• No results found

Rex, Die voorgeskiedenis en geskiedenis van die Nederduitsch Hervormde Gemeente Zeerust (Marico), p.166.

groot vertrek gebou waar daar tot met die oprigting van die Witpoortse Kerk in 1878/1879 kerk gehou i s .2 7

Die hoeksteenlegging van die kerkgebou te Witpoort het op 5 Augustus 1878 geskied en is deur ds. Van der Hoff waargeneem. Hy liet ook die inwydtng van die kerk op 9 Februarie 1879 waargeneem. Die koste verbonde aan die oprigting van die kerkgebou het 832 pond 8 sjielings en 6 pennies bedra (R1GG4,85). Op die Saterdag voor die inwyding nan die kerk het die kerkraadslede egter met 'n bedrag van 348 pond (R696,00) wat hulls ingesamel het, alle uitstaande skulde gedelg. Die gemeente het volgens Thos Leask, wat ook teenwoordig was, gejubel omdat dit voortaan nie meer nodig sou wees om onder bokseile te vergader nie en omdat hulle die nuwe kerk sonder skuld kon inwy. Die kerk het 'n sinkdak gehad met 'n sterk dakwerk bestaande uit soliede drie duim (7 1/2 cm.) by nege duim (22 1/2 cm.) balke. Harry Bush was die messelaar, Isaac Jones die skrynwerker terwyl Taylor & Leask die timmerhout verskaf h e t .z"

Na die dood van ds. Van del- Hoff in 188129 het ds. C.W. du Toit van

Potchefstroom as konsulent waargeneem. Volgens De Potchefstroomer het hy in Maart 1884 te Witpoort3 0 en in April 1885'' en Augustus 1886 te

Makwassie kerkdienste g e h o u .3 1 Tydens die besoek aan Makwassie in 1885

2 7 Wolmaransstad-versameling, verw. 7, pp.68-69.

2* Wolmaransstad-versameling, verw. 7, pp.68-69.

2 9 H. Rex, Die voorgeskiedenis en geskiedenis van d i e Nederduitsch

Hervormde Gemeente Zeerust (Marico), p . 1 5 7 .

3 0 De Potchefstroomer, 27.2.1884.

' ' De Potchefstroomer, 29.4.1885.

3 2 De Potchefstroomer, 24.8.1886.

het hy 58 kinders gedoop en is 48 jongmense aangeneem.'' Ds. Du Toit is deur ds. Malherbe van Dloemhof as konsulent opgevolg. Die amp het hy tot 30 September 1890 beklee.3 4

Van hierdie jaar af tot na die Anglo-Boereoorlog droog die tnligting oor die verdere verloop van die geskiedenis van die Witpoortse gemeente grootliks op. Nog Thos l.eask nog P.H.S. van Zyl het in hulle geskrifte hoegenaamd enige verwysing na die bestaan of die werksaamhede van die gemeente gedurende die betrokke periode gemaak. Buiten v i r die doopregister wat die periode 1892 tot 1911 dek, beskik die Hervormde

Kerk se Argief te Pretoria ook oor geen kerkrekords van die Wolmaransstadse distrik ten opsigte van die _ periode voor die Anglo-Boereoorlog nie. Aan die hand van die betrokke register blyk dit dat die doop tussen 1895 en 1899 ten minste een maal per jaar by Witpoort bedien is. By implikasie kan aanvaar word dat eredienste by al hierdie doopplegtighede gehou is. Die naam van die leraar wat die doop bedien en dus die daarmeegaande eredienste gehou het, is in die meeste gevalle nie vermeld nie. Name van sodanige leraars wat wel verstrek is, is die van d i . A. Lagerwey en A. Murray - laasgenoemde van die NG-Kerk - wat onderskeidelik op 8 Desember 1895 en 30 Julie 1899 alhier die doop bedien h e t .3 5

In die Wolmaransstadse distrik was daar 'n groep lidmate van die Hervormde Kerk wat teen 1892 daartoe oorgegaan het om 'n selfstandige gemeente tot stand te b r i n g . Hierdie gemeente, bekend as die Hervormde Gemeente van Wolmaransstad, het sy oorsprong in die gevestigde kerkplek by die destydse Makwassiespruit gehad. Hoewel daar met die stigting

" De Potchefstroomer, 29.4.1885.

