• No results found

Die navorser wou die stand van die sosiaal-emosionele welstand van Grondslagfase onderwysers in die Modimolle-distrik bepaal. Die data uit die oop-einde-vraelyste en individuele onderhoude beklemtoon dat Grondslagfase onderwysers se daaglikse taak deur faktore wat werkverwante spanning by hierdie onderwysers veroorsaak bemoeilik word en negatief op hulle sosiaal- emosionele welstand inwerk.

Werkverwante faktore wat ʼn duidelike rol by Grondslagfase onderwysers speel is:

Figuur 4-2: Faktore wat werkverwante spanning by Grondslagfase onderwysers veroorsaak

Volgens Maslow se vlakke van behoeftes kan hoërorde-behoeftes eers aangepak word wanneer die primêre behoeftes soos die gevoel van veiligheid, sekuriteit en alledaagse behoeftes wat goeie menseverhoudinge (vriendskappe) insluit, klaar bevredig is (Donald et al., 2006:103). Die vraelysondersoek en semi-gestruktureerde individuele onderhoude wys duidelik dat Grondslagfase onderwysers die gevoel van veiligheid en sekuriteit moet inboet weens eksterne faktore soos oorvol klasse, swak dissipline, onvoldoende finansiële vergoeding en kollegas sonder die nodige begrip oor onderrig in die Grondslagfase. Dié onderwysers se hantering van werkslading word

Faktore wat werkverwante

spanning veroorsaak

bemoeilik deur die verlies aan onderrigtyd wat departementele kursusse en werkswinkels in skooltyd en JNA-vereistes teweegbring (veral omdat die laasgenoemde se doel bloot is om skole teen mekaar op te weeg en andersins van geen waarde vir leerders is nie). Grondslagfase onderwysers sukkel om deur hulle dagtaak te kom as gevolg van die verlies aan onderrigtyd en ʼn bose kringloop van werkverwante spanning ontstaan wat negatief op die sosiaal-emosionele welstand van onderwysers inwerk. Phooko (2008:57) vind dat onderwysers se onvermoë tot behoorlike onderrig dikwels tot skuldgevoelens lei. Hierdie skuldgevoelens lei tot ʼn lae eiewaarde wat onderwysers moedeloos laat. ʼn Grondslagfase onderwyser met ʼn lae eiewaarde kan nie kreatief en innoverend wees in sy/haar daaglikse lesbeplanning en aanbieding nie. Steyn en Van Niekerk (2008:137) beklemtoon dat sou eiewaardebehoeftes bevredig word, verbeter die individu se selfvertroue en menswaardigheid.

Programme wat werkverwante spanning en angs suksesvol in die individu verminder, dra volgens De Villiers (2009:25) by tot die bevordering van gesonde sosiaal-emosionele welstand wat bydra tot selfverwesenliking. Die individu wie se selfverwesenlikingsbehoeftes vervul is, kan tot sy/haar volle potensiaal ontluik. Volgens Champoux (2006:155) korreleer selfwaarde en selfaktualisering met Alderfer se teorie van bestaan-verband-groei (ERG-teorie). Die bestaansbehoefte word met fisiese en materiële behoeftes, soos ʼn goeie onderwyssalaris, vervul. Die verbandsbehoefte lei skade weens swak dissipline, oorvol klasse en onsimpatieke kollegas, leerders en ouers. Groeibehoeftes kan deur gesonde selfwaarde en selfaktualisering verwesenlik word.

