• No results found

Die betekenis en funksie van die himnes in Openbaring 4-11

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Die betekenis en funksie van die himnes in Openbaring 4-11"

Copied!
25
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

DIE BETEKENIS EN FUNKSIE VAN DIE

HIMNES IN OPENBARING 4-11

F.P. Viljoen1

OPSOMMING

Die vertelling van die gebeure in Openbaring 4-11 kon waarskynlik in die uiterste sin sonder die himnes geaktualiseer gewees het. Die totale kommunikatiewe en es-tetiese effek kon egter nie daarsonder bereik word nie. Die intrige ontwikkel binne ’n sterk liturgiese konteks. Die himnes maak ’n appél op die veronderstelde lesers om nie ’n passiewe rol te speel nie, maar baie aktief deel te neem. Die himnes bied bemoedigende woorde en deurgaans die scenario van die finale oorwinning, een waarin die veronderstelde lesers ’n aktiewe rol speel. Daarom funksioneer die him-nes deurgaans terapeuties. Die himhim-nes handel oor die tema van die soewereiniteit van God en die Lam, sy koms om te oordeel en die vestiging van die koninkryk waarin die gelowiges ’n plek kry. Die himnes bied kommentaar op die intrige van Openbaring en bied belangrike informasie wat die leser help om sin te maak uit die ontwikkeling van die gebeur. Die gebruik van die himnes in Openbaring bied bruikbare riglyne vir die gebruik van liedere in die liturgie vandag.

ABSTRACT

THE MEANING AND FUNCTION OF THE

HYMNS IN REVELATION 4-11

The plotted actions in Revelation 4-11 could be actualised in the strict sense with-out the hymns, but the total communicative and esthetic effect could not be achieved without them. The plot develops in a strong liturgical context. The hymns summon the implied readers not to play a passive role, but rather an active one. The hymns are reassuring, constantly representing a scenario of final victory, one in which the implied reader plays an active role. The hymns are thus therapeutic throughout. They revolve around the theme of the sovereignity of God and the Lamb, his com-ing in judgement and the establishment of the kcom-ingdom of the saints. The hymns comment on the plot of the Apocalypse and provide important information which helps the reader to decipher the ensuing events. The hymns in Revelation provide useful guidelines for the use of songs in the liturgy.

1 Prof. F. P. Viljoen, Skool vir Bybelwetenskappe en Bybeltale, Potchefstroomse Universiteit vir CHO, Potchefstroom. E-pos: sbbfpv@puknet.puk.ac.za.

(2)

1. INLEIDING

Die funksie van liedere in die algemeen het ’n kleurryke geskiedenis in die Joodse en Christelike tradisies. In die Ou en Nuwe Testament kom ’n groot verskeidenheid van liedere voor waarin God in verskillende omstandighede besing word (vgl. Viljoen 1990:68-70, 145-179). Hoewel sodanige liedere ’n funksionele rol in enige konteks kan vervul, gaan ek van die veronder-stelling af uit dat hierdie liedere ’n belangrike funksie het in die struktuur en betekenis van die bepaalde geskrif waarin dit voorkom (vgl. Viljoen 2002). Die sentrale argument van hierdie artikel is dat die liedere in die Open-baring 4-11 geen uitsondering is nie. Die doel van hierdie artikel is om aan te toon hoe die liedere kunstig en funksioneel ingeweef is in die struktuur van teks om deel te vorm van ’n dramatiese narratief. Wie die teologiese boodskap van Openbaring wil formuleer, moet erns maak met die sleutel-rol wat die himnes in die boek speel.

Om dié doel te bereik, word die liedere in Openbaring geïdentifiseer. Daarna word ondersoek waar en hoe hierdie liedere in die ontvouing van die dramatiese narratief inpas. Die funksie van liedere binne die klassieke reto-riek word kortliks aangetoon in soverre dit relevant is vir ’n beter verstaan van hierdie himnes. Vanweë die fokus van die artikel word die liedere nie volledig geëksegetiseer nie. Klem word eerder geplaas op die retoriese en narratiewe funksie van die liedere as geheel en hoe sekere motiewe in die liedere as sodanig funksioneer binne die geskrif.

Omdat Openbaring betrekking het op lofprysende gemeenskap (vgl. Barr 1986:252; Du Rand 1993b:314), kan die gebruik van liedere in die boek lig werp op die funksionaliteit van die lied in die erediens. Openba-ring is grootliks ’n liturgiese boek waarin die (veronderstelde) leser genooi word om saam te sing, te bid en God te prys (Craddock 1986:278). Tonele van erediens en liturgiese taal vorm belangrike komponente van Openba-ring (Barr 1986:252). Die boek kan beskou word as ’n myn vol informasie oor die liturgiese praktyke van die vroeë christene (Harris 1989:4). In dié verband skryf Cullmann (1953:7):

(I)t is not without significance that the Seer mentions that he saw his visions on a “Lord’s Day” (1.10), at a time, therefore, when the Christian community was gathered together. Thus he sees the whole drama of the last days in the context of the early Christian services of worship … Hence the whole book … is full of allusions to the liturgical usages of the early community.

’n Mens moet onthou dat die eerste “lesers” van Openbaring dit waar-skynlik eerder gehoor as gelees het (Barr 1986:252) en dat hierdie

(3)

hoor-ervaring waarskynlik in erediensverband plaasgevind het. Die weergawe van die liedere in Openbaring sou daarom ’n groter impak op die “hoor-sin-tuig” gemaak het (Kelly 1986:288) en daarom ’n besondere rol in die narra-tief sou speel.

Met hierdie studie oor die betekenis en funksie van die liedere in Open-baring 4-11 word ook ’n poging aangewend om ’n beter begrip te kweek vir die gebruik van liedere in ons liturgie vandag.

2. IDENTIFIKASIE VAN DIE LIEDERE

Op grond van bepaalde kriteria kan spesifieke gedeeltes in Openbaring as liedere geïdentifiseer word. Stauffer (1948:316) het baanbrekerswerk gedoen deur twaalf kriteria te identifiseer waarvolgens liedere in die Nuwe Testa-ment geïdentifiseer kan word. Hierdie kriteria is tekstueel en ko-tekstueel van aard. Tekstuele kriteria sluit onder andere styl, werkwoordvorme, die gebruik van deelwoorde, parallelismes, inleidingswoorde, retoriese elemen-te (inclusio, chiasmes, antiteses, en moontlike hapax legomena) in. Met

ko-tekstuele kriteria word verwys na inleidende formules, elemente van ’n hulpgeroep of smeekgebed tot God of ’n lofprysing aan die einde (Du Rand 1993b:315). Jörns (1971:15-19) het ’n waardevolle bydrae gelewer deur die himnes in Openbaring te onderskei op grond van verse en keerverse:

Vers Keervers

4:9: Elke keer wanneer die 4:11: Here ons God, U is waardig lewende wesens heerlikheid, om die heerlikheid en die eer eer en dank toebring aan Hom en die mag te ontvang ... wat op die troon sit ... 2

5:9b-10: U is waardig om die boek 5:12-13: Die Lam wat geslag was, te neem en die seëls daarvan oop is waardig om die mag en te maak ... rykdom, die wysheid en sterkte,

die eer, heerlikheid en lof te ontvang ... 7:10b: Ons redding kom van 7:12: Amen! Die lof en die heerlikheid,

ons God, wat op die troon die wysheid, die dank en die eer, sit, en van die Lam! die mag en die sterkte behoort

aan ons God tot in alle ewigheid. Amen! 11:15: Die koningskap oor die 11:17-18: Ons dank U, Here ons wêreld behoort aan ons Here en God, Almagtige ...

sy gesalfde ...

(4)

16:5b-6 U is regverdig, U wat 16:7b: Ja, Here God, Almagtige, is en wat was, U, die Heilige ... betroubaar en reg is u oordele. 19:1b-2: Prys die Here! 19:3-4: Prys die Here! ... Die oorwinning, die heerlikheid

en die mag behoort aan ons God!

