• No results found

Europeërs het sover bekend vanaf die einde van die vyftiende eeu aan die Kaap begin land. Die Portugese seevaarder Bartolomeu Dias de Novaes het in Februarie 1488 om die Kaap geseil en in die huidige Mosselbaai anker gegooi. Hulle het die weg vir die vestiging van die Europese kultuur in Suid-Afrika berei (Wessels, 1978:6). Die Engelse was die eerste om die seevaart na Indië om die Kaap af te lê. Hulle het in Augustus en September 1591 in die waterhaalplek “Saldania” aangedoen (Walker, 1972:30). Dit was egter die Nederlanders, die wêreld se voorste handelsnasie in die sewentiende eeu, wat teen die helfte van die sewen- tiende eeu die voortou geneem het met mensevestiging aan die Kaap. Alhoewel die Kaap ʼn gereelde “aanloopplek” vir verbygaande Engelse en Nederlandse skepe was, was daar voor Van Riebeeck se koms in 1652 geen sprake daarvan dat daar aan die Kaap ʼn volksplanting was nie (Wessels, 1978:7).

Voor die Europeërs se koms in 1652 was daar wel mense in die algemene omgewing van die Kaap teenwoordig, naamlik Khoikhoi en San, waaroor in paragraaf 2.2.3. hieronder meer gesê word. Dié mense het nomadies geleef en die enigste vorm van regering was die gesag binne ʼn bepaalde groep. Die groep het ook nie oor ʼn afgebakende gebied gesag gevoer nie. Hoewel daar dus ongetwyfeld ʼn plurale bevolking was in die sin dat daar verskillende stamme van die Khoikhoi en die San was, met verskillende tale, kulture, gebruike, godsdiens en lewenswyses, was daar geen oorhoofse regering nie. Daar was dus geen “staat” nie. Die koms van die Europeërs in 1652 het die bestaande plurale bevolkingsamestelling verdiep en fundamenteel verander.

107

Europeërs het hulle in 1652 aan die Kaap gevestig nadat die Vereenigde Oostindische Compagnie (VOC, ook die Kompanjie genoem – die eerste bekende multinasionale korpo- rasie in die geskiedenis) daar ʼn “tydelike verversingstasie” gestig het wat mettertyd ʼn permanente mensevestigingsplek geword het. Die VOC, wat in 1602 in Amsterdam as ʼn geoktrooieerde maatskappy opgerig is met die reg om in die Ooste handel te dryf, was teen 1650 die wêreld se grootste handelsonderneming (Giliomee, 2004a:2).

Siektes op skeepsreise, veral skeurbuik, het die dood van honderde matrose en soms selfs tot die helfte van ʼn skeepsbemanning geëis (Davenport & Saunders, 2000:21). Ten einde lewensmiddele, veral groente en vleis, asook ʼn hospitaal, aan sy skeepsbemanning beskik- baar te stel op hul duisende kilometers lange vaarte na die Ooste en terug, het die VOC se direksie in 1650 besluit om aan die Kaap “een rendezvous en sterchte” op te rig (Wessels, 1978:7). Jan Anthoniszoon van Riebeeck is as “Koopman en Opperhoofd” van die Kaapse verversingstasie aangestel teen 75 gulde per maand (Molsbergen, 1937:72).

Die Kompanjie sou die Kaap tot 1795 met wye magte regeer asof dit in sigself ʼn staat was. Giliomee beskryf die Kompanjie se magte soos volg

“The Company, a sovereign power in its own right according to its 1602 Charter, could recruit soldiers, wage war, enter into treaties with other powers and maintain order in the settlements it had founded. Dutchmen in its employ swore fealty both to the Company and the States General in the Netherlands. All Europeans were subject both to the Laws of the Netherlands and the regulations framed by the Company” (2004:7).

Thom verwys soos volg na die VOC se magte

“... in effect, had become a state within a state” en “...like a government of a great nation, it ruled over its valuable and extensive possessions” (1952: Vol. I: xix, ev.).