3 * Wolmaransstad-versameling, verw. 7, p. 71.

3 5 Doop-boek der Nederduitsch Hervormde Gemeente van

Wolmaransstad/Makwassie 1892 - 11 Januarie 1911, bladsye ongepagineer.

van die gemeente nog geen kerklike gebou van enige aard te Wolmaransstad was nie, is die dorp as setel van die gemeente beskou. Die gemeente het maar uit sowat 30 lidmate wat wydverspreid uitmekaar gewoon het, bestaan. Buiten v i r Wolmaransstad en Makwassie het plase soos Makouskop, Welverdiend, Knapdaar en Rietfontein in hierdie gemeente g e v a l ., £ Die eerste erediens van die gemeente is op 26 A p r i l

1892 op die plaas Welverdiend van W.C. de Beer gehou. By die diens het drie jongmense belydenis van geloof afgele. Ds. J . van Belkum, predikant van Rustenburg, liet die diens waargeneem. Op 6 November 1892 het hy n tweede diens gehou en wel in die wolpakhuis van Thos Leask op Wolmaransstad. By die geleentheid het ds. Van Belkum sewe kinders gedoop en is hy tot konsulent van die gemeente verkies. Die eerste kerkraad wat ook toe verkies is, het bestaan uit ouderlinge G.J. Waldeck, G.C. Coertze en diakens F.C. de Beer en P. Geldenhuys. By die geleentheid is ook op die oprigling van n kerkgebou te Wolmaransstad besluit. n Boukommissie is aangestel waarop onder andere ook Thos Leask, synde n lid van die NH of G-Kerk, aangestel is.

Fondsinsameling het skynbaar voorspoedig verloop, want reeds op 21 Oktober 1893 kon die kerkgebou se hoeksteen gele word. Teen Mei 1896 was die kerkie voltooi. Op die 26ste van die maand is dit toe ingewy. Die oprigting van die kerk hot as stimulus v i r die uitbreiding en groei van die gemeente gedien. Die kerkraad is byvoorbeeld in 1895 tot tien lede vergroot. Ook was daar 'n skouspelagtige toename in die getal gemeentelede. In 1896 kon die gemeente byvoorbeeld al met 355 belydende lidmate en 514 kinders spog. Reeds in Februarie 1896 kon die gemeente die uitstaande skuld op die kerkgebou aflos nadat 'n basaar, gehou op die 22ste van die maand, die bedrag van 197 pond 10 sjielings en 9 pennies (R395,07) opgelewer het. Die kerkraad het sy laaste vergadering voor die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog op 10 Augustus 1899 g e h o u . '7 Geen verdere inligting rakende die gemeentelike werksaamhede

, s P.H.S. van Z y l , Die geskisdem's van Wolmaransstad, p.123.

' 7 P.H.S. van Z y l , Die geskiedenis van Wolmaransstad, pp.123-124.

of kerkraadsvergaderinge van die gemeente gedurende hierdie negentigerjare is beskikbaar nie, aangesien feitlik al die kerkrekords gedurende die Anglo-Boereoorlog verlore geraak bet en Thos Leask se herinneringe geen lig daarop werp nie.