19:5b: Loof ons God, al sy 19:6b-8: Prys die Here!

dienaars, dié wat Hom vrees, Die Here ons God, die Almagtige, klein en groot. heers nou as koning ...

Op grond van al bogenoemde kriteria kan die volgende gedeeltes in Openbaring as himnes geklassifiseer word (vgl. ook Aune 1987:243): • 4:8-11; • 5:9-13; • 7:10-12; • 11:15-18; • 12:10-12; • 15:3-4; • 16:5-7, en • 19:1-8

Hierbenewens verwys 14:2-3 ook na lied van die honderd-vier-en-veertig duisend op die Sionsberg, hoewel die inhoud van die himne nie weergegee word nie.

3. PLEK VAN DIE HIMNES

Bowman (1955:439) wys daarop dat “the first clue required for understand-ing of John’s Apocalypse is to be found in its original design”. Wie hierdie struktuur nie in ag neem nie, raak verward deur die enigma (vgl. 1:20; 10:7; 17:5,7) van die openbaring (vgl. ook Coetzee 1988:254).

Sommige navorsers het probeer aantoon dat die struktuur van Openba-ring, of ten minste sekere hoofstukke daarvan op bestaande liturgiese pa-trone gebaseer is. Shepherd (1960:47) voer byvoorbeeld die struktuur terug na die destydse pasgaliturgie, terwyl Lauchli (1960:364) die liturgie van Klein-Asië daarin terugvind. Ook Thompson (1990:53-73) en Vanni (1991: 365) voer die struktuur terug na een of ander lofprysende gemeenskap. Dit blyk dat Openbaring ’n liturgiese konteks veronderstel (Floor 1979:135;

(5)

Van de Kamp 2000:42). Eredienste is ’n sentrale element in die boek (Charles 1991:463).

’n Redelik algemene opvatting onder veral vroeëre navorsers is dat Openbaring op die struktuur van die destydse Hellenistiese dramas geba-seer is (vgl. Blevins 1984:19; Bowman 1955:440; Brouwer 1928:110; Loots 1948:26-29). Die himnes in Openbaring sou die funksie hê van die kore in die Hellenistiese dramas. Die opeenvolgende episodes in Openba-ring herinner aan die Hellenistiese teater waarin die koor deur dramatiese optrede die tonele rondom ’n sentrale tema verduidelik, daarop kommen-taar lewer en toepas. Johannes sou hierdie dramatiese kunsvorm van die Ro-meine en Grieke gebruik, ’n kunsvorm wat vir die destydse Christene in Klein-Asië bekend sou wees. Hierdie struktuur het hy met ’n Christelike inhoud gevul.

Harris (1989:8) toon aan dat die verband tussen Openbaring en die Hellenistiese drama nie met alle sekerheid gekonstateer kan word nie. Hoe-wel navorsers nie noodwendig ’n direkte verband lê na die Hellenistiese dramas nie, is die meeste dit wel eens dat die himnes in Openbaring op een of ander manier kommentaar lewer op gebeure wat in drama-vorm beskryf is. ’n Insig wat hieruit na vore kom, is dat die himnes as sodanig nie deel vorm van die kern (“kernel”) van die intrige (“plot”) nie, maar as narratiewe eenhede wel soos satelliete (“satellites”) optree waardeur die kern verduide-lik word (vgl. Barthes 1982:251). “Kernels” beskryf die verloop van die in-trige, terwyl die “satellites” kommentaar daarop lewer. In Openbaring blyk dit dat die liedere hoofsaaklik as sodanige satelliete funksioneer.

Met die struktuur van die destydse drama of teater as onderbou, het talle navorsers die Openbaring in verskillende bedrywe en tonele verdeel. ’n Bekende verdeling is dié waarvolgens Openbaring in sewe bedrywe (sewe visioene) elk met sewe tonele verdeel word (vgl. Bowman 1955:440, Groe-newald 1986:23-25; Van der Waal 1971:147-156):

• Eerste bedryf (1:9-3:22): Die Seun van die Mens tussen die sewe goue kandelare met die sewe tonele van die sewe briewe aan die sewe gemeentes.

• Tweede bedryf (4:1-8:1): God op die troon, die boekrol en die Lam wat geslag is met sewe tonele van die sewe seëls wat oopge-maak word.

• Derde bedryf (8:2-11:18): Die sewe engele met die sewe tonele van sewe trompette.

• Vierde bedryf (11:19-14:20 met 15:2-4): Die draak, die Lam en die oorwinning van die kerk in sewe tonele waarin hierdie stryd geteken word.

(6)

• Vyfde bedryf (15:1,5-16:21): Die oordeel van God in sewe tonele met sewe bakke en sewe plae.

• Sesde bedryf (17:1-20:3,7-10): Die oordeel oor Babilon word volvoer in sewevoudige tonele waarin die oordeel van God ontvou word.

• Sewende bedryf (20:4-6 en 20:11-22:5): Die oorwinning en nuwe skepping in sewe tonele waarin die vervulling van God se verlossingsplan beskryf word.

Hoewel daar variasies bestaan (vgl. Du Rand 1988:250 vir ’n uiteenset-ting van die variasies), bied die numeriese sewe-deling ’n geldige en bruik-bare werksbasis as greep op die inhoud van Openbaring.

Op grond van narratologiese oorwegings onderskei Du Rand (1988: 251) drie bedrywe in die ontvouing van die narratief van Openbaring:

• Eerste bedryf (1-3): God se betrokkenheid by die kerk op grond van die Christus-gebeure

• Tweede bedryf (4-11): Die ontvouing van God se verlossingsplan en oordeel op grond van die Christus-gebeure

• Derde bedryf (12-22): Die finale ontvouing van God se verloss-ing en oordeel in die geskiedenis op grond van die Christus-gebeure.

Hy toon aan dat die basso ostinato (’n grond bas wat ’n musikale werk tot ’n eenheid saambind. Dit kom voor in die vorm van ’n kort musikale frase of melodie wat oor en oor herhaal word terwyl die hoë stempartye gewoon voortgaan) in al hierdie bedrywe die Christusgebeure is (Du Rand 1993a: 304-306). Soos in ’n musiekkomposisie se eenheidsbinding dikwels in die deurlopende frase of melodie te vind is, bind die Christologiese “melodie” van die Lam die komposisie tot ’n eenheid.

’n Mens moet nie dink aan een korrekte indeling van Openbaring nie. Verskillende indelingsmaatstawwe (kronologies, numeries, teologies, poë-ties, liturgies, tekslinguispoë-ties, progressie-analise, konsentriese verdeling en siklusse van visioene) het ’n verskeidenheid indelings tot gevolg (vgl. Du Rand 1993a:300). Onmiskenbaar is egter die opbou van tonele en die teen-woordigheid van liedere daarby wat op hierdie eenheidsbinding (basso

osti-nato) gebaseer is. So beskou, word die lees van Openbaring ’n sien- en

hoor-ervaring waarby die lesers direk konstruktief betrek word (Collins 1984:84). Ek neem die onderskeiding van Du Rand hierbo as vertrekpunt, en gee hierdie artikel aandag aan die liedere wat voorkom in die tweede bedryf (Openbaring 4-11).

(7)

4. NARRATIEWE FUNKSIE VAN DIE HIMNES

Liedere speel ’n belangrike rol in die voortgang van die sien- en hoor-ervaring van die vertelling. Aune (1987:243) beskou die himnes as “devices to ad-vance the plot”. Thompson (1969:342) beskryf die funksie van die liedere as “the context and setting in which the eschatological narrative unfolds” en “the literary form by means of which the seer realizes the kingship of God and his just judgement”.

Vanuit ’n narratiewe oogpunt reflekteer die himnes betekenisvolle kommentaar op die tonele wat in Openbaring beskryf word (Harris 1989: 62). Hierdie kommentaar kan die vorm aanneem van interpretasie, beoor-deling en/of veralgemening (Chatman 1978:237-248):

• Interpretatiewe kommentaar is enige verduideliking van gebeure in die verhaal sonder dat ’n waarde-oordeel daaroor uitgespreek word. • ’n Beoordeling betrek die verteller se morele evaluering van die gebeure

in die narratief. Dit is ’n ideologiese manier waardeur die verteller die (veronderstelde) lesers se oortuigings probeer vorm.

