• No results found

HOOFSTUK 3: FAKTORE WAT ’N ROL SPEEL BY WEERSTAND

3.8 BESTUURSFAKTORE WAT ‘N ROL SPEEL BY

3.8.5 Vaardighede om weerstand te bestuur

Indien die bestuur van verandering gebrekkig en lomp hanteer word, gee dit ook aanleiding tot weerstand (De Villiers, 1995: 58). Die gebrekkige hantering van die verandering kom veral voor wanneer daar nie duidelike doelwitte gestel is om die verandering te implementeer nie. Ander sake wat verband hou met die gebrekkige

109

hantering van verandering is die wyse waarop konflik wat ʼn algemene verskynsel tydens verandering is hanteer en opgelos word. Verdere aspekte wat suksesvolle verandering teweeg bring is die mate waarin die skoolhoof opvolgwerk doen en kwessies wat die individu hinder, evalueer en oplos. Wanneer die skoolhoof nalaat om aandag aan die belangrike kwessies te skenk verhoog weerstand teen verandering.  Menslike faktor

Navorsing het dit dat ongeveer 60-75% van alle herstruktureringsplanne misluk as gevolg van die nie-inagneming van die menslike faktor in die organisasie (Goman, 2006). Aangesien mense verskillende reaksies op verandering toon, ontketen die verandering gewoonlik emosionele reaksies soos ontkenning en openbaar individue ʼn groot mate van negatiwiteit jeens die verandering. Omdat die individu merendeels min opsies ten opsigte van die verandering gegee word, aanvaar hy of sy die verandering tentatief en met min toewyding. Die aanvaarding kan moontlik tydelik wees want sodra die ontevredenheid momentum verkry deurdat ander kollegas hulle by die ontevredenes aansluit, kan dit in grootskaalse weerstand omsit.

 Gebrekkige taalgebruik

Taal wat vir die ontvangers van ʼn boodskap verstaanbaar is, is noodsaaklik (Young, 2008). Die foutiewe gebruik van terminologie rakende die verandering gee aanleiding tot ondoeltreffende kommunikasie wat weer ʼn foutiewe boodskap aan onderwysers deurgee. Misverstande weens die gebrekkige taalgebruik kan ʼn sensitiewe aspek soos verandering in die verkeerde rigting stuur.

3.8.6 Sintese (vgl. 4.3.3.2)

Na aanleiding van bogenoemde kan gesê word dat die bestuursfaktore wat aanleiding gee tot weerstand veroorsaak word deur die ontneming van die voorregte wat die individu voor die verandering geniet het. Verdere ontevredenheid teen die verandering spruit voort uit die feit dat die ontneming van voorregte plaasgevind het sonder enige seggenskap in die besluitneming. Om genoemde redes word die kundigheid van die skoolhoof ten opsigte van die bestuur van die veranderingsproses in twyfel getrek omdat die vertrouensverhouding tussen die individu en die skoolhoof skipbreuk gely

110

het. Daar kan dus ook gevra word in watter mate die volgende bestuursfaktore ʼn rol speel by weerstand teen verandering by ʼn skool:

 Verlies van mag weens verandering;  Verlies van outonomie;

 Burokratiese organisasiestruktuur van die skool;

 Die verskuilde agenda van die persoon wat die verandering aanvuur;  Gebrek aan deelname aan die verandering;

 Botsing tussen waardes van die individu en die verandering;  Swak luistervaardighede;

 Swak bestuur van die verandering.

Bogenoemde faktore is uit ʼn literatuurstudie bekom as bestuursfaktore wat aanleiding gee tot weerstand. Daar word egter nie bedoel dat die faktore noodwendig by ʼn skool aanwesig is nie, aangesien baie inligting uit die literatuur van die sakewêreld bekom is. Aangesien die hedendaagse skoolhoof soveel druk van verskillende belanghebbendes in die onderwys behoort te ontvang, kan gesê word dat hy of sy weens die druk meer aandag behoort te skenk aan bestuursake by die skool. Dit is egter ʼn hipotese wat gestaaf of weerlê kan word nadat ʼn empiriese studie onderneem is.

3.9 SAMEVATTING

Opsommenderwys kan gepostuleer word dat daar verskeie faktore is wat aanleiding gee tot weerstand teen verandering en is eerstens met behulp van ʼn figuur voorgestel (vgl. Figuur 3.1) wat meehelp om ʼn beter begrip te kan vorm van die faktore wat aanleiding gee tot weerstand.

Aangesien die faktore in kategorieë ingedeel is wat anders daar uitsien as dié van vorige skrywers wat die faktore in slegs twee tot drie kategorieë ingedeel het, kan die nuwe dimensie waarin die faktore verdeel is, duideliker voorgestel word.

111

Tradisionele skrywers se sienings aangaande die faktore wat aanleiding gee tot weerstand is in kleiner eenhede onderverdeel om ʼn nuwe perspektief te kon kry. Hierdie kleiner eenhede wat tot weerstand bydra, is eerstens gedefinieer sodat die leser ʼn idee kon kry van wat die nuwe faktore werklik behels.

Verder word die diepgaande aard van die faktore wat aanleiding gee tot weerstand uitgewys deurdat ʼn verdere figuur ter opsomming bygevoeg is om die onderliggende elemente van die nuut geïdentifiseerde kategorieë uit te wys. Die figuur (vgl. Figuur 3.2) beskryf ook dit wat onderneem is van 3.1 tot 3.8 en verteenwoordig die faktore wat in kleiner elemente onderverdeel is om weerstand teen verandering beter te begryp.

112

Figuur 3.2 Faktore wat aanleiding gee tot weerstand teen verandering in die onderwys

Vervolgens word aandag aan die navorsingsontwerp gegee. Sistemiese faktore (3.3) Omgewingsfaktore (3.4) Persoonlikheidsfaktore (3.5) Prosesfaktore (3.6) (3 6) Werksfaktore (3.7) Bestuursfaktore (3.8) Onderliggende faktore

Sistemiese faktore (3.3) Prosesfaktore(3.6)

Skoolklimaat en –kultuur Verlies van persoonlike keuses en waardes Grebrekkige bestuurstyl van die skoolhoof Gebrekkige kapasiteit en vaardighede Tydsberekening Gebrekkige kennis en begrip Vorige ervaring van verandering Infrastruktuur

Ontoereikende kommunikasie Druk

Nuttelose verandering Deurlopende en verwarrende verandering Gebrekkige ondersteuning en begeleiding Werksfaktore (3.7)

Omgewingsfaktore (3.4) Erkenning en vergoeding

Politieke faktore Werksdruk Tegnologie Status en sekuriteit Kultuur en waardes Kompetisie

Persoonlikheidsfaktore (3.5) Portuurdruk

Ongeduld tydens interimperiode van verandering Intra- en interrolkonflik Lae stimuasie vir vernuwing Bestuursfaktore (3.8)

Vrees vir verandering Tradisies en gewoontes Wil nie maklik eie siening prysgee nie Wantroue

Homeostase Deelname

Behoefte om aanvaarbaar vir ander te wees Vaardighede om weerstand te bestuur Psigologiese faktore Verlies van mag Persepsie van die status quo

113