaslike armoede te verbeter, grond eienaarskap te verdeel oor alle etniese groepe en die sodoende die tekort aan transformasie in hierdie sektor, aan te spreek (BFAP, 2018).

Tydens die jaarlikse African National Congress (ANC) konferensie het die Uitvoerende Komitee amptelik die besluit aanvaar om grond te onteien sonder vergoeding. Om hierdie doelwitte te verwesenlik, moet Seksie 25 van die Grondwet hersien word sodat die grond wetlik onteien kan word sonder vergoeding (Ramaphosa, 2017). Hierdie aksie is wel onder die voorwaarde geplaas dat sodanige onteiening nie produktiwiteit, ekonomiese groei, werkloosheid of die land se voedselsekerheid negatief sal beïnvloed nie. Hierdie besluit het egter reeds beleggers se vertroue in Suid Afrika laat daal tesame met stygende onrus binne die land (BFAP, 2018). Al word daar verwag dat hierdie debat nog jare gaan duur, het die aanval op individuele eiendomreg reeds ʼn direkte negatiewe impak op die land se groei en investerings in die landbou en die verwante voedselindustrie veroorsaak.

(14)

meeste gewasse afhanklik van reën, en speel gunstige weersomstandighede en die klimaat ʼn bepalende rol in die oeste wat jaarliks verbou word.

Daar bestaan baie faktore wat ʼn invloed op klimaat kan inhou. ʼn Mensveroorsaakde invloed is die hoeveelheid koolsuurgas en groenhuisgasse in die atmosfeer, terwyl die natuurlike oorsake faktore insluit soos die winde, temperatuur, seestrome en die tipografie van die land. Veral kommerwekkend in Suid Afrika is die invloed wat die fluktuasies in die omliggende oseane se seestrome veroorsaak ten opsigte van die reënval in somergraan produserende gebiede. Hierdie fluktuasies staan bekend as El Nino en La Nina wat elke drie tot sewe jaar kan voorkom (Mason, 2018).

• El Nino is ʼn Spaanse woord wat beteken seunskind. Dit is die effek van ʼn verhoging in oppervlak see temperature van die Stille oseaan. Dit het weer ʼn invloed het op die atmosferiese bewegings (Rainbow Tanks, 2016) en veroorsaak dat die lug droër en warmer word en gevolglik aanleiding gee tot warmer temperature en ʼn verlaging in reënval reg oor die land. Droogte in die binneland, tesame met migrasie van sekere vis spesies, word geassosieer met El Nino. Marginale areas lei gewoonlik die swaarste onder droogtes en hoë temperature tydens hierdie tydperk (Mason, 2018).

• La Nina is ʼn Spaanse woord wat beteken meisiekind. Dit is die teenoorgestelde van El Nino en word verkry vanaf ʼn verlaging in oppervlak see temperature (Rainbow Tanks, 2016). Baie reënval en nat toestande word geassosieer met La Nina (Mason, 2018). Die toestande gaan gepaard met vloede en oormatige reën.

Dit is egter nog onduidelik of El Nino en La Nina die groter wêreld klimaatsveranderinge affekteer. Die meeste weerkundiges, gestaaf deur onlangse navorsing (Rainbow Tanks, 2016), is egter van mening dat die toestande wel die skaal van klimaatsverandering vergroot. Daar is egter geen twyfel dat beide hierdie toestande groot potensiële skade veroorsaak nie. Veral die binneland van Suid Afrika word gewoonlik swaar getref deur of El Nino droogtes terwyl veral KwaZulu-Natal weer gebuk staan onder vloedskade van La Nina (Mason, 2018). Mason noem verder alhoewel daar reeds baie data beskikbaar is

(15)

aangaande hierdie twee verskynsels, dit steeds baie moeilik is om voorspelling aangaande die intensiteit en gevolge van El Nino en La Nina te maak.

1.1.2.3 Veiligheidstoestande op plase

Die algemene veiligheidstoestande op plase is uiters ongewens. Aanvalle op boere, hul gesinne en ook werknemers op die plaas is steeds na jare ʼn ernstige bron van kommer vir voedselsekuriteit en die gewenstheid van jong boere om kommersiële landbou as beroep te kies. Arbeiders is ook onwillig om in hierdie gevaarlike omstandighede te werk. Hier redener Wilkinson (2018) dat die motiewe vir plaasaanvalle verder strek as bloot roof, en voer as rede aan dat die martelings, verkragtings, ekstreme geweld en moorde wat tydens hierdie aanvalle plaasvind, nie versoenbaar is met die roofmotief nie.

0 50 100 150 200 250 300 350 400 2010 2011 2012 2013 2014 2015 2016 2017 2018 Moorde Aanvalle

(16)

Claassen (2017) noem verder dat in April 2017 reeds 113 aanvalle was met 29 moorde. Wilkenson (2018) voltooi die jaar 2017 se statistiek en noem dat daar 357 aanvalle en 74 moorde was. Sy noem ook dat daar op 11 September 2018 reeds 62 plaasmoorde gepleeg is.

1.1.2.4 Geneties gemodifiseerde mielies

Met die bekendstelling van geneties gemodifiseerde mielies in die 20ste eeu het transgeneriese biotegnologie ʼn groot rol in die landbou begin speel. Hierdie geneties gemodifiseerde (GM) mielies is toe gebruik om ʼn reeks probleme uit te skakel wat van tevore nie moontlik was nie (Ibrahim et al., 2016). Sulke probleme was onder andere om onkruid wat in dieselfde familiegroep is as die gewas, te beheer met onkruiddoders terwyl die gewas self nie benadeel word nie (Guoju et al., 2015).

Alhoewel geneties gemodifiseerde mielies ʼn deurbraak in tegnologie was, het baie lande nie die tegnologie goedgekeur nie weens ʼn reeks beweerde redes van die impak daarvan op die mens en die omgewing. In Suid Afrika is geneties gemanipuleerde mielies wel vir kommersiële aanplantings beskikbaar gestel en dit dra grootliks by tot die land se voedsel verbouing. Onkruide is egter besig, om met verloop van tyd, weerstand teen hierdie chemie begin op te bou. Hierdie weerstand bedreig die volhoubaarheid van dié mono-kulturele praktyk om onkruidbeheer suksesvol toe te pas (Tsatsakis et al., 2017).

Die ontdekking van Cycloxydim tolerante mielies (CTM) bied egter ʼn moontlike oplossing vir die onkruide se weerstandigheidsprobleem (Vancetovic et al., 2011). Hierdie chemie het ʼn totaal ander vorm van werking en kan dus die weerstandbiedende plante suksesvol beheer; dit sluit die uiters ongewensde opslag Roundup-Ready mielies in van die vorige seisoen (veral opslagmielies toon sterk toleransie teen Glifosaat). Dit beteken dat die CTM mielies die boerderypraktyk ten opsigte van mielieverbouing kan vergemaklik en die volhoubaarheid van onkruidbeheer kan verseker.

1.2 PROBLEEM STELLING

Onkruid rig betekenisvolle skade aan mielie opbrengs aan reg deur die groei seisoen. Opbrengs verliese van gemiddeld van 12.8% kom voor indien onkruid nie deeglik beheer word nie, maar skade kan tot 29.2% styg wanneer geen onkruidbeheer toegepas word nie

(17)

(Ali et al., 2011). Hier waarsku Amosun et al. (2015) egter dat skade van 20%, en selfs tot 100%, kan wees afhjangende van die weligheid van die onkruid in die mielieland. Amosun

et al. (2015) het verder bevind dat chemiese onkruidbeheer ʼn betekenisvolle verlaging in

hoeveelheid onkruid tot gevolg het. Hulle bevinding was dat chemiese onkruidbeheer die mees effektiefste metode is en meer sukses is as meganiese of handearbeid as metode om onkruidbeheer toe te pas. Onkruidbeheer is dus ʼn kern aspek om mielies volhoubaar te verbou.

