• No results found

Cycloxydim tolerante mielies (CTM) as moontlike chemiese

2.5 ONKRUIDBEHEER IN MIELIES

2.5.4 Cycloxydim tolerante mielies (CTM) as moontlike chemiese

ʼn Ander benadering tot onkruiddoder weerstand is met die ontdekking van CTM wat nie ʼn GM mielie is nie (Vancetovic et al., 2011). Die CTM mielie het dus nie die veiligheidsrisiko wat die GM mielie inhou nie. Hierdie mielies word deur seleksie vanuit die veld geselekteer wat natuurlike weerstand opgebou het teen onkruiddoder groepe. Dit beteken dat hierdie mielies in lande wat nie GM mielies aanvaar nie, aangeplant kan word en opbrengs verlies as gevolg van kompetisie met onkruide verlaag word.

Sodra ʼn mono-kulturele praktyk aangeneem word wat slegs van een chemiese aktiewe bestanddeel gebruik maak, bou ongewensde plante of onkruid weerstand op, wat beteken dat die beheer van daardie onkruide voortdurend bemoeilik word (Alleman, 2012). Om hierdie probleemplante op dieselfde mono-kulturele praktyk te bestuur moet die dosis van daardie onkruiddoder verhoog word. Deur van verskillende chemiese aktiewe bestanddele gebruik te maak, kan hierdie probleem maklik bestuur word, aangesien plante wat die eerste chemiese aktiewe bestanddeel oorleef deur die volgende chemiese aktiewe bestanddeel doodgespuit sal word. Die opbou van weerstand teen onkruiddoders is ongewens vir saad en chemiese verskaffers aangesien die ontwikkeling van nuwe

produkte baie duursaam is en hulle eerder die huidige tegnologie wil bewaar. Daarom is dit belangrik om die volhoubaarheid van die chemie en die praktyke te verseker.

In Suid Afrika is GM mielies wel vir kommersiële aanplantings beskikbaar wat vir Glifosaat (aktiewe bestanddeel vir die beheer van onkruid) tolerant is (Alleman, 2012). Dit beteken dat produsente ʼn mono-kulturele praktyk kan aanneem vir die beheer van grasse tussen mielies wat ook afkomstig is van grasse. Produsente kan ook van ander duursame produkte gebruik maak wat wel geregistreer is as voor-opkoms doder vir grasse, maar daardie onkruid grasse moet baie jonk wees wat die bestuur daarvan bemoeilik (Alleman, 2012). Ander lande in Afrika het nie GM gewasse aanvaar nie weens die veiligheid gevaar en sal daarom ʼn nuwe mark geskep word indien nuwe tegnologie in mielies soos CTM mielies daar beskikbaar gestel sal word.

Grond gesondheid is ook essensieel vir plant gesondheid (Pankhust, 1995). Grond organismes speel ʼn integrale rol om ʼn balans te handhaaf in die grond se goeie en slegte organismes vir bogrondse plante (Moore et al., 2007). Plant variasie hou ʼn betekenisvolle invloed op die mikrobiese samestelling van grond (Dunfield and Germida, 2003). Daarom kan afwisseling van gewasse of ʼn samestelling van verskillende gewasse ʼn geweldige impak op die samestelling van grond mikrobiese organismes inhou. Dit is ook duidelik uit Pankhust (1995) se navorsing dat ʼn verhouding waargeneem word wat mikrobiese diversiteit in die grond, plant en volhoubaarheid kan bevorder. Volgens Marais et al., (2012) speel grond vog tesame met praktykverskille ʼn belangrike rol is alle mikrobiese aktiwiteit in grond. Hierdie mikrobiese aktiwiteit speel ʼn uiters belangrike rol in opname van grondstowwe en voedingselemente in plante (Havlin et al., 1999).

Prys fluktuasies en variasie aan beide kante van die produsent (inset kant en produk prys kant) veroorsaak dat produsente aan hoër risiko blootgestel word (Groenewald et al., 2003).

2012). Hierdie voor-opkoms doders kan sodoende net voorkomend aangewend word. Sodoende skep dit ʼn behoefte vir CTM wat Cycloxydim tolerant is want dit kan as na- opkoms doder gespuit word en as ʼn beheerde aksie uitoefen word. Glifosaat kan ook gebruik word om na-opkoms gespuit te word wanneer Glifosaat tolerante mielies (ook bekend as Roundup-Ready mielies) geplant word. Die gebruik van Glifosaat tolerante mielies vergemaklik die beheer van ongewensde onkruid in Suid Afrika, maar dit is ʼn mono-kulturele praktyk wat nie gesond is vir volhoubaarheid nie.

Hoekom na-opkoms dodders belangrik is, is die feit dat onkruide voortdurend deur die seisoen ontkiem en opkom weens hulle biologiese behoeftes om te ontkiem. Dit beteken dat sommige onkruide vroeg in die produksie seisoen van mielies ontkiem en opkom wat dan beheer word, terwyl ander later in die groeiseisoen ontkiem en opkom wat dan met ʼn beheerde onkruiddoder soos Cycloxydim of Glifosaat beheer moet word.

Volgens Vancetovic et al. (2009) werk Cycloxydim in op ʼn ensiem genaamd Asetiel ko- ensiem A wat verantwoordelik is vir aminosuur sintese, wat weer die boustene is vir proteïene wat nodig is vir die plant om te lewe. CTM het ontstaan deur ʼn natuurlike verskynsel waar Asetiel ko-ensiem A in mielies geïsoleerd geraak het (mutasie) en dus ʼn hoë toleransie teen die chemie ontwikkel het. Hierdie toleransievlakke is selfs in die heterosigotiese gene (wat slegs een van die saad se ouers bevat die geen) genoegsaam om teen die maksimum aanbevole dosis, te oorleef, Die homosigotiese gene (tolerante gene van beide ouersade) kan tot twee en ʼn half keer die aanbevole dosis oorleef. Dit beteken dat slegs een genoom oor genoegsame toleransie teen Cycloxydim beskik om te oorleef wanneer dit met hierdie chemie bespuit word. In ʼn studie wat gedoen is deur (Kazikowski en Urban, 2010) is bewys dat daar geen opbrengs verlies ontstaan wanneer CTM mielies met die aanbevole dosis gespuit word nie teenoor die kontrole wat onkruidbeheer meganies toegepas is.

Volgens Guoju et al., (2015) is daar drie metodes om gene oor te dra nl. “Agrobacterium- mediated”, “particle bombardment” en “pollen tube pathway”. Eerste- en tweede genoemde metodes word gebruik om GM mielies te produseer wat relatief duur prosesse is. Die “polen tube pathway” is egter goedkoper omdat dit tyd bespaar en so ook koste bespaar; die metode kan maklik van natuurlike selektiewe weerstandbiedende plante oorgedra word na spesifieke variteite.

Koste is die vernaamste voordeel wanneer hierdie geen in ʼn mielie geteel word. Dit is ook ʼn maklike proses om die geen in te teel. Die goedkoper mieliesaad bied ʼn mededingende markaanbod en verlaag boere se insetkoste met die aanplant van mielies as kontantgewas. Die markbehoefte bestaan dus om goedkoper saad aan te koop mits die variteit van die mielie geskik is en steeds ekonomiese opbrengste lewer terwyl die onkruidbeheer vergemaklik word in die proses.