• No results found

Die kronologiese struktuur wat soortgelyk is aan Mariken van Nieumeghen (sewe jaar) verloop in die roman se intrige binne slegs ‘n kompakte sewe dae. Dieselfde inlywingspatroon tot die bose word gevolg.

Die verhaal begin met Henry wat gaan bad en dan saam met Jock op die plaas rondwandel, waartydens hulle verskillende dele van die plaas besoek en Henry deur sy “meturgeman” (verklaarder) ingelei word in die problematiek van die goeie (bonum) en die bose (malum). Henry en Jock praat oor die filosofie en oor Jock se eie filosofieë en Jock neem standpunt in oor die probleme van die moderne mens. Na die oggendwandeling keer hulle terug na die huis waar hulle aansit vir middagete en dan daarna ‘n middagslapie neem. Na die middagslapie gaan bad Henry en trek dan klere aan vir die aand se partytjie. Henry het altyd die verkeerde klere aan, behalwe op die sewende dag. Elke aand ontmoet Henry verskillende mense uit die samelewing, maar daar is altyd ‘n paar mense wat by elke partytjie teenwoordig is. Die teenwoordigheid van regter O’Hara, dr. Johns en lady Mandrake dra by tot die strukturerende– sowel as die ritualistiese funksie. So is daar dan ook die “slank Mrs Silberstein” en J.J. wat ‘n verhouding het en lady Mandrake wat met Henry oor haar man kom gesels. Aan die einde van elke partytjie word die aand afgesluit deur een of ander toespraak en ‘n geskenk wat aan Henry en Salome oorhandig word. Dit herinner soms aan die wyse manne wat geskenke aan Maria en haar “heilige” kind bring. Met elke oorhandiging dink Henry dat hy nou vir Salome gaan sien, maar dit

Die rol van die demoniese in Den Spieghel der Salicheit van Elckerlijc, Mariken van Nieumeghen en Sewe Dae by die Silbersteins.

 

gebeur nooit. As Henry uiteindelik na sy kamer gaan, is daar in die gang ‘n momentele suggestie van Salome se teenwoordigheid wat tot haar geheimsinnige beeld bydra.

Iemand beweeg in die gang. Hy hoor die sagte voetstappe, die fluistering van ‘n rok. Hy staan en maak die deur oop. Regoor sy kamer is ‘n ander deur besig om toe te gaan. Hy sien die been van ‘n meisie, die swaai van tweedmateriaal, ‘n gedeelte van ‘n arm (Leroux, 1962:25).

Om terug te beweeg na die geskenktema, bereik dit in die derde hoofstuk met die tweekleurige bul, Brutus as ‘n geskenk, ‘n hoogtepunt.

Henry se “wakkerword” elke oggend word baie goed in die boek bespreek. Met elke badtoneel drink hy ‘n drankie. Die een oggend drink hy Mokkakoffie uit ‘n koppie wat so “groot is soos ‘n bakkie” (p.26) is en hy bad hom in die twee strale, elke keer gegeur deur iets soos “dennegeursels” wat deur die snoete van leeus spuit. Op dag sewe bad Henry en “draai ‘n orkes van krane oop” en “drink wyn uit die kraffie” (p.153). Henry verlustig hom in die hele badproses. Wat baie opvallend is, is dat elke oggend se badtoneel ‘n vorm van ‘n “reinigingsritueel”, word wat die tema van die ritualistiese roman net meer versterk. Die volgorde van Henry se daaglikse bad is ook ritualisties, want hy draai eers net die warm en koue krane oop en later voeg hy badolies van verskillende geure by. Later in sy wasproses – na die bose se teenwoordigheid toeneem - word hy deur die “droë lug gesuiwer”. Onbewustelik is Henry besig om homself te suiwer van die bose wêreld van Welgevonden. Maar die badritueel kan ook ‘n hergeboorte simboliseer en Henry word as dit ware in ‘n nuwe wêreld ingelyf (Kannemeyer, 1970:15,16).

Jock en Henry wat “in die kamer van afsondering” (p.30) in die wyn spoeg, is ook ‘n ritualistiese handeling en is ook ‘n aanduiding, soos Jock dit stel, dat daar “’n band” tussen hom en Henry is.

‘n Beeld wat herhaaldelik in die boek voorkom, dikwels aan die einde van ‘n hoofstuk, is die twee dieselenjins wat elektrisiteit verskaf (pp.46,69). Die doel van die enjins is om die voortdurende aktiwiteite op die plaas uit te beeld en die leser bewus te maak van die besondere leefwyse van die Silbersteins. Daar is ook in die roman sprake van die enjin wat die swembad reinig of die water filtreer en daarna die

“waaiers aan die werk sit om die lug te suiwer” (p.46). Gevolglik word die twee enjins deel van die hele reinigingsproses, nes die badtonele van Henry. Dis baie ironies dat die een enjin vir die eerste keer in jare, met die afbrand van die lokasie, stotter en die huis met duisternis vul. Die ander enjin probeer die lug suiwer (p.92), wat simbolies kan wees van die lug wat van die bose “bevry” moet word. Die brand is dus ‘n direkte aanduiding van die Hel wat op die Silbersteins se plaas neergedaal het. In hoofstuk vyf, die hoofstuk wat na die brand volg, maak Jock vir Henry wakker en sê (p.93) “ ... daar is ‘n oplaaiing van die bose maar ons het te veel in die lig geleef en die kleur van die donkerte vergeet.” Wat baie opvallend in hoofstuk vyf is, is dat Henry nie die oggend gaan bad nie en net die “verkreukel en verfrommel”(de) (p.94) klere van die vorige aand, wat Jock op die bed neergesit het, aantrek. Henry se daaglikse “reiniging” ontbreek en dit is ook ‘n aanduiding dat Henry al gedeeltelik deel word van die Silbersteins se leefwyse (Kannemeyer, 1970:15,16).