Die tweede kerkgenootskap wat in die Wolmavansstadse distrik tot gemeentestigting oorgegaan het, was die destydse NH of G-Kerk wat in 1878 die stigting van 'n gemeente, bekend as Makwassie Gemeente, goedgekeur het. Die gemeente was gesetel op die plaas Witpoort no. 302 waar ook later die kerkgebou opgerig sou word. Die gemeente is deur ds. C.W. du Toit van Potchefstroom bedien. Die besoeke was egter net tot nagmaalbesoeke b e p e r k . ' * Die gemeente het egter v i r "tuisbediening" begin agiteer, dit wil se v i r n selfstandige gemeente met n eie leraar. Sodanige versoek is toe op n vergadering van die Algemene Kerkvergadering der Nederduitsch Hervormde of Gereformeerde Kerk in de ZA. Republiek, gehou op 1 November 1887, voorgele. Die versoek is tydens die vergadering deur die kerkraad van Potchefstroom aanbeveel en goedgekeur. 'n Afbakeningskommissie is aangestel en die volmag gegee om 'n kerkraad v i r die nuwe gemeente te laat saamstel. Hierdie kommissie het op 4 Februarie 1888 in die kerkgebou te Witpoort vergader by welke geleentheid die gemeente se distriksgrense as volg saamgestel is: Van Krans na Vaalrivier, Leeubosch, Cyferkuil, Klipfontein, Jakkalsfontein, Zendelingsfontein, Doornfontein, Rietkuil, Lakenvlei, Doornspruit, Doornkuil, Kareekuil, Brakspruit, Doornbult; dan na die hoekbaken van Lichtenburg en vandaar na Bamboesspruit, na Spinnekopkraal en die mond van die Makwassiespruit. Op dieselfde dag is die eerste kerkraad ook gekies. Dit het bestaan uit ouderlinge G.C. Grevelink, T . F . Bornman, A . J . van Rooyen en A . A . Pietersen en diakens H.C. Barnard, P.A. Swanepoel, W.J. du Plooy, M.J.J. van Rensburg, P.N.J. van Rensburg, H.W. Knox, J . J . van Wyk en G.M. Rossouw.

3 * G.J.M. Coetzee, Die geskiedenis van onderwys van Blankes in die

Die predikant van Bloemhof is as konsulent benoem. Die gemeente sou nog onder sy ou naam bly voottbestaan.3 9

Die pasgestigte gemeente sou egter 'n uiters kort lewensduur he, want toe Makwassiespruit in 1888 bo Witpoort en Leeuwdoorns as distriksdorp verkies is, het die NH of G-Kerk besluit om die setel van die gemeente vanaf Witpoort na Makwassiespruit te verskuif. Die gemeente te Witpoort het gevolglik in 1889 opgehou om te bestaan. Die kerkgebou te Witpoort is later op 20 April 1891 aan G.J. Bosman, die eienaar van die plaas waarop die kerk was, v i r erf no. 327 in Wolmaransstad v e r r u i l . Volgens die ooreenkoms sou Bosman en ook sy erfgename die gebou slegs as pakhuis, waenhuis, stal of v i r alledaagse huishoudelike doeleindes kon gebruik. Hy mog die gebou egter in geen omstandighede as skool, kerk of v i r enige godsdienstige byeenkoms gebruik of v i r die doel verhuur of beskikbaar stel nie. Indien hy hierdie ooreenkoms in enige opsig sou verbreek, sou die kerkraad die reg he om die gebou onmiddellik te sloop.

Die beweegrede v i r die kerkraad om hierdie buitengewone voorwaardes by die ooreenkoms in te sluit het voortgespruit uit hulle vrees dat die gebou in die hande van die Hervormde Gemeente te Witpoort kon val. Verder het daar ook die gevaar bestaan dat die groep Gereformeerdes te Witpoort, wat nie wou verenig nie, saam met die ontevredenes van die Wolmaransstadse Gemeente seggenskap oor die gebou kon v e r k r y en weer n opposisiegemeente sou kon s t i g . *0 Hierdie skuif van die NH of G-Kerk

was 'n openbaring van die afmetings wat die verdeeldheid wat daar in die stadium op kerklike gebied in die ZAR geheers het, aangeneem het.

Na die ontbinding van die gemeente te Witpoort, het die gemeente dadelik met fondsinsameling v i r die bou van 'n kerk te Wolmaransstad begin. Die poging het skynbaar so voorspoedig verloop dat die kontrak v i r die

5 9 P.H.S. van Z y l , Die gesk.ieden.is van Wolmaransstad, p.120.