• ’n Veralgemening is kommentaar om die oorgang te maak vanaf die vertelde wêreld na die werklike omstandigheide waarin die lesers hulle bevind.

Hierdie kommentaar deur middel van die himnes het meer as een funksie (Chambers 1978:331). In die eerste plek betrek dit die leser by die situasie van die teks. Aan die ander kant kontroleer dit die interpretasie van die gebeure wat beskryf word. Hierdie kommentaar handhaaf op so ’n ma-nier die kontak met die lesers, terwyl die lesers gelei word om die vertelde gebeure reg te interpreteer.

Aangesien die himnes van Openbaring deur karakters binne die nar-ratief gesing word, funksioneer hulle tegnies as implisiete kommentaar. In sekere gevalle lewer dit ironiese kommentaar op die omstandighede van die intrige. Hoewel die himnes in die hemel gesing word (met uitsondering van 12:10-12 en 16:3-4), lewer dit kommentaar op gebeure wat op die aarde afspeel. Hoewel die himnes dus tegnies implisiete kommentaar lewer, is die kommentaar eksplisiet, aangesien die plek waar die himnes gesing word, elders is as dié waarop hulle kommentaar lewer (Harris 1989:63).

Benewens die kommentaar inisieer die himnes die deelname van die lesers in hierdie narratiewe wêreld (Du Rand 1993b:314). Die lesers word oorweldig deur die tonele en kan nie anders as om, in aansluiting by die himnes soos opgeteken in Openbaring, ook met lofprysing aan God en aan die Lam te antwoord nie (vgl. 4:10; 5:8; 7:11; 11:16).

(8)

Wanneer Openbaring as historiese narratief gelees word, is dit nie net informatief nie, maar performatief (Du Rand 1991:586). Die retoriese taal-gebruik betrek die leser by die vertelling. Hoewel die teks nie die krisis wat die geadresseerdes beleef het, oplos nie, help dit om die leser se vrees te kanaliseer en hulle gedagtes op God se verlossingshandelinge te rig. Die leser word gelei om sy eie krisissituasie te verwerk (Collins 1986:241). Gager (1975:49) beskryf die taalgebruik in Openbaring dienooreenkomstig “mitiese terapie”.

Deur middel van hierdie liturgiese feesviering ervaar deelnemers eska-tologiese eksistensiële verwagtings in die hede (Thompson 1990:61). Hemel en aarde, sowel as die toekoms en hede ontmoet mekaar met die lofprysing deur middel van die himnes.

5. HIMNES AS RETORIESE GENRE

Binne die narratief van Openbaring het die himnes ook ’n retoriese funksie. Begrip van die retoriese funksie van himnes is onontbeerlik om hulle intra-tekstuele funksie binne ’n intrige te verstaan.

Die telos van die antieke retoriek was nie in die eerste plek die welspre-kendheid van die spreker nie, maar die opbou of veroordeling van die ge-hoor (Kennedy 1980:84).

Binne die soorte van die antieke retoriek dien himnes as voorbeeld van epideiktiese genre. Epideiksis is een van die Gattungen van die klassieke reto-riek, benewens die forensiese en deliberatiewe Gattungen (Kennedy 1984: 77). Epideiktiese retoriek is verwant aan publieke seremonies. In seremo-niële retoriek word iemand óf geprys óf gesensureer. Daarom figureer die motiewe van “eer” en “skande” sentraal in dié Gattung. Epideiksis se doel is om die gehoor te oortuig om ’n persoon of sy optrede as of eervol of as skan-dalig te beskou (Kennedy 1980:74). Sekondêr kan epideiksis ook die gehoor oortuig tot ’n bepaalde optrede.

Anders as die forensiese en deliberatiewe genres het epideiksis nie met kontroversiële sake te doen wat deur die gehoor beoordeel moet word nie. Wie van epideiksis gebruik maak, moet oortuig wees van die welwillendheid van sy gehoor, en ook die gesag hê om te praat. Dit het die doel om die in-tensiteit te versterk van die waardes wat reeds deur die spreker en die gehoor gedeel word (Harris 1989:271). Perelman (1979:51) skryf in dié verband:

Epideictic speeches are most prone to appeal to a universal order, to a nature, or a god that would vouch for the unquestioned, and sup-posedly unquestionable, values. In epideictic oratory, the speaker turns educator.

(9)

Epideiktiese retoriek word soms ook ’n performatiewe diskoerstipe ge-noem aangesien dit met seremoniële taal te doen het (Beale 1974:221). Ver-skillende kategorieë van performatiewe diskoers word onderskei, waaronder die behabitives. Behabitives het te doen met die gehoor se reaksie op ’n ander persoon se karakter of optrede deur die uitdrukking van ’n gesindheid teen-oor so iemand. Himnes val daarom onder hierdie kategorie. Die himnes in Openbaring is reaksies op die Persoon en optrede van God en die Lam. Hierdie himnes vind plaas binne formele (seremoniële) lofprysingstonele.

Epideiktiese himnes van die antieke retoriek behels gewoonlik die ver-heerliking van die wese van ’n persoon of godheid in die algemeen. Daarna volg die spesifieke krag en mag van die persoon en die voordele wat dit vir sy volgelinge inhou. Daarbenewens word hulle wonder- of heldedade

(para-deigmata) besing, waaruit hulle krag en mag blyk. Hulle kan ook besing

word vir hulle onsterflikheid, waarmee hulle óf gebore is óf verwerf het deur dapperheid (Harris 1989:276).

Van hierdie patrone uit die retoriek is ook merkbaar by die himnes in Openbaring, soos vervolgens blyk uit die himnes in die ontvouing van God se verlossingsplan en oordele op grond van die Christus-gebeure in Open-baring 4-11.

6. DIE SKEPPINGSLIED: OPENBARING 4:8-11

Himniese materiaal kom die eerste keer in Openbaring 4:8-11 voor. Hier-die sogenaamde skeppingslied lewer kommentaar op Hier-die visioen van God wat op sy troon sit. Rondom die troon is daar vier lewende wesens. Na die beskrywing van die optrede van hierdie lewende wesens volg hulle loflied (4:8):

Acclamatio

{

Agio" a{gio" a{gio" Heilig, heilig, heilig

kuvrio" oJ qeo;" oJ pantokravtwr, is die Here God, die Almagtige, oJ h\n kai; oJ w]n kai; oJ ejrcovmeno". Hy wat was en wat is en wat kom.

Hierdie vier wesens tree as’t ware op as die koorleiers in die hemel, “zij zetten de toon van der eredienst in de hemel” (Van de Kamp 2000:172). Hierdie wesens wat alles sien, sing. Hulle is tuis in die hemel. Hulle sien God op sy troon. “Hoe dichter by de troon, hoe eerder het zingen begint” (Van de Kamp 2000:173).

Drie maal word die heiligheid van God besing, God met drie name, van Wie drie dinge gesê word. Hy is uniek (dit word beklemtoon deur die

(10)

op-vallende gebruik van die lidwoord). Hierdie drievoudige herhaling aksen-tueer alles in die oortreffende trap. Sy heerskappy word besing (Here God), sy verhewenheid oor alles (die Almagtige), asook sy ewigheid en trou aan sy beloftes (Hy wat was en wat is in wat kom — in ’n ander volgorde as 1:4 en 8; nou staan die verlede voorop vanweë die eer aan die Skepper; die aksent bly egter op die koms van God met sy finale oordeel). Hy is verhewe en het die reg op verheerliking.

Die feit dat God as oJ pantokravtwr(Almagtige) besing word, vervul ’n wesentlike funksie in Openbaring (Boring 1986:259). In die lig van die po-litieke toestand van destyds waar die Romeinse keiser hom die mag toege-ëien het, leer Openbaring ’n absolute monoteïsme. God is in beheer, nie die Romeinse heerser (en onderdrukker van gelowiges) nie.

