• No results found

Die etiek van regstellende aksie

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Die etiek van regstellende aksie"

Copied!
24
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

DIE ETIEK VAN REGSTELLENDE AKSIE

J.M. Vorster1

ABSTRACT

THE ETHIC OF AFFIRMATIVE ACTION

This article addresses the ethics of affirmative action in South Africa from a Christian ethical perspective. It firstly evaluates the Biblical teachings of redistributive justice and the implications of these teachings for a modern ethical view of affirmative action. The judicial foundation and the outcome of the process of affirmative action thus far is evaluated in the light of the deontological and consequential theories of ethics. The conclusion is that although affirmative action can be justified in principle, the outcome of the process has many deficiencies and does not serve the purpose of recon-ciliation. The article concludes with a presentation of guidelines for fair and justifi-able affirmative action in South Africa within the context of Christian ethics and legal philosophical principles.

1. INLEIDING

Regstellende aksie is ’n wetlike proses waardeur ongelykhede ten opsigte van ekonomiese geleenthede, toegang tot opleidingsinstellings, arbeids-geleenthede en grondbesit deur doelbewuste wetlike handelinge reg-gestel word om historiese ongelykhede uit te skakel. De Waal, Currie en Erasmus (2001:223) definieer die begrip soos volg:

Affirmative action means preferential treatment for disadvantaged groups of people. Typically, an affirmative action programme will re-quire a member of a disadvantaged group to be preferred for the dis-tribution of some benefit over someone who is not a member of that group. The grounds of preference are usually race or gender.

Regstellende aksie moet nie gesien en toegepas word as ’n strafmaat-reël nie, maar as ’n aksie wat ’n meer billike verdeling van inkomste en geleenthede beoog (America 1986:73).

Om bloot regte van voorheen benadeeldes te beskerm, word nie as genoegsaam beskou nie. Doelgerigte stappe moet geneem word om

1 Prof. J.M. Vorster, Direkteur: Skool vir Kerkwetenskappe, Rektor: Teologiese Skool van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, Noordwes Universiteit (Potchef-stroomkampus), Potchefstroom 2531. E-pos: KWSJMV@puknet.puk.ac.za.

(2)

regstelling deur middel van wetlike diskriminasie teweeg te bring. Reg-stellende aksie is dus ’n buitengewone handeling wat nie deur die nor-male regsprosesse uitgevoer kan word nie (Sabbagh 2003:411). Sulke pro-sesse is in die verlede in verskeie wêrelddele en gemeenskappe van stapel gestuur. ’n Goeie voorbeeld hiervan is die proses wat sedert die 1960’s in die VSA ontwikkel het en wat ingehou het dat diegene wat besigheid wil doen met die federale regering, doelbewuste stappe moet neem om hulle verteenwoordiging van minderheidsgroepe te verhoog en dat hulle tydskale moes instel om die doelwit van minderheidsverteenwoordig te bereik (Kyk Devenish 1999:63). Dieselfde doelwitte is vir universi-teite gestel (Marger 1994:369). In 1965 het die Executive Order 11246 die Departement van Arbeid in die VSA bemagtig om regstellende aksie toe te pas om werk vir swart Amerikaners en ander minderheidsgroepe te verseker (McCormick & Connors 2002:52). Volgens Kaveny (1996:286) het regstellende aksie aan die einde van die vorige eeu een van die mees kontroversiële sake in die VSA geword.

Regstellende aksie moet onderskei word van blote onbillike diskri-minerende handelinge waar daar teen mense op grond van geslag, ras, etnisiteit of geloof gediskrimineer word. Die bedoeling is juis om die gevolge van sodanige onbillike diskriminasie reg te stel. Juis daarom word regstellende aksie deur howe as billike diskriminasie beskou (De Waal, Currie & Erasmus 2001:211).

In Suid-Afrika is die beleid en proses van regstellende aksie ingestel om die wanbalanse wat in die vorige bedeling tussen witmense en swart-mense en tussen mans en vrouens tot stand gekom het, te herstel. Die wanbalanse is veroorsaak deur die stelsel van apartheid en seksisme in die werkplek. Die beleid van regstellende aksie word grondwetlik gegrond in die fundamentele reg tot gelykheid (De Waal, Currie en Erasmus 2001: 223). In die uiteensetting van die reg tot gelykheid in hoofstuk 2 van die grondwet word die volgende gesê:

Gelykheid sluit die volle en gelyke genieting van alle regte en vryhede in. Ten einde die bereiking van gelykheid te bevorder, kan wetgewende en ander maatreëls getref word wat ontwerp is vir die beskerming of ontwikkeling van persone, of kategorieë persone, wat deur onbillike diskriminasie benadeel is (RSA 1996:7).

Die herstel en etos van gelykheid word deur die gemeenskap in Suid-Afrika as ’n voorvereiste vir nasionale versoening gesien. Versoening

(3)

van mense kan nie plaasvind sonder transformasie nie (Mbeki 1998: 41). Regstellende aksie is ’n belangrike deel van die transformasie.

Uit ’n Christelik-etiese oogpunt beskou, kan die opdrag aan die ge-lowige om te herstel wat verkeerd is, as ’n kernbeginsel van Christelike gesindheid beskou word. Christelike gesindheid op die model van die gesindheid van Christus moet immers die instelling van selfopofferende diens aan die naaste bevat (Vorster 2004:25). Die saak, en veral soos dit in Suid-Afrika toegepas word, is egter meer kompleks.2Nie net die idee van regstellende aksie en die onderliggende wetgewing nie, maar ook die manier van toepassing en die uitkomste daarvan, moet eties beoordeel word. Hierdie artikel is ’n poging om ’n bydrae te lewer tot sodanige beoordeling binne die etiek van menseregte.

In die beredenering word eers ’n uiteensetting gegee van die Christelik-etiese norme waaraan die beleid en proses van regstellende aksie be-oordeel kan word. In hierdie uiteensetting word van beide ’n deonoto-logiese teorie en ’n konsekwensialistiese teorie gebruik gemaak. Daarna word regstellende aksie in Suid-Afrika en die uitkoms van die proses in die lig van hierdie teorieë en die norme wat neergelê word, getoets.

2. ETIESE NORME

In die Christelike etiek kan die volgende norme vir regstellende aksie neergelê word:

2.1 Gelykheid

Die basiese gelykheid van alle mense is ’n belangrike Christelik-etiese beginsel wat in die loop van die Skrifopenbaring telkens beklemtoon word. Die grondslag vir hierdie gelykheid is die skepping van die mens na die beeld van God. Alle mense is dus voor God gelykwaardig. Hierdie beginsel word verder ontvou deur die Skrifleer dat God se genade en

Acta Theologica 2006:1

2 Regstellende aksie in Suid-Afrika kan nie sonder meer op die model in die VSA gebou word nie. In die VSA gaan dit oor die herstel van die ongelykhede van ’n minderheid deur ’n meerderheid. In Suid-Afrika moet ’n minderheid die onge-lykhede van ’n meerderheid herstel. Die opoffering van diegene in Suid-Afrika wat regstelling moet doen, is veel groter en dit maak die saak hier meer kom-pleks. Tog is daar ook ooreenkomste, en omdat die proses in die VSA al vir vier dekades aan die gang is, kan baie geleer word uit die navorsing wat daar gedoen is.

