• No results found

ʼn Samevattende blik op die drieledige aard van kulturele toeëiening

Hoofstuk 5 Slotbeskouinge

5.2 ʼn Samevattende blik op die drieledige aard van kulturele toeëiening

In Hoofstuk 1 is die musiekvideo Hosh Tokolosh en die vraagstukke wat dit opper aan die leser bekend gestel. Die relevansie en glibberige aard van kulturele

toeëiening is ook binne hierdie raamwerk bespreek. Gazelle, Parow en Minnaar se witheid, binne die konteks van Suid-Afrika se historiese narratiewe van ongelykheid, roep kwessies oor die voortdurende spanning tussen verskillende kulture op. Deur die bekendstelling van die konseptualiseerders tesame met die musiekvideo is dit gesuggereer dat Hosh Tokolosh se omgaan met kultuur problematies is.

Ek het besluit om die problematiek van kulturele toeëiening in die musiekvideo drieledig af te baken. Eerstens behels kulturele toeëiening ʼn hegemoniese

wanverspreiding van mag. Tweedens konstrueer kulturele toeëiening ʼn ongelykheid tussen die posisionering van betrokke kulture deur die digotomisering van

protagonistiese en antagonistiese komponente. Voorts ontstaan daar ʼn wanbalans van mag wat assosieer word met ʼn superieure houding teenoor kulture waaruit daar toegeëien word. Laastens word die kulture deur die dominante kulture in

kommoditeite omskep. Om ʼn geheelbegrip oor hierdie kwessies te kry was dit eers nodig om die teoretiese konstrukte wat aanknopingpunte met die spesifieke kwessie het bondig aan die leser bekend te stel.

In Hoofstuk 2 het ek die ongelyke magslandskap wat aanleiding tot dade van kulturele toeëiening gee, bespreek. Om hierdie ongelyke landskap te versinnebeeld word dominante kulture as meerderwaardig posisioneer. Deur die teoretiese

bespreking wat in hierdie hoofstuk aan die orde gestel is, het ek aangetoon dat kulturele hegemonie, inburgering en die nagevolge van die ongelyke verlede bydra tot die konstruksie van verwaandheid en aanleiding gee tot ʼn superieure houding en benadering. Tydens dade van kulturele toeëiening word kulture vanuit die

hegemoniese “norm” op die marge posisioneer en hiërargies op ʼn laer posisie vanuit die sogenaamde dominante perspektief geplaas. Deurdat ʼn kultuur nie as ʼn gelyke geag word nie, hoef ʼn sensitiewe benadering klaarblyklik nie gevolg te word nie. Die meerderwaardige kultuur ag geensins die historiese narratiewe en onderdrukking

101

wat gemarginaliseerde kulture saamdra van belang nie. Sonder ʼn asimmetriese ruimte kan kulturele toeëiening nie plaasvind nie, omdat dit bloot dan ʼn gelyke uitruiling sal wees waar geen kultuur wederregtelik leen nie. Die oneweredige verspreiding van mag is juis een van die redes waarom kulturele toeëiening problematies is.

Dit kom neer op ʼn hegemoniese magsongelykheid wat voortvloei uit historiese ongelykheid. Alhoewel die amptelike nadraai van byvoorbeeld kolonialisme reeds plaasgevind het, beteken dit nie dat die gepaardgaande houding ook tot ʼn einde gekom het nie. In ʼn kontemporêre raamwerk neem die meerderwaardige kultuur bewustelik of onbewustelik eienaarskap oor kulture wat hulle op die marge plaas sowel as hulle kulturele produkte. Hegemoniese houdings en strukture word in stand gehou en manifesteer in ʼn hedendaagse raamwerk op meer genuanseerde maniere in die vorm van kulturele hegemonie. Kulturele hegemonie kweek die

omstandighede waarbinne meerderwaardige kulture kulturele produkte van

voorheen gemarginaliseerde kulture onregmatig kan leen. Kulturele toeëiening skep ʼn ruimte vanuit ʼn “normatiewe” aanslag waarbinne ʼn problematiese histories-geërfde houding voortduur.

