• No results found

Saamgevat: Identiteit, verwerping en verlies in 'n Christologiese perspektief

VERWYSING NA DIE VADERSKAP VAN GOD

6.5 DIE BERADINGSPROSES

6.5.5 Die oordenking van die probleem

6.5.5.3 Saamgevat: Identiteit, verwerping en verlies in 'n Christologiese perspektief

Die gekruisigde Christus dien as die orienteringspunt in die verlede vanwaar die aangenome kind sinvol kan besin oor die kwessies van identiteit, verwerping en verlies (vgl. 3.2.2.1; 3.2.4; 2.5.1.4). Dit is immers deur geloof in Jesus Christus dat hy as kind van God die Vader aangeneem is. Sy identiteit le daarin dat hy God die Vader se kind is. En God verwerp nooit sy kinders nie. Wanneer die beradene die vraag "Wie is ek?" vra, kan dit beantwoord word met 'n duidelike "Ek is 'n kind van God die Vader." Indien die Heilige Gees die aangenome kind van laasgenoemde waarheid oortuig, behoort die lee gevoel, die gevoel dat iets kortkom (vgl. 3.2.4), te verdwyn.

6.5.6 Konfrontasie

Verbonds- perspektief • Belofte • Eis

Hierdie is 'n belangrike stap wat met groot versigtigheid gehanteer behoort te word. Die vraag kan met reg na die plek van konfrontasie in die berading van aangenome kinders gevra word, veral met die spesifieke kwessies van identiteit, verwerping en verlies in gedagte. Watter invloed sal konfrontasie he op die aangenome kind tydens berading? Sal dit nie eerder die aangenome kind wegstoot as aantrek nie? Sal 'n gevoel van verwerping nie daardeur versterk word nie?

Hierdie is belangrike vrae en die berader moet daarvan bewus wees dat konfrontasie wat verkeerd toegepas word, die hele proses van berading by veral persone wat aangeneem is, kan laat skeef loop. Die kwessies van identiteit, verwerping en verlies is werklikhede wat deur beraders in gedagte gehou moet word en die verkeerde hantering van hierdie kwessies kan daartoe lei dat die beradene gemarginaliseer voel (vgl. 3.2.3.a).

Om die konfrontasieproses in die regte bane te stuur, is dit nodig dat die berader aan die volgende twee sake aandag skenk:

1. Die doel van konfrontasie. Die doel van konfrontasie is om die beradene verantwoordelik te hou vir die verkeerde maniere waarop hy in die verlede die kwessies van identiteit, verwerping en verlies gehanteer het.

Die beradene moet besef dat hy nie verantwoordelik gehou word vir die feit dat hy sekere kwessies beleef en ervaar nie, maar vir die feit dat hy daarop verkeerdreageer het (vgl. 3.2.3.a; 3.2.3.b).

Verkeerde maniere waarop die kwessies van identiteit, verwerping en verlies gehanteer kan word en waarop die berader bedag moet wees, sluit die volgende in:

• Negatiewe optrede teenoor veral die aanneemouers wat na vore kom in onder andere uittarting, woede, aggressie, rebelsheid en opstandigheid (vgl. 3.2.2.1). Dit kan gebeur omdat die aangenome kind sy aanneemouers se liefde vir horn wil toets (vgl. 3.2.2.2).

• Onttrekking (vgl. 3.2.2.1; 3.2.2.2).

• 'n Ongesonde strewe na oorprestering en perfeksionisme op byvoorbeeld die gebiede van sport en akademie (vgl. 3.2.2.1; 3.2.2.2).

• Die uittoets van verhoudings op so 'n manier dat dit gedruk word tot op 'n punt waar dit in elk geval skipbreuk ly (vgl. 3.2.2.2).

• Bitterheid en onvergewensgesindheid (vgl. 3.2.3.C).

2. Die gesindheid van konfrontasie. Konfrontasie moet altyd in die gesindheid van liefde geskied en die beradene moet daarvan bewus gemaak word dat die sonde in sy lewe (die verkeerde reaksies op die kwessies van identiteit, verwerping en verlies) beveg en vernietig word - en nie hyself nie (vgl. 5.3.2.6). Hier sal dit die berader loon om weereens te wys op God se verbondstrou en verbondseis (vgl. 2.5.1). Die berader self moet daarvan bewus wees dat hy die verantwoordelikheid het om die beradene te wys op die liefde van God (vgl. 2.5.2). Ongeergdheid en ongehoorsaamheid aan die kant van die berader kan tot gevolg he dat die beradene se uitsig op God as Vader verflou.