(4)

gerig oor almal uitgaan; dat sy voorsieningheid oor almal geld; dat alle mense deel aan die opdrag, sonde en erfenis van die eerste Adam; dat die offer van Christus vir almal genoegsaam is en dat die Gees aan almal ’n sedelike besef gee wat mense in staat stel om die goeie orde te handhaaf. Dat die offer van Christus en die besondere bystand van die Heilige Gees, soos byvoorbeeld die gawes van die Gees, slegs ef-fektief is vir hulle wat Christus in die geloof omhels, spruit nie uit die inherente kwaliteite wat die mens besit nie, maar uit God se genade. Daarom mag die een hom nie bo die ander verhef nie. Omdat alle mense voor God gelykwaardig is, moet mense mekaar ook as gelykwaardi-ges behandel (Vorster 2003:288). Gelykheid beteken nie eendersheid nie, omdat mense in gawes, talente, taal, kultuur en geslag kan verskil. Andersheid hef egter nie die gelykheid op nie.

Hierdie kardinale Skrifbeginsel vind uitdrukking in die Suid-Afrikaanse grondwet, waar dit saam met vryheid en menswaardigheid as ’n waarde van die grondwet beskou word. In die interpretasie van die grond-wet en tersaaklike grond-wetgewing moet menseverhoudinge aan die beginsel van gelykheid getoets word. In die reg word onderskei tussen formele en substantiewe gelykheid.

Formele gelykheid gaan van die uitgangspunt uit dat alle mense gelyke draers van regte binne ’n regstelsel is. Gelykheid word verkry deur aan alle mense dieselfde regte toe te ken, ooreenkomstig die norm van nie-voorkeurbehandeling. Substantiewe gelykheid neem, aan die ander kant, die sosiale en ekonomiese omstandighede in ag wat ongelykheid tussen mense en groepe kan veroorsaak. Hierdie siening van gelykheid is meer geneig om met die idee van regstellende aksie te werk, wat impliseer dat positiewe stappe geneem kan word om geïnstitusiona-liseerde ongelykhede uit die samelewing te verwyder. (Vorster 2003: 261; kyk ook De Waal, Currie & Erasmus 2001:200 en Devenish 1999:45)

Eties gesproke kan ’n saak dus daarvoor uitgemaak word dat gelyk-heid nie net as ’n beginsel hanteer moet word nie, maar ook as doel (Shaw 1988:764). Dit beteken dat die beginsel soms tersyde gestel moet word om die doel te bereik. Regstellende aksie word op hierdie argu-ment gebou. Dit beteken dat mense vir ’n periode ongelyk behandel kan word om uiteindelik gelykheid vir almal te vestig. In die etiese beoordeling van ’n proses van regstellende aksie sal bepaal moet word in hoe ’n mate substantiewe gelykheid uiteindelik gaan lei tot formele gelykheid en oor watter periode dit gaan geskied.

(5)

2.2 Geregtigheid

Die Bybelse begrip “geregtigheid”, soos dit in die Ou en Nuwe Tes-tament gebruik word, is ’n soteriologiese begrip met direkte kosmo-logiese implikasies. God se geregtigheid dui op sy regering van genade en oordeel oor ’n gebroke wêreld en mensheid. Sy oordeel is regverdig, maar ook genadig omdat Hy eensydig in ’n verbondsverhouding met die mens tree. Geregtigheid gaan dus ten diepste om die nuwe skep-ping wat God tot stand bring en wat uitgedruk word in die verbonds-verhouding wat herstel word. Die begrip is ’n kort samevatting van die verlossingswerk van God in Christus (Fil. 1:11; Rom. 10:3-4). Geregtig-heid beteken om tot die verbond te behoort (Wright 1988:91; Childress 1986:556). Dit is ’n nuwe verhouding wat God gee (Rom. 5:17) en waar-na mense moet soek (Mat. 5:6).

Die geregtigheid wat God gee, moet uitmond in ’n lewe van reg-verdigheid tussen mense (Am. 5:24). Wie aan die verbond behoort, se gedrag moet daarby pas. Die kosmologiese implikasies van God se geregtigheid is dus dat gelowiges regverdigheid in inter-menslike ver-keer moet soek en bevorder. Hierdie regverdigheid het ’n herstellende aksent, soos veral blyk uit die hantering van die begrip geregtigheid in die wette van die Pentateug (Vorster 2003:311). Daar kan dus ’n saak uitgemaak word vir herstellende geregtigheid (“distributive justice”) as ’n Christelik-etiese norm vir die ordening van die samelewing, veral as dit gedefinieer word soos Werpehowski (1986:330) dit in die vol-gende aanhaling doen:

Distributive justice, which considers the whole in relation to its parts, focuses on the community’s distribution of benefits, such as honors and wealth, and burdens, such as taxation, to individuals and groups.

Hierdie beginsel wat in die normale administrasie van ’n samelewing geld, moet dus ook in abnormale omstandighede waar benadeling plaasgevind het, geld (Soni 2000:582). Dié beginsel gee regskrag aan die toepassing van substantiewe gelykheid in ’n situasie van geïnsti-tusionaliseerde ongelykhede. Toegepas op die Suid-Afrikaanse same-lewing, is die slotsom dat die kosmologiese implikasies van God se geregtigheid regstellende aksie in beginsel kondoneer.

(6)

2.3 Liefde

Die liefdesgebod staan sentraal in die soeke na geregtigheid en regver-digheid. Ramsey (1993:2) sê dat die liefdesgebod gegrond is in die liefde van God en sy regering van geregtigheid, soos dit uitgedruk is in die koms en werk van Christus. Liefde staan sentraal in Christus se gesindheid teenoor die mens. Hierdie liefde moet ook in die gesindheid van die Christen sigbaar wees (Mat. 10:8). Die gelowige moet in sy lewe voor die aangesig van God liefde tot alle mense nastreef en beoefen. Saam met geloof is liefde die karakter van die nuwe lewe in Christus. In sy ondersoek van die teologie van Paulus noem Ridderbos (1971: 324) die liefde die bestaanswyse van die nuwe lewe in Christus.

Die liefde staan in noue verband tot die geregtigheid wat die ko-ninkryk van God bring. God se geregtigheid beteken dat Hy gebroke verhoudinge herstel en die strukture en gesindhede wat vir die gebro-kenheid verantwoordelik is, vernuwe. Die Christelike liefde moet in hierdie geregtigheid manifesteer. Dit is wat Jesus bedoel met sy uit-spraak in Matteus 6:33:

Nee, beywer julle allereers vir die koninkryk van God en die wil van God; dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee.

In sy kritiek teen die liberale teologie met die beeld van Jesus as slegs die historiese Jesus, maak Hauerwas (1981:42) die opmerking dat die storie van Jesus (as die Christus) ’n sosiale etiek is.3Daarmee bedoel hy dat Jesus se liefde sosiaal-kontekstuele implikasies het. Sy liefde is konkreet. Jackson (2001:44) verwoord dieselfde idee treffend met sy stelling:

The heart of the canonical gospels more spesifically, is a spontaneous love that forgives sins and serves others.