Daaropvolgend is die spanning tussen protagonistiese en antagonistiese

komponente van kulturele toeëiening, in Hoofstuk 3 ondersoek. Die impak van kulturele toeëiening op kulturele identiteit lei tot die herlewing van ʼn marginale posisie waar hulle as dit wat “anders” is uitgemaak word. Hierdie posisionering kan daartoe lei dat die dominante geassosieer word met ʼn soort protagonistiese self. Witheid en die gepaardgaande ingesteldheid is een van die noemenswaardigste aspekte wat tot die marginale situering van andersheid bydra. Witheid kan met die protagonistiese self geassosieer word omdat albei deel van ʼn sentrum uitmaak. Daar is blywende ongelykheid wat vandag nog weens witheid aanwesig is, hetsy deur globalisering of populêre kultuur wat die norme van witheid implisiet ondersteun. Dade van kulturele toeëiening word gewoonlik uitgevoer deur wit persone wat ʼn dominante sosio-ekonomiese posisie beklee. Kulture waarvan daar ontneem word, het historiese narratiewe van onderrukking wat steeds voortbestaan. As gevolg van die superieure posisie van witheid, kan kulturele produkte “beliggaam” word, sonder om die sistematiese onderdrukking wat benadeelde kulture daagliks ervaar, te

102

beleef. Die ongelykheid van die koloniale verlede word deur dade van kulturele toeëiening in stand gehou.

Kulture wat op die marge posisioneer is, word nie net as “anders” uitgemaak nie, maar ook as “eksoties”. Alhoewel eksotisme oorspronklik ʼn historiese kwessie was, is dit vandag ʼn verdere simptoom van kulturele toeëiening. Die “uitheemse” of

“eksotiese” dimensie van dit wat anders is as die norm word deur die protagonisitese self toegeëien en buite die oorspronklike konteks geplaas. Beperkte gedeeltes van die “ander” kultuur wat aanloklik vir die sogenaamde aanvaarbare norm is, word onregmatig geleen en gereduseer.

In Hoofstuk 4 is die reduserende aard van kulturele toeëiening uiteengesit. Meer spesifiek is kulturele toeëiening as die stereotipering van ʼn dinamiese kultuur

geteoretiseer. Kulturele toeëiening stel ʼn stereotipiese weergawe van ʼn kultuur as ʼn kommoditeit beskikbaar. ʼn Stereotipe roep kwessies oor veralgemeende historiese verteenwoordiging van onderdrukte kulture op. In die hoofstuk het ek spesifiek aandag op die reduserende verteenwoordiging van die “eksotiese” gegee. Hierdie veralgemening en stereotiperende beskouing van wat eksoties is, lei gevolglike dat komplekse kulture ʼn kostuum word. Vanweë die musiekvideo se konseptualisering en Suid-Afrikaanse konteks, plaas ek die klem op die stereotiperende wyse waarop Suider-Afrika uitgebeeld word. Stereotipiese uitbeeldings sluit referente van

eksotiese wildreservate, toordokters en oormatige natuurskoon in.

Soos ʼn stereotiperende beeld van die “Afrikalandskap” onstaan, gebeur dieselfde met “Afrikakultuur”. Kulturele toeëiening gaan gepaard met redusering, omdat

verbeeldings van gemarginaliseerde kulture neerkom op ʼn spottende veralgemening wat eeue-oue redusering laat voortbestaan – selfs in ʼn kontemporêre tydperk. Binne die raamwerk van kulturele toeëiening word kulture uitgebeeld as ʼn kostuum wat aangekoop en aangetrek kan word. Die kommoditeit weergawe van die kultuur word onder andere binne die konteks van vermaaklikheid gebruik. Die reduserende aard van kulturele toeëiening sit op dié manier koloniale indring voort. Indringing vind egter nou op ʼn psigologiese eerder as ʼn geografiese vlak plaas. Die onderdrukte kultuur se posisie op die marge word sodoende versterk en in stand gehou.

103