Jan van Riebeeck, wat op 21 April 1618 of 1619 te Culemborg, Nederland gebore is (Thom, 1952: Vol I: xvii), land op 6 April 1652 aan die Kaap. Hy het oor sy tien jaar dienstermyn aan die Kaap ʼn dagboek bygehou wat in ou Goties-Nederlands met die hand geskryf is en uitein- delik sowat 2 500 bladsye beslaan het. Die dagboek begin op 14 Desember 1651 en eindig op 8 Mei 1662 (Thom, 1952: Vol I: xxvii). Thom skryf dat Van Riebeeck se dagboek een van die interessantste en belangrikste bronne oor Suid-Afrika se vroeë geskiedenis is. Hy sê:

108

“In the Journal of Jan van Riebeeck we also see South African problems looming on the horizon – the native problem, the need for labour, the search for markets, difficulties of farming – problems that have taxed the ingenuity of the European for three centuries...” (1952: Vol. 1: xxxix).

Die Van Riebeecks was “...an old and notable Dutch family” (Thom, 1952. Vol I: xvii) en Van Riebeeck se vader was met ʼn dogter van die burgemeester van Culemborg getroud, ʼn promi- nente, gerespekteerde, vermoënde en invloedryke man.

“Jan van Riebeeck thus belonged, on his father’s as well as his mother’s side, to the respect- able, well-to-do middle class – the same class that was so largely responsible for the Netherl- anders’ Golden Century” (Thom, 1952. Vol I: xvii).

Thom gee ʼn oorsig oor Van Riebeeck se loopbaan. Hy was as sjirurg opgelei. Hy sluit hom in April 1639 by die VOC aan. Van Riebeeck trou in 1649 met Maria de la Queillerie. Beide haar vader en grootvader was predikante en haar grootvader was ʼn Franse edelman wat ʼn Hugenoteprediker geword het (Thom, 1952. Vol 1:xxv).

Molsbergen sê Van Riebeeck was bevoorreg om Maria te ontmoet, wat ʼn “... pretty girl,

healthy, gentle-natured, even-tempered, calm and persevering” was (Molsbergen, 1937: 59).

Nadat die Van Riebeecks 10 jaar aan die Kaap deurgebring het, het hulle op 8 Mei 1662 met die Mars na Batavië vertrek. Maria is op 35 jarige ouderdom in 1664 in Malakka oorlede en Jan Van Riebeeck op 58 jarige ouderdom op 18 Januarie 1677 te Batavië (Thom, 1952. Vol 1:xxvi).

Theal handel oor die vraag aan wie die Kaapse grond behoort het en watter mense Van Riebeeck in 1652 aan die Kaap aangetref het. Hy verwys na ʼn Khoikhoi-man met die naam Autshumao, beter bekend as Harry. Dié het, volgens Theal, voorheen op ʼn Engelse skip gewerk en

“... acquired a smattering of the language of those amongst whom he had lived” (1964. Vol III: 13).

Theal sê die volgende oor die mense wat die Nederlanders in die Kaap aangetref het:

“The few families – fifty or sixty souls all told – forming the little clan of which Harry was the leading member, were then the only permanent inhabitants of the Cape peninsula. They had no cattle, and maintained a wretched existence by fishing and catering wild roots...They called themselves Goringhaikonas, but were usually entitled Beachrangers (“strandlopers”) by the

109

Dutch. An impoverished, famine-stricken, half naked band of savages, hardly any conceivable mode of existence could be more miserable than theirs” (1964. Vol III: 13).

Theal verwys ook na ander mense aan die Kaap – behalwe Harry en sy mense – en sê daar was twee groot stamme

“...which were possessed of herds of horned cattle and sheep, and which visited Table Valley and its neighbourhood periodically when the pasturage was good” (1964. Vol III: 13).

