• No results found

Die Walpurgisnacht is vernoem na Walpurga Hausmännin van Dillingen in die suide van Duitsland. Sy was op ‘n altaar gebrand, omdat sy van heksery beskuldig was. Sy het net voor haar dood erken dat sy (nes Lilith) verantwoordelik was vir die dood van een-en-veertig babas en kleuters. Sy het beweer dat sy seks gehad het met ‘n demoon (Hicks, g.d:2 van 5; Stephans, 2002:1 van 1).

Die rol van die demoniese in Den Spieghel der Salicheit van Elckerlijc, Mariken van Nieumeghen en Sewe Dae by die Silbersteins.

 

Op bl.131 verwys dr. Johns direk na die skrywer van De Magorum Daemonomania wat verwys na die studie van demone. Dus word die bose element hier direk aangespreek en dit is ook ‘n aanduiding dat dr. Johns kennis van demone en heksery het.

Net nadat dr. Johns oor die skrywer van die Latynse boek, wat oor demone handel, gepraat het, beskryf die skrywer die direkte omgewing wat baie aan voorstellings van die Hel herinner:

‘n Ander lig het in die kamer begin gloei: ‘n dowwe rooi wat die indruk wek van vure wat in die agtergrond brand. Die figuur op die rostrum is in sy sittende posisie, sy manlikheid in die rooi lig blootgestel, sy pylstert om sy een been gekrul, in sy hand ‘n kats van perdestert (Leroux, 1962:131).

6.1 Die vroue in die biegritueel

“Die betekenisse is soos ‘n omgekeerde bieg: ‘n verheerliking van sonde, ‘n behae in perversiteit. ‘n Slank, jong vrou, die lig spelend op haar figuur, ‘n wellustige toonbeeld van dye, borste en suggestiewe houdings… vertel hoe sy haar man en haar minnaar met waansinnige hartstog dryf tot impotensie” (ibid)

Hier word die vrou op ‘n seksuele en wellustige manier uitgebeeld, wat van haar as t’ ware ook ‘n Lilith maak. Die vrou se uiterlike word baie goed beskryf: “dye, borste en (‘n) suggestiewe houding(s)” en sy het die vermoë om (nes Lilith) mans te beheer.

’n Ordinêre meisietjie, benerig en onaantreklik, beskryf ‘n subtieler knoop: hoe sy haar geliefde deur die voorbeeldigheid dryf tot ‘n besef van sy eie sondes (ibid).

Kan hierdie “knoop” wat dié meisie beskryf ook ‘n soort aiguiletteknoop wees wat Mrs Silberstein so goed kan knoop?

‘n Blonde meisie met die voorkoms van ‘n engel, selfs in haar naaktheid onbekombaar soos ‘n marmerbeeld, beskryf die stryd tussen manlikheid en vroulikheid in haar minnaar en hoe sy hom gedurig attent maak op sy swakheid wat hy gedoem is om nooit te oorwin nie. Hulle beskryf alles- nie

asof hulle die bose beskryf nie, maar asof hulle slegs daarop ingestel is om die goeie te doen (ibid).

Hierdie meisie toon kenmerke van Salome – onbereikbaar/onbekombaar. Henry moet tot op die sewende dag raai watter een Salome is en as hy haar sien, is dit ‘n vae beeld.

Die wellustige een wil slegs liggaamlike bevrediging gee, die ordinêre een wil slegs die siel van haar minnaar sy eie tekortkomings laat besef tot sy eie heil (Leroux, 1962:131-132).

Die wellustige een kan net sowel die (heks) ouma en haar (slet) kleindogter wees, aangesien haar “rokkie oplig en sy het niks onder aan nie”.

6.2 Die heksesabbat

Op bl. 130 begin die heksesabbat en “Swart Jan, volkome nakend, met ‘n skubberige lyf en ‘n stert van papiermaché, lank en met ‘n pylpunt, kwistig swaaiend, staan op ‘n soort verhogie en lag die gaste toe terwyl ‘n R.A.F.-moestas behoorlik satanies sy vleuels lig.” Hierdie beskrywing van Swart Jan herinner baie aan strokiesprente se voorstellings van demone en was, nes die Middeleeuse voorstellings van demone, ook komies vir die gaste gewees: “…verskaf oneindige vermaak en almal krul dubbel soos hulle lag...” (p.130).

