• No results found

Hoofstuk 2: Die Suid-Afrikaanse regspraak

C.2.6 Aborsie

In die verlede, voor 1975, was aborsie – die onwettige beëindiging van ‘n swangerskap -- ‘n gemeenregtelike misdaad. (Daar is gewoonlik na

vrugafdrywing verwys in plaas van aborsie.) Die enigste

regverdigingsgrond was noodsaaklikheid.198 Die wet is in 1975 vervang met die Wet op Aborsie en Sterilisasie,199 waarin ‘n aantal streng

vereistes vir die beëindiging van ‘n swangerskap gestel is. Hierdie wet is op sy beurt gedeeltelik vervang deur die Wet op die Keuse van

Beëindiging van Swangerskap wat die reg verleen aan die swanger vrou of sy ‘n swangerskap wil beëindig of nie.200

Dit is in ooreenstemming met artikel 12(2)(a) en (b) van die Grondwet, waardeur elkeen besluite oor voortplanting kan neem en sekerheid en beheer het van die eie liggaam. Ook artikels 10 en 14 (wat waardigheid en privaatheid waarborg) lê ten grondslag van die wetgewing.

197

Burchell J : Principles of Criminal Law, p. 18.

198

Snyman CR : Op. cit., p. 443 (1999-uitgawe).

199

Wet 2 van 1975.

200

78 In die saak van Christian Lawyers Association of South Africa v Minister of Health201 is die Wet op die Keuse van Beëindiging van Swangerskap202 in die Hoë Hof aangeveg op grond daarvan dat dit die beëindiging van ‘n menslike lewe veroorloof, direk in kontras met artikel 11 van die

Grondwet.203 Die hof het egter beslis dat die woord “elkeen” in die

betrokke artikel wat handel oor die draers van die reg op lewe nie ‘n fetus insluit nie. Ooreenkomstig die familiereg is ‘n fetus egter in gepaste

omstandighede reeds die draer van regte,204 in die sin van die toepassing van die belange van die kind wat beskerm word. ‘n Ongebore vrug word as gebore beskou telkens as sy belange ter sprake is: Nasciturus pro iam nato habetur, quotiens de commodo eius agitur. As ‘n testateur dus

sekere bates kan nalaat aan ‘n kind wat reeds verwek is, maar nog nie gebore nie,205 is daardie ongebore kind se reg op lewe sekerlik

belangriker as materiële regte, maar dit word klaarblyklik, ooreenkomstig Wet 92 van 1996 nie so aanvaar nie.

In die Suid-Afrikaanse reg is daar twee gevalle waar die belange van die ongebore kind beskerm word. Daar was eerstens, toe die doodstraf nog geldig was, die reël dat ‘n verwagtende moeder wat ter dood veroordeel is, nie voor die kind se geboorte tereggestel kon word nie.206 Tweedens die reël in die saak van Pinchin and Another NO v Santam Insurance Co Ltd 207 waar die hof in beginsel bereid was om ‘n eis om skadevergoeding aan ‘n kind toe te staan waar die kind met serebrale gestremdheid gebore 201 1998 (4) SA 1113 (T). 202 Wet 92 van 1996. 203

Elkeen het die reg op lewe.

204

Hosten WJ et al : Op. cit., p. 297.

205

Ex parte Boedel Steenkamp 1962 (3) SA 954 (O).

206

Artikel 278 van die Strafproseswet 51 van 1977.

207

79 is as gevolg van die feit dat die moeder (en fetus) voor die geboorte

weens die verweerder se nalatigheid in ‘n motorongeluk beseer is. Die beslissing is wel gekritiseer,208 maar omrede daar ‘n praktieser oplossing voorhande was, naamlik dat die verweerder se handeling voor die kind se geboorte, ex post facto, beskou kon word as die oorsaak van die kind se besering wat eers by geboorte geblyk het. Ook so sou dit die regte van die ongebore kind beskerm.