Volgens die ekosistemiese model van Bronfenbrenner (Woolfolk, 2007:73) bestaan die individu se lewe uit sisteme. Die eerste sisteem wat ʼn groot invloed op die leerder se lewe uitoefen, is die mikrosisteem wat uit die ouer, kind en huis bestaan. Probleme in dié sisteem met enkelouer- gesinne, onbetrokke ouers en swak dissipline affekteer uiteindelik die ander sisteme wat dan negatief op Grondslagfase onderwysers se dagtaak inwerk. Die mesosisteem verteenwoordig die leerder se dagsorg, skool en omgewingsfaktore. Die onbetrokke ouer is ʼn eksterne negatiewe invloed wat die dissipline van die leerder by die skool beïnvloed. Swak leerderdissipline en -gedrag veroorsaak werkverwante spanning by Grondslagfase onderwysers. Woolfolk (2007:73) verduidelik dat die kognitiewe ontwikkeling en interpersoonlike verhoudings van die leerder in die mikrosisteem plaasvind. Dissiplinêre probleme, oorvol klasse en nie alle leerders wat in hul moedertaal onderrig word nie verhoed dat leerders op ʼn kognitiewe vlak sy/haar volle potensiaal ontwikkel. Al die voorgenoemde faktore skep ʼn slegte leerklimaat en werkverwante spanning. Soos dit blyk uit die vraelysondersoek en die individuele onderhoude met die Grondslagfase departementshoofde, laat die inklusiwiteitsbeleid die leerder in die steek omdat die Grondslagfase onderwysers onkundig is oor die onderrig en behandeling van LSOB in oorvol klasse. Die swak lees- en skryfvaardighede van leerders veroorsaak werkverwante spanning en ʼn gevoel van moedeloosheid by die Grondslagfase onderwysers omdat hulle nie die leerders in graad 1 tot 3 na

graad 1 suksesvol daarmee kan ondersteun nie weens die eise verbonde aan die kurrikulum en verlies aan onderrigtyd vanweë werkswinkels of kursusse van die Departement van Onderwys.

4.6

SAMEVATTING

Hierdie hoofstuk beskryf die navorsingsmetode en -proses van data-analise; identifiseer kerntemas; toon die verbintenisse en ooreenkomste; en vergelyk die data met die literatuur. Volgens die kwalitatiewe data ‒ oop-einde-vraelyste aan Grondslagfase onderwysers en semi- gestruktureerde individuele onderhoude met Grondslagfase departementshoofde (n=3) ‒ is die sosiaal-emosionele welstand van Grondslagfase onderwysers in die Modimolle-distrik nie positief nie. Dit is duidelik die nadraai van verswakte dissipline by leerders, ouers en skole; onbetrokke ouers; oorvol klasse; oormatige buitemuurse aktiwiteite, papierwerk en administratiewe pligte; nie- huistaal leerders; inklusiwiteit; leerders met ʼn lees- en skryfagterstand; hoë werkslading; die verlies aan onderrigtyd wat onnodig in beslag geneem word deur departementele werkswinkels of kursusse in skooltyd; en die jaarlikse nasionale assessering (JNA) wat van geen waarde in die betrokke skole is nie. Hoofstuk 5 verskaf ʼn samevatting van die resultate van die ondersoek en aanbevelings word gemaak.

HOOFSTUK 5

SAMEVATTING EN AANBEVELINGS

5.1

INLEIDING

Die navorser gebruik in hierdie studie Mouton se drie-wêrelde-raamwerk (§ 3.5) om ʼn probleem in Wêreld 1 te bepaal, naamlik die aard van die sosiaal-emosionele welstand van Grondslagfase onderwysers, asook watter werkverwante faktore die sosiaal-emosionele welstand van Grondslagfase onderwysers in die Modimolle-distrik beïnvloed.

Hierdie hoofstuk voorsien ʼn opsomming van die navorsing en maak aanbevelings met betrekking tot die sosiaal-emosionele welstand van Grondslagfase onderwysers en werkverwante faktore wat hul sosiaal-emosionele welstand beïnvloed. Daar word bepaal of die navorsingsdoelstellings bereik is. Die navorser het eerstens die aard van die sosiaal-emosionele welstand van Grondslagfase onderwysers ondersoek en tweedens die werkverwante faktore wat die sosiaal-emosionele welstand van Grondslagfase onderwysers beïnvloed (§ 1.3).

Gevolgtrekkings uit die literatuurstudie en die empiriese navorsing word in hierdie hoofstuk weergegee. Die navorsing fokus vanuit die interpretivistiese paradigma (Wêreld 3, § 3.5) en maak van Maslow se hiërargie van menslike behoeftes gebruik om ʼn duidelike beeld van die interaksie tussen interne menslike behoeftes en eksterne faktore, asook die wyse waarop dit die individu beïnvloed, te verkry. Beperkings word uitgelig en ten slotte word aanbevelings gemaak.