Alhoewel daar reeds Glifosaat sedert 2004 in Suid Afrika gebruik is om ʼn wye spektrum van onkruid te beheer, is die Suid-Afrikaanse mielie geneties gemanipuleer (Steenkamp, 2004). GMO mielies het die beperking dat chemiese onkruidbeheer slegs na opkoms toegepas word, maar dieselfde beperking geld nie met die Cycloxydim tolerante mielies nie omdat hierdie mielies GMO vry is. Onkruidbeheer kan dus beide voor en ook na opkoms beheer word (Vancetovic et al., 2009).

Nieteenstaande die feit dat Cycloxydim tolerante mielies ʼn betekenisvolle verskil in die beheer van ongewensde plante in mielies tot gevolg hê, en ook GMO vry is, is relatief min marknavorsing hiervoor in die Suid-Afrikaanse konteks gedoen. Gevolglik identifiseer hierdie studie die probleem of die gebruik van CTM mielies ʼn betekenisvolle verskil in die mielie praktyk kan inhou. Dit lei dus na die vraag: Wat is die behoefte van CTM mielies in

die Noordwes streek van Suid Afrika?

1.3 NAVORSINGSDOELWITTE EN SPESIFIEKE NAVORSINGSVRAE 1.3.1 Primêre doelwit

Die primêre doelwit van hierdie studie is om die behoefte na CTM mielies in die Noordwes streek van Suid Afrika te bepaal.

1.3.2 Sekondêre doelwit

(18)

• Vas te stel of daar behoeftes is vir alternatiewe chemie of metodes om onkruid effektief te bestuur in mielieproduksie.

1.3.3 Navorsing vrae

Verskillende metodes van onkruidbeheer sal oorweeg word om te verseker dat optimale mielieproduksie verkry word en ook die mielieproduksie proses vergemaklik word. Om dit te behaal word die volgende navorsings vrae aan produsente gestel:

• Hoekom gebruik boere Glifosaat tolerante mielies (Roundup-Ready mielies) of hoekom gebruik hulle dit nie?

• Gebruik boere Glifosaat as standaard praktyk of slegs as krisisbestuur? • Watter ander metodes gebruik boere om onkruid te beheer?

• Wat is die probleme wat boere ervaar om onkruid effektief te beheer? • Ervaar boere dat onkruid wat weerstand bied teen doders?

• Plant boere agtereenvolgend mielies op dieselfde lande? Indien wel watter probleme ervaar hulle met hierdie praktyk?

• Pas boere ander vorme van bewaringslandbou toe? (Byvoorbeeld soos dekgewasse of dubbele gewasverbouing?) Indien nie, hoekom nie?

• Is boere van mening dat daar ʼn mark vir GMO vrye graan is?

• Sal ʼn ander mielie, met ʼn ander aktiewe toleransie, boere se onkruidbeheer praktyke vergemaklik?

• Is boere van mening dat die opbrengs van Glifosaat tolerante mielies swakker is as GMO vrye mielies?

• Hoe pryssensitief is boere ten opsigte van saad as insetkostes?

1.4 BELANGRIKHEID EN VOORDELE VAN DIE STUDIE

Die belangrikheid van hierdie studie is om ʼn moontlike leemte tussen die huidige voorsiening en die behoefte van onkruidbeheer tegnologie in die mieliesaad bedryf te identifiseer, te ontleed en met oplossings vorendag te kom. Dit sal tot voordeel van saadverskaffer maatskappye wees om die volhoubaarheid van die huidige tegnologie te verseker en ook om nuwe markte te skep.

(19)

1.5 OMVANG VAN DIE STUDIE

In die studie sal inligting wat ingesamel word op so ʼn wyse ingesamel word dat dit die mening van diegene in die spesifieke populasie en in die betrokke onderwerp, duidelik sal uitlig.

1.6 NAVORSINGSONTWERP

ʼn Navorsingsontwerp is die uiteensetting van hoe die navorsing gedoen is. Die bespreking gee aandag aan ʼn literatuurstudie en fokus dan op ʼn kwalitatiewe navorsingsbenadering. Die volledige bespreking van die navorsingsmetodologie volg in Hoofstuk 3.

1.6.1 Literatuurstudie

Eerstens was ʼn literatuurstudie oor die huige praktyke en behoeftes van mielie gewasverbouing gedoen. Die volgende databasisse was gebruik om inligting aangaande hierdie studie in te samel: Noordwes-Universiteit Biblioteek (Potchefstroomkampus), ScienceDirect, Google Chrome en Google Scholar.

1.6.2 Kwalitatiewe navorsingsbenadering

Kwalitatiewe navorsing oor die behoefte van Cycloxydim tolerante mielies was gedoen om probleme of gapings in die huidige praktyk te identifiseer en aan te preek.

1.7 AANNAMES

Die aannames in hierdie studie sluit in:

• Hierdie studie sal van toepassing wees op die volhoubaarheid van die mielieproduksie gebied wat in hierdie studie geëvalueer sal word.

• Produsente sal in staat gestel word om probleme wat met die studie verband hou, aan te spreek.

(20)

1.8 DEFFENIESIE VAN KERN TERME

Tabel 1 verskyn hier onder en hou die lys van afkortings wat gebruik word in hierdie dokument voor.

Tabel 1.2 Lys van afkortings

Afkorting Betekenis

GMO Geneties Gemanipuleerde Organismes

GM Geneties Gemanipuleer

CTM Cycloxydim tolerante mielies VSA Verenigde State van Amerika

ANC African Natonal Congres

1.9 HOOFSTUKUITLEG

Die studie bestaan uit vier hoofstukke. Hierdie hoofstukke is:

• Hoofstuk 1 - Inleiding tot die studie word gegee asook die probleem stelling, objektiewe en die belangrikheid van hierdie studie word verduidelik.

• Hoofstuk 2 - ʼn Literatuur studie oor die betrokke onderwerp word gedoen asook die praktiese implikasies van die verskeie praktyke.

• Hoofstuk 3 - Metodologie en data insameling word in hierdie hoofstuk bespreek asook die analise van die data en ʼn bespreking.

• Hoofstuk 4 - Is die finale hoofstuk van hierdie studie waar die finale gevolgtrekking gemaak word, aanbevelings gemaak word en voorstelle te gee waar verdere navorsing gedoen kan word.

1.10 OPSOMMING

Hierdie hoofstuk verduidelik die inleiding tot die studie deur ʼn samevattende agtergrond te gee oor die industrie waarop hierdie studie fokus. Hierdie studie fokus op die volhoubaarheid probleme in die mielieproduksie praktyk en om met praktiese oplossings vorendag te kom om onkruid volhoubaar te beheer. Daarom doen hierdie studie navorsing vir die behoefte van CTM in die noordwes streek van Suid Afrika om hierdie probleme aan te spreek.

(21)

Die volgende hoofstuk handel oor die literatuur wat gebruik was om teoretiese navorsing te doen in. De hoofstuk lig landbou in die land en spesifiek nie Noordwes streek toe, hanteer onkruidbeheer as wetenskap en ook in die praktyk en bied ook die voor, nadele of kritiek oor die praktyke wat gevolg word om aan die wêreld se voedselbehoeftes te voldoen.

(22)

2

HOOFSTUK 2: LITERATUUR OORSIG

2.1 INLEIDING

In hierdie hoofstuk word die literatuurstudie voorgehou. Die rol van landbou in die Suid Afrikaanse ekonomie word toegelig, waarna die aktiewe landboubedryf in Suid Afrika bespreek word. In die strewe na voedselsekuriteit en die groei in vraag na voedsel, word die rol van geneties gemanipuleerde mielies ook verduidelik. Daarna ondersoek die literatuur die mieliebedryf, en dan veral in die Noordwes area waar die empiriese ondersoek van hierdie studie gedoen is. Die literatuur fokus verder op die beheer van onkruide om die mielieoeste te beskerm; juis hierdie aspek van chemiese onkruidbeheer is in Hoofstuk 3 verder ondersoek.