Artikel 5 van die wet hierbo is verder aangeveg in Christian Lawyers’ Association v National Minister of Health.209 Hierdie artikel veroorloof ‘n vroulike persoon van onder 18 jaar om ‘n swangerskap sonder die verlof van haar ouers te laat beëindig. Ook hier het die aansoek nie geslaag nie. Die hele aangeleentheid van die wettiging van aborsie is in hierdie land geweldig kontroversieel. Vir veral Christene is dit geheel en al

onaanvaarbaar. Volgens die vorige sensus in 2007 het 73,52%210 van die land se bevolking aangedui dat hulle Christene is, en die meerderheid, veral die Rooms Katolieke, is waarskynlik teen aborsie. Te oordeel aan verslae in die media en briewe in koerante en tydskrifte, asook verklarings en optrede deur medici wat ooreenkomstig die wet teen hulle wil aborsies moet uitvoer, is daar groot teenkanting teen aborsie. Dis ‘n enorme

probleem, want die Grondwet behoort die gevoelens en waardes van ten minste ‘n groot gedeelte van die samelewing te weerspieël: dis opgestel om hierdie land en sy inwoners te dien.

Die posisie ten opsigte van aborsie is vandag dus totaal anders as die

208

Hosten WJ et al: Op. cit., p. 298 en 496, voetnoot 42.

209

2005 (1) SA 509 (T).

210

80 gemeenregtelike verbod daarop. Daar bestaan slegs ‘n paar vereistes vir die uitvoer van ‘n aborsie. Gedurende die eerste 12 weke van die swangerskap 211 kan dit op versoek van die swanger vrou beëindig word. Ongelukkig lei dit ook in die praktyk daartoe dat dit aangewend word as ‘n soort van laat-in-die-dag kontrasepsie. Hierdie vereiste dat ‘n aborsie op versoek gedoen word, is myle verwyder van die gemeenregtelike posisie. Vanaf die 13de tot die 20ste week kan ‘n aborsie gedoen word om

mediese en sosiale redes. Dit moet die mening wees van ‘n mediese praktisyn dat sekere toestande aanwesig moet wees:

(a) die gesondheid van die vrou of die fetus moet bedreig wees; (b) die swangerskap moet die gevolg wees van verkragting of bloedskande;

(c) die swangerskap sal die sosiale en ekonomiese omstandighede van die vrou aanmerklik affekteer.212 Na die mening van hierdie outeur is dit ‘n baie vae bepaling wat meer gemik is op die materiële as ander

belangriker waardes.

Na week 20 kan die swangerskap nog beëindig word as die lewe van die swanger vrou bedreig word of die fetus wangeskape of beseer is.213 ‘n Hele reeks omstandighede word genoem waaronder die swangerskap beëindig kan word, maar hulle is wyd en nie gedefinieer nie, soos “om ‘n risiko te wees vir die vrou se fisiese of geestelike gesondheid” en die “risiko van besering aan die fetus”. Dis ‘n groot probleem. Voorts is die beginsel van legaliteit (hieronder vollediger bespreek), met ander woorde

211

Artikel 2(1)(a) van die betrokke wet.

212 Artikel 2(1)(b)(iv). 213 Artikel (2(1)(c).

81 dat dit duidelik moet wees wat die misdaad behels en dat daar ‘n

spesifieke straf aan verbonde moet wees as dit oortree word, nie

deurgaans in die betrokke wetgewing nagekom nie. Dit lei tot ‘n dilemma in die implementering en afdwinging van die wet, soos Van Oosten tereg opmerk.214 Die feit dat slegs ‘n mediese praktisyn of ‘n vroedvrou die swangerskap in die eerste trimester wettig mag beëindig, maak die bedrywighede van ander, ongekwalifiseerde persone wat die

sogenaamde “agterstraat” aborsies uitvoer, ooglopend onwettig. Ook kan talle ander bepalings sonder straf oortree word, byvoorbeeld dat die

swangerskap in bepaalde fasiliteite en onder bepaalde omstandighede gedoen moet word na die 13de week.215

In hoofstuk 5 hieronder, wanneer die afskaffing van die doodstraf bespreek word, word die aborsie-kwessie weer aangeroer.