Die Goringhaiqua het ʼn veggroep van tussen 500 en 600 man gehad en die Gorachouqua tussen 300 en 400 (Theal, 1964. Vol. III: 13, 14).

Theal sê die Goringhaiquas

“...being the most numerous and wealthy, were looked upon by Mr Van Riebeeck as better entitled than the others to be called the owners of this part of the country. They were feeding their herds on the opposite side of the bay when the party of occupation arrived” (1964. Vol III: 14).

Elphick en Malherbe verwys na Khoikhoi onder Doman wat skielik in Mei 1659 toegeslaan en die meeste van die Europeërs se plase vernietig en meeste van hul beeste en skape buit gemaak het. Dit word as die Eerste San Oorlog beskou. In April en Mei 1660 het die twee voorste Khoikhoi groepe, die Goringhaiqua en Gorachouqua, egter met die Kompanjie vrede gemaak. Daarvolgens het die Khoikhoi niks vee teruggegee nie en ook nie skadevergoeding betaal nie, maar

“...they recognised the sovereignty of the Company over the land where freeburgers had settled -- a concession with ominous implications for the future” (Elphick & Malherbe, 1990:12).

Volgens Giliomee is die inheemse mense deur Europese koloniste van hul grond afgestoot (Giliomee, 2004a:xvi).

Die vestiging van Europeërs aan die Kaap was nie ʼn geïsoleerde geskiedkundige gebeurtenis nie. Europeërs het hulle in dieselfde tydvak, dit is voor 1800, ook in onder andere Noord- Amerika (en Australië) gevestig waarmee in paragraaf 3 hieronder gehandel word. Geduren- de die negentiende en twintigste eeu het Europeërs ook verskeie lande in Afrika en die Ooste as hul kolonies ingeneem. Dit was in daardie tydvak klaarblyklik moreel aanvaarbaar om grond in ander wêrelddele te gaan beset. Die inbesitname van die Kaap, waar daar wel inheemse mense was, was dus in ooreenstemming met die moraliteit van daardie tydvak.

110

2.2. VIER HOOFGROEPE MENSE AAN DIE KAAP

Die plurale mensegroepe aan die Kaap in van Riebeeck se tydperk (1652 tot 1662) en daarná was in vier hoofgroepe mense verdeel, naamlik: Europeërs, inheemse mense, slawe en ʼn nuwe geslag mense wat uit verhoudings tussen verskillende mensegroepe gebore is. Europeërs – wat aanvanklik ook uit verskillende Europese volke gekom het – het mettertyd saamgesmelt om die Afrikanervolk te vorm (waarby Kompanjie-amptenare uitgesluit was – hulle was Nederlanders wat gekom en gegaan het). Die Europeërs het mettertyd ʼn min of meer homogene groep gevorm totdat die Britte in 1795 en weer in 1806 opgedaag het.

2.2.1. EUROPEËRS

Europeërs aan die Kaap het in die sewentiende eeu hoofsaaklik uit Hollanders, Duitsers en Franse bestaan. Daar het op 6 April 1652 90 Europeërs in die Kaap voet aan wal gesit -- mense wat deur Van Riebeeck “swak en onkundige mense” genoem is (Giliomee, 2004a: 5). Ten spyte van sommige bewerings dat meeste manlike immigrante ongeletterde of halfgeletterde kleinboere of arbeiders vanuit Noordwes-Europa was en uit die laer range van die Wes-Europese samelewing gekom het, was hulle volgens Giliomee

“... geen uitvaagsels nie. Hulle was ondernemend genoeg om die kans te waag om ten minste vyf jaar in ʼn verafgeleë land te gaan werk. Van die Duitsers wat na die Kaap gekom het, was ambagslui wie se lewe deur die Dertigjarige Oorlog ontwrig is. Dit was hulle wat die beste in hul nuwe vaderland gevaar het” (2004a: 5,6).