In die tweede hoofstuk spring die groep kunstenaars nakend, in die swembad met slegs met hulle dieremaskers aan, en skielik hou “die ligte-enjin op met werk” (p.45). Die kunstenaars raak, nes Adam en Eva, bewus van hulle naaktheid en kyk mekaar “verslae” (p.45) aan. Hier bereik die reinigingsfunksie deur die dieselenjins ‘n hoogtepunt (Kannemeyer, 1970:18).

Die toneel waar Henry saam met Jock in die wyn spoeg, bind die twee karakters tot ‘n eenheid en vervreem Henry net verder van sy eie individualiteit. Dit is egter baie ironies dat Henry van Eeden en sir Henry dieselfde naam het, want sir Henry sterf aan die einde. Dit kan as ‘n voorloper gesien word van Henry se individualiteit wat verlore gaan, net soos sir Henry, nadat hy veras is, uit lady Mandrake se “hande waai” (Kannemeyer, 1970:26).

3. Misterie van die Alchemis

Leroux maak gebruik van eblematiek, ‘n soort beeldingsvorm wat aansluit by die analogiese en visualiserende metode. Wanneer hy die essensie van die Middeleeuse emblemas, of beeldvoorstellings, met hulle gnostiese oorsprong vasvang, projekteer hy dikwels ‘n atmosfeer van “grillage en bizarre” gotiek (Kannemeyer, 1970:28). Die analogie is ook kenmerkend van die alchemie. Volgens

Die rol van die demoniese in Den Spieghel der Salicheit van Elckerlijc, Mariken van Nieumeghen en Sewe Dae by die Silbersteins.

 

die HAT, (2000:39) is die alchemie ‘n “primitiewe skeiding waardeur gepoog is om onedel metale in goud te verander”.

Die psigiese binneruimte word  met behulp van die “alchemistiese transmutasieformules” tot ‘n Eenheid en innerlike Ewigheid gekonstitueer (Malan, 1962:67). Binne die mens se mikrokosmos bind die alchemis die samesmelting van teenoorgesteldes, van ruimtes en tye, van manlike- en vroulike beginsels en van siel en liggaam tot ‘n nuwe essensie. Die transmutasie van metale het nou bloot die transmutasie van die sondige mens geword. Wat baie interessant is, is dat Moenen vir Mariken belowe het om haar, nes haar oom, ‘n kenner op die gebied van die alchemie te maak. Dus moes Mariken ‘n transmutasie ondergaan en nie net ‘n transformasie nie, want mutasie dui op die liggaam wat self ‘n radikale verandering moet ondergaan. ‘n Samesmelting van teenoorgesteldes vind plaas. Mariken as mens word met Moenen as duiwel verenig en Henry Eeden, van suiwere herkoms, word met Jock Silberstein, wat as ‘n duiwelfiguur gesien kan word, verenig (Malan, 1978:136).

Volgens Malan (1978:55) word die alchemistiese eksperimente in Sewe Dae by die Silbersteins gekontrasteer met die tegnologiese en materialistiese lewens van die Silbersteins. Soos voorheen bespreek, is Sewe Dae by die Silbersteins deurweek met roetine en herhaling wat dus soos ‘n ritueel word. Die rituele bou op tot aan die einde van die roman waar die huwelik tussen Henry en Salome die ritueel as t’ ware “breek”. Die ritueel vind sy beslag in die Hebreeuse sisteem van mistieke “ooreenkomste, naamlik die Kabbala.

Middeleeuse kabbalanavolgers het van God as “that which is without limit” gepraat. Die “En Sof” is onbereikbaar vir die mens, maar God stel homself deur ‘n reeks van tien voortvloeiings aan die mens ten toon. Die eerste van dié voortvloeiings is die “keter” (kroon) en dit verwys na God se wil om te skep. Nog ‘n soort “sefira” is “binah” (begrip), wat God se gedagtes gedurende die skepping “verwoord”, terwyl “hesed” (goedhartigheid) na die onbeheerbare vloei van geestelike goedheid lei. Die kabbaliste glo dat deur middel van dade kan ‘n mens dié geestelike goedheid bereik (jewishvirtuallibrary, 2011:1 van 2).

Henry van Eeden kom as ‘n onskuldige figuur op Welgevonden aan. Hy maak later met gepersonifieerde Goed en Kwaad kennis en dit maak dus dat die “allegorie die

simboliek oorkoepel”. Die allegorie begin by die abstrakte idee wat konkreet ingeklee word. Die wyse waarop die religieuse in Sewe dae by die Silbersteins teenwoordig is, dra by tot die vermensliking van die heilige (Malan, 1978:56) en soos in die vorige paragraaf bespreek.