2.2 DIE BEHOEFTE VIR LANDBOU IN SUID AFRIKA

Die Suid Afrikaanse populasie groei met ongeveer 2% per jaar en daar word beweer dat die populasie reeds in die jaar 2035 ongeveer 82 miljoen sal wees. Sodoende moet voedselproduksie of invoere meer as verdubbel om hierdie groeiende populasie in die toekoms te voed. Hierdie produksie moet plaasvind op dieselfde of minder beskikbare hulpbronne wat tans gebruik word vir produksie (Du Plessis, 2012).

Ekonomiese vooruitgang en die veranderinge in die Living Standards Measure (LSM) het veroorsaak dat, soos die Suid-Afrikaanse populasie ekonomies bemagtig word, daar verskuiwings in die voedselbehoeftes realiseer. Suid Afrika het sedert die eerste vrye demokratiese verkiesing in 1994 sterk verbruikersveranderinge ten opsigte van die voedselbehoeftes van sy mense beleef, en die vrag na hoofsaaklik stapelvoedsel soos graan het geswaai na ʼn meer diverse voedseldieet waar veral vleis nou ingesluit is in die daaglikse dieet. Die jaarlikse voedselverbruik van hoender het ook toegeneem van 6 kilogram na 27 kilogram per persoon per jaar (Du Plessis, 2012). Hierdie veranderinge vanaf grane na vleisprodukte as voedselbron word in figuur 2.1 getoon. Diervoeding verbruiik ongeveer 50% van alle Suid Afrikaanse graan (veral geel mielies word as dierevoeding aangewend). Hierdie verbruik is egter minder ekonomies vanuit ‘n graan perspektief aangesien ongeveer sewe kilogram graan gebruik word om een kilogram vleis te produseer.

(23)

Figuur 2.1 Die verbruik van graan en vleis as direkte voedselbron. Bron: DAFF (2018b)

2.3 LANDBOU IN SUID AFRIKA

Suid Afrika is ʼn ryk en ʼn diverse land. Dit beskik ook oor biodiversiteit, verskillende gewasse wat geproduseer word, klimate en grond tipes. Die land kan verdeel word in landbou streke en boerdery praktyke wat strek van intensiewe gewasproduksie in winter- en somer reënval gebiede soos aangedui in figuur 2.2 (sien ook afdeling 1.1.2.2). Klimaat en grond verskille veroorsaak dat slegs 12% van die Suid Afrika se oppervlak geskik is vir produksie van gewasse wat afhanklik is van slegs reënwater. Verder word slegs 3% van dié oppervlak beskou as ware vrugbare grond terwyl ongeveer 69% van die totale oppervlak geskik is vir weidings of lewendehawe boerderye (Du Plessis, 2012).

(24)

Figuur 2.2 ʼn Suid Afrikaanse kaart wat die landboustreke aandui. Bron: Du Plessis (2012)

Suid Afrika word gekarakteriseer as ʼn land waar water skaars is met ʼn hoogs veranderlike reënval patrone, beide in geografie en oor tyd. In die ooste en suide van die land word gekenmerk deur effens hoër reënval terwyl die sentrale en westelike gedeelte gekenmerk word deur aried en semi-aried toestande. ʼn Uiteensetting van die jaarlikse reënval verspreiding kan in figuur 2.3 waargeneem word. Suid Afrika bestaan uit drie reënval streke (DWAF, 1986).

(25)

Figuur 2.3 ʼn Uiteensetting van die jaarlikse reënval van Suid Afrika.

Bron: DWAF (1986).

Die somerreënval streek is hoofsaaklik in die noorde van die land en dit vind plaas wanneer ʼn laagdruk stelsel oor die binneland vasgevang word deur hoëdruk stelsels in die Indiese en Atlantiese oseane. Dit veroorsaak dat warm vogtige lug inbeweeg vanaf die noorde en swaar reën vir dae tot gevolg inhou. Die tipiese reënval verspreiding en hoeveelheid word oor die 12 maande van die jaar in figuur 2.4 ten toon gestel.

(26)

Die winterreënval streek is relatief nou langs die Wes Kaap en die Suidkus streke. Hierdie reënval word veroorsaak deur sikloniese ontwrigtings. Hierdie reën duur gewoonlik lank en is laag in intensiteit. ʼn Uiteensetting van die reënval verspreiding en hoeveelheid word getoon in figuur 2.5.

Figuur 2.5 Reënval patroon van die winter reënval streek.

Bron: DAFF(2018a)

Tussen hierde twee reënvalsteke lê die transisionele area waar reën reg deur die jaar plaasvind. Dit strek oor die kusgebied van Mosselbaai tot by Oos Londen. ʼn Uiteensetting van die reënval hoeveelheid word in figuur 2.6 ten toon gestel.

Figuur 2.6 Reënval patroon van die transisionele reënval streek.

(27)

In die 12% van die land waar die grond bruikbaar is vir voedselproduksie (droëland), is die reënvalverspreiding en die hoeveelheid reën ʼn belangrike onbeheerbare boerdery faktor. Klimaatsverandering en voorspellings beweer dat die reënvalpatrone oor tyd selfs langer kan word, terwyl die intensiteit of hoeveelheid reën op ʼn slag meer kan wees. Dit sal veroorsaak dat produksie van gewasse nog meer onvoorspelbaar sal wees in die toekoms (Du Plessis, 2012).

Die koste verbonde aan insette neem voortdurend toe weens ʼn toename in olie prys, die prys van roumateriale en wisselvallige verhandelings koers van die Suid Afrikaanse Rand. Dit veroorsaak dat produsente minder beheer het oor hulle inset kostes wat kan lei tot minder winsgewendheid (Du Plessis, 2012). ʼn Afname in die winsgewendheid tesame met ʼn toenemende tekort aan water as gevolg van droogte, afnemende reënval en ʼn toenemende vraag na water, het veroorsaak dat Suid Afrika meer as ʼn derde van die aantal produsente verloor het sedert 1990. Die DAFF (2018) steun die mening dat daar ʼn afname in die totale kommersiële produsente in Suid Afrika is soos in figuur 2.7 waargeneem kan word.

Figuur 2.7 Die totale kommersiële produsente van Suid Afrika. Bron: DAFF(2018b)

(28)

deur mielies aangeplant gevolg deur koring, sonneblomme en sojabone. Mielies is ook die mees belangrik koolhidraat bron vir die Suid Afrikaanse omgewing. Suid Afrika is ook die grootste mielie produseerder in die Suid Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) (DAFF, 2018b).

Mielies word hoofsaaklik geproduseer in die Noordwes, Vrystaat, Mpumalanga Hoëveld en KwaZulu-Natal (DAFF, 2018b). Die plaaslike mielieverbruik is ongeveer 8 miljoen ton en die surplus word uitgevoer.

Die impak wat laer winsgewendheid het op grond veroorsaak dat produsente ʼn vorm van “roofbou” toepas waar produsente op die nodige insette vir ʼn goeie produksie bespaar, om sodoende steeds winsgewend te produseer. Die laer winsgewendheidskoers van marginale grond het ʼn sterk negatiewe invloed op grondvrugbaarheid en volhoubare produksie, wat op sy beurt die totale grond beskikbaar vir produksie verminder (Du Plessis, 2012). Die hoeveelheid grond word wat verlore gaan deur produsente wat nie meer winsgewend is nie, word egter in sekere gevalle steeds geplant deur ander produsente wat dit oorgeneem het om ʼn beter ekonomie van skaal te kry (Du Plessis, 2012). Die DAFF (2018b) verskil egter van hierdie mening, en het in die 2018 verslag bekend gestel dat die totale oppervlak wat aangeplant word egter daal oor tyd (soos uiteengesit in figuur 2.8). Mielies toon die grootste daling in die hoeveelheid aangeplant en is die grootste rolspeler in die verlaging van die totale oppervlak wat aangeplant word. Dit is ook duidelik uit hierdie syfers dat sojabone ʼn konstante styging in oppervlak aanplantings toon, waarskynlik ten koste van die mielie aanplantings.