* ° G.J.M. Coetzee, Die geskiedenis van onderwys van Blankes in die Wolmaransstadse d i s t r i k , 1876-1952, pp. 7-8.

bou van die kerk alreeds op die 15de Mei van die volgende jaar aangegaan kon word. Die kontrak is deur J.C. Bornman, voorsitter van die boukommissie, en J . H . Bergh, die kontrakteur, onderteken. John Gaisford van Potchefstroom was die raadgewende a r g i t e k . "1 Die bou van

die kerk het nie heeltemal na wehse verloop nie, veral nie volgens die oordeel van die boukommissie nie. Hulle het by die kontrakteur beswaar gemaak dat die kerk nie volgens kontraktuele spesifikasies gebou word nie en gedreig dat n gekwalifiseerde argitek se hulp en mening in die verband aangevra sou word. Ondanks die onaangenaamheid het die bouwerk sodanig gevlot dat die kerk nog op 31 Desember van dieselfde jaar voltooi is. Die inwyding van die kerk het op 24 Januarie 1891 geskied. Die koste van die kerk het 2735 pond (R5470,00) b e d r a . '2 Die

preekstoel het egter 'n verdere 60 pond (R120,00) gekos. William Sum­ mers het die kerkklok, wat toe op 20 Maart 1891 teen n koste van twaalf pond tien (R25,00) opgerig is, geskenk.

Die eerste predikant, ds C.J. Snyman, het in Januarie 1891 in die gemeente diens aanvaar. Hy was v i r 'n proeftyd van ses maande aangestel en gevolglik moes die kerkraad horn van huisvesting en meubels voorsien."3 Omdat daar nog nie 'n pastorie was nie, sou hy vir die voile

duur van sy verblyf in Wolmaransstad in 'n huurhuis b l y . " " Sy bevestiging is deur ene ds. Frase waargeneem. By die plegtigheid was ds. A.M. de Villiers van Hartbeesfontein, die konsulent van die Wolmaransstadse gemeente, ook teenwoordig. Die eerste kerkraad wat in die nuwe kerk diens sou doen, het bestaan uit die voorsitter, ds. C.J. Snyman, ouderlinge H.J. Dreyer, T . F . Bornman, G.C. Grevelink en A . J . Van Rooyen en diakens C.F. Kriel, A . J . S . Basson, C.J.P. Le Roux,

1.1 Wolmaransstad-versameling, verw. 7, p.69.

1.2 Wolmaransstad-versameling, verw. 7, p.73.

1.3 Wolmaransstad-versameling, verw. 7, p.76.

N . J . J . van Rensburg, P.A. Dreyer en H.B. Pieterse.*5 Ouderling

Grevelink was ook die Kerk se skriba en kassier. Die amp is horn egter ontneem toe daar bedenkinge oor sy bekwaamheid en sy integriteit onstaan het. n Paar maande lank het Dawid Pieterse toe die Kerk se boeke bygehou. Die amp is hierna aan Thos Leask aangebied wat dit aanvaar het. Op 3 November 1892 het hy die Kerk se kasboek en die twee sjielings (twintig sent) kontant wat toe op hande was, oorgeneem. Hy het dadelik met die ouditering van die kasboek begin en growwe onreelmatigliede, waardeur die Kerk tussen 300 en 400 pond (RG00,00 en

R800,00) skade gely het, daariri opgespoor. *s Dit was n groot finansiele

terugslag v i r die gemeente as in ag geneem word dat dit aan die jaarlikse salaris van hulle predikant gelykstaande w a s . *7

Ds. Snyman het tot Oktober 1893 in die gemeente aangebly. Ds. De Villiers het nou die konsulent van die gemeente geword. Ds. Snyman is cieur ds. Paul Nel as leraar van die gemeente opgevolg. Op 5 April 1894 het hy en sy vrou in Wolmaransstad aangekom. Hulle het aanvanklik by die Leasks ingewoon en daarna nog twee huise bewoon voordat n pastorie v i r hulle gebou sou word, Sy bevestiging as leraar het op 30 Julie 1894 geskied. * "■

By geleentheid van sy bevestiging het die kerkraad ook vergader en besluit om 'n pastorie te bou. n Boukommissie, bestaande uit ds. Nel, T . F . Bornman, T . S . Leask, H.C. Barnard en komdt. F.J. Potgieter is toe ook saamgestel. 'n Tender van J . H . A . Edeling vir die bou van die pastorie teen die bedrag van 1200 pond (R2500,00) is aangeneem. Daar sou egter nog baie lank gesloer word voordat die bouery n aanvang sou

1,5 Wolmaransstad-versameling, verw. 7, p.76.

