• No results found

PASTORALE BEGELEIDING VAN DIE AANGENOME KIND

5.2 'N OORSIG OOR ENKELE ANDER MODELLE

5.3 DIE PASTORALE BERADINGSMODEL VAN EYRICH EN HINES 1 Inleiding

5.3.2 Die verskillende stappe

5.3.2.1 Stap 1: Die bou van 'n vertrouensverhouding

Eyrich en Hines (2002:85 - 93) wys op vier maniere waarop 'n helpende verhouding gebou kan word:

1. Die bou van n vertrouensverhouding deur middel van selfopenbaring

Selfopenbaring in die pastoraat is uiters belangrik (Janse van Rensburg, 1991:264). Die manier waarop die berader deur die beradene beleef en waargeneem word, kan die pastorale gesprek positief of negatief be'invloed. Die berader dra gedurig sekere inligting, verbaal en nie-verbaal, oor (vgl. Janse van Rensburg, 1991:264). Die vestiging van 'n goeie verhouding tussen die berader en die beradene moet hoe prioriteit geniet (vgl. Eyrich & Hines, 2002:79). 'n Atmosfeer van aanvaarding moet geskep word deur te soek na "een open houding naar elkaar" wat "veronderstelt dat men de ander op zijn plek met zijn probleem wil aanvaarden" (Velema, 1999:16). Die aanvaarding van die probleem beteken egter nie die outomatiese goedkeuring van sondige gedrag nie, maar wel "die pastorale identifikasie en onvoorwaardelike aanvaarding van die sondaar as

mens" (Louw, 1999:544). Dit is daarom nodig dat die verhouding tussen die berader en die beradene gebou sal wees "on the foundations of compassion, respect, and sincerity" ( MacArthur & Mack, 1994:175).

Een van die doelstellings van selfopenbaring in die pastoraat is om aan te dui dat die persoon in berading se probleem nie abnormaal is nie (Janse van Rensburg, 1991:267). Die berader moet egter versigtig wees om nie sy eie probleme op so 'n wyse op die tafel te plaas dat die ander persoon daardeur oorweldig word en hoop verloor nie. Die doel van selfopenbaring is immers ook om hoop te bring. Janse van Rensburg (1991:267) praat van "om 'n bepaalde punt te illustreer." Met verwysing na sy eie probleme kan die berader aantoon hoe hy self 'n soortgelyke situasie beleef en "daardeur" gekom het. Langs hierdie weg kan hy sy eie menslikheid illustreer en die beradene stimuleer tot selfopenbaring (vgl. Janse van Rensburg, 1991:267 - 268). Beraders behoort op die volgende raad te let (Eyrich en Hines, 2002:86):

Counselors are not in the business of making others understand how supposedly great they are. Rather, the counselor should be humble in his demeanor and empowered by the Spirit as he exercises his spiritual gifts.

2. Die bou van 'n vertrouensverhouding deur middel van omgee

Om iemand vir die ander persoon te wees, is 'n kernaspek in die model wat Louw (1999:11) ontwikkel het: "Die diepste pastorale vraag is nie: wat se ons vir mense en

hoe se ons dit nie, maar wie is ons vir mense" (Louw, 1999:27). Die berader moet God

se omgee en betrokke wees deur sy eie omgee en betrokkenheid kommunikeer. Powlison (2003:66) stel dit soos volg: "You particularly image Christ by looking out for the well-being of those God has placed within your care." Richards en Hoeldtke (1980:117) se opmerking ten opsigte van die geestelike leier geld ook vir die berader: "The basic qualification for spiritual leaders is that they be living demonstrations of the reality of all that they teach!"

3. Die bou van 'n vertrouensverhouding deur middel van betekenisvolle gebed

"Prayer is the first function of biblical counseling" (Eyrich & Hines, 2002:88). Daarmee word bedoel dat die berader selfs voor die pastorale gesprek in gebed moet verkeer. "The counselor should prepare for counseling largely by prayer for himself and for his

counselees" (Adams, 1973:49). Gebed herinner die berader dat hy van die leiding van die Heilige Gees afhanklik is (Eyrich & Hines, 2002:89; vgl. ook Venter, 1988:32; Smith

in MacArthur & Mack, 1994:144). Die berader moet die Here veral vir begrip en liefde

vra wanneer dit kom by die begeleiding van enige persoon in nood.

Gebed veronderstel '"n deel he aan die heil" (Louw, 1999:498). Die beradene kan deur die gebed van die berader beleef dat hy deel is van 'n "geloofsfamilie". Louw (1999:498 - 499) stel dit treffend:

Binne God se Vaderskap en die broers en susters se kindskap is gebed 'n liturgiese fenomeen waarin die geloofsinhoud so bely word dat God aanbid en verheerlik word. Vanwee hierdie aanbiddingskarakter is gebed meer as menslike kommunikasie; gebed is wesenlik geloofsgemeenskap.

Gebed kan enige tyd gedurende die pastorale gesprek plaasvind, maar dit is waarskynlik beter om daarmee te wag tot aan die einde van die sessie. Gebed aan die begin van die sessie kan "a pious shadow" oor die sessie gooi wat die beradene van vrymoedigheid beroof en gevolglik verhinder om sy ware gevoelens te wys (Eyrich & Hines, 2002:90). Die gevolg is dat gebed aan die begin van 'n sessie ook indirek die opneem van data kan bei'nvloed.

4. Die bou van 'n vertrouensverhouding deurmiddel van die daarstelling van 'n werkbare plan (projection of a solution orientation).

Die daarstelling van 'n werkbare plan het daarmee te make dat die berader, nadat hy deur die loop van die gesprek die beradene se probleem ge'identifiseer en ernstig opgeneem het, 'n sistematiese plan voorstel waarvolgens die beradene sy probleem kan hanteer (Eyrich & Hines, 2002:90). Op hierdie wyse word die beradene betrek by die oplossing en word ook hoop gegee (Eyrich & Hines, 2002:90).

Eyrich en Hines (2002:91 - 93) beveel die volgende maniere aan waarop 'n werkbare plan daargestel kan word:

• Die berader moet homself goed vergewis van wat presies die probleem van beradene is.

• Die berader moet die probleem nie ignoreer nie, maar moet dit op die tafel plaas en dit in nederigheid en met liefde en sensitiwiteit aanspreek. Wanneer 'n probleem geTgnoreer word, kan dit 'n negatiewe boodskap na die beradene oordra.

• Die berader moet gebalanseerd in sy benadering wees. Hy moenie oorhaastig besluite neem en oorhaastig 'n plan op die tafel plaas nie. Hy moet tyd maak om rustig oor die probleem te praat en moet soveel as moontlik inligting inwin alvorens hy 'n strategie aanbeveel.

• Die berader moet duidelik wees ten opsigte van die manier waarop die beradene sy probleme kan hanteer.