(29)

Figuur 2.8 Die totale area aanplanting van die mees bekende akkergewasse van Suid Afrika oor verloop van tyd.

Bron: DAFF(2018b)

Die restant van die grond wat gebruik word vir produksie, word beter bestuur om hoër opbrengste te produseer. Hierdie verhoogde opbrengs is as gevolg van hoër bemestings vlakke, beter besproeiingskedulering, meganisasie en die gebruik van GMO gewasse. Alhoewel die totale mielie produksie oppervlak oor die tydperk vanaf 1993 tot in die jaar 2018 baie afgeneem het, het produksie van daardie jare egter redelik konstant gebly soos gesien word in figuur 2.9 (DAFF, 2018b). Dit kan toegeskryf word aan die beter praktyke en tegnologie wat opbrengs potensiaal per eenheid grond verbeter. Agri-besighede en ander besighede betrokke in die landbou maak ook ʼn betekenisvolle bydra tot hierdie verbetering deur waarde wat hulle aan produsente bied soos landboukundige advies, betroubare produkte en navorsing.

(30)

Figuur 2.9 Die mielie produksie oor verskeie seisoene. Bron: DAFF, 2018b

Suid Afrika ʼn meer volhoubare landboubenadering nodig om die landbou en voedselproduksie vir toekomstige generasies te verseker. Om dit reg te kry moet sekere fokusareas aandag geniet soos:

• Die manier hoe grond en water bestuur word om te verseker dat dit vir ʼn lang termyn steeds bruikbaar is.

• Daar moet gefokus word op die ekonomiese en sosiale welstand van almal, • Veilige en hoë kwaliteit produkte moet voorsien word,

• Produsente en hulle werkers moet waardeer word vir die werk wat hulle doen, • ʼn Gesonde en funksionerende landbou ekosisteem moet geskep word deur

diversiteit en

• Daar moet aangepas word by veranderinge soos klimaatveranderinge.

2.3.2 Gewasproduksie in Noordwes streek

In die Noord Wes van Suid Afrika is die totale grond wat beskikbaar is vir landbou 11,87 miljoen hektaar terwyl die potensiële grond wat beskik word vir gewasproduksie 3,36 miljoen hektaar beslaan. Die ander oppervlaktes word opgemaak deur weiding, bosbou en dorpe. Van hierdie geskikte grond word 2,31 miljoen hektaar wel gebruik deur kommersiële produsente. Slegs 1,57 miljoen hektaar daarvan word geruik vir gewasaanplantings (DAFF, 2018b). In figuur 2.10 is ʼn kaart van die Noordwes provinsie van Suid Afrika.

(31)

Figuur 2.10 Die Noordwes provinsie van Suid Afrika. Bron: DAFF(2018b)

Swak bestuur in intensiewe voedsel produksie kan lei tot baie negatiewe implikasies op die natuurlike omgewing, mense se gesondheid, produsente se vermoë om aan te pas by omstandighede en verandering. Hiermee tesame gaan die afhanklikheid en oorgebruik van bemestingstowwe, insekdoders en onkruiddoders, grond erosie, beskadiging van die natuurlike kwaliteit van water en natuurlike ekosisteme, stel werkers bloot aan toksiese stowwe en dra by tot klimaatsverandering deur groenhuisgasse. Hierdie faktore lei almal tot ʼn verlaging in grond vrugbaarheid wat noding is om te produseer.

ʼn Karaktereienskap van meeste Suid Afrikaanse grond is dat dit hoogs kwesbaar is vir grond degradasie en het ʼn lae herstel vermoë (Du Plessis, 2012). Dus kan selfs klein foute in grondbestuur ‘n groot impak vir die grond inhou met min kans op herstel. Veral die grond in die Noordwes, wat vir ongeveer 20% van die land se mielieproduksie verantwoordelik is, is hoogs kwesbaar is vir water- en wind erosie (DAFF, 2018a).

2.4 DIE ROL WAT GENETIES GEMANIPULEERDE MIELIES SPEEL IN DIE

(32)

gebruik stapelvoedsel soos mielies as hulle primere voedselbron om aan die lewe te bly. Oor die afgelope dekade het kruisteling die produksie van voedsel verhoog, maar hierdie verhoging het nie bygehou om aan die vraag van groeiende wêreld populasie te voldoen nie (Guoju et al., 2015). Die potensiaal van gewasse is wel in die bastermielies se genetiese onderbou vasgelê, maar omgewingsomstandighede, die kompetisie tussen onkruid en die gewas vir water en nutriënte en ander faktore veroorsaak dat die volle opbrengspotensiaal nie bereik word nie (Gelinas et al., 2009).

Die gewasbeskermingsmark wêreldwyd (gebaseer op 2017) behels ongeveer $60 biljoen, waarvan die Suid Afrikaanse mark ongeveer R7,4 biljoen ($328 miljoen) uitmaak (Matsei, 2017b). Alhoewel Matsei (2017b) beweer dat die algemene groei van die mark ongeveer 2.5% is, was daar wel ook negatiewe groei in sekere jare weens droogte toestande en ʼn wisselvallige wisselkoers (Kole, 2013). Kole (2013) noem dat die Noordwes ongeveer 21% van Suid-Afrika se totale mielieproduksie gelewer het gedurende die 2009/2010 produksie seisoen. Die Noordwes provinsie beslaan ongeveer 20% van bewerkbare lande en volgens die Departement van Landbou, Bosbou en Visserye (DAFF, 2017) produseer die provinsie normaalweg ongeveer 15% van die land se nasionale mielieproduksie.

Met die bekendstelling van geneties gemanipuleerde (GM) ook bekend as GMO mielies in die 20ste eeu, het die transgenetiese biotegnologie ʼn betekenisvolle verskil in die verbouing van akkergewasse soos katoen, sojabone, kanola en mielies aangebring (Ibrahim et al., 2016). Hierdie GM gewasse word geteel om ʼn reeks produksie probleme uit te skakel. Dit sluit in weerstand teen siektes (Astwood et al., 1996), toleransie teen hoër konsentrasie sout inhoud in die grond en selfs dat plante vir langer periodes van droogte steeds lewend bly (Ibrahim et al., 2016). Hierdie GM tegnologie word ook gebruik om onkruiddoder toleransie en insek weerstand te verkry (Guoju et al., 2015).

Die aanvaarding van GM gewasse en aanplantings daarvan neem jaarliks toe. Wêreld aanplantings het van 2.8 miljoen hektaar in 1996 tot 134 miljoen hektaar in 2009, en 189 miljoen hektaar in 2017 toegeneem en word tans deur agt lande aanvaar nl. die Verenigde State van Amerika (VSA), Brasilië, Argentinië, Indië, Kanada, Sjina, Paraguay en Suid Afrika (BioCrop, 2018; Ibrahim et al., 2016). Met die koms van hierdie biotegnologie het nuwe reëls in werking getree rondom veiligheid. Die GMO voedselprodukte het nie wêreldwye aanvaarding verkry nie weens die wantroue van verbruikers. Hierdie wantroue

(33)

is as gevolg van die omgewings- en beweerde gesondheidsrisikos van GMO gewasse (Huang et al., 2014). Daarom het veiligheid ʼn groot negatiewe impak op verdere ontwikkeling van nuwe biotegnologie tot gevolg (Ibrahim et al., 2016).