Met hierdie himne word die hoogtepunt van die toneel bereik. In teen-stelling met die gewaande gesag van die aardse heersers, besit God die enig-ste ware gesag in die heelal (Craddock 1986:274).

Jesaja 6:3 dien moontlik as bron van die eerste reël van die lied, en vorm die interteks (Harris 1989:73). Intertekstualiteit bestudeer die bronne en die spesifike manier waarop die bronne oorgeneem word (Miller 1985:19 e.v.). In dié verband is dit opmerklik dat die tweede helfte van die teks in Jesaja 6:3 weggelaat is, naamlik: “Die hele aarde is vol van sy magtige teen-woordigheid”. Hierdie weglating beklemtoon die destruksie en verontreg-ting wat die (veronderstelde) lesers ervaar. Skynbaar is die aarde nie vol van sy teenwoordigheid nie (Boring 1986:259). Tog, vanweë die weglating van hierdie sterk teks, kom die weggelate deel juis sterk op die voorgrond. Jesaja 6:3b is dus teenwoordig via negativa (Harris 1989:75).

Die vier-en-twintig ouderlinge reageer op die lofbetuiging van die vier lewende wesens. Nadat die optrede van die ouderlinge beskryf is, volg ook hulle loflied (4:11) as antifoniese respons op die loflied van die vier lewende wesens.

Acclamatio:

{

Axio" ei\, oJ kuvrio" kai; oJ qeo;" hJmw`n, Here, ons God, U is waardig

labei`n th;n dovxan kai; th;n timh;n om die heerlikheid en die eer

kai; th;n duvnamin, en die mag te ontvang.

Rede:

o{ti su; e[ktisa" ta; pavnta omdat U alles geskep het;

kai; dia; to; qevlhmav sou h\san kai; deur U wil het alles ontstaan

(11)

Die ouderlinge gee die rede waarom God waardig is om geprys te word. Hulle spreek God aan as “Here, ons God”. Dit is ’n titel wat aan keiser Do-mitianus gegee is (Van de Kamp 2000:175). Teenoor die keiserlike praal besing hierdie lied as parodie God in sy troonsaal (Aune 1987:243; Harris 1989:89). God alleen is waardig om hierdie eer te ontvang (Borgen 1996:156). Die gemeentes in Klein-Asië, wat in hulle omgewing baie eer-betoon aan die keisers meegemaak het, kry nou ’n blik op die eereer-betoon aan die groot Koning in die hemel.

Die konsepte “eer” en “skande” was twee wesentlike waardes in die Me-diterreense wêreld van die Nuwe Testament (Malina 1981:27). Die epideik-tiese genre het deurgaans op die temas van “eer” en “skande” gekonsentreer. Binne die klassieke retoriek het die epideiktiese genre die doel om die ge-hoor te oortuig dat die persoon of optrede ter sprake eervol of skandelik is. Daarbenewens kan dit ook die gehoor tot ’n spesifieke optrede aanmoedig. As voorbeeld van hierdie genre binne die Christelike literatuur verwoord die himne in Openbaring 4:8-11 dat eer aan God toekom. Uit die res van die vertelling word dit duidelik dat die satan en aardse heersers in skande kom. Die gehoor/lesers word aangemoedig om dieselfde eer aan God te bewys.

God is die Almagtige. Hy omspan die hele geskiedenis, van die begin tot die einde. Hy sit op sy troon. Die term “troon” kom 47 keer in Open-baring voor (Boring 1986:259). Die troon van God staan in kontras met die aardse, pretensieuse trone van die Satan en die dier. God die Almagtige is die Alleenheerser in die geskiedenis (Du Rand 1991:589). In hierdie lied kom ’n nuwe element, naamlik “mag” by. Dit staan in verband met God se skeppingswerk. God se wêreldregering en goeie skepperswil word besing. Hy is die weldoener. Dit vorm ’n konstante motief in Openbaring.

In die tyd van die Nuwe Testament was die rol van ’n weldoener belangrik:

(T)he chief task of dieties and rulers in Graeco-Roman world was to ensure the safety and the well-being of those who rely on their services. If they discharge their task well they are recognized as benefactors or saviours (Hurtado 1985:114).

In Openbaring is God die weldoener vir gelowiges, in teenstelling met die Romeinse keiser. Hy sal die gelowiges beskerm, red van die verderf en hulle in eer herstel. Daarom word sy eer besing.

Die struktuur van die klassieke epideiktiese retoriek is merkbaar in hierdie himne. In die eerste plek word God verheerlik om sy Goddelikheid en mag in die algemeen (4:8-9). Daarop word die spesifieke krag van God as paradeigmata besing. Hy is die Skepper van alle dinge en die Een wat die heelal beheer (4:11).

(12)

Binne die narratief van Openbaring as geheel lewer hierdie himnes kommentaar deur die troongesig te interpreteer. Hulle verduidelik die wese van die Een wat op die troon sit. Die himnes bied ’n eksplisiete interpre-tasie van die rede waarom God waardig is om die heerlikheid, eer en mag te ontvang. Hierbenewens gee die himnes ’n aanduiding van wat later in die vertelling gaan gebeur.

7. OPENBARING 5:9-13

Openbaring 5:1-8:5 beskryf die visioen van die verseëlde Raadsbesluit van God. Niemand op die aarde of in die hemel is waardig om dit oop te maak nie, behalwe die Lam van God, die Leeu uit Juda, die wortel van Dawid. Net toe Hy die boek neem, hef die vier lewende wesens en die vier-en-twintig ouderlinge ’n lofsang aan en sing ’n nuwe lied tot sy eer (5:9-10):

Acclamatio

a. Stelling

{Axio" ei\ labei`n to; biblivon U is waardig om die boek te neem

kai; ajnoi'xai ta;" sfragi'da" aujtou', en die seëls daarvan oop te maak b. Rede

o{ti omdat

ejsfavgh" U geslag is

kai; hjgovrasa" tw'/ qew'/ ejn tw'/ a{imati sou; en met u bloed mense vir God losgekoop

ejk pavsh" fulh'" kai; glwvssh" het uit elke stam en taal en volk en nasie.

kai; laou' kai; e[qnou"

kai; ejpoivhsa" aujtou;" tw'/ qew'/ hJmw`n U het hulle ’n koninkryk en priesters vir

basileivan kai; iJerei'", ons God gemaak

kai; basileuvsousin ejpi; th'" gh'". en hulle sal oor die aarde regeer.

Ook hierdie lied begin met ’n akklamasie, en word gevolg deur redes daarvoor. Naas die lied aan God klink daar nou ook ’n lied vir die Lam op (Stanley 1958:183). Die Lam vervul ’n sentrale funksie in Openbaring. Dit kontrasteer skerp met heidense mitologie waar ’n bul gewoonlik as lewege-wend beskou is (Charles 1991:446). Die lied vir die Lam is nuut. As God nuwe dinge doen, is daar stof vir ’n nuwe lied (vgl. Ps 33:3; 40:4; 96:1; 98:1; 144:9; 149:1; Jes 2:10) (Achtemeier 1986:285; Viljoen 1990:155). Die liturgie hou die gang van God se dade by. Hierdie toneel herinner aan die lofprysing aan God by die altaaroffers aan God in die tempel (Charles 1991:469).

Die koor noem drie redes waarop die Lam die waardige kandidaat is om die boekrol te neem:

(13)

• Hy is geslag, • Hy het losgekoop, en

• Hy het ’n koninkryk van priesters gemaak.

Die eerste rede waarom die Lam besing word, is omdat Hy geslag is. Hy het Homself in liefde opgeoffer. Met die offer van sy bloed het Hy mense vir God losgekoop. Met die duurste prys denkbaar het Hy hulle die eiendom van God gemaak. Die ironie is skreiend. ’n Koning heers omdat hy met sy lewe betaal het (Charles 1991:467). Binne die Romeinse Imperium is dit ’n uiterste paradoks. Die Lam wat geslag is, herinner egter waarskynlik aan die paaslam in Eksodus (Floor 1979:130). Die beeld ontlok die herinnering aan Israel se uittog en bevryding, wat in die Judaisme as proto-tipe beskou is vir die eskatologiese verlossing (Harris 1989:96). Hierdie eksodus-tipologie fi-gureer deur die hele Openbaring. Die verlossing in Openbaring kry deur hierdie tiplologie ’n eskatologiese maar ook ’n historiese dimensie (Collins 1986:236). Hier word nie net van ’n geestelike verlossing nie, maar ook van ’n sosio-ekonomiese verlossing gesing (Fiorenza 1974:220).