*s Wolmaransstad-versameling, verw. 7, pp.77-79.

* 7 Wolmaransstad-versameling, verw. 7, p.83.

" " Wolmaransstad-versameling, verw. 7, p.83.

neem, w a n t d i e h o e k s t e e n l e g g i n g v a n d i e p a s t o r i e , waargeneem d e u r mev. ( d s . ) N e l , het eers op 16 Desember 189G p l a a s g e v i n d . In die hoeksteen is o n d e r a n d e r e eksemplare v a n d i e v o l g e n d e p u b l i k a s i e s i n g e l e :

1 . De V e r e e n i g i n g v a n Desember 1896 ( K e r k l i k e b l a d )

2 . . De F a k k e l van Desember 189G ( K e r k l i k e b l a d )

3 . De K e r k b o d e ( K e r k l i k e b l a d )

4 . De Program van d e Algemene F e e s t v i e r i n g t e P a a r d e k r a a l 1 8 9 6 . ' '

Toe d i e p a s t o r i e in 1959 v e r k o o p i s , is die hoeksteen met d o k u m e n t e en al eers v e r w y d e r .5 0 Die N . G . - K e r k d i e n s t e is Sondae in d i e v o o r - en namiddae g e h o u . Sondagaande het d s . Nel gewoonlik aan d i e huis van T h o s Leask e r e d i e n s t e in Engels g e h o u . Oor d i e mate van sukses wat d s . Nel as s i e l e s o r g e r behaal h e t , is min b e k e n d . Dat h y e g t e r wel d e e g l i k sy gemeente t o t k e r k l i k e meelewing kon i n s p i r e e r , s p r e e k u i t die sukses wat h y met sy k e r k f u n k s i e s t y d e n s sy b e d i e n i n g behaal h e t . So b y v o o r b e e l d het d i e 1895-basaar d i e , v i r d a a r d i e t y d , p r a g t i g e b e d r a g van 800 p o n d (R1600,00) i n g e b r i n g .5 1 In 1898 het d s . Nel 'n b e r o e p na J e p p e aangeneem en Wolmaransstad op 14 F e b r u a r i e van die j a a r v e r l a a t . D s . P . A . W i n t e r v a n H a r t b e e s f o n t e i n is as k o n s u l e n t v a n die gemeente a a n g e s t e l . *I

D s . Nel is d e u r d s . M . P . A . Coetsee o p g e v o l g . Hy is op D o n d e r d a g , 21 A p r i l 1898 t e Wolmaransstad o n t v a n g en die d a a r o p v o l g e n d e S a t e r d a g in

" P . H . S . van Z y l , Die g e s k i e d e n i s van Wolmaransstad, p . 1 2 0 .

5 0 P . H . S . van Z y l , Die g e s k i e d e n i s van Wolmaransstad, p p . 1 2 2 - 1 2 3 .

5 1 W o l m a r a n s s t a d - v e r s a m e l i n g , v e r w . 8, p . 140.

die amp bevestig. Die drie en 'n halfjaar wat hy aan die gemeente verbonde was, was v i r hom en sy gesin 'n traumatiese en moeilike t y d . Dit was die jare van die Anglo-Boereoorlog wat sy spoor van verwoesting en ontwrigting ook op kerklike gebied gelaat h e t .5 1 Sy pastorie is

byvoorbeeld gedurende die oorlog gedeeltelik afgebrand.5 * Hy was 'n

malarialyer en dit was die siekte en die ontberings wat hy tydens die oorlog deurgemaak het wat sy kragte tydens sy bediening te Wolmaransstad so vinnig afgetakel het. Tlios Leask het hom tydens die oorlog te Klerksdorp teegekom toe hy te voet en in swak gesondheid daar aangekom h e t .5 5 Hy is dan ook alhier op 18 November 1901 o o r l e d e .5'