Christelike liefde, wat uit die liefde van Jesus as die Christus voort-vloei, soek die belang van die naaste soos Jesus die belang van die sondaarmens gesoek het. Daarom het die Christelike liefde nie net ’n geestelike dimensie nie, maar moet dit konkreet uitgedruk word in die onderlinge verkeer tussen mense. Konkrete liefde, wat die belang van

3 Daarom lê Hauerwas soveel klem op die sosiale roeping van die kerk. Die kerk moet voortsit wat Jesus gedoen het. Die storie van Jesus is ’n sosiale etiek en daarom is die kerk ook ’n sosiale etiek (Hauerwas 2002:341).

(7)

die naaste soek, moet dus oopstaan vir die herstel van skade wat gedoen is. Konkrete skade kan nie net met woorde reggemaak word nie, maar moet in die daad van skadeherstel geskied.

Regstellende aksie, wat poog om die skade wat mense teenoor ander gedoen het te herstel, lê dus in beginsel in lyn met die soeke van die geregtigheid van God se koninkryk en die opdrag tot konkrete liefdes-beoefening wat daaruit voortvloei. Regstellende aksie vind egter altyd in ’n konteks plaas en daarom kan dit nie geregverdig word slegs op grond van die liefdesgebod nie. Soos by alle politieke handelinge speel bedoeling, metode, uitkoms en politieke motief ook ’n kardinale rol. Ten einde so ’n konkrete regstelproses eties te beoordeel, moet daar verdere etiese norme neergelê word. Een daarvan is versoening.

2.4 Versoening

Regstellende aksie moet uiteindelik versoening bevorder. Soos in die geval van die begrip geregtigheid, het die Bybelse idee van versoening nie slegs ’n soteriologiese inhoud nie, maar ook kosmologiese impli-kasies. Die versoening in Christus bring die mens terug by God, maar vernuwe die mens se verhouding met sy medemens en met die wêreld (Moltmann 1973:267; Vorster 2004:273). Versoening impliseer skuld-erkenning, verootmoediging, berou, en dan herstel. So is dit toegepas in die Ou Testament (Deut. 22:19; Eks. 22:4 en 22:16) (Kyk De Vaux 1988:160). Versoening sonder regstelling is inhoudloos. Die bevoor-deelde wat versoening in kosmologiese sin wil realiseer, moet bereid wees tot herstel.

Sodoende word die dienskneggestalte en die bereidheid tot offer-vaardigheid, wat eie is aan Christelike gesindheid, gerealiseer. Aan die ander kant moet die eis om regstelling nie verwerping, vervreemding en verdeeldheid in die hand werk nie. Die eis moet in die gees van ’n soeke na versoening uitgevoer word. Die eiser is ook dienskneg en moet offervaardig wees. Versoening is ’n tweerigtingverkeer van toenadering. In die proses moet albei partye bereid wees tot skikking, en hierdie skikking kan selfs onvolledige herstel beteken ten einde die hoër doel van versoening te bereik. Die verontregte as dienskneg het ook ’n roeping tot versoening.

(8)

2.5 Vergiffenis

’n Ander belangrike element van versoening is vergiffenis. Willmer (2001:28) noem vergiffenis die ontologie van die nuwe skepping. Die persoon wat vergiffenis van God ontvang, ontvang ook vergiffenis as gawe. Wat is die verhouding tussen vergiffenis en herstel? In juridiese sin kan vergiffenis nie losgemaak word van vergelding nie. Vergiffenis van ’n beskuldigde hef nie straf op nie. Willmer (2001:17) betoog dat ver-giffenis ook in nie-juridiese sin nie geïsoleer kan word van ’n verande-ring tot ’n beter toekoms vir die verontregte nie. Craske (2001:126) deel hierdie oortuiging in sy pleidooi dat vergiffenis nie konteksloos be-redeneer moet word nie. Müller-Fahrenholz (1997:73) maak ook ’n geldige saak uit vir die verband tussen vergewe en afgee by die partye in konflik. Gesien in die konteks van regstellende aksie maak die logiese verband tussen regstelling en vergiffenis sin.

Maar wat van die geval waar konkrete regstelling nie meer kan plaasvind nie? Die vraag kom dan na vore: Wat is die verhouding tussen vergiffenis en herstel in so ’n geval? Word vergiffenis dan onmoontlik? Dit is so dat die een wat ander verontreg het, alles in sy vermoë moet doen om die skade van ’n daad reg te stel, maar die vraag ontstaan of die verontregte herstel kan eis as voorwaarde vir vergiffenis. Hieroor is Willmer en Craske vaag. Die gedagte van eers regstelling, dan vergif-fenis leef sterk in die Suid-Afrikaanse gemeenskap. Dit is egter te be-twyfel of so ’n beskouing neergelê kan word as ’n Christelike norm. Christus leer ’n vergiffenis wat onvoorwaardelik is (Mat. 6:14). Vergif-fenis hoef nie altyd afhanklik te wees van regstelling nie. VergifVergif-fenis kan ook ’n onvoorwaardelike aanvaarding wees van skulderkenning en berou. Hierdie norm kan met reg uit Jesus se onderrig in Matteus 5:23 afgelei word. Die subjek van kwade gevoelens (of haat, verontregting en benadeling) ontvang hier die opdrag om te gaan versoen en dit bewys weer eens dat ook die benadeelde ’n taak in die proses van vergiffenis en versoening het.

Vergiffenis moet volg as regstelling plaasgevind het, regstelling moet afstuur op vergiffenis. Die beleid en proses van regstellende aksie moet daarom ook getoets word aan die vraag of dit vergiffenis bevorder of bemoeilik.

(9)

2.6 Roeping

In die Christelike arbeidsetiek word beroepsarbeid gesien as roepings-vervulling. Roeping word nie net beperk tot diens binne die gemeente as verbondsgemeenskap nie, maar het te doen met die mens se doen en late in die koninkryk van God. Die mens se arbeid het betekenis en waarde in God se bedoeling van die wêreld (Wogaman 1993:264). Uit-gaande van die beginsel van Kolossense 3:23 en 24, kan arbeid gesien word as die mens se lewensindienstelling aan God as deel van die dank-baarheidslewe vir die verlossing in Christus. Hierdie dankdank-baarheidslewe bestryk alle samelewingsverbande. Daarom het God sy wet as beginsel van die dankbaarheidslewe gegee.

Die primêre motief van arbeid is dus om God te dien en om vol-gens die kultuurmandaat die skepping te bewaar, te bou en te herstel. Hierin staan die daaglikse arbeid sentraal. Arbeid is godsdiens (van Wyk 2001:434).4Die mens is in die uitoefening van sy arbeid diens-kneg en rentmeester (Bonhoeffer 1995:221). Ook daarom is alle arbeid in beginsel voor God gelykwaardig, alhoewel verantwoordelikhede en vereiste opleiding mag verskil.

Roeping in die Bybel word onskeibaar aan toerusting gekoppel. God gee talente en gawes vir die verrigting van arbeid. Die gawes van die Gees moet nie slegs kerksentries gedefinieer en toegepas word nie, maar is soos roeping, ook (en veral) vir werk binne die koninkryk van God bestem. Gegewe gawes en talente moet ontwikkel word ten einde die Godgegewe roeping as rentmeester in die samelewing te vervul.

