• No results found

Hoofstuk 2: Die Suid-Afrikaanse regspraak

C.2.11 Seksuele misdrywe

(a) Manlike homoseksualiteit en sodomie.

Ooreenkomstig die gemene reg is sodomie beskryf as die onwettige en opsetlike geslagsgemeenskap per anum tussen manlike persone. Orale 251 S v De Blom 1977 (3) SA 513 (A). 252 S v Goosen 1989 (4) SA 1013 (A). 253

91 seks of masturbasie is nie ingesluit by die definisie nie.

Anale seks tussen ‘n man en ‘n vrou is nooit ‘n misdryf geag nie. Dit is dus duidelik dat daar sprake is van diskriminasie: Mans het ‘n misdryf gepleeg as hulle met mekaar dieselfde daad gepleeg het wat nie gestraf kon word as hulle dit met vrouens gepleeg het nie. Trouens, daar word beweer dat Rooms Katolieke mans en vrouens (veral in Italië) wat voorhuwelikse swangerskappe wou/wil vermy sonder om kontrasepsie te gebruik, en ook nie die Kerk se verbod op voorhuwelikse seks wou/wil oortree nie, anale seks verkies (het). Dit is/word dus beskou as ‘n normale praktyk.

Die tyd was ryp in Suid-Afrika om die teenstrydigheid in die lig van die Grondwet te vertolk. In die saak van Kamfer 254 het Regter Farlam van die Kaapse Hoë Hof bevind die gemeenregtelike misdaad van sodomie, soos in die private seksuele omgang tussen mans wat daartoe toegestem het , nie meer as ‘n misdaad beskou kan word nie. Die hof neem artikel 9 van die Grondwet in ag, wat onbillike diskriminasie op grond van seksuele oriëntasie verbied. Verdere regte wat geskend word, is die reg op privaatheid (artikel 14) en die reg op menslike waardigheid (artikel 10). ‘n Soortgelyke beslissing is deur die Konstitusionele Hof gegee in die epogmakende saak reeds hierbo genoem: National Coalition for Gay and Lesbian Equality and Another v Minister of Justice and Others.255

Gevolglik is sodomie soos vervat in die Strafproseswet 256 ook ongrondwetlik verklaar.

Verder is die artikel wat dade, daarop gerig om seksuele passie en die gee van seksuele bevrediging tussen mans by ‘n partytjie/byeenkoms 254 1997 (2) SACR 418 (C). 255 1998 (2) SACR 556 (CC). 256 Wet 51 van 1977.

92 (soos die sogenaamde daisy chain) te verbied,257 op grond van onbillike diskriminasie ten opsigte van seksuele oriëntasie ongrondwetlik verklaar. (b) Seksuele aktiwiteite tussen vrouens was nog nooit ‘n misdryf nie, nie in die gemenereg of die statutêre reg nie. Met die inwerkingtreding van die Wet op Seksuele Misdrywe 258 kon vroulike homoseksuele dade met meisies onder 19 jaar egter gestraf word. Dit is gemik op die beskerming van minderjariges en val nie onder die beskerming van regte soos vervat in die Grondwet nie.

(c) Gay-huwelike en die aanneming van kinders.

Gay huwelike is in Suid-Afrika in Desember 2006 gewettig.259 In ander lande, soos Kanada en die Nederlande, kon gays reeds ‘n paar jaar al die knoop deurhaak.

Die wettige aanneming van kinders is in April 2010 gereguleer.260

(d) Die grondwetlikheid van die oudste professie in die wêreld het in die saak van S v Jordan 261 in die Konstitusionele Hof onder die loep gekom. Die meerderheid het beslis dat die bepaling 262 wat prostitusie tot misdaad verklaar, ongrondwetlik is, en die minderheid van die bank het

saamgestem, maar beslis dat daar diskriminasie is op grond van geslag, aangesien die prostituut geteiken word, maar die kliënt gaan vry. Per slot van rekening, it takes two to tango.

Die hof bevind verder dat bordele steeds as onwettig geag word, want dit skend die belange van die gemeenskap. Voorts vind dit nie in privaatheid plaas nie, want die kliënt word op die onderste verdieping in die portaal

257

Seksuele Misdrywewet 23 van 1957, artikel 20A.

258

Ibidem.

259

Civil Union Act, 77 van 2006.

260

Wysiging van die Kinderwet 38 van 2005. Artikel 1(a) bepaal dat kinders aangeneem kan word (ii) “jointly by partners in a permanent domestic life-partnership.”

261

2002 (6) SA 642 (CC)); 2002 (2) SACR 499 (CC).

262

93 ontvang, hoewel die kamers van die prostitute normaalweg op die

verdiepings daarbo is. Wetgewing moet besluit oor die regulasie van prostitute, bevind die hof.

Kinderprostitusie bly ‘n misdryf, sodat die belange van kinders beskerm kan word.

(e) Openbare naaktheid.

Die Drankwet 263 bepaal dat naaktheid op gelisensieerde eiendom , soos waar ontkleedanse gedoen word, te wyd geformuleer is, aangesien dit nie net van toepassing is op kroeë, hotels, restaurante, klubs en sportvelde nie, maar ook teaters. Dit word ongrondwetlik verklaar.

(f) Wet 32 van 2007.

⌂ Verkragting kry ‘n nuwe, uitgebreide betekenis. Dit sluit nou altwee geslagte in, asook die geslagsdele, anus, mond, penis, die hande, ‘n voorwerp. Uiteraard word die afwesigheid van toestemming nog steeds vereis.

⌂ Onsedelike aanranding word vervang deur seksuele aanranding.

⌂ Bloedskande, bestialiteit,264 en omgang met ‘n lyk (voorheen drie aparte

misdade) vorm nou alles deel van hierdie wet.

⌂ Dit bevat omvattende nuwe misdrywe teen kinders en verstandelik

gestremde persone. Dit sluit in die die seksuele uitbuiting, die blootstelling aan of vertoning van pornografie of die vervaardiging van

kinderpornografie. Dit maak voorts voorsiening vir die verpligte

aanmelding van seksuele oortredings gepleeg met of teenoor kinders of verstandelik gestremde persone. Gevangenisstraf van tot 5 jaar kan

opgelê word indien iemand wat daarvan kennis dra, dit nie rapporteer nie. ⌂ Die wet skep misdrywe betreffende die gebruik van persone vir

263

Wet 59 van 2003.

264

94 pornografie, prostitusie en mensehandel vir seksuele misbruik, asook die sameswering, poging of aanhitsing tot die pleeg van seksuele misdrywe. Daar is ook misdrywe betreffende dwang of die veroorsaking deur

volwas-senes dat sekere seksuele gedrag of liggaamsdele aanskou moet word.

In die slothoofstuk word weer samevattend opmerkings gemaak oor die strekwydte van hierdie wet en die uitbreiding van die misdaad verkragting. In Desember 2014 is John Meyer skuldig bevind aan verkragting omdat hy sy penis in die mond van ‘n meisie gedruk en toe geürineer het.265

Die wetgewer het byna onmiddellik ná die saak van Masiya266 ingegryp en die wet uitgebrei, wat die gevoel vertolk het van eers die landdros voor wie die saak gedien het en later ‘n aantal Regters van die Konstitusionele Hof. Vergelyk die bespreking onder paragraaf C 2.13(f) hieronder.