• No results found

Sleutelwoorde (alfabeties)

1.1 Die oeuvre: 'n teoretiese agtergrond

1.2.2 Die drama-oeuvre binne die oorkoepelende oeuvre as geheel: hipoteses

1.2.2.1 Sleutelwoorde (alfabeties)

• heteroglossia: 'n Term wat dui op 'n verskynsel wat kreatiwiteit bevorder

deurdat spanning ontstaan vanweë 'n veelheid (“multiplicity”) van tale (Sahakian, 2008:189). Carlson (2009:5) is van mening dat ook die teater en opvoering hierby betrek moet word, aangesien heteroglossia nie net ter sprake kom in die algemene en kulturele manifestasies nie, maar ook spesifiek in die teater. Teenoor heteroglossia staan monoglossia. In die voorafgaande eeue was die teater hoofsaaklik 'n eentalige (monoglossiese) gebeurtenis, maar namate die teaterganger twee- of meertalig geword het, het die teaterteks ook daarby aangepas om sodoende verskillende boodskappe oor te dra.

• ruimte: Twee dimensies word onderskei, naamlik 'n konkrete, geografiese

dimensie enersyds, en 'n abstrakte, simboliese of allegoriese dimensie andersyds. Tussen hierdie twee uiterstes is kombinasies van genoemde ruimtes moontlik (Brink, 1989:118). Raes (2000:319 e.v.) onderskei tussen ruimte van

die landskap wat op gewaarwording berus en nie staties is nie, en geografiese ruimte wat 'n vaste afgebakende ruimte is en eerder berus op waarneming.

Laasgenoemde ruimte gaan dikwels met naamgewing en kaarttekening gepaard, terwyl die ruimte van die landskap die verbeelding en geheue oproep (Viljoen, 1998b:77). Veral laasgenoemde onderskeid, naamlik ruimte as landskap wat deur gewaarwordinge deur middel van die verbeelding en geheue opgeroep word, sal in die ondersoek gebruik word, hoewel die geografiese ruimte ook ter sprake sal kom. Die dimensie wat ruimte van die landskap impliseer, kan oorhel na die abstrakte, en 'n ruimtelike dimensie verteenwoordig wat verband hou met grense, met die implikasie dat grense oorgesteek kan word of dat tussen grense rondbeweeg kan word.

Wat die dramatiese ruimte betref, sal bykomend gesteun word op Louw (2006:1) se interpretasie waarvolgens dramatiese ruimte mimeties (deur middel van ostensie) voorgestel word en normaalweg beskou word as die fisieke ruimte waarin 'n karakter speel en praat (die hiér en nóú), terwyl die dialoog meebring dat die dramatiese ruimte vergroot as gevolg van diëgetiese aspekte wat dui op die ruimte buite die voorgestelde ruimte van die verhoog.

• teaterpraktyk: 0

1 2 3

$ '

(Mautner, 2000:440-441). In hierdie studie verwys teaterpraktyk na 'n aktiwiteit wat is, en wat in 'n mindere of meerdere mate in die teater gevestig is.

• tema: Die verhoogdrama is geskryf met die doel om opgevoer te word, en

daarom word dié woord saam met die middele waaroor die akteur beskik byvoorbeeld stem en liggaam, kostumering en dekor, en tegniese hulpmiddele

soos klank en beligting ingespan om die volledige draer van die idee of tema te word. #

(Du Toit & Kloppers, 1980:9-10). In hierdie studie sal

tema verwys na sodanige waarde-uitsprake rakende die ruimte, die

metatekstualiteit, ensovoorts.

• werkwinkelteater: 'n Term wat dui op die proses waarin teater tot stand kom

deur kollektiewe improvisasie wat gerig is op die organisering van chaos op 'n natuurlike wyse. Hieruit ontwikkel die akteur se vermoë om – gerig op die hiér en nóú – te luister, aan te voel en te speel. Hierdie aanvoeling word nie beperk deur 'n voorafbepaalde vaste stand van sake nie, maar word voortgestuur in 'n rigting na aanleiding van gedagtes wat die betrokke groep vooraf uitgespreek het.

1.2.2.2 Teaterpraktyke

Die teaterpraktyke wat in die Weideman-dramas funksioneer, is die proses van werkwinkelteater, rolspel en -wisseling (binne die drama self impliseer dit toneel- binne-toneel), epiese teaterpraktyke, en musikale intertekste.

Die meeste van Weideman se dramas het ontstaan deur middel van die proses van werkwinkelteater, en van 'n finale teks was daar in weinig gevalle sprake tot kort voor die produksie op die planke gekom het.

Rolspel en rolwisseling is 'n konsep wat primêr met die drama geassosieer word, maar figureer ook sterk in Weideman se romans. In die dramas word dit tot 'n hoogtepunt gevoer deurdat ingebedde tonele dikwels binne die drama self uitgebeeld word (toneel-binne-toneel).

Epiese teaterpraktyke is ter sprake vir Weideman se dramas omdat versteuring van die vierde muur, asook vervreemding dikwels opduik. Musikale intertekste (dikwels aanwesig in die epiese teater) kom reëlmatig in Weideman se oeuvre voor, en dra tot betekenisverdigting by.