Die gebruik van die gawes is egter nie net vir werk bestem nie, maar ook vir genieting van werk. ’n Mens ontplooi as mens wanneer sy inherente gawes ontwikkel word en hy so sy daaglikse arbeid geniet. Lewensontplooiing is ’n kardinale vereiste en ’n belangrike doel van alle etiese handeling (Vorster 2004:81). Die ontplooiing van gawes behoort ook erkenning te geniet in bevordering by die werkplek. Die ontken-ning of wanbestuur van gawes en die beperking van lewensontplooiing

4 In die Christelike etiek is verskillende aksente gelê op die gedagte van arbeid as godsdiens. Hierop word nie in hierdie artikel ingegaan nie. Van Wyk (2001: 436e.v.) bespreek die verskillende aksente en noem die eksponente wat dit voor-staan. Hy ontwikkel vervolgens self ’n multi-perspektiwistiese benadering wat goeie etiese norme neerlê vir arbeid in ’n moderne sosiale konteks.

(10)

is ’n aantasting van menswaardigheid. Die mens moet homself uitdruk in sy arbeid en sy werkmilieu moet vervullend wees. Daarom moet die fundamentele regte wat in billike arbeidsverhoudinge uitgedruk word, vanuit ’n Christelike etiese gesigspunt verwelkom word. So ook die beklemtoning van die owerhede om ’n ekonomiese beleid te volg wat werkskepping bevorder. Verantwoorde regstellende aksie moet dus rekening hou met die volgende vrae: Gee dit aan almal die geleent-heid vir roepingsvervulling? Ontplooi of beperk dit die gawes en ta-lente van mense? By laasgenoemde vraag kon gevra word of die prak-tyk die geleentheid vir bevordering in die beroep moontlik maak of onmoontlik maak.

2.7 Vergoeding

Reeds in die tuin van Eden is die beginsel vasgelê dat die mens ge-regtig is om vergoed te word vir sy arbeid ten einde te kan leef (De Beer 2005:136). Die kultuurmandaat gee die mens reg op vergoeding. Hierdie reg word op verskillende plekke in die Bybel bevestig. De Beer (2005:137) wys op die volgende Skrifgegewens:

Hierdie reg geld vir dier (Deut. 25:4) en mens. Wanneer Jesus 72 volgelinge voor Hom uitstuur (Luk. 10:7), stel hy hulle gerus dat hulle nie sleg hoef te voel oor gratis verblyf en versorging wat hulle ontvang nie, want elke arbeider is sy loon werd. Hy het die reg om vergoed te word vir sy arbeid. Paulus bevestig hierdie beginsel wan-neer hy Jesus se woorde in sy eerste brief aan Timoteus herhaal (1 Tim. 5:17, 18). In 1 Timoteus 5 hou dit verband met die vergoeding wat ouderlinge vir hulle arbeid ontvang.

In die Skrif word ’n oordeel uitgespreek oor werkgewers wat hulle werknemers se loon weerhou (Mal. 3:5). Die profeet Jeremia spreek ’n oordeel uit oor werkgewers wat hulle werknemers sonder loon laat werk het (Jer. 22:13). Aan die ander kant lê vergoeding ook ’n ver-pligting op die werknemer. Vergoeding moet deur arbeid verdien word. Die mens moet ’n bepaalde diens lewer vir die vergoeding wat hy ont-vang. Arbeid en vergoeding is ’n ruiltransaksie. Die werker ontvang vergoeding in ruil vir sy gawes en talente wat hy deur vrugtevolle arbeid aanbied.

Twee ander relevante sake in hierdie diskussie moet ook vermeld word. Eerstens kan betoog word dat die werker nie net van sy arbeid leef nie, maar dit ook moet geniet. Soos hierbo ten opsigte van roeping

(11)

gere-deneer is, moet vergoeding vir arbeid ook bydra tot lewensontplooiing. Van Wyk (2001:439) sê dat die mens onder andere deur sy arbeid tot selfontplooiing en selfverryking (op geestelike vlak) kom, en die talente wat die Here aan hom geskenk het, ontwikkel. Tweedens kan daar uit die Skrifgegewens ’n saak uitgemaak word vir die beginsel dat vergoe-ding nie net die werker self moet bevoordeel nie, maar ook die naaste in individuele en kollektiewe sin. Uit die vrug van sy arbeid betaal die werker belasting (Mat. 22:21 en Rom. 13:7), dra hy by tot welsyns-dienste in die samelewing, onderhou hy die kerkdiens (1 Kor. 9:6; 1 Tim. 5:18) en versorg die armes (1 Kor. 16:1, 3; 2 Kor. 8-9) (Van Wyk 2001:440).

Regstellende aksie moet met hierdie norme rakende vergoeding deeglik rekening hou. Wanneer ’n beleid van regstellende aksie werkers benadeel deur onvoldoende lone, of buite verhouding tot die arbeid be-voordeel, of sonder meriete bevorder, of weerhou van arbeidsgenietinge, of beperk in individuele en kollektiewe naastediens, word die proses oneties.

Bogenoemde etiese norme is deontologies beredeneer. Maar vanuit ’n konsekwensialistiese etiese teorie kan ook bepaalde norme neergelê word. Hierop word vervolgens gelet.

2.8 Wat is die uitkoms?

Die vraag moet gevra word in hoe ’n mate die gevolge van ’n proses van regstellende aksie eties verantwoord is. Konsekwensialisme leer dat ’n handeling beoordeel kan word aan sy gevolge. ’n Goed-bedoelde proses kan onetiese gevolge hê. Dan kan die proses nie net aan die goeie be-doelinge beoordeel word nie. In aansluiting by bogenoemde etiese norme kan die volgende norme by wyse van enkele vrae neergelê word: • Het die proses van regstellende aksie gelei tot die beste algemene

voordeel van die hele samelewing? ’n Proses wat omgekeerde be-nadeling tot gevolg het, met ander woorde wat verontreg om te her-stel, kan nie moreel geregverdig word nie.

• Dien die proses die groei van vrede en voorspoed in die samelewing? ’n Proses wat onvrede, verset en aggressie tot gevolg het, is oneties ten spyte van goeie bedoelinge.

(12)

Vorster Die etiek van regstellende aksie • Skakel die proses onregverdigheid uit of skep dit nuwe onreg? Be-vorder dit nie-rassigheid of is dit gebou op ’n rassistiese samele-wingsbeskouing?

In die volgende paragrawe word die beleid van regstellende aksie, die toepassing daarvan, en die uitkoms van die proses tot dusver in die lig van bogenoemde Christelik-etiese norme beoordeel.

3. DIE PROSES VAN REGSTELLENDE AKSIE IN

SUID-AFRIKA

In die bespreking en beoordeling van die proses van regstellende aksie in Suid-Afrika, word eerstens aandag gegee aan die beoordeling van die beleid en daarna aan die beoordeling van die huidige uitkomste van die proses.