Die tweede rede waarom die Lam besing word, is omdat hy die gelo-wiges losgekoop het. Die woord “loskoop” is ’n destydse handelsterm waardeur daar na ’n handelaar verwys is wat deur die wêreld gereis het om mense te koop. Blykbaar word hier ook verwys na die gebruik dat ’n han-delaar, namens ’n land, krygsgevangenes uit slawemarkte in die buiteland teruggekoop het en na hulle eie land teruggebring het (Van de Kamp 2000:186). ’n Vierdelige uitdrukking toon aan dat die reddingswerk van die Lam universeel is (vier is die simboliese getal van die wêreld in sy vol-heid). Hulle kom uit elke stam, taal, volk en nasie. God smee met sy ver-lossing mense uit verskillende afkomste saam dat hulle as sy eiendom voor Hom kan leef.

Die derde rede vir die lofprysing is die nuwe bestemming van die vry-gekooptes. Hulle kan terug na waar hulle hoort, tuis om by hulle eie mense geïntegreer te word. Hulle nuwe bestemming word in die woorde van Ek-sodus 19:6 beskryf. Hulle mag hulle as priesters aan God wy en hulle bestemming as konings is dat hulle uiteindelik as konings op die aarde sal regeer. In hierdie toonaard besing die Ou-Testamentiese voorgangers die Nuwe-Testamentiese reddingswerk.

Hierdie loflied bevat twee anachronismes. Aan die een kant bevat dit ’n eksterne analepsis wat terugverwys na die dood van Jesus. Aan die ander kant bevat dit ’n interne prolepsis wat na die toekomstige koninkryk van die gelowiges saam met die Lam verwys. In hierdie paar reëls word die

(14)

be-langrikste elemente van die narratief saamgevat. Jörns (1971:174) noem dit die evangelie in die himnes.

Spore van die klassieke epideiksis is ook merkbaar in hierdie lied. Die Lam word waardig genoem (5:9a). Daarna volg die voordele wat sy optrede vir die mense inhou (5:9b). Hy is eer waardig, omdat sy dood die verlossing van mense bewerk het en ’n nuwe koninkryk geskep het. Om die geloof-waardigheid van die lofuitroepe te bevestig, maak die himne van

paradeig-mata gebruik, deur hierdie voorbeelde te noem van die magtige dade van

die Lam en wat dit vir die mense en die skepping beteken.

Hierdie himne word gevolg deur ’n meer algemene lofprysing van die Lam se majesteit. Miljoene der miljoene engele voeg hulle by die vooraf-gaande lofprysing (5:12):

Proclamatio

{Axiovn ejstin to; ajrnivon to; ejsfagmevnon Die Lam wat geslag was, is waardig

labei`n om die mag en rykdom, die wysheid en

th;n duvnamin kai; plou'ton kai; sofivan kai; sterkte,

ijscu;n kai; timh;n kai; dovxan kai; eujlogivan. die eer, heerlikheid en lof te ontvang.

Die engele staan nie terug nie, maar sluit hulle by die wesens en ouder-linge aan. “De hemelse liturgie krijgt een steeds bredere expansie” (Van de Kamp 2000:188). Hierdie lied is vol himniese proklamasie. In beurtsang herhaal die engele drie woorde van die lied van die wesens en ouderlinge (mag, eer en heerlikheid) en voeg daarby “rykdom”, “wysheid”, “sterkte” en “lof”. So vorm dit sewe terme wat die volheid van die lofprysing simboli-seer. Hulle prys die krag waarmee die Lam die redding laat realiseer (mag en sterkte) en die vindingrykheid om redding moontlik te maak (rykdom en wysheid). Dit is die redes waarom eer, heerlikheid en lof Hom toekom. Die rede vir die lofprysing is weer die werk van die Lam.

Daarop volg die klimaks met die groot finale kollektiewe harmonie van die universele koor. Nie alleen die vier wesens, die ouderlinge en die engele verenig in lofprysing nie, maar die hele skepping neem deel aan die huldig-ing en lofpryshuldig-ing van God en van die Lam (5:13):

Acclamatio

Tw'/ kaqhmevnw/ ejpi; tw'/ qrovnw'/ Aan Hom wat op die troon sit,

kai; tw'/ ajrnivw/ en aan die Lam

hJ eujlogiva kai; hJ timh; kai; hJ dovxa kai; behoort die lof en die eer, die heerlikheid

to; kravto" en die krag,

(15)

Die verenigde kore van die hemel en die aarde tree aan om die klimaks van lofprysing te bereik. Skepsels uit alle dele van die heelal jubel in ’n een-stemmige doksologie voor God en die Lam (soos Psalm 150 die hoogtepunt van die psalms vorm waar alles wat asem het, saam jubel).

Die troon in hierdie himne is hoogs illustratief binne die sosio-histo-riese konteks van Openbaring. Keiser Nero het vir hom ’n rotunda (troon wat in die rondte draai) laat bou (Charles 1992:469). Die Romeine was van mening dat die rotunda in die middel van die heelal gestaan het om die ekwilibrium daarvan te handhaaf. Vanuit hierdie posisie kon die keiser die lot van alle mense bepaal en oordele uitspreek. Hy wat op die rotunda sit, is vereer as die kosmiese god van die noodlot, die fatorum arbiter (bepaler van die lot) en ho pantokrator (die alleenheerser). Keiser Domitianus het homself as deus et dominus (god en here) verklaar en al onderdane van Rome is geforseer om mee te doen aan hierdie keiserverering en daardeur hulle Christelike geloof af te sweer (Boring 1986:257). Die vraag oor wie die wêreld regeer, was dus vir die (veronderstelde) lesers van Openbaring geen abstrakte of spekulatiewe vraag nie. Dit was ’n heel konkrete politieke vraag binne hulle leefwêreld. Onder hierdie omstandighede verseker Openbaring dat God wat op die troon sit, en die Lam, egter heers.

God word viervoudig geroem (lof, eer, heerlikheid en krag). Hierdie lof-prysing herinner aan die doksologie van die Christus-himne in Filippense 2:5-11. Hoewel Jesus as Lam die grootste skande moes ly aan die kruis, het dit God behaag om Hom tot die hoogste eer te verhoog (Achtemeier 1986:288; Floor & Viljoen 2002:100).

Die kerk is nie die eerste wat sing nie. Die kerk sit die lied nooit in nie, maar sing altyd antifonies. “De éene grootse aanbiddingspyramide nodigt de hoorders uit op aarde de lofzang gaande te houden” (Van de Kamp 2000: 175).

Die simfonie van die skepping word afgesluit met die instemming van die vier lewende wesens: “Amen!” Die voorafgaande belydenisse en lofprys-ings word bevestig (Charles 1992:472). Die kring is weer gesluit. Die wesens en die ouderlinge het die hemelse erediens begin (4:8-11) en hulle sluit nou ook hierdie kosmiese lofprysing.

Die lesers van Openbaring mag hierdie erediens ook beleef. Hulle “sien” en “hoor” ook die kosmiese erediens. Die lesers kan hulle hiermee identifi-seer en ervaar die katartiese effek van die teks (vgl. Collins 1984:84).

Aune (1983:5-26) het die verhouding tussen hierdie himnes en die an-tieke panegyriese feesvieringe aangetoon. Hy toon aan dat die progessiewe insluiting van elkeen in die heelal ooreenkomste toon met die antieke

(16)

ge-bruik van adventus. Adventus-seremonies behels die aankoms van ’n heerser by ’n stad. Terwyl dié persoon die poort van die stad nader, het elkeen in die stad na die hekke toe uitgegaan om lof aan hom te betuig en hom te be-sing. Hiermee saam was die consensus omnium baie belangrik. Dit het behels elkeen in die stad die legitimiteit van die heerser moes erken. Dieselfde tipe seremonie is waarskynlik onderliggend aan die verwelkoming wat Christus ontvang het toe Hy Jerusalem op ’n donkie binnegery het, en hoe sy tweede koms beskryf word (Harris 1989:269).