6.5.7 Die gee van hoop

Gee hoop

• Volg konfrontasie op met hoop o Ervaring van verlies is 'n

realiteit

o Moenie met skok reageer nie o Le klem op gehoorsaamheid o Wees positief

o Moenie mislei word nie o Let op die voorbeeld van

ander en van die berader o lets beteken vir

ander o Beklemtoon

God se liefde

Konfrontasie kan tot moedeloosheid lei; daarom is dit belangrik dat die berader hoop sal bring (vgl. 5.3.2.7). Hoop kan op die volgende maniere gebring word (vgl. 5.3.2.7):

• Moenie die probleem verklein nie: Aangenome kinders ervaar verliese soos die verlies aan biologiese ouers en die verlies aan herkoms (vgl. 3.2.3.b). Die berader moet hierdie verliese erken en daarop bedag wees om die gevolge daarvan nie te minimaliseer nie (vgl. 3.2.3.b; 3.2.4). Die beradene moet te alle tye ernstig opgeneem word (vgl.5.3.2.7).

• Behou beheer oor die sessie: Die berader moet die sessies na 'n vaste punt stuur en veral bly by die koers wat in stap 4 uitgespel is. Daar moet gewaak word teen enigiets wat die sessies van koers kan laat verander. Dit sluit die berader se reaksie ten opsigte van die uitlatings van die beradene in (vgl. 5.3.2.7). Wanneer gedurig met skok gereageer word, sal die berader 'n ongemak by die beradene laat onstaan. By aangenome kinders wat reeds sukkel met die hantering van gevoelens van verwerping en die vorming van identiteit, kan reaksies soos hierdie uiters negatief inwerk op die beradene en die beradingsproses (vgl. vgl. 3.2.2.1; 3.2.2.2).

• Vestig verantwoordelikheid: Die beradene moet aan die eise van die verbond herinner word (vgl. 2.5.1). God verwag van sy kinders om op 'n bepaalde manier te lewe. Die beradene moet aangemoedig word om sy gedagtes op veral die volgende sake te fokus (vgl. 2.5):

> Hy is 'n kind van God. > Hy is dit uit genade.

> Hy behoort aan God se familie. > Hy moet gehoorsaam aan God lewe.

Deur op hierdie dinge te konsentreer, kan selfgesentreerde en negatiewe denke plek maak vir 'n Bybelse denkpatroon (vgl. 5.3.2.7).

• Neem 'n positiewe houding aan: Die berader moet self daarvan oortuig wees dat die Vaderskap van God positief in verband met die berading van aangenome kinders gebruik kan word. Hy moet deurentyd aan die beradene kommunikeer dat daar 'n Bybelse antwoord op sy probleme is. Waar hyself nie dadelik 'n antwoord het nie, moet hy eerlik daaroor wees en ondemeem om self in die Bybel daarvoor te gaan soek.

• Moenie mislei word nie: Die beradene moet daarop gewys word dat hy sukkel met die kwessie van veral identiteit as gevolg van 'n gebrek aan kennis ten opsigte van God se Vaderskap (vgl. 4.5.4).

• Die voorbeeld van ander: Die berader kan wys op die manier waarop God met sy volk gehandel het en aan hulle veral rus, vrede en kalmte gegee het (vgl. 2.3.3.2.6).

• Die voorbeeld van die berader: Indien die berader self aangeneem is en die kwessies van identiteit, verwerping en verlies self suksesvol kon hanteer in die lig van die Vaderskap van God, kan hy na homself as 'n voorbeeld verwys (vgl. 6.5.1). Die berader moet self daarvan oortuig wees dat God verandering kan bring (vgl. 2.5.2). Deur die hele proses moet die berader self positief oorkom sodat die beradene uit die berader se woorde en houding kan aflei dat hyself glo wat hy die beradene leer.

• lets beteken vir ander: Wys die beradene daarop dat sy situasie so kan verander dat hy weer tot hulp kan wees vir ander persone wat aangeneem is en wat met dieselfde kwessies as hy worstel (vgl. 3.2.3.d; 2 Kor. 1:3 - 4).

• Beklemtoon God se beloftes: Die verbondsbeloftes kan hier weer 'n slag aandag geniet (vgl. 2.3.3; 2.5.1).