3.1 Die beleid van regstellende aksie in Suid-Afrika

Artikel 9(2) van die Handves van regte van die grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, wat handel oor die grondwetlike waarde van gelykheid, maak voorsiening vir regstellende aksie. Hierdie sub-artikel lui:

Gelykheid sluit die volle en gelyke genieting van alle regte en vry-hede in. Ten einde die bereiking van gelykheid te bevorder, kan wet-gewende en ander maatreëls getref word wat ontwerp is vir die be-skerming of ontwikkeling van persone, of kategorieë persone, wat deur onbillike diskriminasie benadeel is (RSA 1996:7).

Voorsiening word dus gemaak vir sogenaamde billike diskrimi-nasie. Dit is duidelik dat die grondwet uitgaan van die standpunt van substantiewe gelykheid (Vorster 2003:261).

Die proses in Suid-Afrika het wetlike beslag gekry met die promul-gering van wet 55 van 1998 wat bekend staan as die Employment Equity Act wat op 9 Augustus 1999 in werking getree het. Die wet is gea-mendeer deur die Intelligence Services Act 66 of 2002, die Electronic Communications Security (Pty) Ltd Act 68 of 2002 en die General Intelligence Laws Amendment Act 52 of 2003 (Government of the RSA 2003:1). ’n Ander wet wat sentraal in die regstellende aksiepro-gram staan, is die Promotion of Equality and Prevention of Unfair Discrimination Act of 2000 (Act 4 of 2000) (Terreblanche 2002:47).

(13)

Die bedoeling van eersgenoemde wet is drieërlei. Eerstens wil die wet onbillike diskriminasie verbied. Tweedens beoog die wet om regstel-ling vir die slagoffers van onbillike diskriminasie te bewerk en derdens word gepoog om daarmee substantiewe gelykheid te bewerkstellig (De Waal, Currie & Erasmus 2001:225; kyk ook Dupper 2004:187).

Ten opsigte van die eerste bedoeling wil die wet:

• Die staat en alle mense bind aan die verbod op enige vorm van on-billike diskriminasie in enige arbeidsbeleid of praktyk.

• Diskriminasie op grond van ’n “prohibited and analogous ground” as onbillik beskou.

• Verskeie manifestasies van onbillike diskriminasie op grond van ras, geslag en gestemdheid uitwys.

• Haatspraak, teistering en die verspreiding van inligting wat on-billik diskrimineer, onwettig verklaar.

Ten opsigte van die tweede bedoeling wil die wet:

• Aan mense waarteen onbillik in die verlede gediskrimineer is, toe-gang gee tot die reg om regstelling te eis.

• Spesiale gelykheidshowe daar te stel met bekwame personeel op hierdie gebied om gelykheidsdispute te bereg.

• ’n Wye mandaat aan die gelykheidshowe gee,

including the power to grant interdicts and to award damages, to order that “an unconditional apology be made”, to order “the respondent to undergo and audit of specific policies or practices”, or to direct “the respondent to make regular progress reports to the court ... regarding the implementation of the court’s order” (De Waal, Currie & Erasmus 2001:228).

• Die klerk van die gelykheidshof die reg gee om enige saak na die Direkteur van Openbare vervolging te verwys vir kriminele pro-sedure indien daar ’n vermoede bestaan dat byvoorbeeld haatspraak as crimen injuria beskou kan word en teistering as onsedelike aan-randing.

Ten opsigte van die derde bedoeling wil die wet: • Gelykheid bevorder.

• ’n Lys van pligte daarstel wat die staat verplig om substantiewe gelykheid te bevorder en onbillike diskriminasie aan te spreek.

(14)

Vorster Die etiek van regstellende aksie • Aksieplanne, kode van optrede, interne meganismes en

voorlig-tingsprogramme in die vooruitsig stel.

• Soortgelyke verantwoordelikhede op privaat persone en maatskap-pye, wat sake doen met die staat, lê.

• Maatskappye, klubs, vennootskappe en ander vrye verenigings bind om gelykheidsplanne op te stel en gelykheid te bevorder. Aan die einde van die wetsdokument is ’n lys gevoeg van terreine waarop onbillike diskriminasie plaasvind. Die staat word opgeroep om wetgewing daar te stel en ander maatreëls te tref om hierdie dis-kriminasie aan te spreek. Hierdie terreine sluit onder andere in: arbeid en indiensneming, gesondheids- en welsynsdienste, onderwys, sport, behuising, land en eiendom, pensioene, professies en professionele lig-game, openbare dienste, openbare fasiliteite en verenigings (Government of the Republic of South Africa, Section 29c).

Wanneer die begrip van substantiewe gelykheid in die grondwet en die wet wat regstellende aksie in werking gestel het, in die lig van die Christelik-etiese norme wat in afdeling gestel is, beoordeel word, kan die volgende gevolgtrekkings gemaak word:

• Regstellende aksie as sodanig, as antwoord op vroeëre onbillike dis-kriminasie, kan nie net geregverdig word nie, maar moet gesien word as ’n besondere roeping wat die Christen in die samelewing moet beoefen. Die norme van gelykheid, geregtigheid en liefde moet immers konkrete gestalte in die lewenskonteks van die mens kry. ’n Christen kan nie berus in ’n samelewing waarin die gevolge van strukturele onreg, uitbuiting en onderdrukking die lewe van mense steeds benadeel nie. Soos wat die wet geformuleer is en die intensie daarvan aan die orde gestel is, kan gesê word dat dit reg wil laat geskied aan hierdie Christelike norme. Die bedoeling is om gelyk-heid nie net as ’n beginsel nie, maar ook as ’n gevolg, daar te stel. Voorts gee dit uitdrukking aan die liefdesgebod wat vra dat die ge-lowige aan ander doen soos hy wil hê dat hulle aan hom moet doen. • Die beplande uiteinde van die wet is om ’n vreedsame samelewing sonder diskriminasie daar te stel. Hierdie bedoeling gee uitdruk-king aan die norme van versoening en vergiffenis. Daar kan geen werklike versoening wees as daar nog reste van ongelykhede en be-nadeling bestaan nie. Hoewel regstelling nie in alle opsigte ’n

(15)

voor-waarde vir versoening kan wees nie, maak die uitwissing van die gevolge van strukturele diskriminasie vergiffenis soveel makliker. • Die wet spreek nie die saak van vergoeding en roeping direk aan nie.

Dit kan ook nie van ’n wet verwag word nie, maar van die instansies wat die wet hanteer. Tog kan met reg beweer word dat die toe-passing van die wet die deur kan ooplaat vir onbillike vergoeding, beperking van bevordering van mense wat die roeping en die vaar-dighede (gawes, talente, opleiding) het en bevordering van mense wat nie die ervaring, vermoëns of roeping het nie. In hierdie opsig voldoen die wet nie aan die Christelik-etiese norme van roeping en vergoeding nie.