Hierdie himnes beantwoord die basiese vraag wat in 5:2 gestel word: “Wie is waardig om die boek oop te maak deur die seëls daarvan te breek?”. Die Lam is waardig omdat Hy die toets van lyding en dood deurstaan het. Die toets van lyding en dood kom op verskeie plekke in Grieks-Romeinse tekste voor (Van Unnik 1970:449). Iemand wat so ’n toets deurstaan het, het toegang gekry tot esoteriese boeke.

Die Lam is dit waardig vanweë die uitstaande diens wat Hy gelewer het. Hy is die groot weldoener op grond van die verlossing wat Hy aan die kruis verwerf het, maar ook omdat God deur Hom die eer van die gelowiges sal herstel (Danker 1982:419).

Die verwysing na die dood van die Lam is ’n voorbeeld van implisiete intertekstualiteit. Hoewel die skrywer nie pertinent ’n teks kwoteer nie, verwys hy na die betekenis van die dood van Jesus.

Hierdie himnes verskaf dus ’n eksplisiete voorbeeld van interpretatiewe kommentaar, aangesien dit die rede weergee waarom die Lam die boekrol kon neem. Dit lei ’n assosiasie tussen martelaarskap en die inhoud van die boekrol in. Sodoende vind daar ’n veralgemening in die kommentaar plaas deurdat daar ’n brug geslaan word tussen die vertelde wêreld en die omstan-dighede van die lesers. Die himnes verklaar ook die betekenis van die dood van die Lam deur mag, rykdom ensovoorts as resultaat daarvan te beskryf. Die basiese tema van eer teenoor skande voorsien ’n betekenisvolle konteks vir die visioen van die Lam wat die boekrol neem.

8. OPENBARING 7:10-12

Voor die klimaks van die tweede bedryf waar die Lam die sewende seël oop-breek, word daar eers weer by wyse van ’n lied kommentaar gelewer op die verloop van die gebeure. Nadat die Lam die eerste ses seëls oopgebreek het, volg die lof-uitroep van die menigte (7:10):

(17)

Proclamatio

JH swthriva tw'/ qew'/ hJmw`n tw'/ Ons redding kom van ons God, wat op

kaqhmevnw/ ejpi; tw'/ qrovnw/ kai; tw'/ ajrnivw/. die troon sit, en van die Lam!

Die menigte wat sing het ’n internasionale samestelling. Tog is die on-telbare gelowiges een in hulle gesonge geloofsbelydenis. God en die Lam word gehuldig vir die redding wat God bewerk het. Hy het sy verseëlde dienaars veilig deur die groot verdrukking heen gelei. Hierdie himne toon spore van tipiese martelaarshimnes van destyds (Craddock 1986:276; Kelly 1986:289). Palmtakke word gewaai te midde van die uitroep van triom-fantlike woorde. By voorbaat word ’n deurkyk gegee na die einde van die verdrukking. God se seël bied ’n betroubare waarborg.

By die aanskoue van hierdie ontelbare menigte kan die engele nie swyg nie. Hulle het hulle rondom die troon en die ouderlinge en troonwesens met lofprysing geskaar (7:12):

Acclamatio

jAmhvn, Amen!

hJ eujlogiva kai; hJ dovxa kai; hJ sofiva kai; Die lof en die heerlikheid, die wysheid,

hJ eujcaristiva kai; hJ timh; kai; hJ die dank en die eer, die mag en die sterkte

duvnami" kai; hJ ijscu;" tw'/ qew'/ hJmw`n behoort aan ons God

eij" tou;" aijw`na" tw`n aijwvnwn tot in alle ewigheid.

ajmhvn. Amen!

In aansluiting by die koor van die geredde kinders van God, volg die koor van die hemelse wesens. Hulle eerste woord is “Amen”. Hulle betuig hulle instemming met die oorwinningsroep van die menigte. Hulle neem die lied oor en maak ’n antifoon daarvan. “Engelen en mensen samen be-wonderen en aanbidden God” (Van de Kamp 2000:217). Aan God word sewevoudige (volheidsgetal) lof toegebring. Aan God kom die lof, heerlik-heid, dank en eer toe omdat Hy daarin geslaag het om die volle getal van sy diensknegte te behou en voor sy troon te bring. Sy eienskappe van wys-heid, mag en sterkte het by oormaat geblyk uit sy reddingswerk. Hierdie lofuiting word, soos dit begin het, met “Amen” afgesluit.

Hierdie liedere bied ’n verduideliking van die intrige wat in Openba-ring beskryf word, en bied so ’n antwoord op die persoonlike worstelinge waarmee die gelowiges van destyds geworstel het. Hierdie liedere bied iets van ’n “deurkyk” na die redding wat kom. Met hierdie “deurkyk” na die voleinding, klink reeds ’n prelude tot die oorwinningsliedere van die slot van die Bybelboek.

(18)

9. OPENBARING 11:15-18

Die derde bedryf waarin die sewe engele en die sewe trompette bespreek word, word afgesluit met die uitroep van oorwinning deur stemme in die hemel waardeur daar kommentaar gelewer word op die voorafgaande gebeure (11:15):

Proclamatio

jEgevneto hJ basileiva tou' kovsmou Die koningskap oor die wêreld behoort

tou' kurivou hJmw`n aan ons Here

kai; tou' Cristou' aujtou', en sy Gesalfde,

kai; basileuvsei en Hy sal as koning heers

eij" tou;" aijw`na" tw`n aijwvnwn. tot in alle ewigheid.

Hierdie lofprysing is ’n proklamasie en lewer kommentaar op die toneel van die verwoesting van ’n derde van die skepping. Die lied proklameer en konstateer daardeur dat God sy heerskappy oor die mensewêreld laat blyk met dié oordeel. Die (veronderstelde) lesers het geworstel met die vraag waarom so baie onreg onder Romeinse heerskappy plaasvind, terwyl hulle bely dat God as koning heers. Hierdie lied gee die antwoord. God kom met sy oordeel (Boring 1986:261). Christus is die Gesalfde om as Koning te heers. Hy is deur God aangestel as Koning en het deel aan die heerskappy van God. Die tweede deel van hierdie proklamasie is ’n proleptiese aankon-diging dat Christus se regeringsmag na die verwoesting van die bose ewig sal duur.

Hierdie lied toon ooreenkomste met die destydse apokaliptiese eskato-logie. Daarvolgens was die teenwoordige bose wêreld onder beheer van menslike medewerkers van ’n bose bo-natuurlike wese en sy bondgenote. Die boosheid sou egter binnekort getermineer word deur goddelike inter-vensie en vervang word met ’n nuwe volmaakte orde (Aune 1987:227). So bied die lied antwoorde aan die gelowiges wat geworstel het met die vraag waarom al die onreg plaasvind as God dan sou heers.

Die vier-en-twintig ouderlinge bly nie agter by die stemme nie en sluit met ’n oorwinningslied daarby aan (11:17-18). Hulle klim van hulle trone af en kniel voor God, want “bij te hoogste onthulling van Gods glorie past de diepste verootmoediging” (Van de Kamp 2000:275):

(19)

Danksegging

Eujcaristou'mevn soi, Ons dank U,

kuvrie oJ qeo;" oJ pantokravtwr, Here God, Almagtige,

oJ w]n kai; oJ h\n, U wat is en wat was,

o{ti ei[lhfa" th;n duvnamivn sou th;n megavlhn dat U nou u groot mag gebruik

kai; ejbasivleusa". en as koning heers.

a. Resultaat

kai; ta; eqnh wjrgivsqhsan, Die nasies was woedend,

b. Gevolg

kai; h\lqen hJ ojrghv sou maar nou het die tyd vir u oordeel gekom.

kai; oJ kairo;" Die eindtyd het aangebreek:

tw`n nekrw`n kriqh`nai die dooies word geoordeel;

kai; dou`nai to;n misqo;n toi'" douvloi" sou aan u dienaars,

toi'" profhvtai" die profete,

kai; toi'" aJgivoi" en aan die gelowiges,

kai; toi'" foboumevnoi" to; onomav sou, dié wat U vrees, klein en groot, word

tou;" mikrou;" kai; tou;" megavlou", hulle loon gegee;

kai; diafqei'rai tou;" diafqeivronta" en dié wat die aarde

th;n gh`n. vernietig, word vernietig.

