• No results found

HOOFSTUK 5: FINALE GEVOLGTREKKINGS

3. VLAK 2 VAN ANALISE: AANTOON VAN GEDAGTE-EENHEDE

In die eerste vlak van analise is daar opsommings gemaak van elke paragraaf. In hierdie tweede vlak van die analise woord die gedagte-eenhede aangetoon deur die groepering van hierdie opsommings. Die struktuur van die De Sac. V begin ook in hierdie vlak van analise sigbaar word.

1:449: Noodsaak vir prediker om nie net vaardig te wees in die prediking nie, maar ook om hard te werk ten opsigte van sy

voorbereiding.

1:450: Die wat luister, ag nie die predikers as leraars nie.

1:451: Skares veroordeel maklik ‘n prediker as hy gebruik maak van iemand anders se werk, of hulle hom slegs daarvan verdink.

Kontras: Die houding van die

skare teenoor die prediker en die prediker se hanteer daarvan.

1:452: Skares beskou predikers as redenaars. 1:453: Dit is noodsaaklik dat die prediker hom nie

ingee vir die begeertes van die skare nie. 1:454: Oorgang: Hoe doen hy dit? Deur

lofbetuigings te minag en hard te werk ten opsigte van die prediking.

2:455: Kontras: Aan die eenkant, as die prediker lof minag, maar nie die bekoorlike leer bring nie, sal die skare hom verag. Aan die ander kant, as hy luister na die lof sal hy sy boodskap afwater.

2:456: Beide (die wat lof minag en nie

welsprekend is nie en die wat lof begeer) is van geen nut.

3:457: Dis noodsaaklik dat ‘n leraar / prediker / opsiener tot beide sake (veragting van lof en die vermoë van welsprekendheid) in staat sal wees, anders sal sy bestrafings op dowe ore val.

3:458: Die prediker moet bekwaam wees om beide sake (veragting van lof en die vermoë van welsprekendheid) reg te hanteer.

3:459:

4:459:

4:460: Aanklagtes moet dadelik hanteer word. 4:461: Aanklagtes wat gelaat word, versprei. 4:462: Die voorganger moenie die skare se

aanklagtes ag slaan as hulle nie na rede wil luister nie. As hy ag gee, sal hy benadeel word.

4:463: Die priester moet soos ‘n vader optree: nie laat oortuig deur beledings en klagtes nie; maar ook nie hoogmoedig word weens lof nie.

Oorgang: Die prediker moet nie net lof

verag nie, maar ook lasteringe en jaloesie.

Die gevare en hantering van lofbetuigings

Die hantering van lof en aanklagtes

4:464: Moeilik om dit te doen

4:465: Want almal wil geprys word, dit geniet; en dié wat dit begeer sal daardeur die afwesigheid van lof vernietig en verdrietig word.

4:466: Die wat lof begeer ervaar hongersnood in die aanwesigheid van klagtes en die afwesigheid van lof.

4:467: Die begeerte na lof ten koste van leer bring sorge en hartseer.

5:468: Oorgang: Daar kan net krag in die prediking wees deur inspanning, ywer en oefening. 5:469: Harde werk is meer noodsaaklik vir

geleerdes as vir onkundiges.

5:470: Niemand blameer ‘n onkundige vir ‘n slegte preek nie, maar almal verwag altyd ‘n goeie preek van die geleerde. As die geleerde nie altyd goed preek nie, kom die skare met baie aanklagtes en soek fout.

5:471: Die hoorder is nie daar vir die inhoud van die preek nie, maar oor die reputasie van die prediker. Daarom moet hy altyd hard werk om goeie preke na vore te bring. 5:472: Niemand hou in gedagte dat die geleerde

prediker nie altyd suksesvol kan wees nie. Al wat die hoorders doen is om aanklagtes te bring.

5:473: Dit is deur die klein dingetjies wat die eer van die prediker verminder word.

6:474: Oorgang: Harde werk is noodsaaklik, maar ook lankmoedigheid.

