• No results found

SAMESTELLING VAN DIE BEGROTINGSTOEKENNING AAN FAKULTEITE VAN DIE UNIVERSITEIT VAN STELLENBOSCH VIR 2005 TOT

R'000 % R'000 % R'000 % R'000 %

Bedryf & Toerusting 28 253 7.46% 30 925 7.96% 35 753 8.74% 34 225 7.92% Vergoeding 350 464 92.54% 357 775 92.04% 372 240 91.00% 386 381 89.38% TOTAAL: FAKULTEITE 378 717 100.00% 388 700 100.00% 409 052 100.00% 432 292 100.00%

2005 2006 2007 2008

Begroot Begroot Beplanning Beplanning

‘n Verantwoordelikheidsentrum se totale koste is gelyk aan die direkte koste plus die geallokeerde indirekte koste van steundienste wat dienste aan die betrokke kostesentrum lewer. Volgens Whalen (1991) kan hierdie vergelyking as volg algebraïes voorgestel word:

= + = n k j ij i i D A T

Ti verteenwoordig die totale koste van die ie verantwoordelikheidsentrum, Di sy direkte

koste en Aik die geallokeerde koste van die ke verantwoordelikheidsentrum wat dienste

aan i lewer (Whalen, 1991: 163-164).

Om die netto inkomste van ‘n verantwoordelikheidsentrum te bereken, moet elke verantwoordelikheidsentrum se totale uitgawes vanaf sy totale inkomste afgetrek word. Daar kan dus afgelei word dat die netto inkomste of Ni algebraïes as volg voorgestel kan

word waar Ei die totale inkomste verteenwoordig.

        + − =

= n k j ij i i i E D A N

= − − = n k j ij i i i E N A D

Deur dus die netto inkomste of bedryfsbalanse (BB) vooraf vas te stel of as ‘n gegewe te aanvaar, kan die direkte uitgawes, wat ook die begrotingstoekenning van fakulteite vorm, dus bereken word.

Deur vooraf bepaalde BB's of sogenaamde bedryfsteikens (BT) vir fakulteite te bepaal, kan die bedryfstoekennings vir elke fakulteit bepaal word. Hierdie teikens moet egter in konsultasie met dekane van fakulteite vasgestel word. Deur die daarstelling van korttermyn sowel as langtermyn BT's kan dit fakulteite in staat stel om langtermyn bestuursplanne op te stel ten einde die gestelde BT's te haal. Negatiewe BB's kan verminder word en kruissubsidiëring tussen fakulteite kan sinvol verminder word.

Bylae 3 toon die begrotingstoekennings (BT gebaseerde allokasies) van die Universiteit van Stellenbosch vir 2006 per fakulteit. Ingevolge Bylae 3 is die begrotingstoekennings per fakulteit die resultaat van die fakulteite se netto BB’s na indirekte koste gegewe bepaalde BT’s wat as verwagte uitkomste vir fakulteite voorgehou word. Die berekening van die netto BB van elke fakulteit is in Bylae 1 uiteengesit. Bylae 3 toon in kolomme b, h en n die neergelegde BT’s van die 10 fakulteite van die Universiteit van Stellenbosch vir die 2006 tot 2008 begrotingsjaar. Kolomme c, i en o toon die berekende begrotingstoekennings (BT gebaseerde allokasie) van die fakulteite vir die betrokke 3 jaar. Kolom a dui die rasionaal waarop die neergelegde BT’s vasgestel is. Kolomme b, h en n (ry 25) toon die omvang van kruissubsidiëring wat tussen fakulteite geld. Enige surplus (nie toegekende begrotingsfondse) word in ry 27 kolomme c, i en o weergegee.

Bylae 3 kan dien as ‘n begrotingstoedelingsmodel vir fakulteite waar begrotingstoekennings dan ook die verwagte direkte uitgawes van fakulteite verteenwoordig. Die vasstelling van BT’s vir fakulteite en selfs departemente kan egter steeds subjektief wees indien die bepaalde BT’s nie gegrond is op bepaalde prestasie aanwysers nie. ‘n Prestasie aanwyser kan byvoorbeeld ‘n voorafgestelde student/dosent

verhouding wees of ‘n bepaalde aantal navorsingsuitsette per doserende personeellid. So kan ‘n BT gestel word vir ‘n fakulteit gegrond daarop dat sy student/dosent verhouding verhoog moet word. Die resultaat van die verhoogde student/dosent verhouding lei dus tot ‘n verhoogde BT, wat gegewe die inkomste en indirekte koste van die fakulteit, ‘n verlaging in sy indirekte koste moet teweegbring. Die verhoogde BT beteken dus dat die fakulteit se begrotingstoekenning verlaag gaan word.

INDIREKTE KOSTETOEDELING VIR DIE UNIVERSITEIT VAN

STELLENBOSCH

Die koste wat verwant is aan ‘n bepaalde koste objek, maar nie op ‘n effektiewe wyse as sodanig bepaal kan word nie, word as indirekte koste beskou. Volgens Horngren, Datar & Foster (2006) word die rede waarom bestuur korporatiewe en ander steundiens koste aan afdelings en departemente toegedeel word, as volg aangehaal:

1. Om kostesentrum bestuurders daaraan te herinner dat indirekte koste wel bestaan en dat kostesentrums se inkomste genoegsaam moet wees om die direkte koste sowel as ‘n aandeel in die korporatiewe koste te kan dek.