In die eerste drie dekades was die meeste Europese immigrante enkellopende mans uit Nederland. Tussen 1688 en 1700 land sowat 200 Franse Hugenote meestal bestaande uit gesinne. Behalwe die Franse vroue, was die meeste vroulike Europese immigrante Nederlanders, veral jong vroue of dogters uit weeshuise in Nederland (Giliomee, 2004a:5). Wat die mensepluraliteit betref, sê Guelke (1989:67) die “...Cape Settlers were drawn from

many sources” en hy noem

 voormalige Kompanjie-amptenare van Hollandse en Duitse afkoms

 Kompanjie amptenare wat vanaf die Ooste op pad na Holland was en aan die Kaap gevestig het

111

 ʼn paar blanke koloniste wat met vrygelate slawevroue getrou het en hul kinders wat in die blanke gemeenskap opgeneem is

 weesmeisies wat deur die VOC na die Kaap gestuur is

 156 Franse Hugenote wat hulself in 1688 aan die Kaap gevestig het,  en natuurlike mense-aanwas (1990:67).

Kaapse aankomelinge word deur Guelke soos volg beskryf:

“The Cape settlers came from widely different social and economic backgrounds. Most of them came as individuals or in families, not in groups. Among each of the major national groups (Dutch, German and French) were farmers, skilled artisans and labourers. Some were reasonably affluent, but many more were poverty-stricken immigrants from the lower rungs of European society. The VOC – with its low pay and high death rate – employed many down-at- heel adventurers, some of whom eventually became free burghers. There were also some well-educated and many talented individuals, especially among the Huguenots and the German speakers” (1989: 67, 69).

De Bruyn en Heese het skattings gemaak van hoeveel mense in 1807 (dus breedweg teen die einde van die tydvak onder bespreking) aan die Kaap was. Ander Europese nasionaliteite as Nederlanders, Duitsers, Franse en Britte het hulle ook aan die Kaap gevestig. Die plurale aard van die Kaapse samelewing word geïllustreer deur die feit dat daar teen die einde van die agtiende eeu die volgende samestelling van die Kaapse burgery, uitgesluit slawe, Khoikhoi en San was (Giliomee, 2004a:40).

Tabel 1: Herkoms van die Afrikaners

Einde agtiende eeu 1807

Heese De Bruyn

Nederlands 36% 34%

Duits 35% 29%

Frans 15% 25%

Bronne: Heese, JA. 1971. Die herkoms van die Afrikaner. 76. Kaapstad: Balkema

De Bruyn, GFC. 1976. Die samestelling van die Afrikaner. 15. Tydskrif vir Geesteswetenskappe

Hierdie samestelling van die Europese bevolking het op sy beurt ʼn Europese diversiteit inge- hou wat betref taal, geskiedenis, kultuur, godsdiens en gewoontes. Die Europese gemeen- skap was die dominante groep aan die Kaap (Davenport & Saunders, 2000:33). Die skeidslyn en skeiding tussen Nederlanders en Duitsers was in die sewentiende eeu maar vaag, wat die pluraliteit verminder het. Die Nederlande was oor ʼn lang tydperk deel van die Duitse Ryk onder die Duitse keiser Karel V, wat in 1519 keiser van Duitsland en vanaf 1516 ook koning

112

van Spanje geword het. Die term “Duitse taal” het destyds Nederlands ingesluit en daar word gevolglik vandag nog van “Nederduits” gepraat. Die oorgrote meerderheid van die mense wat saam met Van Riebeeck aangekom het, was Nederlanders, maar daar was ook Duitsers onder hulle (Van der Merwe, 1965:63,64).

2.2.1.1.

H

ERROEPING VAN DIE

E

DIK VAN

N

ANTES

Die herroeping van die Edik van Nantes is tersaaklik om te kan oordeel of die Hugenote wat na die Kaap uitgewyk het, grondige redes vir hul emigrasie gehad het. (Vir verdere inligting ten opsigte van die betekenis, inhoud en gevolge van die Edik van Nantes, vergelyk die werk van Coertze, 1986.)

