• No results found

Voorwoord = Preface

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Voorwoord = Preface"

Copied!
2
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

Voorwoord

N

a my emeritaat in 2010 het ek aan die begin van die huidige

akademiese jaar kennis gegee van my bedanking as die Redak-teur van Acta Academica, ’n taak wat ek sedert 1992 verrig het. Ek is die laaste lid van ’n span van kollegas (destyds met wyle Dirk du Toit as leier) wat sedert 1989 ’n nuwe bedeling vir UV wetenskaplike joernale help vestig het, gerig op die uiteindelike totstandkoming van ’n onafhanklike universiteitsuitgewery. Hierdie ideaal is gedeeltelik in 2009 bereik met die stigting in van SUN MeDIA Bloemfontein (SMB) as ’n gesamentlike onderneming van die UV en SUN MeDIA in Stellenbosch.

Die finansiering van hierdie samewerking van die afgelope vier jaar word tans opnuut bedink, na aanleiding van ’n besluit van SUN MeDIA dat die bladfooie van UV joernale hulle toekom, eerder as die redaksies van die joernale. In die voorwoord van die eerste SMB uitgawe van Acta Academica, 41(2) van 2009, het ek die joernaal se elektroniese argivering op die UV bedienaar as ’n belangrike stap in die rigting van volledige Open Access aangekondig. Die verlies van bladfooi-inkomste en die beperkings van die UV bedienaar gaan spoedige oorskakeling na Open Access-programmatuur en die daarmee gepaardgaande gedigitaliseerde redaksieprosesse noodsaak. Vir die huidige gaan gedrukte uitgawes slegs beskikbaar wees vir Suid-Afrikaanse navorsingsbiblioteke, die outeurs en redaksielede.

Die proses van die langdurige soektog na ’n nuwe redakteur vir

Acta Academica is vanjaar deur die UV Rektor en Visierektor:

Akad-emies oorgeneem. Huidiglik is die uitkoms daarvan egter nog nie bekend nie. Ongelukkig neem ek dus afskeid sonder om die naam van ’n opvolger te kan aankondig.

Dit was vir my ’n besondere voorreg, en ook ’n groot eer, om oor die afgelope twee dekades met ’n groep uitsonderlike mense en vriende te kon saamwerk – geleerdes wat ons as outeurs kon bedien, kollega’s van hoogstaande integriteit wat as medewerkers op verskil-lende redaksionele spanne gedien het asook verskeie akkurate en be-troubare operateurs in publikasiekantore en -prosesse. Ek groet julle met groot dankbaarheid en waardering.

Dirk van den Berg 2 Julie 2012

(2)

Preface

F

ollowing my emeritation in 2010, I gave notice at the beginning

of the 2012 academic year of my resignation as Editor of Acta

Academica, a task I have been performing since 1992 as the last

member of a team (at that time with the late Dirk du Toit as leader) that established a new dispensation for UFS scholarly journals. Its aim was gradual progress towards the future establishment of an in-dependent UFS university press. This ideal was partly realised in 2009 with the launching of SUN MeDIA Bloemfontein (SMB) as a joint enterprise of the UFS and SUN MeDIA in Stellenbosch.

The financing of this co-operation of the past four years is currently being reviewed following SUN MeDIA’s decision to keep the page fees of UFS journals, rather than transfering it to the journals’ editorial boards. In the preface of the first SMB-published issue of Acta Academica, 41(2) of 2009, I announced the journal’s electronic archiving on the UFS server as a decisive step in the direction of complete Open Access. The loss of page fee income and the inadequacies of the UFS server dictate urgent steps to accomplish a switchover to Open Access programming and associated digital editorial processes. At present printed copies of the journal will only be made available to South African reserach libraries, the authors and members of the editorial team.

This year the UFS Rector and Vice-rector: Academic assumed control of the process in the protracted search to find a new editor for

Acta Academica. At present, however, the outcome is still unknown.

I thus have to say farewell without being able to announce the name of my successor.

It was an singular privilege as well as a great honour to have been able to work together with a group of extraordinary people and friends during the past two decades – scholars we were able to assist as authors, colleagues of outstanding integrity who served as co-workers on several editorial teams as well as a number of accurate and trusted operators in publication offices and processes. I salute you with heart-felt gratitude and appreciation.

Dirk van den Berg 2 July 2012

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

1) Die kleuterskool in Suid-Afrika verkeer in n eksperi- mentele stadium, die terrein is nog nie helder om- lyn en beskryf nie; daarom behoort eerste

eeven zo onweerbaar waren als de eigentl yke Damme- rassen voorschreven, hebbende nieds anders tot teegen- weer als een stuk hout kirrie bij ans genaamd, e n hunne

Wanneer Petrus homself aan die lesers bekendstel as slaaf van Jesus Christus, bring hy daarmee 'n besondere aspek van sy verhouding tot Jesus Christus na vore:

Dit blyk dus dat die apostel wil veroorsaak dat die lesers die dinge wat hy in die opsomming van sy leer uiteengesit het, weer uit die geheue oproep en opnuut

Omdat die Roomse kerkinstituut deur die priesterstand beliggaam word, wat op hulle beurt die verteenwoordigers van die pous is, is nie slegs die leke nie, maar

regering in die verband verduidelik: Die Duitsers moes tot staatlose burgers verklaar word sodat wetgewing aan- vaar kon word om hulle tot Britse burgers te

Die skool doen meer as vaardighede bybring en kennis oordra en juis daarom stel die ouers die eis dat die skoolopvoeding by die van die ouerhuis moet

[r]