Die geskiedenis van die NH of G-Gemeente te Wolmaransstad tot en met die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog is hiermee slegs in bree trekke uitgelig. Die fyner detail daarvan is verlore omdat alle gemeentelike en kerklike dokumente van die gemeente tydens die oorlog in die woorde van ds. U.S. Bosman "meedoogonloos door de Imperiale Strijdmacht is v e r b r a n d . "5 7

Die Gereformeerde Kerk het eers heelwat later as die ander twee Afrikaanse Kerke tot gemeentestigting in die Wolmaransstadse distrik oorgegaan. Die rede vir die Kerk se stadige groei was waarskynlik omdat dit die jongste van die drie Afrikaanse Kerke in die ZAR was en dit gevolglik moeiliker was om naas die bestaande Kerke 'n aanhang te verwerf en inslag te v i n d . Oor die bedrywighede van die Gereformeerdes

5 1 J . L . Ras, Die lewe en werk van ds. M.P.A. Coetsee ( j r . ) , pp.66-68.

5,1 Wolmaransstad-versameling, verw. 7, p.83.

5 5 Wolmaransstad-versameling, verw. 7, p.83.

5 e J . L . Ras, Die lewe en werk van ds. M.P.A. Coetsee ( j r . ) , p.68.

5 7 Ds. U.S. Bosman in sy rapport aan die Sinode, Notule van de

Zewende Algemene Vergadering van de Ned. Herv. of Geref. Kerk in Z . A . , 1 Mei 1903.

in die Makwassiewyk en die iatere Wolmaransstadse distrik voor gemeentestigting in 1898, is daar feitlik niks bekend nie. Ons dra slegs kennis van n besoek wat die leraar van Potchefstroom, van wie die naam nie vermeld word nie, ouderling P.A. Venter en diaken F R . P . de Bruin in Julie 1877 aan lidmate van die Gereformeerde Kerk te Potchefstroom op die plaas Salpeterpan sou gebring het. Tydens die besoek is n paar persone met die oog op belydenis van geloof bearbei, terwyl vyf lidmate toe ook voorgestel is. By die vertrek van hierdie sending was daar in die betrokke plaaswyk veertien lidmate en een voorgestelde en een gekose d i a k e n .5"

Die waarde van hierdie brokkie inligting word egter grootliks geneutraliseer deur die feit dat daar geen spoor gevind kan word van sodanige plaas binne die grense van die destydse of huidige distrik nie. Daar kan dus glad nie met sekerheid beweer word dat hierdie betrokke lidmate wat besoek is wel binne die grense van die destydse Makwassiewyk woonagtig was nie. Die enigste ander verwysing, wat ook maar bra vaag was, na die teenwoordigheid van Gereformeerdes in die distrik, vind ons by G.J.M. Coetzee waar hy melding maak van die "groep Gereformeerdes op Witpoort wat nie wou verenig n i e " .5' Die sttgting van die

Gereformeerde Kerk te Wolmaransstad het in 1898 sy beslag gekry toe 26 manlik lidmate n versoek ingedien het om n afsonderiike gemeente te mag stig. Die versoek is deur die Potchefstroomse kerkraad goedgekeur en deur die Algemene Vergadering in Januarie 1899 bekragtig.6 ° Die

eerste vergadering is op 22 April 1899 op die plaas Wolvenkop gehou. Ds. J . L . Murray het as voorsitter opgetree. Die eerste kerkraad wat

!* Notuleboek van die Gereformeerde Kerk Wolmaransstad, 1899-1923,

p . 1 .

5 5 G.J.M. Coetzee, Die geskiedenis van onderwys van Blankes in die

Wolmaransstadse d i s t r i k , 1876-1952, p.8.