’n Belangrike leemte in die wet is die afwesigheid van ’n afsny-punt (“sunset clause”). Daar moet duidelike riglyne wees wat kan aandui wanneer die proses afgehandel is en wanneer normale arbeidspraktyke weer in werking gestel kan word. Omdat die tydsraamwerk ontbreek, kan regstelling ontaard in onbillike bevoordeling. Die voorheen bena-deeldes kan toekomstige bevoorbena-deeldes word en andersom. Veral waar ’n sterk regering die saak dryf ter wille van ’n meerderheid, kan so ’n situasie ontstaan. Dan is die gevolg omgekeerde benadeling en rassisme. Hierdie leemte het ook in die wetgewing in die VSA bestaan en tans word die wysheid daarvan bevraagteken in die lig van vermeende on-regmatige bevoordeling van minderhede. Die Hoërhof in die VSA moes in verskillende regstellende sake oordeel of die aksie nog kon-stitusioneel geregverdig is (Nacoste 1996:133). Reeds in die vorige dekade is begin om wette deur die Amerikaanse Kongres daar te stel om die federale regstellende aksiebeleid en programme tersyde te stel (Skedvold & Mann 1996:4). Sulke lang prosesse sou nie nodig gewees het as daar ’n deeglik beplande afsnydatum (“sunset clause”) was nie. Hierdie leemte in die Suid-Afrikaanse wetgewing behoort dringend reggestel te word. Dit is juistemeer nodig omdat jong gekwalifiseerde wittes, vanweë ’n oënskynlike “nimmereindigende proses”, nie vir hulle ’n toekoms in die land sien nie en in die buiteland ’n heenkome soek. So verloor die samelewing broodnodige kundigheid.

Regstellende aksie kan egter nie slegs aan die beskrywing en be-doeling van die wet beoordeel word nie, maar moet ook beoordeel word aan die uitkoms van die proses tot op hierdie stadium. Hierdie uit-komste word vervolgens aan die orde gestel en beoordeel.

(16)

3.2 Die uitkomste van die proses

Hoewel die bedoeling van die wet om substantiewe gelykheid teweeg te bring, globaal gesien in lyn is met Christelik-etiese norme wat hier-bo neergelê is, moet die vraag gevra word: Rym die gevolge met die bedoeling? In hierdie verband het verskeie navorsers skerp kritiek uit-gespreek en dit is nodig om hieraan aandag te gee.

McCormick en Connors (2002:53) verwoord die kritiek wat in die VSA teen hulle proses van regstellende aksie uitgebring is soos volg: • Regstellende aksie het in sy uitvoering eintlik slegs omgekeerde

diskriminasie (rassisme) tot gevolg gehad.

• Middel- en hoë-klas mense is bevoordeel wat eintlik min onreg gely het.

• Die proses het mense benadeel wat niks met vroeëre diskriminasie te doen gehad het nie.

• Minderhede en vroue is benadeel omdat hulle selfvertroue onder-myn is in die sin dat die algemene opinie bestaan het dat hulle nie op eie talent, vermoëns en vaardighede bevorder is nie.

In Suid-Afrikaanse navorsing tot op hede word dieselfde kritiek tans teen die proses van regstellende aksie alhier uitgebring.

Die eerste argument, naamlik dat die regstellende aksieproses ras-sistiese ondertone het, is nie ongegrond nie. Hoewel die wet bepaal dat alle benadeelde mense se posisie verbeter moet word, gaan dit in die praktyk grotendeels om regstelling van die posisie van swartmense. Indiërs en bruinmense word nie in dieselfde mate bevoordeel nie, soos die saak Motala v. University of Natal (1995) 3 BCLR (D) uitwys (Devenish 1999:64). Weinig regstelling het tot dusver ten opsigte van gestremdes en blanke vroue plaasgevind. Hier kan dus nie sondermeer van billike diskriminasie of substantiewe gelykheid gepraat word nie. Voorts kan hierdie selektiewe toepassing van regstellende aksie moeilik versoen word met die Christelik-etiese norme van gelykheid, liefde, geregtigheid, versoening en vergiffenis. Soos wat die onbillike diskri-minasie van die verlede mense ongelyk behandel het, onregverdig was, die gemeenskap in vyandige kampe verdeel het en vergiffenis in die wiele gery het, doen die regstellende aksieproses, wat onbillik diskri-mineer, vandag dieselfde. Bobo (1998:988) en Forde-Masrui (2004:

(17)

685) se navorsing het presies dieselfde probleem in die VSA uitgewys, en hierdie probleem het gelei tot ‘n verharding in rassevooroordeel. Suid-Afrika is op dieselfde pad (Matizamhuka 2004:32).

Die tweede punt van kritiek is dat die proses slegs ’n klein minder-heid middel- en hoër-klas swartmense bevoordeel het. Hierdie kri-tiek is ook gegrond. Van die skerpste kommentaar in hierdie verband het gekom van Terreblanche (2001:47). Hy sê regstellende aksie was tot dusver onregverdig en sê daaroor:

Although these laws have undoubtedly helped to address the legacy of apartheid and racism in the workplace, they have benefited only the aspirant African petit bourgeois, who have jobs and are members of trade unions. Unfortunately, these laws have also increased the costs of employing labour and negatively affected the growth potential of the economy (Terreblanche 2002:47).

Verder is hy van mening dat die nuwe arbeidswetgewing net die koste van die werkgewers verhoog het, en dat dit direk en indirek eintlik tot werkloosheid bygedra het. Onder druk van die vakbond Cosatu is die regstellende aksieproses te kragtig bevorder. Die bedoeling was om die posisie van die laer middelklas te bevorder. Gevolglik het die posisie van hierdie klas verbeter, maar ten koste van die armes. Die effektiwi-teit van die openbare sektor is ook aan bande gelê (Terreblanche 2001: 120). Hy maak die skerp stelling dat die vakbond Cosatu, wat hom-self as die pleitbesorger van die armes sien, dikwels daarop ingestel is om sy eie seksionele belange te bevorder tot die nadeel van ander sektore van die samelewing.

Voorts het die kragtige bevordering van die proses van regstellende aksie grootskaalse korrupsie tot gevolg in die sin dat die regerende elite hulleself op allerlei wyses onregmatig verryk het. Die feit dat daar nie genoeg opgeleide werkers was om die vele poste wat deur die proses beskikbaar gekom het te vul nie, het gelei tot openlike eergierige loop-baanjagtery (Terreblanche 2001:136). Dieselfde het in die Onderwys-departemente plaasgevind. Kundigheid is op ’n groot skaal uit die on-derwysdepartement onttrek. Pakkette is op ’n breë front in die bestuurs-vlak aangebied en baie van die mense wat aangestel is, was onervare tot nadeel van die land se onderwys. Terreblanche (2001:465) pleit in sy beoordeling van die uitkoms van regstellende aksie as volg:

(18)

In as far as affirmative action and equal opportunity legislation are hampering the creation of permanent job opportunities, such legis-lation should be revised. The government also has a large responsi-bility to counteract the “peripheralisation” and “casualisation” of a large part of the labour force, and to protect workers in the informal sector against the extreme exploitation found in this sector.

Die derde kritiekpunt is dat regstellende aksie die mense wat niks met die vroeëre benadeling te doen gehad het nie, nadelig raak. In hierdie verband is dit veral jong wit manlike persone wat geraak word (Dupper 2004:200). Die jongmense betaal die hoë prys vir die onreg-verdigheid van ’n vorige bedeling. Dupper (2004:200) wys op die volgende gegewens:

According to the 1996 census, women make up 51.9 per cent of the South African population, and whites make up 10.9 per cent. This means that white males consist of approximately 5 per cent of the overall population. If one takes into consideration that white (able-bodied) males are the only group excluded from the definition of “designated groups”, it means that strictly speaking this 5 per cent (or even less if one excludes older white males who are secure in their jobs) are the sole carriers of the burden of society’s redress to the remaining 95 per cent of the population.

