• No results found

Die Van Hoytema-skandaal

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Die Van Hoytema-skandaal"

Copied!
2
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

DIE VAN HOYTEMA-SKANDAAL

In 1894 het een van die onaangenaamste gebeure in die geskiedenis van die administrasie van die Vrystaatse regering, naamlik die Van Hoytema-geval, plaasgevind. Dominicus N. Renaud van Hoytema was vanaf 1879 die getroue en bekwame sekretaris van die Volksraad en 'n gerespekteerde en gewilde persoonlikheid in die Volksraad en die Vrystaatse gemeenskap. Inmiddels was hy die sekretaris en penningmeester van die Algemene Kommissie van Publieke Eksaminatore in Lettere en Wetenskap wat onder meer in beheer gestaan het van die eksamens op onderwys- en regsgebied. V an H o ytem a het by g e le e n th e id as w a a r n e m e n d e p o s m e e s te r -g e n e r a a l en ouditeur-generaal gedien, terwyl hy sekretaris en later voorsitter van die bekende Bloemfontein Klub was wat in 1881 gestig is. Hy was ook 'n komiteelid van die Nasionale Museum in Bloemfontein.

Dit was juis as penningmeester van die Kommissie van Eksaminatore dat hy die misstap begaan het. Hy het sowat £ 4 5 0 (R900) van 'n beursfonds vir hom toegeein sonder om die Kommissie daarvan te verwittig. Nadat die ouditeure van die Kommissie dit agtergekom het en Van Hoytema daarmee gekonfronteer het, het hy onmiddellik die geld met rente terugbetaal. Die Kommissie, waarin onder andere drie regters gedien het, het die gebeure as 'n siviele saak beskou. Van Hoytema afgedank en in die saak berus. Die staatsprokureur, R. Gregorowski, wat ook in die Kommissie gedien het, was egter nie tevrede met die toedrag van sake nie. Op 4 Junie 1894 is 'n skrywe van Gregorowski voor die Volksraad gele. Daarin het hy die wangedrag van Van Hoytema, wat hy as kriminele saak beskou

het, bekend gemaak.

Vir die eerste keer sedert 1887 het die Volksraad a g te r geslote deure v erg a d er om die aangeleentheid te bespreek. Daar is besluit om Van Hoytema tydelik as sekretaris van die Volksraad te ontslaan totdat hy hom kon suiwer van die aantygings van geldverduistering wat deur die staatsprokureur teen hom ingebring is. Op 7 Junie 1894 het 'n verweerskrif van Van Hoytema voor die Raad gedien waarin hy beweer

J. Haasbroek

het dat hy die geld te goeder trou en met geen misdadige oogmerk nie geneem het. Hy het die geld as 'n lening teen 'n vasgestelde rentekoers beskou en was gereed om dit terug te betaal die oomblik wanneer dit benodig word en wat hy wel gedoen het. Nietemin het hy verklaardat hy besef dat hy verkeerd gehandel het. Van Hoytema het 'n ernstige pleidooi tot die Volksraad gerig om hom weer in sy pos aan te stel. Nog eens het die Raad agter geslote deure vergader, maar toe die saak op 1 2 Junie opnuutte berde gebringword, het die V o lk s ra a d die g e h e im h o u d in g opg ehef, aangesien die publiek reeds deeglik van die skandaal bewus was. Raadslid J.H. van Niekerk het daarop gewys dat hy na die eerste geheime

D.N.R. van Hoytem a

S ekretaris van die Vrystaatse V olksraad

1 8 7 9 -1 8 9 4

(2)

R. G regorow ski Vrystaatse sta a tsp ro ku re u r

1 8 9 2 -1 8 9 4

sittin g tydens 'n tre in rit na Jacobsdal deur 'n lid van die publiek meer oor die saak ingelig is as w at hy self in daardie stadium daavan geweet het. "A lhoe w el de zaak met gesloten deuren is behandeld, is allesechter secret de lacom edieen w are het dus veel beterom hetgeheim maar op te heffen'', het die Bloemfonteinse koerant, De

Burger, op 9 Junie ook sy standpunt gehuldig.

Die Van Hoytema-kwessie w as deurgaans vir die Volksraadslede 'n "p ijn lik e en sm artelijke zaak” as gevolg van die noue vriendskapsband w a t

hulle met die sekretaris gehandhaaf het.