1.2.2.3 Temas

In die Weideman-oeuvre word universele waarde-uitsprake gegee wat as temas in hierdie studie bespreek sal word, byvoorbeeld: ruimte, metatekstualiteit, die mitiese en bonatuurlike, en sosiale wanpraktyke. Onder laasgenoemde sou aspekte soos politieke onreg, geweld en verwaarlosing van die natuur ter sprake kom. Voorgenoemde konsepte figureer sterk in Weideman se hele oeuvre, en word in die dramas tot 'n hoogtepunt gevoer.

1.2.2.4 Karakters en dramatis personae

Die triekster-figuur en die koor kom reëlmatig voor in Weideman se oeuvre. Eersgenoemde hang ten nouste saam met die mitiese as tema, terwyl die koor 'n voortvloeisel is van die antieke Griekse teater. Net soos die triekster-figuur word die buitestander (dikwels 'n uitgeworpene of verskoppeling) deurgaans aangetref, en hou verband met die tema van politieke onreg en geweld. In Weideman se dramas speel hierdie karakters óf die hoofrolle, óf figureer as baie belangrike karakters, en die karakters se taalgebruik dra dikwels by om uit te wys dat hulle tot 'n bepaalde klas behoort.

As doelwit van sy ondersoek om die verskillende dramatis persone so noukeurig as moontlik te omskryf, het Van Kesteren (1979:60-71) aspekte uit die logika betrek. Uit drie onderafdelings van die logika, naamlik die logika van norme (

), die versamelingsleer en die modale logika is verskeie kriteria geïdentifiseer waarvolgens hy sy definisies sou saamstel. Die kern van die normlogika bestaan uit die eenhede karakter, inhoud en toepassingsvoorwaardes wat op hulle beurt drie kwaliteite, verpligting, permissie en verbod betrek. Met behulp van die versamelingsleer van verhoudinge ( ) het 'n verdere siftingsproses plaasgevind: elemente van 'n versameling kan mekaar uitsluit (

), of altyd saam optree ( ), of die een element domineer die ander ( ). Op grond van bogenoemde kriteria is ses

tipes dramatis personae onderskeidend gedefinieer: absolute affektante37, relatiewe affektante, ondergeskikte affektante, absolute affekta, relatiewe affekta en ondergeskikte affekta (Van Kesteren, 1979:69-70):

• 'n Absolute affektant is 'n personasie wat oor die moontlikheid beskik, én

verplig is om die handeling uit te voer. (Sodanige personasie staan in 'n alternatiewe en/of konkomitante38 en/of dominante relasie tot een of meer van

die ander personasies.)

• 'n Relatiewe affektant is 'n personasie wat noodsaaklik en verpligtend 'n

handeling verrig. (Sodanige personasie staan in 'n alternatiewe en/of konkomitante en/of dominante relasie tot een of meer van die ander personasies.)

• 'n Ondergeskikte affektant is 'n personasie wat oor die moontlikheid beskik, én

wat toegelaat word om die handeling te verrig. (Sodanige personasies staan in 'n konkomitante en/of dominante relasie met een van die affekta.)

• 'n Absolute affektum is 'n personasie wat oor die moontlikheid beskik om geen

handeling te verrig nie, en wat ook verbied word om enige handeling te verrig. Sodanige affektum staan in 'n alternatiewe en/of dominante relasie tot een van die ander affekta.

37 Affektante is entiteite wat gebeurtenisse veroorsaak (Van Kersteren, 1979:61). (A)ffektant(e) is my

vertaling van Van Kesteren se . Affekta dui op die entiteite waarvan die toestand as gevolg van gebeurtenisse verander. (A)ffektum – affekta (mv.) is my vertaling vir Van Kesteren se

4 (mv.).

• 'n Relatiewe affektum is 'n personasie wat noodsaaklik geen handeling verrig

nie, en wat verbied word om 'n handeling te verrig. (Sodanige personasie staan in 'n alternatiewe en/of dominante relasie met een van die ander affekta.)

• 'n Ondergeskikte affektum is 'n personasie wat oor die moontlikheid beskik om

geen handeling te verrig nie, en wat verbied word om enige handeling te verrig. Sodanige affektum staan nie in 'n alternatiewe, konkomitante en dominante relasie met een van die ander personasies nie.

Bogenoemde omskrywings van Van Kesteren sal in hierdie ondersoek gebruik word om dramatiese karakters te onderskei, en sal weer ter sprake kom in die bespreking van die dramas (sien 6).

1.3 Literatuuroorsig

Die literatuur wat bestudeer word vir die doeleindes van hierdie studie behels die relevante primêre Weideman-tekste, naamlik die dramas, gepubliseer sowel as ongepubliseer (sien 6.1.2.1), asook sy gepubliseerde poësie (sien 3.1) en prosa (sien 5.1).

Die sekondêre bronne val in twee kategorieë uiteen: eerstens die literatuur wat oor sy oeuvre geskryf is, en tweedens meer algemene literatuurteoretiese werke van belang. Die literatuurteorie word volgens Van Schalkwyk e.a. (1994:331) beskou as 'n , en sal in hierdie ondersoek ook literatuur oor relevante teaterpraktyke insluit.