Hierteenoor kan betoog word dat hulle nog steeds die vrugte geniet van hulle ouers se bevoordeling. Maar hoe langer die proses vorder, hoe minder houdbaar word hierdie argument. Iewers in die toekoms kan hierdie argument nie meer geld nie en daarom is ’n afsnypunt (“sunset clause”) noodsaaklik, soos vroeër geargumenteer is. Die tydstip gaan be-reik word waar huidige wit manlike jongmense se benadeling hulle in ’n swakker posisie as hulle swart landgenote gaan stel. In so ’n geval het die proses dan geen regstelling gebring nie, maar slegs die rolle omgekeer.

Die vierde kritiekpunt is dat die proses van regstellende aksie lei tot ’n gevoel van minderwaardigheid en selfs stigmatisering van mense wat deur die proses bevoordeel word (Matizamhuka 2004:32). Die term “regstellende aksie-aanstelling” het in die omgangstaal die idee ge-vestig van ’n aanstelling van ’n persoon wat eintlik nie die aanstelling op

grond van kwalifikasies of vaardighede verdien nie. So ’n aanstelling skep

daarom by die persoon wat die pos beklee, ’n gebrek aan selfvertroue omdat sy vaardighede en geskiktheid vir die pos bevraagteken word. In die VSA is deeglike sielkundige en bedryfsosiologiese navorsing

(19)

hier-oor gedoen (Kyk Skedsvold & Mann 1996:7). In hulle navorsing toon Crosby, Lyer, Clayton en Dowling (2003:103) aan dat sodanige stereo-tipering lei tot ’n verlaagde prestasievlak van die bevoordeelde. Verder skep dit ook ’n negatiewe gesindheid by die persone wat nie voordeel trek uit die proses nie omdat hulle voel hulle word benadeel. Na gron-dige navorsing het Heilman (1996:105) tot die volgende konklusie in haar getuienis voor die Amerikaanse kongreskomitee gekom:

The root of these negative consequences is the widespread belief that affirmative action entails preferential selection and treatment on the basis of group membership. The research indicates that when indi-viduals have reason to discount the role of merit criteria in selection, when the other is perceived to be benefited not because of what he or she merits but because of what social group he/she belongs to, (1) the selected others can become tainted with a stigma of incompe-tence, (2) the nonbeneficiaries can feel cheated and become resentful and demotivated, and (3) the beneficiaries themselves can suffer in their self-evaluations and work attitudes and behavior.

Haar konklusie is dat die proses in Amerika nie vrede en goeie ver-houding in die werkplek bevoordeel het nie, maar dit eerder benadeel het. Sy het bevind dat om mense bloot in die plek van ander aan te stel, nie hulle saak bevorder het nie, omdat hulle nie aanvaar is nie en hulle ook nie ontwikkel het nie. Inteendeel, waar regstellende aksie geassosieer word met die afwesigheid van kwaliteit en standaarde, het die proses eerder deel geword van die probleem as van die oplossing (Heilman 1996:108). Matizamhuka (2004:32) kom ten opsigte van Suid-Afrika tot dieselfde gevolgtrekking. Hy bevind dat regstellende aksie nie die gaping tussen die rasse verklein het nie, maar eerder vergroot het.

4. GEVOLGTREKKINGS

Wanneer die beginsels en die proses van regstellende aksie in Suid-Afrika beoordeel word, kan die volgende gevolgtrekkings gemaak word: • In die lig van die Bybelse norme van gelykheid, geregtigheid, liefde, versoening, vergiffenis, roeping en vergoeding vir arbeid kan ge-oordeel word dat die beginsel van regstelling aanvaarbaar is. Wan-neer mense doelbewus deur ’n sisteem benadeel is, kan daar wet-like stappe geneem word om die situasie reg te stel. Sulke stappe is nie alleen nodig om reg te laat geskied nie, maar om vrede en orde in die samelewing te vestig. ’n Samelewing wat voortgaan met

(20)

on-gelykhede wat deur ’n vroeëre diskriminerende sisteem daargestel is, dra in homself die kiem van rewolusie en wanorde. Regstellende aksie kan dus in beginsel aanvaar word en in hierdie opsig is die wetgewing in Suid-Afrika nodig en gepas.

• Die wyse waarop die saak in Suid-Afrika uitgevoer word, skep egter wesentlike probleme, en laat die gevaar bestaan dat verdeeldheid in plaas van versoening die gevolg is. Voorts gee die proses soos dit toegepas word blyke van nuwe onbillike diskriminasie op grond van rassevoorkeur. Dit blyk verder dat die proses nog nie tot voor-deel van die massas is nie, maar dat dit slegs ’n klein groepie elite bevoordeel het. ’n Ander negatiewe gevolg is dat baie kundigheid die land verlaat omdat mense, veral witmense, as gevolg van reg-stellende aksie geen werkgeleentheid of bevorderingsgeleenthede in Suid-Afrika sien nie. Die stigma wat geheg word aan ’n “reg-stellende aksiepos” of “kwotaspeler,” as sou sulke persone onkundig wees en die pos of posisie nie verdien nie, verdien ook aandag. Waarde-volle navorsing is hieroor gedoen in die VSA (Kyk Pratkanis & Turner 1996:111).

• Dupper (2004:200) betoog dat die koste van regstellende aksie meer eweredig versprei moet word om die groot druk op wit jong mans te verlig. Hierdie saak behoort ernstig aandag te kry omdat baie kundigheid die land verlaat vanweë die feit dat hierdie geteikende groep die land verlaat op soek na werk.

Die kern van die probleem is deur Terreblanche (2002:447) uit-gewys en dit is dat die proses onoordeelkundig en met te groot spoed deurgedryf word. Daarom word mense wat nog nie die kundigheid het nie, in poste aangestel en skep dit die probleme wat hierbo aangetoon is. Die antwoord lê daarin dat regstelling deur deeglike beplanning vooraf gegaan moet word. Kundige kapasiteit moet eers ontwikkel word en dan gebruik word. Sodanige ontwikkeling vind wel op ’n klein skaal plaas. Staatsinstellings soos byvoorbeeld die onderwysdepartement en groot maatskappye het geld belê in opleidingsprogramme waar swak opgeleide persone, meestal swartmense, geborg word om opleiding te ondergaan en so werklik bemagtig word om ook in hulle loopbane op meriete bevorder te word. Sulke aksies bevorder regstellende aksie op ’n positiewe manier. Meer moet egter in hierdie opsig gedoen word. Op hierdie manier mag die proses vertraag word, maar ontwikkeling

(21)

van mense sal uiteindelik beter resultate bring binne die totaliteit van wat met regstellende aksie beoog word. Die huidige problematiek be-nadeel hierdie oogmerk. Deeglike beplanning moet ook ’n afsnydatum (“sunset clause”) insluit, soos byvoorbeeld gedoen is met die program van grondrestitusie (Kyk De Waal, Currie & Erasmus 2001:428).

Beplanning van regstellende aksie moet dus ’n tyd vir ontwikkeling, ’n periode van toepassing en ’n periode vir die afloop van die proses ont-werp. Dan kan die regstelling wat beoog word suksesvol wees en ’n samelewing ontwikkel waarin die etos van gelykheid, geregtigheid, liefde, versoening, vergiffenis en ruimte vir roepingsvervulling sigbaar word.

