• No results found

Inleidend: voorbeelde van eenheidselemente in die poësie en prosa

1.1 Die oeuvre: 'n teoretiese agtergrond

1.1.3 Literatuurwetenskaplike benaderings

1.1.5.1 Inleidend: voorbeelde van eenheidselemente in die poësie en prosa

poësie is dit meer geredelik moontlik om sodanige eenhede uit te wys: 'n siklus22 in 'n bundel gedigte is byvoorbeeld in 'n sekere afdeling van die bundel opgeneem, wat deur die leser op sigself as 'n eenheid verstaan word. Die afdeling is dan weer deel van die groter geheel van die bundel waarvan die titel nogmaals 'n eenheid suggereer.

19 Sien Ferdinant de Saussure se tweeledige opvatting van tekens soos uiteengesit in Course in general

linguistics (1959).

20 Pavis, P. 1982. Languages of the stage. Essays in the semiology of the theatre. New York:

Performing Arts Journal Publications.

21 Whitmore, J. 1994. Directing postmodern theatre. Shaping signification in performance. Ann Arbor:

The University of Michigan Press. Sien ook bronnelys.

22 Sien ook Leon Strydom. 1976. Oor die eenheid van die digbundel. 'n Tipologie van gedigtegroepe.

Uit die aard van die saak is dit anders gesteld met die prosasiklus, en Van Coller (1980:16 e.v.) wys daarop dat die skrywer in 'n prosawerk hom primêr op die enkelwerk rig, en dat meer tyd verloop tussen die periodieke verskyning van die prosawerke wat 'n siklus vorm as wat dit die geval is met 'n gedigtesiklus. Prosawerke sou dus meer outonoom aandoen, en veel klem sal ten opsigte van die evaluering op die enkelwerk gelê word. Van Coller (ibid.:17) wys verder daarop dat die afwesigheid van 'n oorkoepelende of samevattende titel in 'n romansiklus dit vir die leser nog moeiliker maak om 'n eenheid te konstrueer. In 'n ondersoek na Etienne Leroux as

siklusbouer word gebruik gemaak van . / wat

fokus op die gebied van die vertelpunt/verteller om die outeursvisie te agterhaal (Van Coller, ibid.:18).

1.1.5.2 Eenheidselemente in die drama

Oor die eenheidselemente in die drama is daar in die Afrikaanse literatuurstudies min geskryf, en indien wel, is daar gewoonlik gekonsentreer op die subgenres, byvoorbeeld eenakters24.

Weideman se tweeluik M29 en 'n Smeerige geskiedenis vertoon 'n eenheid ten opsigte van tema wat voorlopig met Wellek & Warren (1976:264-265) se definisie van 'n

periode verklaar sou kon word: dat dit 'n tydsnit in die Suider-Afrikaanse geskiedenis

verteenwoordig, en in 'n sekere sin onderskeibaar is van byvoorbeeld Gyselaars vanweë bepaalde ruimte- en tydsaspekte in 'n spesifieke politieke bestel. Die tweeluik sou vergelyk kon word met 'n siklus in die prosa ten opsigte van die tyd wat verloop tussen die opvoering van die dramas, asook die feit dat die twee dramas deur die toeskouers as twee outonome produksies ervaar word.

23 Daar word verder gewys verder op prospeksie en retrospeksie wat as bindmiddels in die roman

fungeer, en daarom ook in die siklus as bindmiddels aangewend kan word.