G regorowski het in sy eerste verslag aan die Volksraad daarop gedui dat hy by die pleeg van 'n misdaad volgens wet verplig is om te prosedeer w anneer daar genoegsame bewyse is. Op 12 Junie het hy egter 'n tweede verslag aan die Raad voorgele w a arin hy te kenne gegee het dat hy gew oonlik nooit die in isiatief neem om te prosedeer nie alvorens hy daartoe gelas w ord. Aangesien die sekretaris deur die Volksraad aangestel word, verwag hy instruksies van die

Raad w at hom in die Van Hoytema-geval te doen staan.

H i e r d i e t e e n s t r y d i g e v e r k l a r i n g s v a n Gregorowski het die Volksraadslede verwar. Die kwessie oor w ie die wiele aan die rol moes sit om te prosedeer het lang en deu rd ringend e besprekings in die Raad uitgelok. Die meeste Raadslede was egter van mening dat die saak in die eerste plek nie in die Volksraad tu is hoort nie en dat die onus op die staatsprokureur berus om te prosedeer. Die staatsprokureur is immers die hoofvervolger en regsadviseur van die regering en derhalwe isd ito n g e w e n s v ird ie Volksraad om vir die staatsprokureur voor te skryf w at sv handeling in strafsake moet wees.“ M aar goede hem el!” het De Burger die staatsprokureur se optrede bevraagteken, "w a t moet men nu denken wanneer zulk een voornaam o utoriteit in de rechtsgeleerdheid naar de wetgewing gaat en daar om instructies vraagt?” Raadslid J.P. Janse het verontw aardig opgemerk dat hy in die Volksraad dien om wette te maak, maar nou w ord daar van hom verwag om as jurie, regteren publieke aanklaer o p te tree. Enkele lede was ook van mening dat Gregorowski as gevolg van die se n sitiw ite it van die saak sy plig probeer ontduik deur die saak op die Raad af te skuif.

Aangesien van Hoytema self erken het dat hy gefouteer het deur die fondse sonder die wete van die Kommissie te neem, kon hy hom nie verontskuldig nie. Op voorstel van C.H. Wessels het die Volksraad ten einde laaste besluit om Van Hoytema as sekretaris te ontslaan, terw yl die Raad hom nie kon verenig met die beskouing van die staatsprokureur dat hy nie verplig is om te prosedeer wanneer hy nie daartoe gelas word nie. Die saak is na die Uitvoerende Raad verwys om na gelang van omstandighede te handel. Die feit dat die Kommissie van Eksaminatore, w aar die wandaad plaasgevind het, nie 'n klag gele het nie en die aangeleentheid as 'n siviele saak beredder het, het w aarskynlik die deurslag gegee waarom Van Hoytema nie vervolg is nie. Na die Volksraad se finale besluit oor die Van Hoytema-geval het die saak doodgeloop en dit blyk dat hy later na Transvaal uitgewyk het.

G E

BIBLIOGRAFIE

De Burger, 9. 13, 16 en 20 Junie 1894. De Express. 1 5 en 19 Junie 1894. The Friend, 5 en 1 5 Junie 1894.

Vrystaatse Argiefbewaarplek: GS 383 . 1894. pp. 103-108.

Volksraadsnotufe OVS. 1894.

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Toe dit in Augustus 1877 blyk dat daar 'n groot tekort op die Patriot is en die voorsitter, ds Du Toit, moedeloos wou word, het Hoogenhout die G.R.A. moed ingepraat, want van

Die spreker wat die toespraak hou, maak van gesigsimbole ( gebare en mimiek) en gehoorsimbole ( spreektaal) gebruik. Oor die vereiste vir goeie spraakgebruik het ons

1) Die kleuterskool in Suid-Afrika verkeer in n eksperi- mentele stadium, die terrein is nog nie helder om- lyn en beskryf nie; daarom behoort eerste

Nadat 'die .fre- kwensietabel opgestel is ( intervalle.. STATISTIEKE UIT DIE STANDVERSPRTI~G. Dus kan ons aanneem dat die prestasi in standverspring styg by die

hoofsaaklik gevolg en nie die van empiriese verwerking van gegewens nie 9 om welke rede die gegewens van die vraelys dan ook nie volledig verstrek word nie

Di t blyk reeds u:.i... groepe uit Bantoe- en Blanke mens tussen die ouderdomme negen- tien- tot vyf-en-dertig jaar sal best9.an. dat die tipe arbeid wat n persoon

a. vas te stel ten opsigte van watter vaardighede die opleibare geestelik vertraagde Downsindroomkind die grootste agterstande het en in watter hy die grootste

In die onderstaande tabel word leierskap op skool aangetoon asook die aantal leiersposisies wat die studente beklee het en hierteenoor hulle akademiese prestasies