2. Om die gebruikmaking van sentrale dienste aan te moedig wat andersins onderbenut sou wees.

3. Om kostesentrumbestuurders aan te moedig om druk op bestuurders te plaas om die koste van steundienste te beheer.

Indirekte koste by die Universiteit van Stellenbosch verteenwoordig daardie institusionele uitgawes waarvoor sentraal begroot is en onder die verantwoordelikheid van die verantwoordelikheidsentrumbestuurders se jurisdiksie val. Hierdie verantwoordelikheidsentrumhoofde, of sogenaamde VS-hoofde, is verantwoordelik vir die saamstel en bestuur van hierdie institusionele begrotingsitems. Van hierdie begrotings omvat die volgende en word ook derhalwe in hierdie volgorde verder in hierdie hoofstuk bespreek:

1. Voorgraadse Beurse 2. Taalsentrum

3. Navorsingstoekenning 4. Nagraadse Beurse

5. Biblioteekboeke en Tydskrifte

6. Vervangingsreserwe vir Groter Toerusting

7. Onderhoud en instandhouding van geboue, tuine en terreine 8. Skeduleerbare lokale

9. Advertensiekoste

10. Reiskoste met aanstellings

11. Verbetering en vervanging van geboue en toerusting 12. Rektorsreserwe

13. Rente en delging 14. Studiegeldkortings

15. Bydraes aan Studentesentrums 16. Pensioenarisse

17. Vergoedingsagterstande (Nie-Akademies) 18. Oorhoofse uitgawes

19. IT dienste

20. Vervangingsreserwefonds vir Rekenaars

Die VS-hoofde het egter ook ‘n lynfunksie of sogenaamde steunfunksie wat steundienste aan die fakulteite en ander omgewings, wat onder andere steundienste kan insluit, lewer. Weens die generiese aard van hierdie koste sal dit heel laaste bespreek word. In hierdie afdeling val die klem op elk van hierdie institusionele kostes, asook die steundienste koste en die metode waarop dit na fakulteite toegedeel kan word. Die uitgangspunt met betrekking tot die toedeling van inkomste en uitgawe na fakulteite was dat alle inkomstes en uitgawes wat in verband met die aktiwiteite van fakulteite gebring kan word, wel toegedeel word. Die basis waarop asook die toedeling van inkomste uit studiegelde asook subsidie berus, is in hoofstuk 4 breedvoerig bespreek. Tabel 11 (Hfst 4)

verteenwoordig die verdeling van subsidie asook studiegeld na fakulteite. Hierdie toedeling word ook in rye 1 tot 3 van beide Bylaes 1 en 2 gereflekteer.

Voorgraadse Beurse

Die begrote bedrag vir voorgraadse beurse behels uitgawes betaalbaar in die vorm van beurse. Volgens Whalen behoort die uitgawes van voorgraadse beurse en nagraadse beurse in verhouding tot studente-inskrywings, met die onderskeid tussen voor- en nagraadse studente, te geskied. (Whalen, 1991). Die toedeling van die begrote bedrag vir voorgraadse beurse vir 2006 by die Universiteit van Stellenbosch na fakulteite is gedoen op grond van die gemiddelde werklike toekenning van beurse aan fakulteite vir die twee jaar voor die begrotingsjaar onder beskouing (2003 en 2004). Die gebruik van werklike toedeling van beurse as basis is meer verdedigbaar as om bloot die aantal VE-studente te gebruik as basis vir toedeling, aangesien nie alle VE-studente noodwendig beurse ontvang nie. Tabel 15 verteenwoordig die berekening van die toedeling na fakulteite. Die totale bedrag van R 22.94 miljoen vir 2006 is verdeel ooreenkomstig die gemiddelde toekenning aan elke fakulteit vir 2003 en 2004 en word gereflekteer in die laaste kolom van Tabel 15. In Bylae 1 word hierdie verdeling in ry 7 weerspieël.

Inligting met betrekking tot die werklike toekenning van beurse na die onderskeie departemente is egter nie beskikbaar nie. Beurstoekennings geskied nie op departementele vlak nie, maar per individuele student. Aangesien ‘n student ingeskryf is vir bepaalde modules wat deur meer as een departement of selfs fakulteite aangebied word, is dit nie moontlik om werklike beursuitbetalings aan spesifieke departemente te koppel nie. Vir die toedeling van die onderskeie fakulteite se bedrae na die onderskeie departemente is dus die aantal VE-studente as maatstaf gebruik. In Bylae 2 word hierdie verdeling van die bedrag aan die fakulteit Natuurwetenskappe na die onderskeie departemente gereflekteer in ry 7.

TABEL 15

TOEDELING VAN DIE BEGROTE BEDRAG VIR VOORGRAADSE BEURSE