2.4.1 Kritiek oor GMO in Suid Afrika

GMO’s speel wel ʼn betekenisvolle rol in die produksie van mielies, maar Paarlberg (2008) maak die stelling dat verbruikers in ryk lande GMO voedsel as onnodig beskou, terwyl O’Abidoye en Mabaya (2014) noem dat ontwikkelende lande toenemend kyk na GMO gewasse om voedsel te voorsien vir hulle voortdurende groeiende populasie. In Afrika is maar slegs ʼn paar lande wat GMO gewasse vir invoere aanvaar naamlik Burkina Faso, Egipte, Suid Afrika en Soedan. Ander lande in Afrika soos Kenia, Malawi en Uganda verban alle invoere van GMO’s.

Aangesien Suid Afrika ʼn netto uitvoerder van mielies is, kan ander lande se beleid teen die invoer van GMO’s Suid Afrika se uitvoere betekenisvol negatief beïnvloed. In Suid Afrika is produksie van GMO’s al reeds meer as 72% van die totale produksie van mielies in die 2011/2012 produksie seisoen (O Abidoye en Mabaya, 2014). Hierdie hoë syfer van aanvaarding is as gevolg van die voordele wat GMO’s inhou byvoorbeeld: hoër wins, laer kostes en gemak. Hierdie hoë aanvaarbaarheid van GMO mielies veroorsaak dat onkruide weerstand opbou teen chemikalie, maar dit sal later meer intensief bespreek word.

In konklusie noem O’Abidoye en Mabaya (2014) dat die gebruik van GMO’s ʼn gestabiliseerde effek op pryse van mielies het vanweë ʼn reeks faktore soos beperkings op uitvoere, Suid Afrika se hoogs industriële voedsel verwerkingsaanlegte waar kommoditeite ʼn klein fraksie van die waardeketting is, en relatief min kompetisie vir graan vanaf die meulenaars industrie. Om hierdie redes behoort die Suid-Afrikaanse mielieprys relatief stabiel te bly.

GMO gewasse het ook ʼn negatiewe omgewings impak op gewenste organismes soos bye, kewers en skoenlappers, weens hulle toksisiteit vir ander ongewensde organismes

(34)

verandering in die genetiese samestelling van onkruide veroorsaak ʼn groter risiko tot diversiteit in onkruide wat toekomstig groter onkruid variasies kan veroorsaak.

2.5 ONKRUIDBEHEER IN MIELIES

Onkruide kompeteer met mielies vir vog, sonlig, voedingstowwe en koolsuurgas. In Suid Afrika is veral plant voedingstowwe en vog beperkende groeifaktore en opbrengs verliese kan aan hierdie twee faktore toegeskryf word. Onkruid is hoë verbruikers van stowwe wat nodig is vir plante om te groei. In droë seisoene kan mielie opbrengs met 43% verlaag waar onkruid toegelaat word om die eerste 15 dae ongehinderd te groei. Gedurende die eerste 30 dae na plant kan ʼn opbrengsverlies van 77% waargeneem word. Onkruid kan ongeveer 370 mm reën se vog onttrek uit die grond gedurende die mieliegroei tydperk. Vogstremming is nadelig gedurende kritiese tye van mielies (blom- en graanvulstadia) en daarom moet onkruid so ver moontlik uitgeskakel word (Ceronio, 2010).

Ceronio (2010) is van mening dat onkruidbeheer meer voordeling is as om bemesting toe te dien vir opbrengs. Hy stipuleer die volgende nadele wat onkruid op mielies het:

• Groen onkruid tydens die stroop proses kan die graan aanklam.

• Groen onkruid tydens die stroop proses droog die grond uit en vertraag die opvolg bewerkings,

• Mieliegraan met giftige sade daarin lei tot addisionele kostes om dit skoon te kry en graad probleme kan volg,

• Sekere onkruide skei toksiese stowwe in die grond af wat die ontwikkeling van die mielieplant beïnvloed en

• Oesverlies word verkry

Onkruid kan op verskeie metodes beheer word soos biologiese beheer, meganiese beheer en chemiese beheer.

2.5.1 Biologiese beheer

Biologiese onkruidbeheer sluit in die beheer van onkruid deur natuurlike vyande. Dit kan plaasvind deur wisselbou toe te pas waar sekere onkruide onderdruk word deur die

(35)

afwisseling van die praktyk. Dit kan ook plaasvind deur beweiding van diere soos in die geval waar beeste gebruik word om ongewensde gras te beheer.

Die beheer van onkruide met biologiese beheer speel prakties nie ʼn rol tydens mielieverbouing nie en daarom word hierop nie baie aandag gegee in die res van hierdie studie nie.

2.5.2 Meganiese beheer

Grondbewerkings praktyke is een van die oudste en bekendste metodes om grond voor te berei vir aanplantings en onkruid te beheer, maar dit is ook een van die metodes waar grond afgebreek word en vog verlore gaan.

Meganiese onkruidbeheer behels die beheer van ongewensde gewasse met behulp van verbranding, afsny, handskoffel en bewerking met implemente. Meganiese onkruidbeheer met implemente begin met winterploeg en ander winterbewerkings waar die onkruid verhinder word om te groei. In die lengte word saadbedvoorbereiding gedoen om vroeë kompetisie met onkruid uit te skakel. Vir onkruidbeheer na opkoms moet onkruid met grond toegegooi word of met ʼn skaar middeldeur gesny word. Tydens hierdie proses word grond uitgedroog, blootgestel aan die son, blootgestel aan water- en wind erosie en werk dit vernietigend in op die grond se struktuur (Du Plessis, 2012).

Nadele verbonde aan hierdie metode van bewerking is dat dit kompaksie in die grond kan veroorsaak wat aanleiding gee tot stadiger water infiltrasie in die grond in. As gevolg van die plante wat op die oppervlak los gemaak word, verhoog dit erosie van die bogrond en terselfde tyd verlaag dit die organiese materiaal in die grond. Die verlaagde organiese materiaal veroorsaak dat meer sonlig op die grond kom wat verdamping van grondvog beteken en die temperatuur van die grond verhoog. Dit breek ook die grond af en stel koolstof dioksied aan die atmosfeer vry wat bydra tot klimaatsverandering. Die voordeel is egter dat hierdie ʼn baie effektiewe onkruidbeheer is in toestande waar chemiese beheer nie ʼn opsie is nie.

(36)

bewerking maak gebruik van chemie en blaarbedekking om onkruid te beheer. Dit is ook ‘n beheer praktyk wat toenemend toeneem in Suid Afirika (Alleman, 2012; Ceronio, 2010; Steenkamp, 2004).

Voordele van hierdie metode van bewerking is dat die grond nie versteur word en die oppervlak aan faktore soos erosie blootgestel word nie. Die organiese materiaal word ook verhoog as gevolg van jare se plantmateriaal wat in die bogrond behoue bly. Hierdie materiaal in die grond verhoog die water infiltrasie tempo en hou die grondtemperatuur meer konstant. Omdat die grond nie versteur word nie, is brandstof kostes aansienlik laer, minder slytasie kom ook voor en verdigting word verlaag.

Die nadele verbonde aan chemiese onkruidbeheer is dat dit baie afhanklik is van omgewingsfaktore.

2.5.4 Cycloxydim tolerante mielies (CTM) as moontlike chemiese gewasbeskerming

ʼn Ander benadering tot onkruiddoder weerstand is met die ontdekking van CTM wat nie ʼn GM mielie is nie (Vancetovic et al., 2011). Die CTM mielie het dus nie die veiligheidsrisiko wat die GM mielie inhou nie. Hierdie mielies word deur seleksie vanuit die veld geselekteer wat natuurlike weerstand opgebou het teen onkruiddoder groepe. Dit beteken dat hierdie mielies in lande wat nie GM mielies aanvaar nie, aangeplant kan word en opbrengs verlies as gevolg van kompetisie met onkruide verlaag word.