God word met drie name gehuldig (Here, God, Almagtige). Hy is en was. In vergelyking met 1:4,8 en 4:8 ontbreek die toevoeging van God wat kom. Dit is egter nie nodig nie, want Hy het reeds gekom. Dit het die stemme so pas geproklameer (vers 15). Die lied bied ’n parafrase van God se koms. In die liedere van hoofstuk 4 en 5 was daar ’n oproep dat God sy mag moes opneem (4:11 en 5:12). Nou klink die dank op omdat Hy die heerskappy aanvaar het. Hoewel Hy altyd die mag besit het, gaan Hy dit van nou af duidelik uitoefen.

Daarna volg die afsonderlike dade waarin God se mag gemanifesteer word en wat die fondament van die danklied vorm. In reaksie op die woede van die nasies het God met sy oordeel gekom. Temas wat in die volgende hoofstukke volg, word hier aangestip: die toorn van die nasies (19:15, 19 en 20:8-9), die tyd vir sy oordeel (14:6-20 en 20:11-15), die tyd om sy dienaars (op alle manier getipeer) te beloon (22:12) en die vernietiging van diegene wat die aarde vernietig (19:2).

Die lied verduidelik dat die oordeel van God gesien moet word in die lig van die verlossing. Die oordeel is verskriklik, maar hierdie gerig bring troos vir die volk van God (Floor 1979:128). Die lied leer dat daar ’n einde

(20)

aan al die onreg en regsverkragting sal wees. Die koninkryk van God is ’n ryk van reg. Dit word duidelik in die gerig van God.

Soos die geval is met die vorige himnes, vind hier ook ’n verskuiwing van lokaliteit plaas. Ook hierdie liedere word in die hemel gesing. Bal (1985:43-45) toon die belangrikheid van lokaliteit en die verskuiwing daarvan in die voortgang van ’n narratiewe teks aan. Dit kan dien as ’n ma-nier om verskillende temas in die intrige te beklemtoon. Hierdie funksie is ook hier van toepassing. Hierdie himne word in die troonkamer van God gesing, op ’n ander plek as die vertelde wêreld waarop die lied kommentaar lewer. Die karakters wat die lied sing, bevind hulle op ’n plek waar daar weerstand is teen die ongeregtigheid wat op die aarde aan die gang is. So-doende dien hemel en aarde as fisiese manifestasies van die opposisie tussen goed en kwaad.

Vanuit hierdie lokaliteit kan die himne daarom effektief kommentaar lewer op die gebeure op aarde wat vooraf beskryf is. Die himnes interpre-teer die gebeure wat tot dusver aan die lig gekom het. Deurdat God die aarde begin verwoes en straf het, begin Hy sy beheer oor die koninkryk van die aarde toon. In 11:17-18 word dit eksplisiet genoem (“Hy het begin heers”). So verduidelik die himne die voorafgaande gedeelte van die narra-tief. Benewens die terugkyk, kyk die himne ook vorentoe in die narratief, waar die gelowiges beloon en die dooies geoordeel sal word.

Die himne funksioneer dus, soos die vorige himnes, sowel prolepties as analepties in die diskoers van Openbaring. Die himne voorsien ’n beteke-nisvolle konteks waarbinne voorafgaande en volgende gebeure verstaan kan word.

Ideologies verwoord die himnes die begeerte dat die kwaad gestraf sal word en dat God se heerskappy sal aanbreek. Sodoende kom die sentrale tema van eer en skande weer aan die orde, hoewel dit nie eksplisiet genoem word nie.

10. GEVOLGTREKKING

Die himnes in Openbaring 4-11 het duidelik ’n narratiewe funksie en reto-riese krag binne die drama van hierdie bedryf in Openbaring. Al die mo-tiewe wat in die himnes genoem word, word ook in die intrige van die drama beskryf. God het inderdaad alles geskep en alles is onder sy beheer. Die liedere besing God wat op dit troon sit, as die alleenheerser. Hulle be-vestig ’n radikale monoteïsme. Die God van Israel en Jesus is die enigste God. Jesus het verlossing vir die mense bewerk deur sy kruisdood. Sodoen-de het Hy ’n koninkryk vir die gelowiges bewerk. Die koms van die

(21)

ko-ninkryk gaan gepaard met die oorwinning oor die vyande van God en die Satan. Om ter wille van God ’n martelaar te wees, is nie tevergeefs nie.

Die leser/gehoor speel ’n baie aktiewe rol in die narratief. Die himnes funksioneer deurgaans terapeuties. Die himnes bemoedig die lesers, terwyl dit deurgaans ’n scenario van die finale oorwinning voorhou.

Die himnes funksioneer binne die seremoniële genre van die antieke retoriek. Vorme en strukture van die epideiktiese genre word gebruik, wat vir die destydse lesers dit maklik sou maak om die inhoud en funksie van die himnes te verstaan. As voorbeelde van epideiktiese retoriek verwoord en versterk die himnes tradisionele waardes, waardes wat deur die lesers aan-vaar sou word. Binne die kulturele sisteem van eer en skande word die lesers daarvan verseker dat hulle skande in eer omskep sal word. Met verwysing na die ervaring van die martelaarskap van die lesers (skande-dood), word die lesers daarvan verseker dat hierdie skande net tydelik is. Hulle eer sal her-stel en, danksy God, uitermate verhoog word.

Die himnes dra by tot die kommunikasie van die boodskap deurdat dit sowel analepties as prolepties kommentaar lewer op die vertelde wêreld. Die vertelling word geïnterpreteer, oordele word oor omstandighede uitgespreek en die lesers word by die vertelde wêreld betrek. Die status en rol van die (veronderstelde) lesers kom regstreeks aan die orde, aangesien hulle in die teks beskryf is as gelowiges en dienaars van God binne die lofprysende ge-meenskap van die kerke. Hoewel die antifoniese dele in die himnes konteks-tueel tot God en die Lam gerig word, is dit ook op die lesers gerig. Lesers word daardeur opgevoed om die gepaste perspektief op gebeure te hê.

Hoewel die inhoud van die boodskap waarskynlik sonder die himnes oorgedra sou kon word, dra die himnes by tot die totale kommunikatiewe en estetiese effek van die narratief.

Hierdie effek kan ook verkry word deur die sing van liedere in ons ere-dienste vandag. Lidmate word verseker dat al die eer aan God toekom. Hy is die eer waardig op grond van sy wese. Daarbenewens het Hy op velerlei maniere bewys dat Hy die eer waardig is. Hy het die bose oorwin, die ge-lowiges van die skande van die bose verlos en hulle deel gemaak van sy nuwe koninkryk. Selfs al moet hulle tydelik die skande van lyding verdra, is die eindoorwinning seker. Sodoende word gelowiges gehelp om krisisse hanteer, en vrees te oorkom en om hulle lewens in vertroue op God af te lê.

Die liedere in Openbaring 4-11 leer vir ons dat, ten spyte van moeilike omstandighede wat ons mag ervaar, God almagtig is en as Koning heers. Sodoende nooi die liedere die kerk van alle eeue om saam te sing tot lof van die Here ons God, die Almagtige wat op die troon sit.

