• No results found

Kearney, Hisrich en Roche (2007:276) voer aan dat definisies vir publieke entrepreneurskap baie beperk en divers is. Terwyl die term „entrepreneurskap‟ byna altyd met die privaatsektor geassosieer word, het dit die afgelope dekade in die literatuur van publieke administrasie begin verskyn.

Volgens Morris en Jones (1999:74) is daar ten spyte van ʼn toenemende belangstelling in die fenomeen van publieke entrepreneurskap, nog steeds nie ʼn algemeen aanvaarde definisie nie. Voorbeelde van voorgestelde definisies sluit onder andere die volgende in:

 ʼn Aktiewe beklemtoning van administratiewe verantwoordelikheid wat die generering van nuwe inkomste-bronne, die lewer van verbeterde dienste en die hulp met die verbetering van burgeropvoeding en betrokkenheid.

 ʼn Deurlopende poging om hulpbronne toe te pas op nuwe maniere in ʼn poging om die doeltreffendheid en effektiwiteit van publieke instellings te verhoog.

 Die doelbewuste en georganiseerde soeke na innoverende verandering in publieke sektor organisasies en operasies.

Morris en Jones (1999:74) verduidelik dat die temas wat uit hierdie voorgestelde definisies voortvloei, is dat daar (1) ʼn proses betrokke is, (2) dat entrepreneurskap ʼn deurlopende proses is en dat (3) die eindresultaat innoverende pro-aktiewe gedrag sal wees.

Morris en Jones (1999:74) formuleer die volgende definisie: Publieke sektor entrepreneurskap is die proses van waardeskepping vir burgers deur die unieke

55

kombinasie van publieke en/of privaat hulpbronne om sosiale geleenthede uit te buit. Lewis (1980:233) voer aan dat die groot onderskeiding tussen publieke entrepreneurs en gewone bestuurders die vermoë is om die bestaande toekenning van skaars publieke hulpbronne aan te pas op fundamentele maniere.

Uit die werk van Drucker verduidelik Lewis (1980:233) dat entrepreneurskap ook alternatiewelik gekonseptualiseer word in terme van die inisiasie van politieke bewegings of die skep van nuwe publieke organisasies wat bedoel is om betekenisvolle sosiale, politieke of ekonomiese verandering teweeg te bring.

Regerings regoor die wêreld is bewus van die afwesigheid van entrepreneurskap in hul publieke sektor. Nutt en Backoff (1993:303) is van mening dat publieke entrepreneurskap primêr besorg moet wees om meer besigheidsgeoriënteerd te wees.

Peter Drucker (1985:241) voer aan dat een van die grootste sosiale innovasies wat nodig is om die moderne ekonomie te herbelyn is om sistematies van die uitgediende sosiale beleide en publieke instansies ontslae te raak. Drucker skryf verder dat entrepreneurskap sowel ʼn publieke sektor fenomeen is as ʼn privaatsektorfenomeen is. ʼn Deel van die entrepreneuriese proses behels die soeke na, en analise van geleenthede wat die potensiaal het om innovasie te genereer. Dit behels die monitering van potensiële bronne vir innoverende geleenthede, insluitend die onverwagte sukses, mislukking of gebeure van buite; die teenstrydigheid tussen realiteit soos dit werklik is en die realiteit soos dit veronderstel is om te wees; innovasie gebaseer op prosesbehoeftes; veranderings in die struktuur van die industrie en die markstruktuur wat almal onverwags kan tref; demografiese veranderings; veranderings in persepsies en nuwe kennis.

Boyett (1996:36-51) waarsku dat hierdie geleenthede dalk nie kommersieel voordelig mag wees nie, maar kan hervorm word na “nuwe waardes” binne die dinamiese bondel van publieke ondernemingsdoelstellings. Publieke sektor entrepreneurskap gaan nie noodwendig oor die soeke na rykdom nie en die resultaat sal nie noodwendig monetêr van aard wees nie. Cornwall en Perlman (1990:225) voer aan

56

dat die toepassing van entrepreneuriese gedragsbehoeftes aangepas moet word om te pas by die publieke sektor omgewing.

Met pogings om entrepreneurskap in die publieke sektor te vestig moet sekere hindernisse oorkom word wat eie is aan die sektor. Volgens Cornwell en Perlman (1990:226-227) sluit hierdie die volgende in:

 Menigvuldigheid en dubbelsinnigheid van doelstellings wat bestuur verlam.  Beperkte bestuursoutonomiteit met hoë potensiaal vir inmenging wat

innovasie ontmoedig.

 Hoë sigbaarheid wat oorversigtige bestuursgedrag tot gevolg het.  ʼn skeefgetrekte beloningstelsel wat risikoneming ontmoedig.

 Korttermyn oriëntasie wat groter langtermyn, hoë-impak entrepreneuriese inisiatiewe ontmoedig.

 Personeelbeleide wat die leier se vermoë om werknemers te motiveer beperk. Foster, Graham en Wanna (1996:1-12) voer aan dat die kenmerke van publieke en privaatentrepreneurs nie dieselfde is of kan wees nie. Publieke sektor aktiwiteite is meer gemoeid met breër sake as gewone handelsdoelwitte. Foster et al. (1996:1-12) erken dat ander faktore, bo en behalwe die winsmotief, het die geneigdheid om verbintenis tot publieke entrepreneurskap te galvaniseer. Dis baie belangrik om te onthou dat entrepreneurskap in die publieke sektor, anders as die privaatsektor, nie alleen staatmaak op ʼn stel karaktertrekke van individue nie, maar op die volgende: Dit is die begeerte van groepe in ʼn organisasie om te verander, aan te pas, te innoveer en risiko te hanteer. Persoonlike kwaliteite en motiverings is minder belangrik as die opwekking van ʼn galvaniese krag op die institusionele en kollektiewe vlak.

Na die bestudering van die werk van Borin (1998) het Sadler (2000:29) gevind dat geleenthede vir innovasie in die publieke sektor te voorskyn kom uit die omstandighede eie aan die publieke sektor en dat innovasie baie minder gefokus is op die kommersiële oorwegings van die privaatsektor. Die hoofinisieerders van publieke sektor-innovasies is nie die leiers van die organisasie of politici nie, maar

57

middelvlakbestuurders en gewone werkers. Die bevinding dat innovasie gewoonlik fisies of metafories “weg” van die sentrale kantore plaasvind bevestig dit.

Die werk van Borin (1998) het ook uitgewys dat hindernisse in die pad van innovasie binne die publieke sektor vooruitspruit uit die gesindhede, binne-gevegte, die algemene weerstand teen verandering, onvoldoende hulpbronne en hindernisse wat buite die publieke sektor ontstaan, soos twyfel in sekere programme, die onvermoë om ‟n teikengroep te bereik, publieke of private teenkanting en teenkanting van die privaatsektor as gevolg van die behoefte om mee te ding met die publieke sektor.