Sodra ʼn mono-kulturele praktyk aangeneem word wat slegs van een chemiese aktiewe bestanddeel gebruik maak, bou ongewensde plante of onkruid weerstand op, wat beteken dat die beheer van daardie onkruide voortdurend bemoeilik word (Alleman, 2012). Om hierdie probleemplante op dieselfde mono-kulturele praktyk te bestuur moet die dosis van daardie onkruiddoder verhoog word. Deur van verskillende chemiese aktiewe bestanddele gebruik te maak, kan hierdie probleem maklik bestuur word, aangesien plante wat die eerste chemiese aktiewe bestanddeel oorleef deur die volgende chemiese aktiewe bestanddeel doodgespuit sal word. Die opbou van weerstand teen onkruiddoders is ongewens vir saad en chemiese verskaffers aangesien die ontwikkeling van nuwe

(37)

produkte baie duursaam is en hulle eerder die huidige tegnologie wil bewaar. Daarom is dit belangrik om die volhoubaarheid van die chemie en die praktyke te verseker.

In Suid Afrika is GM mielies wel vir kommersiële aanplantings beskikbaar wat vir Glifosaat (aktiewe bestanddeel vir die beheer van onkruid) tolerant is (Alleman, 2012). Dit beteken dat produsente ʼn mono-kulturele praktyk kan aanneem vir die beheer van grasse tussen mielies wat ook afkomstig is van grasse. Produsente kan ook van ander duursame produkte gebruik maak wat wel geregistreer is as voor-opkoms doder vir grasse, maar daardie onkruid grasse moet baie jonk wees wat die bestuur daarvan bemoeilik (Alleman, 2012). Ander lande in Afrika het nie GM gewasse aanvaar nie weens die veiligheid gevaar en sal daarom ʼn nuwe mark geskep word indien nuwe tegnologie in mielies soos CTM mielies daar beskikbaar gestel sal word.

Grond gesondheid is ook essensieel vir plant gesondheid (Pankhust, 1995). Grond organismes speel ʼn integrale rol om ʼn balans te handhaaf in die grond se goeie en slegte organismes vir bogrondse plante (Moore et al., 2007). Plant variasie hou ʼn betekenisvolle invloed op die mikrobiese samestelling van grond (Dunfield and Germida, 2003). Daarom kan afwisseling van gewasse of ʼn samestelling van verskillende gewasse ʼn geweldige impak op die samestelling van grond mikrobiese organismes inhou. Dit is ook duidelik uit Pankhust (1995) se navorsing dat ʼn verhouding waargeneem word wat mikrobiese diversiteit in die grond, plant en volhoubaarheid kan bevorder. Volgens Marais et al., (2012) speel grond vog tesame met praktykverskille ʼn belangrike rol is alle mikrobiese aktiwiteit in grond. Hierdie mikrobiese aktiwiteit speel ʼn uiters belangrike rol in opname van grondstowwe en voedingselemente in plante (Havlin et al., 1999).

Prys fluktuasies en variasie aan beide kante van die produsent (inset kant en produk prys kant) veroorsaak dat produsente aan hoër risiko blootgestel word (Groenewald et al., 2003).

(38)

2012). Hierdie voor-opkoms doders kan sodoende net voorkomend aangewend word. Sodoende skep dit ʼn behoefte vir CTM wat Cycloxydim tolerant is want dit kan as na-opkoms doder gespuit word en as ʼn beheerde aksie uitoefen word. Glifosaat kan ook gebruik word om na-opkoms gespuit te word wanneer Glifosaat tolerante mielies (ook bekend as Roundup-Ready mielies) geplant word. Die gebruik van Glifosaat tolerante mielies vergemaklik die beheer van ongewensde onkruid in Suid Afrika, maar dit is ʼn mono-kulturele praktyk wat nie gesond is vir volhoubaarheid nie.

Hoekom na-opkoms dodders belangrik is, is die feit dat onkruide voortdurend deur die seisoen ontkiem en opkom weens hulle biologiese behoeftes om te ontkiem. Dit beteken dat sommige onkruide vroeg in die produksie seisoen van mielies ontkiem en opkom wat dan beheer word, terwyl ander later in die groeiseisoen ontkiem en opkom wat dan met ʼn beheerde onkruiddoder soos Cycloxydim of Glifosaat beheer moet word.

Volgens Vancetovic et al. (2009) werk Cycloxydim in op ʼn ensiem genaamd Asetiel ko-ensiem A wat verantwoordelik is vir aminosuur sintese, wat weer die boustene is vir proteïene wat nodig is vir die plant om te lewe. CTM het ontstaan deur ʼn natuurlike verskynsel waar Asetiel ko-ensiem A in mielies geïsoleerd geraak het (mutasie) en dus ʼn hoë toleransie teen die chemie ontwikkel het. Hierdie toleransievlakke is selfs in die heterosigotiese gene (wat slegs een van die saad se ouers bevat die geen) genoegsaam om teen die maksimum aanbevole dosis, te oorleef, Die homosigotiese gene (tolerante gene van beide ouersade) kan tot twee en ʼn half keer die aanbevole dosis oorleef. Dit beteken dat slegs een genoom oor genoegsame toleransie teen Cycloxydim beskik om te oorleef wanneer dit met hierdie chemie bespuit word. In ʼn studie wat gedoen is deur (Kazikowski en Urban, 2010) is bewys dat daar geen opbrengs verlies ontstaan wanneer CTM mielies met die aanbevole dosis gespuit word nie teenoor die kontrole wat onkruidbeheer meganies toegepas is.

Volgens Guoju et al., (2015) is daar drie metodes om gene oor te dra nl. “Agrobacterium-mediated”, “particle bombardment” en “pollen tube pathway”. Eerste- en tweede genoemde metodes word gebruik om GM mielies te produseer wat relatief duur prosesse is. Die “polen tube pathway” is egter goedkoper omdat dit tyd bespaar en so ook koste bespaar; die metode kan maklik van natuurlike selektiewe weerstandbiedende plante oorgedra word na spesifieke variteite.

(39)

Koste is die vernaamste voordeel wanneer hierdie geen in ʼn mielie geteel word. Dit is ook ʼn maklike proses om die geen in te teel. Die goedkoper mieliesaad bied ʼn mededingende markaanbod en verlaag boere se insetkoste met die aanplant van mielies as kontantgewas. Die markbehoefte bestaan dus om goedkoper saad aan te koop mits die variteit van die mielie geskik is en steeds ekonomiese opbrengste lewer terwyl die onkruidbeheer vergemaklik word in die proses.

2.5.5 Kritiek oor Cycloxydim behoefte in Suid afrika

Volgens Kukorelli et al., (2012) was daar mielies in die 90s geproduseer wat wel tolerant was teen Asetiel ko-ensiem A inhibeerders, maar dat die beskikbaarheid van Glifosaat tolerante mielies die ekonomiese impak van daardie mielies heeltemal onderdruk het. Hierdie Asetiel ko-ensiem A inhibeerder gene het wel veroorsaak dat die plante oorleef het, maar dat die plante opbrengs gewys swakker presteer het by hoër dosisse van die chemie as gevolg van fitotoksisiteit. Die plante wat CTM gene in het, het nie ʼn opbrengs verlies getoon nie vanweë hulle hoë vlakke van toleransie (Kukorelli et al., 2012). Hulle sê in lande waar GMO nie goedgekeur word nie of die verbruiker ʼn non-GMO produk as voedselbron verbruik, sal produkte soos CTM ʼn ekonomiese verskil aan voedselproduksie voorsien.

Verder is patente regte op sekere aktiewe bestanddele van groot belang vanaf ʼn chemiese organisasie perspektief aangesien gepatenteerde produkte teen ʼn premie kom (Uttley, 2014). Hierdie patente word gebruik om verlore kostes wat aangegaan is om hierdie produkte te vervaardig, te regverdig. Die finale verbruiker moet egter vir hierdie ontwikkeling betaal om die voordeel vanuit hierdie produk te verkry.

Pieterse (2013) sê dat nog ʼn probleem van ʼn Asetiel ko-ensiem A inhibeerder is, is dat onkruide makliker weerstand teen hierdie chemie kan opbou as Glifosaat.