Dié Edik is op 13 April 1598 deur die Franse Koning Hendrik IV uitgevaardig wat in hoofsaak daarop neergekom het dat die Rooms-Katolisisme staatsgodsdiens sou wees, maar dat die Gereformeerdes daarvolgens de facto nie slegter af sou wees as die Katolieke in Frankryk nie (Van Schelven, 1943:206).

Op 15 Oktober 1685 is die Edik van Nantes herroep en daarmee is “alle openbare oefening

van de pretense Gereformeerde Religie, in het Koninkrijk” verbied (Benoit, 1696:121-123).

Die reaksie op die herroeping van die Edik het daartoe gelei dat tussen vier en sewehonderd duisend Gereformeerdes Frankryk tussen 1680 en 1695 verlaat het. Ander skattings is minstens twee honderd duisend, maar ook vier tot vyfhonderd duisend tussen 1669 en 1760 (Chambon, 1951:142).

In die jare 1688-1689 het 150 Franse aan die Kaap geland na die grootskaalse uittog van Protestante uit die Rooms-Katolieke Frankryk. ʼn Totaal van sowat 200 Franse het hulle tussen die jare 1679 en 1700 aan die Kaap gevestig. Die koms van die Franse na die Kaap het die pluraliteit van die Kaap beïnvloed deurdat ʼn verdere mensediversiteit bygevoeg is. In die jaar waarin die Hugenote aan die Kaap geland het, was daar reeds sowat 600 blanke

“siele” (Gie, 1928:111). Teen 1750 was daar niemand meer onder die ouderdom van 40 wat

nog Frans kon praat nie (Giliomee, 2004a:11).

Hierdie syfers van Giliomee dui aan die een kant die pluraliteit van die Kaapse samelewing aan, maar aan die ander kant ook die feit dat Frans verdwyn het, wat die pluraliteit weer

113

verminder het. Die Here 17 het in 1701 beveel dat die nodige reëlings getref moet word “...

om te verseker dat die Franse taal geleidelik sal verdwyn” (Giliomee, 2004a:11).

Hierdie bevel is ʼn voorbeeld van owerheidsoptrede wat daarop gerig was om die pluraliteit te verminder by wyse van assimilasie. In hierdie geval was dit suksesvol deurdat daardie faset van die pluraliteit oor ʼn relatief kort tyd (ongeveer twee geslagte) grootliks verdwyn het.

2.2.1.2.

V

RYBURGERS

Jan van Riebeeck het in 1657 nege Kompanjie-amptenare uit diens ontslaan om voltydse boere te word. Hy het aan elkeen ongeveer 13 morge (sowat 11 hektaar) grond toegeken (Giliomee, 2004a:1). Die aantal vryburgers het oor tyd gegroei en so ook die grootte van die plase. Simon van der Stel, wat in 1679 as bevelvoerder van die nedersetting oorgeneem het, het opdrag gehad om die nedersetting uit te brei. In dieselfde jaar gee hy aan ʼn verdere 20 vryburgers grond in die gebied wat Stellenbosch sou word (Davenport & Saunders, 2000:21). Hy het plase van 32 tot 64 hektaar toegeken (Giliomee, 2004a:10).

Teen die 1710’s, toe daar reeds sowat 400 plase was, het die regering die grootste gedeelte van die vlakte wes van die eerste bergreekse as ten volle beset beskou en teen 1717 is besluit om alle toekennings van grond in daardie gebied te staak. Die 400 plase het in ʼn gebied van 4 000 vierkante kilometer gelê (Giliomee, 2004a:17).

Die bevolkingsgroei was sterk, met vroeë troues en groot gesinne. Tussen 1703 en 1780 het die gebied wat deur Europeërs aan die Kaap beset is, omtrent tien keer in grootte toegeneem (Giliomee, 2004a: 22).