BIBLIOGRAFIE

AMERICAR F

1986. Affirmative action and redistributive ethics. Journal of Business Ethics 5(1): 73-77.

BOBOI

1998. Race, interests and beliefs about affirmative action. The American

Beha-vioural Scientist 41(7):985-1003.

BONHOEFFERD

1995. Ethics. London: Simon & Schuster.

CHILDRESSJ F

1986. Righteousness. In: J.F. Childress (ed.), The Westminster dictionary of Christian

ethics (Philadelphia: Westminster Press), p. 556.

CRASKEJ

2001. Forgiveness in context. In: A. McFadyen & M. Sarot (eds.), Forgiveness and

truth. Explorations in contemporary theology (Edinburgh: T & T Clark), pp. 123-130.

CROSBYF J, LYEA, CLAYTONS & DOWLINGR A

2003. Affirmative action: psychological data and policy debates. American

(22)

DEBEERE J

2005. Die vergoeding op arbeid in Suid-Afrika: ’n Teologies-etiese studie. Onge-publiseerde Ph.D.-proefskrif. Potchestroom: Noordwes Universiteit.

DEVAUXR

1988. Ancient Israel. Its life and institutions. London: Darton, Longman & Todd.

DEWAALJ, CURRIEI & ERASMUSG

2001. The Bill of Rights handbook. Landsdowne: Juta.

DEVENISHG E

1999. A commentary on the South African Bill of Rights. Durban: Butterworths.

DUPPERO

2004. In defence of affirmative action in South Africa. The South African Law

Journal 121(1):187-215.

FORDE-MASRUIK

2001. Taking conservatives seriously: a moral justification for affirmative action and reparations. California Law Review 92(2):685- 753.

FUTUREH R

2004. South Africa’s independent human resource magazine 2004 (December):32.

GOVERNMENT OF THEREPUBLIC OFSOUTHAFRICA

2003. Employment Equity Act 55 of 1998[/sapl4]. Pretoria: Staatsdrukker.

HAUERWASS

1981. A community of character. Toward a constructive Christian social ethic. London: Notre Dame.

2002. The Hauerwas reader. London: Duke University Press.

HEILMANM E

1996. Affirmative action’s contradictory consequences. Journal of Social Issues 52(4):105-109.

JACKSONT P

2001. The Gospels and Christian ethics. In: R. Gill (ed.). The Cambridge

compan-ion to Christian ethics (Cambridge: University Press), pp. 42-62.

KAVENYM C

2001. Discrimination and affirmative action. Theological Studies 57(1):286-301.

MARGERM N

1994. Race and ethnic relations. American and global perspectives. Belmont: Wadsworth Publishing Company.

MATIZAMHUKAP

2004. Help or hindrance? Affirmative action. Kaapstad: Brainfood.

MBEKIT

(23)

MCCORMICKP T & CONNORSR B

2002. Facing ethical issues. Dimensions of character, choices & community. New York: Paulist Press.

MOLTMANNJ

1973. Der gekreuzigte Gott. Munich: Christian Kaiser Verlag.

MÜLLER-FAHRENHOLZG

1997. The art of forgiveness. Theological reflections on healing and reconciliation. Geneva: WCC Publications.

NACOSTER W

1996. How affirmative action can pass constitutional and social psychological muster. Journal of Social Issues 51(4):133-144.

PRATKANISA R & TURNERM E

1996. The proactive removal of discrminatory barriers: affirmative action as effective help. Journal of Social Issues 52(4):111-121.

RAMSEYP

1993. Basic Christian ethics. Westminster: John Knox Press.

REPUBLIEK VANSUID-AFRIKA

1996. Die grondwet van die Republiek van Suid-Afrika. Wet 108 van 1996. Pretoria: Staatsdrukker.

RIDDERBOSH

1971. Paulus. Ontwerp van zijn theologie. Kok: Kampen.

SABBAGHD

2001. Judicial uses of subterfuge: affirmative action reconsidered. Political Science

Quarterly 118(3):411-436.

SHAWB

1988. Affirmative action: an ethical evaluation. Journal of Business Ethics 7(7): 763-770.

SKEDSVOLDP R & MANNT L

1996. Affirmtive action: linking research, polity and implementation. Journal of

Social Issues 52(4):3-18.

SONIV

2000. Morality vs. mandate. Affirmative action and employment. Public Personnel

Management 28(4):577-594.

TERREBLANCHES

2002 A history of inequality in South Africa 1652-2002. Pietermaritzburg: Uni-versity of Natal Press.

VANWYKJ H

2001. Etiek en eksistensie in koninkryksperspektief. Potchefstroom: Potchefstroomse Teologiese Publikasies.

(24)

VORSTERJ M

2004. The attitude of Christ as a principle for modern Christian ethics seen from a classic Reformed perspective. Studia Historiae Ecclesiasticae 30(2):1-28.

2004. Ethical perspectives on human rights. Potchefstroom: Potchefstroom

Theolo-gical Publications.

VORSTERN

2003. Kerk en menseregte in ’n regstaat. Potchefstroom: Potchefstroomse Teologiese Publikasies.

WERPEHOWSKIW

1986. Justice. In: J.F. Childress (ed.), The Westminster dictionary of Christian ethics (Philadelphia: Westminster Press), pp. 329-332.

WILLMERH

2001. Jesus Christ the forgiven. Christology, atonement and forgiveness. In: A. McFadyen & M. Sarot (eds.), Forgiveness and truth. Explorations in contemporary theo-logy (Edinburgh: T & T Clark), pp. 15-30.

WOGAMANJ P

1993. Christian ethics. A historical introduction. Westminster: John Knox Press.

WRIGHTN T

1988. Righteousness. In: S.B. Ferguson et al. (eds.), New dictionary of theology (Leicester: Inter-Varsity Press), pp. 590-592.

Trefwoorde Keywords

Regstellende aksie Affirmative action

Geregtigheid Justice

Restitusie Restitution

Substantiewe gelykheid Substantive equality

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

How do the artists and creative entrepreneurs renting working space at the breeding place on the NDSM wharf east experience the developments on the wharf

Interestingly, FAB-edges are also applied by experts in the modern field of permaculture, a design approach to sustainable agriculture that is grounded on systems thinking..

The results of this part of the research will be irrigational and agricultural techniques, which will be combined with the knowledge of the business studies regarding the

An interdisciplinary analysis of the current food system in rural Munshiganj, Bangladesh and how community gardens fit this system to enhance the local diet ,

The stock market data used in this study is downloaded from DataStream and contains the daily closing prices of the three main Dutch indices and a group of selected individual

The use of statins [odds ratio (OR) 0.45; 95% confidence interval (CI) 0.36–0.56] but not other lipid-lowering medications (OR 1.22; 95% CI 0.62–2.43), was associated with a

In comparison to the National Curriculum Statement (NCS), CAPS’s predecessor, CAPS restricts the stylistic choice to dominantly Western Art Music, Jazz or Indigenous African

The aim of this study is to establish whether negative emotional reactions (lowered affective organisational commitment and higher job-related stress), and