(40)

van GMO het produsente (in die lande wat wel GMO goedgekeur het) ʼn mono-kulturele praktyk in terme van chemie aangeneem vanweë die suksesvolle werking van Glifosaat (Gilbert, 2013). Produsente het ook ʼn mono-kulturele praktyk aangeneem in terme van gewasrotasie (Pieterse, 2013). Dit beteken dat slegs een gewas keer op keer aangeplant word en slegs een chemie wat keer op keer toegedien word om onkruid te beheer. Geen ondersteunende meganiese onkruidbeheer word toegepas nie. Hierdie praktyk skep ʼn probleem omdat onkruide weerstand opbou in sulke praktyke; veral die weerstandige opslagmielies bevorder weerstand. Moss (2002) definieer onkruid weerstandbiedendheid as “the inherited ability of plants to survive and reproduce following exposure to a herbicide dose normally lethal to the wild type” en Pieterse (2013) las daarby dat weerstand in onkruide ʼn proses wat is beskryf kan word as “plant-evolusie”.

Daar was egter geglo dat Glifosaat wat met GMO gewasse gebruik word, geen weerstandbiedende onkruide kan oplewer nie, maar in 2004 het die eerste onkruid weerstand teen Glifosaat opgebou. Gilbert (2013) sê dat daar al reeds in 2013 al 24 onkruide geïdentifiseer is wat weerstand teen Glifosaat opgebou het. Pieterse (2013) beweer dat daar alreeds 187 spesies is (112 breëblaar en 75 gras spesies) wat wêreldwyd reeds weerstand opgebou het teen meer as 140 verskillende chemikalieë. Tsatsakis et al. (2017) noem dat die gebruik van ʼn mono-kulturele praktyk, as gevolg van mutasie en gene vloei van een plant na ʼn ander, die ontwikkeling van “superweeds” tot gevolg sal hê. Hulle sê ook dat onkruide ʼn ongelooflike vermoë het om in hulle genepoel aanpassings te maak, te evuleer, en selfs tot so ʼn mate kan aanpas dat onkruide binne ʼn tydperk van drie jaar weerstand teen ʼn onkruiddoder kan ontwikkel.

Alhoewel grondbewerkings praktyke onkruid en selfs weerstandbiedende onkruid baie effektief beheer, vernietig dit die bogrond struktuur en stel koolsuurgas vry in die atmosfeer. Dus is chemiese onkruidbeheer steeds die meer volhoubare roete, maar weerstand moet bestuur word. Volgens Gilbert (2013) kan onkruid weerstand opbou teen alle chemikalie, maar dat die opbou van weerstand teen chemie nie so maklik plaasvind, indien dit reg gebruik word en afgewissel word nie.

Indien onkruid weerstand opbou beteken dit nie net dat ʼn hoër dosis chemie gebruik kan word om daardie onkruid te beheer nie, maar ook dat dit kan ly tot hoër kostes as gevolg

(41)

van die verhoogde dosis of dalk duurder alternatiewe chemiese middels wat gebruik moet word (Pieterse, 2013).

2.5.7 Potensiële oplossings tot die probleem

Die doelwit van enige anti-weerstandbiedende strategie is om ʼn alternatiewe denkwyse te ontwikkel by produsente (Pieterse, 2013). Hy sê dat produsente stadig besig is om onkruide toe te laat om weerstand op te bou weens die herhaalde gebruik van onkruiddoders met ʼn enkel metode van werking en dat produsente eers die probleem wil aanspreek indien die probleem reeds opgemerk word. Hierdie kopskuif moet juis wees om onkruiddoders van verskillende metode van werkings te gebruik om weerstand deur onkruide te bekamp en hierdie aksie moet voorkomend aangewend word eerder as beherend.

Pieterse (2013) maak ook die stelling dat produsente ʼn kultuur aangeneem het van dat daar voortdurend nuwe onkruiddoders ontwikkel word en dus hulle nie bekommer oor onkruide wat weerstand opbou nie. Hy sê dit is egter nie waar nie, aangesien nuwe onkruiddoders moontlik ook met dieselfde metode van werking werk en die onkruid dan teen daardie chemie ook weerstand opbou. Dit is ook baie duur om nuwe onkruiddoders te ontwikkel wat aanleiding gee tot selfs hoër kostes vir die finale verbruiker of produsent. Hy sê ook dat onkruiddoders as ʼn nie-herwinbare hulpbron beskou moet word om sulke denkwyses uit die weg te ruim.

Gewasrotasie behoort ernstig oorweeg word om verskillende onkruide met verskillende metodes van werking, te beheer, byvoorbeeld ʼn breëblaar gewas om gras onkruide te beheer en gras gewasse om breëblaar onkruide te beheer.

Die volhoubaarheid van landbou in Suid Afrika steun baie op die volhoubaarheid van produksie insette soos bewerkings praktyke, onkruiddoders en gewasrotasie. Indien enige afdeling van die volhoubaarheid van landbou geaffekteer word, sal dit ʼn groot impak op die winsgewendheid inhou van Suid Afrikaanse landbou. Dit is daarop uiters belangrik om

(42)

2.6 OPSOMMING

In hoofstuk 2 word gekyk na die voortdurende uitdaging om onkruidbeheer effektief en volhoubaar te bestuur. Om hierdie probleem op te los moet daar na doders wat in dieselfde familie groep beheer uitoefen (in hierdie geval mielies) gekyk word. Hierdie gewasse moet in terme van hulle weerstand aangepas wees teen doders wat hulle voorheen sou dood, om onkruidbeheer in dieselfde familiegroep toe te pas. Om daardie rede gaan hierdie studie fokus op die markbehoefte van Cycloxydim tolerante mielies in Suid Afrika aangesien daar slegs Glifosaat weerstandbiedende mielies (GMO) tans beskikbaar is. Dit sal ten einde die gevolg inhou om hierdie belangrike landbou inset vir die toekoms se volhoubaarheid te verseker.

Hoofstuk 3 verduidelik die navorsings ontwerp wat gebruik was om hierdie studie te voltooi. Dit bespreek ook die terugvoer wat verkry was vanaf die respondente vanuit ʼn praktiese benadering en ʼn bespreking daarvan.

(43)

3

HOOFSTUK

3:

NAVORSINGS

ONTWERP,

RESULTATE

EN

BESPREKING

3.1 INLEIDING

In hoofstuk 3 word die navorsingsmetodologie beskryf oor hoe die studie verloop het, data ingesamel was en die beskrywing van die gepaardgaande etiek. Die resultate wat gevind was in hierdie studie is ook bespreek.

3.2 NAVORSINGSMETODOLOGIE 3.2.1 Navorsingsontwerp

Hierdie studie het van ʼn kwalitatiewe aanslag gebruik gemaak. Hierdie navorsingsmetode is konstruktief, interpretatief en krities wat fokus op opinies, karaktereienskappe, kwaliteite en menings. Volgens Le Grange (2016) is dit nie moontlik om numeriese waardes aan kwalitatiewe navorsing te koppel nie en dat sulke data subjektief van aard is. Dit vind gewoonlik op ‘n kleiner skaal as kwantitatiewe navorsing plaas as gevolg van die omvattende hoeveelheid inligting wat uit kwalitatiewe inligting ontgin word (Babbie & Mouton, 2009). Die hoofdoel van ‘n kwalitatiewe navorsingsmetode is om respondente se verwysingsraamwerk en uitgangspunte te verstaan. Dit is belangrik aangesien Cycloxydim tolerante mielies tot op daardie stadium nog in Suid Afrika beskikbaar was nie, en dus sou ʼn anders navorsingsontwerp as ʼn kwalitatiewe benadering, maklik verwarring kon veroorsaak. Dit sou lei na onbetroubare data omdat CTM mielies ʼn nuwe konsep in die Suid Afrikaanse mark is. Juis hier is die kwalitatiewe benadering, en veral die semi-gestruktureerde onderhoude geskik om data in te samel. Hierdie studie het dus van ʼn gestruktureerde aanslag gebruik tydens die individuele onderhoude. In hierdie semi-gestruktureerde onderhoud was die produsent gelei deur vra gebaseer op spesifieke temas soos in die dokument genoem.