Die lig word helderder en ‘n naakte vrouefiguur ry op ‘n bok en in haar een hand hou sy ‘n kat vas en in die ander hand ‘n horing”. Dié beeld herinner baie aan ‘n houtvoorstelling van ‘n heksefiguur in katedraalbeeldhoukuns (Kannemeyer, 1970:65).

‘n “Kollektiewe verkragting” (p.133) volg en ‘n meisie word “magteloos” na die altaar gelei en meteens was “alles stil” (p.133). In historiese heksesabbat is kinders geoffer en Leroux het dié element met ‘n verkragtingstoneel vervang. Daarteenoor volg ‘n maaltyd en “verrotte lyke en vullis” word aan die gaste bedien, wat ook tradisionele geregte by destydse heksebyeenkomste was. Volgens van Coller (2009:16) word die voorheen “idilliese ruimte” stelselmatig ‘n “inkarnasie van die bose” wat omskep word tot ‘n “Middeleeuse enklave, bedreig deur opstande, heksery, pes en later

Die rol van die demoniese in Den Spieghel der Salicheit van Elckerlijc, Mariken van Nieumeghen en Sewe Dae by die Silbersteins.

 

selfs deur verkragting en moord.” Dit herinner die navorser aan die Middeleeuse drama waar die goeie en die slegte naas mekaar gestel word en die bose stelselmatig sy toetrede tot ‘n eers rustige atmosfeer maak.

6.3 Succubi en Incubi

Succubi en Incubi word belangrike figure in die heksesabbat. Regter O’Hara besweer ‘n opdringende succubus met die woorde “Et Verbum Caro factum est” wat in die Middeleeue beklou is as een van die sekerste “beskermingsuitsprake” teen heksery.

Die lyk van Sir Henry word bedien en Henry sien hom daar lê en vir die eerste keer voel Henry ‘n soort vrees in hom opkom. Sir Henry is ook die naamgenoot van Henry en sy lyk is ‘n direkte prototipe van hy wat besig is om sy individualiteit te verloor en heel moontlik bestem is om dieselfde pad as sy naamgenoot te volg (Kannemeyer, 1970:69).

Die partytjies van die vorige aande kan alles as voorbereidingspartytjies vir die heksesabbat wat op dag ses sou plaasvind, die naaktonele in die swembad en die suggestiewe danspassies van Mrs Silberstein gesien word.

Die werklike Satan kom net twee keer na vore.

“Eintlik het ek my belangstelling in seks verloor”, sê ‘n stem langs dr. Johns en dis nie die regter nie” (Leroux, 1962:137).

Dis asof ‘n onsigbare figuur met (Henry) hom praat (Leroux, 1962:139).

Hier is dit duidelik dat die bose anoniem bly, maar dit is duidelik dat Satan met hom praat.

Succibi en Inccubi is volgens legendes die kleinkinders van Lilith, dus sal Salome en Henry se kinders een of ander afwykings moet hê (vergelyk Een vir Azazel. Azazel beteken duiwel).

Daar is dus ‘n voortdurige stryd tussen goed en kwaad. Die vorige gedeelte sluit aan by Sewe Dae by die Silbersteins, omdat dit na die gedurige stryd tussen goed en

kwaad verwys. Dit is ‘n verbeelding van “etiese dualisme”, aangesien al die sogenaamde “voorbeelde van die bose” aangetref word (in die sin bonatuurlike fenomene), die seksuele, ontug, onreinheid, die nag, die vrou, die pes, die dood, vuur, rituele verkragtingstonele, en nog meer. Al dié elemente versterk die allegoriese elemente en die roman kan dus as ‘n allegorie gesien word of eerder, weens die konstante stryd tussen goed en kwaad en liefdesverhoudinge met die Bose, as ‘n mistieke allegorie bekend staan (Malan, 1978:68-69).