24 Byvoorbeeld Charles Malan se huldigingsbundel vir Gerhard Beukes: Kort gesprek (1978) en

1.1.5.3 Eenheidselemente in die oeuvre

Gemeet aan die eenheidsaspekte in die poësie, prosa en drama, blyk die bestudering van die eenheid van 'n enkelskrywer se totale oeuvre wat werke in al die hoofgenres gepubliseer het, 'n komplekse proses te wees. Die oeuvre van 'n skrywer kom (soos ook binne die roman-siklus) nie simultaan as 'n geheel tot stand nie. Waar daar in die poësie van formele kenmerke (soos ritme, metrum, ensovoorts) gebruik gemaak kan word, en in die prosa van minder formele kenmerke (Van Coller, 1980), moet daar by die bestudering van 'n oeuvre 'n stel norme vasgestel word wat op ander kriteria berus. Daar is reeds gewys op die nuttigheid van die kodebegrip in die gesprek oor periodisering. Dieselfde sou dus kon geld vir 'n sogenaamde senderskode, met ander woorde, bepaalde seleksie- en kombinasieprinsipes van 'n outeur se totale oeuvre. Indien die oeuvre as geheel 'n eenheid vorm, word die rol van die sender uiters kompleks omdat hy die kommunikasiekanaal ten volle beheer en in sy boodskap informasie inbou wat die leser se aandag sal vestig op die feit dat dit om 'n groter geheel gaan.

1.1.5.4 Die geval Weideman

Verskeie kritici het reeds gewys op bepaalde eenheidsaspekte in die werke van George Weideman. Nou sal kortliks na sodanige eenheidsaspekte in die poësie, prosa en drama van George Weideman verwys word. In hoofstukke drie tot ses sal hierdie eenheidselemente in meer besonderhede bespreek word.

Ten opsigte van die poësie beskou Viviers (2010) die digbundel, 'n Staning onder die

sterre (1977), as 'n teks met 'n outobiografiese inslag deurdat die narratiewe identiteit

wat uitgebeeld word terselfdertyd dié van die digter (skrywer) en spreker (verteller) is. Sy gebruik die term digter-spreker op grond van die feit dat Weideman se poësie in die algemeen sy jeugwêreld konstrueer en sy gedigte 'n representasie van identiteit vooropstel (sien 3.7.1.2). Ook Viviers & Foster (2007:71) verwys na die feit dat die Noordweste as ruimte sentraal staan in die Weideman-bundels wat 'n Staning onder

Van Coller & Odendaal (1999:764-785) het ook verskeie eenheidselemente in Weideman se poësie uitgewys, naamlik die aktuele betrokkenheid25 van die verse, asook digterskap, en die transformerende energie van kuns26.

Wat die prosa betref, is daar gewys op die skeppingsproses as reddende faktor27 en 'n spannning tussen die alledaagse en bonatuurlike28 wat in Weideman se poëtika aanwesig is. Verder word aangedui dat pikareske29 asook outobiografiese30 elemente in Weideman se prosa (jeugromans sowel as romans vir volwassenes) opmerklik is. Van Coller & Odendaal (1999:779) wys ook op die aanwesigheid van 'n implisiete31 outeur wat lesersreaksies manipuleer en 'n sekere visie openbaar. Ten opsigte van die uitgebreide dorpsuitleg in die voorwerk van die roman Die onderskepper word die opmerking gemaak dat dit sterk herinner aan die uitgebreide didaskalia in Weideman se dramas (sien 5.7.1.6).

Wat die buitestanderkarakter betref, identifiseer Marais (2007:52) die eenheidselemente van buitestanderskap, politieke betrokkenheid en die aanwending van kuns ter wille van oorlewing en menswaardigheid in haar bespreking van Weideman se jeugromans. Sy verwys na die benaming tetralogie vir die versameling van bogenoemde jeugwerke, asook Die geel komplot: hoewel Weideman met die drie werke nie 'n voorafbedagte samehang gekonsipieer het nie, bestaan 'n samehang tog,

25 Sien onder andere 3.5.1.2.

26 Sien 3.4.1.1. 27 Sien 5.3.1.4. 28 Sien 3.7.1.2. 29 Sien 4.7.2.2. 30 Sien 4.7.1.2. 31 Sien 5.4.1.1.

en sluit die makrostruktuur van die drie tekste, plus 'n vierde teks, nóú bymekaar aan, soos dit gebruiklik was in die oorspronklike betekenis van tetralogie in die drama (ibid.:54).