(44)

verteenwoordigend was vir die betrokke area. Om hierdie rede was daar geredeneer dat nog ʼn onderhoud nie nodig sou wees aangesien nuwe denkwyses nie verkry word nie. Hierdie studie was kruis-seksioneel van aard aangesien die studie nie in ʼn enkele tydstip in tyd afgehandel kon word nie. Dit het dus in die tydperk gebeur wanneer die meerderheid boere hulle beplanning vir die volgende seisoen doen en dus ingestel was om die regte besluite rondom tegnologie, praktyke en basterkeuse te kon maak.

3.2.2 Populasie en steekproef

Die populasie het bestaan uit al die mielieboere wat in ʼn spesifieke area in die Noordwes provinsie boer (soos aangedui in figuur 1.1).

In hierdie area is daar volgens die volgende kriteria produsente geïdentifiseer en geteiken om deel te vorm het van die studie:

• Die boere het ʼn sakkie potensiaal van 25 sakkies (80 000 pitte in ʼn sak) en meer; • Hulle pas op een of ander vorm van onkruidbeheer toe (meganies- en, of chemiese

onkruidbeheer).

• Hierdie produsente hoef nie ʼn praktyk van chemiese middels te volg om te kwalifiseer vir deelname tot die studie nie.

• Deelnemers van hierdie studie moet ook vyf jaar of meer ondervinding in die bedryf hê.

• Hul moet ouer as 18 jaar wees.

Die rede waarom hierdie steekroefkriteria daargestel is, is om leier produsente in die mieliebedryf in die area te betrek omdat hulle die produsente is wat gewoonlik die grootse impak in die omgewing het en leiding geneem het in nuwe produk toetreders in die mark.

Hierdie produsent inligting was verkry vanaf ʼn bestaande saadmaatskappy wat die betrokke area diens. Die saadmaatskappy het die produsente gekontak en versoek om deel te neem aan die studie. Die navorser het geen toegang gehad tot die kontakbesonderhede van die produsente nie. Die produsente is per selfoon sowel as per e-pos gekontak en versoek om aan die studie deel te neem. Die e-pos het ʼn aktiewe e-pos skakel bevat wat met aktivering ʼn bevestigende e-pos aan die navorser stuur en hul

(45)

besluit om deel te neem outomaties versend. In hierdie skrywe aan die navorser het die produsent sy naam, kontakbesonderhede en ook sy skriftelike toestemming versend om deel te wees van die studie.

Die navorser het na aanleiding van die uitnodiging kontak gemaak met die produsent om op ʼn bepaalde datum die onderhoude te skeduleer.

3.2.3 Data-insameling

Die kwalitatiewe data was deur middel van semi-gestruktureerde onderhoude ingesamel. Die semi-gestruktureerde onderhoude was gebaseer op die navorser ʼn lys van vooraf opgestelde vrae wat spesifieke onderwerpe geïdentifiseer het. Daar was verder ook ander relevante vrae wat nie vooraf vasgestel kon word nie, maar ontwikkel het soos die onderhoud verloop het (Bryman et al., 2014). Die vooraf geïdentifiseerde onderwerpe en vrae wat in die onderhoude bespreek was, is:

• Praktyk en gebruike: Hoekom gebruik u Glifosaat tolerante mielies (of hoekom nie)? Gebruik u Glifosaat as ʼn standaard praktyk om onkruid te beheer of slegs vir krisis beheer. Gebruik u chemie hoofsaaklik vir gras- of breëblaar onkruid beheer? Watter ander metodes as chemie gebruik jy om onkruid te beheer? Plant u agtereenvolgend mielies en ervaar jy probleme daarmee? Pas u ander vorme van bewaringslandbou toe en indien u dit nie doen nie, sal jy dit graag wil doen?

• Kostes: Hoe gevoelig is u vir tegnologiekoste in saad? Is u bereid om minder vir saad te betaal, maar meer vir chemikalieë?

• Mark: Is daar in u mening ʼn mark vir GMO vrye saad?

• Produk en volhoubaarheid: In u mening, sal Cycloxydim tolerante mielies u praktyk vergemaklik ten einde volhoubaarheid te verseker? In u mening is die opbrengs van “Roundup-Ready” mielies swakker? Wat is die probleme wat u ervaar om onkruid te beheer? Ervaar u onkruiddoder weerstand?

(46)

ook die voordeel gehad dat die navorser kon afwyk van die onderhoudskedule met vra of opvolgvrae wat gebaseer was op die antwoorde van die respondent. So kon die navorser die onderhoud in ‘n nuwe rigting stuur waar moontlikke ander probleme of aspekte na vore kon kom (Le Grance, 2016).

Die onderhoude was met die produsente gereël en individueel uitgevoer. Onderhoude was logisties gerangskik en onderhoude het in daardie volgorde verloop. Hierdie onderhoude was opgeneem en is vir rekord doeleindes gestoor. Transkripsies van die gesprekke is gebruik om die data te ontleed. Die voldoenings punt was bereik nadat 16 onderhoude met produsente gevoer is.

3.2.4 Data analise

Data was versamel en opgeneem deur gebruik te maak van ʼn bandopnemer. Menings van elke tema soos reeds bespreek was ingedeel volgens die reaksies van die respondente waarna die inligting gedokumenteer is op ʼn Microsoft Excel data blad. Die data was daarna verwerk in ʼn persentasie of fraksie van die menings wat ooreenstem of verskil om te bepaal of die sienings algemeen is en of dit slegs ʼn individuele mening is wat gehuldig is. Daar was redes gegee hoekom sekere besluite geneem word oor elke tema. Temas is geïdentifiseer en in terme van prioriteit ingedeel om die belangrikste temas uit te wys. Dit het ook gedien as maatstaaf oor die belangrikheid van elke tema vir die betrokke populasie.

Indien verskillende sienings binne ʼn tema voorgekom het waar die oorhoofse mening dieselfde was, is subtemas geskep wat hierdie verskille uitgewys het. Hierdie verskille was dus meer krities geanaliseer om meer duidelik oor die produsent se mening te beklemtoon.

3.2.5 Assessering en demonstrasie van die kwaliteit en grootte van die voorgestelde navorsingsontwerp

Aangesien die studie op ʼn wyse van versadiging gedoen was (tot waar die volgende terugvoer nie meer waarde aan die studie gaan gee nie), is die kwaliteit en betroubaarheid van hierdie studie baie goed. Die assessering van hierdie data het op so ʼn wyse geskied

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Vanuit de cliënten kan gezegd worden dat ze enerzijds zeer gebaat zijn met dit besluit, omdat er voor velen de wens is om zo veel mogelijk zelfstandig te wonen en ambulant geholpen

1) Alles is in het werk gesteld om toestemming van de patiënt te verkrijgen. 2) Het niet doorbreken van het geheim levert voor een ander ernstige schade op. 3) Er is geen

studente reeds in hul ouerhuise met die stelsel vertroud geraak het. Daar is na- tuurlik voor die handliggende moontlikhede, soos die instandbou· ding van die tuine

[r]

In particular, it focuses on the green, blue (surface and groundwater) and grey water footprint of tomato production in the different Spanish provinces.. Dif- ferent types of

The analysis of the second hypothesis showed strong evidence that the ambidexterity- performance relation could indeed be explained by those ambidextrous freelancers that have

[r]

Both ring oscillators and relaxation oscillators are subsets of RC oscillators featuring large tuning ranges and small areas. Figure 19.5.1 shows a typical relaxation oscillator with