(22)

BIBLIOGRAFIE

ACHTEMEIERP J

1986. Revelation 5:1-14. Interpretation 40(3):283-288.

AUNED

1983. The influence of Roman imperial court ceremonial on the Apocalypse of John. Bulletin of Biblical Research 28:5-26.

1987. The New Testament in its literary environment. Philadelphia: Westmister Press.

BALM

1985. Narratology: introduction to the theory of narrative. Toronto: University of Toronto Press.

BARRD L

1986. The Apocalypse of John as oral enactment. Interpretation 40(3):243-256.

BARTHESR

1982. Introduction to the structural analysis of narrative. In: Sontag (ed.) 1982: 251-295.

BEALEW H

1974. Rhetorical performative discourse: a new theory of epideictic. Perspectives

in Religious Studies 11:221-246.

BLEVINSJ L

1984. Revelation as drama. Nashwille: Broadman.

BORGINGP

1996. Moses, Jesus, and the Roman emperor: observations in Philo’s writings and the Revelation of John. Novum Testamentum 38(2):145-159.

BORINGM E

1986. The theology of Revelation: “The Lord our God the Almighty reigns”.

Interpretation 40:257-269.

BOWMANJ W

1955. The Revelation to John: its dramatic structure and message. Interpretation 9:436-453.

BROUWERA M

1928. Wereldeinde en wereldgericht in het licht van den Bijbel. Amterdam: Paris.

CHAMBERSR

1978. Commentary in literary texts. Critical Inquiry 5:323-337.

CHARLESJ L

1991. An apocalyptic tribute to the Lamb (Rev 5:1-14). Journal of the Evangelical

(23)

CHATMANS

1978. Story and discourse. Ithaca: Cornell University Press.

COETZEEJ C

1988. Die prediking (teologie) van die Openbaring aan Johannes. In: Du Toit (red.) 1988:253-314.

COLLINSA Y

1984. Crisis and catharsis: the power of the Apocalypse. Philadelphia: Fortress. 1986. Reading the book Revelation in the twentieth century. Interpretation 40(3):229-242.

CRADDOCKF B

1986. Preaching the book of Revelation. Interpretation 40(3):270-282.

CULLMANNO

1953. Early Christian worship. Philadelphia: Westminster Press.

DANKERF W

1982. Benefactor: epigraphic study of a Graeco-Roman and New Testament semantic

field. St. Louis: Clayton Publishing Co.

DESCAMPA & DEHALLEUXR P A (eds.)

1970. Melanges bibliques en hommage au T.P. Beda Rigau. Paris: Duculot.

DURANDJ A

1988. Die Openbaring aan Johannes. Inleiding tot die Openbaring aan Johannes. In: Du Toit (red.) 1988:219-252.

1991. God beheer die geskiedenis: ’n Teologies-historiese gesigspunt volgens die Openbaring van Johannes. In: Roberts et al. (reds.) 1991:582-596. 1993a. A ‘basso ostinato’ in the structuring of the Apocalypse of John?

Neotesta-mentica 27(2):299-311.

1993b. Now the salvation of our God has come. A narrative perspective on the hymns in Revelation 12-15. Neotestamentica 27(2):313-330.

DUTOITA B (red.)

1988. Handleiding by die Nuwe Testament. Pretoria: NG Kerk Boekhandel.

FIORENZAE S

1974. Redemption as liberation: Apocalyse 1:15f and 5:9f. Catholic Biblical

Quartely 36(2):220-232.

FLOORL

1979. Het gericht van God volgens het Nieuwe Testament. Amsterdam: Buijten & Schipperheijn.

FLOORL & VILJOENF P

2002. Die Christus-himne in Filippense: soteriologies of eties? In die Skriflig 36(1):1-104.

(24)

GAGERJ

1975. Kingdom and community: The social world of early Christianity. Englewood Cliffs: Prentice Hall.

GROENEWALDE P

1986. Die Openbaring van Johannes. Kaapstad: NG Kerk-Uitgewers.

HARRISM A

1989. The literary function of hymns in the Apocalypse of John. Ann Arbor: University Microfilm International. (Ph.D. Thesis.)

HURTADOL

1985. Revelation 4-5 in the light of Jewish apocalyptic analogies. Journal for the

Study of the New Testament 25:105-124.

JÖRNSK-P

1971. Das hymnische Evangelium: Untersuchungen zu Aufbau, Funktion und Herkunft

der hymnischen Stucke in der Johannesoffenbarug. Gutersloh: Verlagshaus Gerd Mohn.

KELLYB H

1986. Revelation 7:9-17. Interpretation 40(3):288-295.

KENNEDYG A

1980. Classical rhetoric and its Christian and secular tradition form ancient and

mo-dern times. Chapel Hill: University of North Carolina Press.

1984. New Testament interpretation through rhetoric criticism. Chapel Hill: Univer-sity of North Carolina Press.

LAUCHLIS

1960. Eine Gottesdiensdienststruktur in der Johannesoffenbaring. Theologische

Literaturzeitung 16:359-378.

LOOTSP J

1948. Ons kerklied deur die eeue. Stellenbosch: CSV.

MALINAB

1981. New Testament world: insights from cultural anthropology. Atlanta: John Knox Press.

MILLERO

1985. Intertextual identity. In: Miller & Valdes (eds.) 1985:19-40.

MILLERO & VALDESM (eds.)

1985. Identity of the literary text. Toronto: University of Toronto Press.

PERELMANC

1979. The New Rhetoric: a theory of practical reasoning. London & Boston: Reidel Publishing Company.

ROBERTSJ H et al. (reds.)

(25)

SHEPHERDM H

1960. The Paschal liturgy and the Apocalypse. Richmond: John Knox.

SONTAGS (ed.)

1982. A Barthes reader. New York: Hill & Wang.

STANLEYD M

1958. Carmenque Christo quasi deo dicere. Catholic Biblical Quarterly 20:173-181.

STAUFFERE

1948. Die Theologie des Neuen Testaments. Guttersloh: Bertelsman.

THOMPSONL

1969. Cult and eschatology in the Apocalypse of John. Journal of Religion 49: 330-350.

1990. The Book of Revelation. Apocalypse and empire. Oxford: Oxford University Press.

VAN DEKAMPH R

2000. Openbaring, profetie vanaf Patmos. Kampen: Kok.

VAN DERWAALC

1971. Openbaring van Jezus Christus. Inleiding en vertaling. Groningen: Vuurbaak.

VANNIU

1991. Liturgical dialogue as a literary form in the Book of Revelation. New

Tes-tament Studies 37:348-372.

VANUNNIKW C

1970. Worthy is the Lamb: the background of Apocalypse 5. In: Descamp & de Halleux 1970:445-461.

VILJOENF P

1990. Die betekenis van “psalmois, humnois” en “odais pneumatikais” in Kolos-sense 3:16 en Efesiërs 5:19. Potchefstroom: Potchefstroomse Universiteit vir CHO. (Th.D.-Proefskrif.)

2002. Die strategiese funksie van die Christus-himne in Kolossense 1:13-20. In

die Skriflig 36(1):67-90.

Trefwoorde Keywords

Lofprysing Worship Erediens Worship services

Himnes Hymns

Narratief Narrative Openbaring 4-11 Revelation 4-11

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

[r]

Samen gaan we in geloof op weg, één plus één zijn er al twee.. Zie, zoals de herders in die nacht, God, geboren in

Table 2: Median total expected waiting time from referral by GP to treatment, by specialty, 2020 (in weeks) Table 3: Median patient wait to see a specialist after referral from a GP,

Wanneer Petrus homself aan die lesers bekendstel as slaaf van Jesus Christus, bring hy daarmee 'n besondere aspek van sy verhouding tot Jesus Christus na vore:

Dit blyk dus dat die apostel wil veroorsaak dat die lesers die dinge wat hy in die opsomming van sy leer uiteengesit het, weer uit die geheue oproep en opnuut

Die uiteindelike keuse word dikwels deur ekonomiese faktore en die eise van die ge- meenskap beslis (1). E1ke onderwyser het die ervaring opgedoen dat baie

In die algemene sin word bier verstaan die hele proses van groei en ontwikke- ling, van die wording, die hele deurgang van die mens Vfl.n 'n staat van

· voorbereiding gegee kon word.. kursusse in taal en letterkunde, in wetE?nskap en natuurkennis en· in kunsvakke soos tekene en musiek. · twee belangrike wysigi~s