Toe die regering in 1798 vir die eerste keer die grense van die kolonie vasstel, het die neder- setting 286 000 vierkante kilometers beslaan – vanaf die Buffelsrivier in die weste tot die Nuweveldberge in die noordooste en van daar af na die see langs die Tarka-, Baviaans- en die Visriviere (Giliomee, 2004a: 22).

Leonard Guelke sien die betekenis van die skepping van vryburgers soos volg

“These settlers formed the nucleus of a permanent white population…” (1990:66).

Die vestiging van nege Kompanjie-amptenare as voltydse boere, kan beskou word as die begin van die ontstaanproses van die Afrikanervolk oor tyd. Die boere, of Boere en/of

114

Afrikaners soos hulle mettertyd bekend sou staan, het ʼn merkwaardige vasberadenheid van gees ontwikkel en was tevrede met hul leefwyse (Giliomee, 2004a:27). Teen die 1670’s was

daar 240 en teen 1795 sowat 15 000 vryburgers aan die Kaap (Davenport & Saunders, 2000:22).

Die historikus Cornelis Willem de Kiewiet beskryf hoe die “Boerras” “in die lang stiltes” van die agtiende eeu gevorm is. Hy verwys soos volg daarna:

“Their life gave them a tenacity of purpose, a power of silent endurance, and the keenest self- respect. But this isolation sank into their character, causing their imagination to lie fallow and their intellects to become inert. Their tenacity could degenerate into obstinacy, their power of endurance into resistance to innovation, and their self-respect into suspicion of the foreigner and contempt for their inferiors” (Giliomee, 2004a:27, 28)

Leonard Guelke sê:

”...most frontier family settlers were concerned to preserve their orthodox Christian way of life with its laws and social norms, above all the nuclear family. They defined themselves as a distinct community on the basis of their culture, religion and race and were at pains to preserve their lifestyle” (1990:102).

Die skepping van die begrip “vryburger”, sowel as die latere oopstel van die Kaap vir immigrante, was owerheids-aksies en het daartoe gelei dat ʼn permanente bevolking van hoofsaaklik Europese afkoms daargestel is en oor die jare gegroei het. Daardeur is die pluraliteit van die subkontinent vir eeue daarna verhoog.

2.2.2. MENSEGROEP UIT DIE BUITELAND:SLAWE

In 1652 was daar geen slawe aan die Kaap nie en by die afskaffing van slawerny in 1834 was daar 36 169 (Armstrong & Worden, 1990:109). Slawe moes egter ná vrystelling vir vier jaar by hul meesters as vakleerlinge aanbly om hulle vir hul nuwe toekoms gereed te maak (Arm- strong & Worden, 1990:167). Die slawebevolking was heterogeen in sy samestelling – verskillende hoof ras-elemente was in hul geledere aanwesig. Die oorgrote meerderheid was Negroïed en het vanuit Afrika (Guinee, Angola, Mosambiek) en ook uit die westelike deel van Malgasse, waar die Negroïede element oorheersend was, gekom. Australoïede en Mongolo- ïede elemente was die sterkste verteenwoordig in die slawe wat vanuit die ooste ingebring was (Coertze, 1983:57-59). Afgesien van die slawe wat uit Guinee, Angola en Mosambiek ingevoer is, is slawe ook vanaf van lande soos Benin, Madagaskar, Indië, Indonesië, Maleisië,

115

Batavië en Ceylon ingevoer. Teen 1798 was daar 25 754 en teen 1806 29 861 slawe aan die Kaap (Armstrong & Worden, 1990:130-132). Armstrong en Worden verwys na MD Teenstra, wat die Kaap in 1825 besoek het, en wat gesê het dat slawemeesters aan die Kaap slawerny geregverdig het op grond daarvan dat dit volgens hulle ʼn instelling van God was. Volgens hulle was daar goed vir slawe gesorg word en dat die slawe van honger sou omkom as hulle