#

(Marais, 2007:51,55-56). Weideman se aanwending van kontras as struktureringsbeginsel word as 'n universele kenmerk van sy oeuvre uitgewys, asook sy fantasierykheid en verbeelding. Die sentrale rol van kreatiwiteit en kunstenaarskap word voorts beskou as

# .

In Weideman se prosa oorheers die kreatiewe proses as helende middel vir die diegene wat direk en indirek daarby betrokke is, asook die implisiete outeur wat sy wêreldvisie aan die leser wil openbaar. Outobiografiese aspekte is opmerklik in beide die prosa en die poësie, en ten opsigte van die poësie is dit veral 'n bepaalde ruimte, dié waarin sy jeugwêreld gekonstrueer word en 'n representasie van 'n bepaalde identiteit wat vooropgestel word. In Van Coller & Van Jaarsveld (2007a, 2007b, 2008) se ondersoeke na die Weideman-dramas is die volgende eenheidselemente aangedui: 'n ingewikkelde spel met taal32, die drama as protesteater33 met 'n

betrokkenheid by die probleme van die dag, en die hantering van die wisseling tussen hede en verlede34. Sekere karakters keer telkens terug in die Weideman-dramas, byvoorbeeld die triekster-figuur35 en die buitestander wat dikwels 'n

32 Sien 6.4.2.3 en 6.4.3.4.

33 Sien 6.4.3.3, 6.7.2.7, 6.7.3.6 en 6.7.4.7.

34 Sien 6.5.5.8 en 6.5.7.6.

kunstenaarstreep36 van een of ander aard vertoon. In al drie die hoofgenres word die volgende as tema aangetref: 'n aktuele betrokkenheid by die samelewing binne 'n dominante regeringstruktuur, die alledaagse en bonatuurlike wat teen mekaar afgespeel word, en die buitestandersfiguur wat as karakter uitgebeeld word. In die dramas is die triekster-karakter teenwoordig om aan die mistieke en die bonatuurlike gestalte te gee.

In die volgende afdeling sal die fokus verskuif na Weideman se drama-oeuvre.

1.2 Die drama-oeuvre van George Weideman 1.2.1 'n Oorsig

Hoewel Weideman meer digbundels en prosawerke die lig laat sien het, en meer toekennings daarvoor gekry het, is dit sy dramas wat my interesseer as gevolg van die diepgang daarvan. Sy drama-oeuvre is meer as net noemenswaardig as byvoorbeeld gekyk word na die talle artikels en resensies wat daaroor verskyn het. Boonop het sy dramas openbare erkenning ontvang deur die toekenning van pryse: My plaas se naam

is Vergenoeg (2005) – Weideman se laaste drama – is bekroon met die Sanlamprys vir

Afrikaanse Teater in 2004, en sy laaste twee hoorspele Sand (2004a) en Moord in die

ateljee (2006b) het met eerste pryse in die RSG/Sanlam-radiodramakompetisie

weggestap.

Afgesien van genoemde bekroonde werke, bestaan Weideman se drama-oeuvre uit nog twee gepubliseerde jeugdramas, Die saalspook en Wees, ses ongepubliseerde dramas, M29 (1986), 'n Smeerige geskiedenis (1987a), Gyselaars (1988), Soos voëls

op koringlande (1991), Herberg van die wit madonnas (1991) en Die laaste ure van meneer Fabricius (2004a), asook twee hoorspele, Sneeu (1996) en Lig (2001a). Die

teks van Man op die treinspoor, 'n drama wat dateer uit sy studentedae tussen 1965 en

1968, kon nie opgespoor word nie. Vir volledige besonderhede oor die Weideman- oeuvre, sien BYLAAG A.

1.2.2 Die drama-oeuvre binne die oorkoepelende oeuvre as geheel: hipoteses