6:475: Hy moet lasteringe kan hanteer.

6:476: Lastering kan nie geheim gehou word nie. 6:477: Die doel van lastering is om wraak te neem.

Soms prys hulle die prediker bo sy

Die gevolge van lofbetuigings.

Harde werk is noodsaaklik omdat almal van ‘n geleerde prediker altyd goeie preke verwag.

Die houding van die skare is dat die prediker ‘n goeie redenaar moet wees wat altyd goeie praatjies lewer. Indien nie, word hy gekritiseer en verloor hy sy eer.

waardigheid. Motief is soms onkunde en soms ook jaloesie.

6:478: Nie alleen ‘n stryd teen laster nie, maar ook teen onkunde, omdat die grootste deel van gemeente onkundig is. Gevolg is dat goeie preke minder applous ontvang as slegter preke.

6:479: Prediker moet gereed wees om

onreëlmatige eer, onkunde en jaloesie te hanteer en nie moedeloos word hieroor nie. 6:480: Die vaardige skilder moet aan die een kant

nie moedeloos word oor spot en aan die ander kant nie te vinnig bly word oor die lof van onkundiges nie.

7:481: Die kunstenaar moet self sy kuns beoordeel.

7:482: Oorgang: Die prediker moenie ag gee op lof of moedeloos word nie. Hy moet sy preke voorberei om so God te verheerlik, nie om die applous of lof van mense te ontvang nie.

7:483: Sy bemoediging is om te weet dat sy werk vir God aanneemlik is.

8:484: Oorgang: Die begeerte na lof sal harde werk nutteloos maak, want as hy

ongunstige menings hoor, sal hy hou sy ywer in sy voorbereiding verloor.

8:485: Dit is noodsaaklik om lof gering te skat. 8:486: Die prediker wat lof begeer sal hy uit

jaloesie oorgaan tot verkeerde dade. 8:487: Hy sal ook sy ywer in sy werk nalaat, omdat

iemand wat lof begeer verlam word deur die afwesigheid van lof.

8:488: As die prediker nie geoefen bly in sy harde werk nie, sal sy harde werk min vrug lewer.

Stryd teen onkunde

Kontras: Die prediker moenie

moedeloos word oor kritiek nie, maar ook nie te vinnig bly word oor die lof nie.

Hoofmotief in die voorbereiding en lewering van preke is om God te verheerlik.

Die begeerte na lof, sal die krag in die prediking verminder.

Die gevolge van die begeerte na lofprysing is jaloesie, verlamming in prediking, laster en mismoedigheid.

8:489: As die prediker verbygesteek word deur ‘n ander wat minder eervol is, loop hy gevaar om jaloers en mismoedig te word.

8:490: Kontras: As hy matig is, sal hy dit kan verduur; maar as hy arrogant is sal hy die lewe vir ander bitter maak, hy sal beledig en kritiseer en hul gesag ondermyn. 8:491: Dis nie net skares wat lief is vir

redevoerings nie, ook Christene.

8:492: Kontras: Skande wat ervaar word as daar vir die beter prediker gewag word om klaar te maak, terwyl die skare ontevrede is as die minder bekwame een ophou.

8:493: Die prediker moet hom onttrek aan die begeerte van lof wat lei tot jaloesie en eersug en hom toespits op sy studie. 8:494: Kontras: As iemand dit (onttrekking aan lof

en toespitsing op studie) kan regkry, sal hy kalmte geniet. Indien nie, sal hy ‘n

onrustige lewe hê.

8:495: Verdere voorbeelde sou onnodig wees.

Vanuit hierdie tweede vlak van analise is daar getoon dat daar groeperinge van gedagte- eenhede is. Hierdie gedagte-eenhede sentreer rondom die temas van lofbetuigings, lasteringe / aanklagtes en harder werk in die prediking.

Hierdie gedagte-eenhede sal in die volgende vlak van analise (vlak 3) verder gegroepeer word om die uiteindelike struktuur van die De Sac. V bloot te lê.