60 Notuleboek van die Gereformeerde Kerk Wolmaransstad, 1899-1923,

gekies is, het bestaan uit ouderlinge W.M. Flemming, J . C . Rossouw, J . H . Fouche en I.J. van den Heever en diakens A . J . Roodt, P. Venter ( j r . ) , L . J . Fouche en A . J . Rencke.6 1 Ouderling Van der Heever is as skriba

en kassier aangestel. Daar is op die volgende fooie besluit : Een pond (P.2,00) vir huweliksbevestiging, 7/6 (7T> sent) vir belydenis van geloof en 5/- (50 sent) v i r d o o p .6' Reeds op hierdie eerste

kerkraadsvergadei ing is n brief voorgele waarin n klag gele is teen suster Elizabeth Cordier gebore Scholtz v i r oortreding van die kerklike " i n z e t " . '3 n Kommissie bestaande uit drie lede van die kerkraad is gekies

om die regering in kennis te stel van die stigting van die gemeente te Wolmaransstad en om verdere korrespondensie te voer oor die verkryging van die plaas Witstinkhoutboom as kerkplek v i r die gemeente. ' *

Op 1 Mei 1899 is 'n buitengewone kerkraadsvergadering op die plaas Blinkklip gehou. Op die vergadering is op wyksdeling besluit en dat daar voortaan v i r kerklike doeleindes gekollekteer sou w o r d .6 5 Die laaste

vergadering voor die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog is op 23 Junie op die plaas Blinkklip gehou. Omdat die onderhandelinge oor die plaas Witstinkhoutboom op n dooie punt uitgeloop het, is op hierdie

6 1 Notuleboek van die Gereformeei de Kerk Wolmaransstad, 1899-1923,

p.3.

6 2 Notuleboek van die Gerefonneerde Kerk Wolmaransstad, 1899-1923,

p. 4.

63 Notuleboek van die Gereformeerde Kerk Wolmarans.stad, 1899-1923,

pp.4-5.

" Notuleboek van die Gereformeerde Kerk Wolmaransstad, 1899-1923, p.4.

S5 Notuleboek van die Gereformeerde Kerk Wolmaransstad, 1899-1923,

p.G.

vergadering besluit om Witpoort as moontlike kerkplek te oorweeg.6 6 Die

uitbreek van die oorlog sou die amptelike kerklike werksaamhede tot en met Januarie 1903 tot stilstand b r i n g . Dit dien vermeld te word dat al drie die Afrikaanse Kerke elk vier erwe in Wolmaransstad besit het, aan hulle geskenk deur pres. Paul Kruger tydens die opmeting van die dorp in 1888.61

n Ander kerkgenootskap wat tydens die negentiende eeu ook predikante na Wolmaransstad uitgestuur het, was die Wesleyaanse Kerk. Lidmate van die Kerk is een maal per maand deur hul leraar, A . S . Sharp, vanaf

Bloemhof bedien. Hy is in die tagtigerjare deur ds. J . G . Benson opgevolg.6 1 Die Kerk se setel op Bloemhof is egter kort daarna gesluit.

Hierna is gemeentelede nog slegs periodiek vanaf Klerksdorp besoek, maar ook die bediening is in die begin van die negentigerjare heeltemal gestaak. Die Leasks het ook aan die Wesleyaanse Kerk behoort, maar het toe na die opskorting van die bediening te Makwassiespruit, by die NH of G-Kerk aangesluit.E'

Samevattend kan gestel word dat kerkstigting in die Wolmaransstadse distrik n buitengewoon lang aanloop gehad het. Bykans 40 jaar sou verloop vandat die eerste intrekkers hulle in die distrik begin vestig het totdat die eerste kerkie opgerig is. Die rede hiervoor moet hoofsaaklik gesoek word in die uitgestrektheid van die distrik wat meegebring het dat die vestigingsjare alhier tot in die sewentigerjare gestrek het, met

55 Notuleboek van die Gereformeerde Kerk Wolmaransstad, 1899-1923,