• No results found

Daar is reeds hierbo in besonderhede verwys na die werk van W Ben Vosloo, destyds professor in Politieke Wetenskap (Staatsleer) aan die Universiteit van Stellenbosch. Hy het met besondere insig oor die gedagte van pluraliteit ten opsigte van die Suid-Afrikaanse samelewing geskryf.

3.1.1. DIE GEBREK AAN GESKIKTE ANALITIESE RAAMWERKE

Vosloo sê een van die grootste struikelblokke wat ten opsigte van die analise van Afrika se politieke vraagstukke opduik, is die gebrek aan geskikte teoretiese raamwerke.

“Daarom is daar ʼn brandende behoefte aan teoretiese perspektiewe wat verband hou met die geskiedenis en tradisies van Afrika ...” (1974:4).

Dit is in teenstelling met die ontoepaslikheid van sommige Westerse idees, instellings en prak- tyke (soos demokrasie, konstitusionalisme, oppergesag van die reg, geregtigheid, vryheid, parlementêre verteenwoordiging, partye en verkiesingsprosedures)

“...wat in die Westerse wêreld deel vorm van ʼn waardige tradisie van populêr-verkose rege- rings, dikwels wanaangepas en selfs ontoepaslik binne die konteks van die Afrika-politiek” (1974:4).

Vosloo sê met verwysing na ʼn gepaste teoretiese raamwerk:

“So ʼn teoretiese raamwerk moet rekening hou met die tipiese kenmerke van Afrika-gebiede: kulturele diversiteit, ʼn hoë konflikpotensiaal, politieke onstabiliteit, die gebrek aan algemeen- aanvaarde norme, onderontwikkelde ekonomieë, ens” (1974: 4).

3.1.2. PLURALISME AS TEORETIESE FOKUS

Een teoretiese fokus, volgens Vosloo, is “pluralisme”. Pluralisme bied ʼn teoretiese raamwerk waarbinne die diversiteit van Suid-Afrikaanse gemeenskappe bespreek kan word. In Vosloo se artikel, waarvan vervolgens ʼn gedeeltelike opsomming gegee word, handel hy met die

60

pluralisme as teoretiese fokus. Daaronder bespreek hy die term “pluralisme” en sê dit kan in

ideologiese of beskrywende sin gebruik word – ideologies as aanduiding van ʼn ideaal wat

deur politieke stelsels gerealiseer behoort te word, en beskrywend as aanduiding van ʼn

feitelike toestand wat in bepaalde omskrewe situasies bestaan (Vosloo, 1974:5,6).

Vosloo maak ook die volgende belangrike stelling:

”Die gemeenskaplike noemer van die verskillende ideologiese opvattings van ‘pluralisme‘ is die idee dat groepe of groepsassosiasies as die basiese eenhede van die samelewing beskou behoort te word“ (1974: 5).

Ter ondersteuning van hierdie stelling, aldus Vosloo, word gewoonlik aangevoer dat, in plaas van ʼn enkele monistiese sentrum van soewereine mag binne die staat, daar eerder ʼn veelheid van magsentra moet wees sodat besluite deur ʼn proses van onderhandeling en kompromis tussen die betrokke groepsassosiasies geneem kan word, waarvolgens aan elke groepering min of meer ʼn vetomag gegee word ten opsigte van beleidsbeslissings wat sy belange wesen- lik raak. Sodoende word sosio-ekonomiese voordele en politieke mag op so ʼn wyse versprei dat die een groepsbelang nie die ander oorheers nie. Wat “groepe” betref, plaas sommige denkers die klem op beroepsgroepe, ander op nywerheidsgroepe en ander weer op etniese groepe. Vosloo sê sodoende word sosio-ekonomiese voordele en politieke mag op so ʼn wyse versprei dat die een groepsbelang nie die ander domineer nie (1974:5). Hierdie opmerking staan ook in verband met die toedeling van waardes waarna in paragraaf 3.1.2. in Hoofstuk 1 verwys is.

Dit is ook belangrik om te let op die grondslae waarop die afbakening van groepe gebaseer moet word. Volgens Vosloo plaas sommige denkers die klem op beroepsgroepe, ander op nywerheidsgroepe en ander op etniese- of volksgroepe. Oor die wyse waarop die verskillen- de georganiseerde groepe medeseggenskap gegee moet word, is daar ook verskeie formules uitgewerk soos federasies, konfederasies en korporatiewe kontrakte, afhangende van die mate van outonomie wat aan die konstituerende groepe toegeken word (1974:5). Vosloo se standpunt dat die gemeenskaplike eienskap groepe of groepsassosiasies is, word deur Wessels gedeel (1978:363).

61

3.1.3. PLURALISME AS BESKRYWENDE MODEL

In die jongste aantal jare, aldus Vosloo, (sy artikel het in 1974 verskyn as ʼn verwerkte weer- gawe van ʼn seminaarvoordrag wat in 1971 te Stellenbosch gehou is) het verskeie sosiaal- wetenskaplikes ʼn aantal beskrywende modelle van plurale samelewings opgestel waarin die heterogeniteit en groepswisselwerking van die betrokke samelewings uitgebeeld word. Die doel met die modelle is nie primêr om voorskrifte neer te lê van hoe samelewings behoort te wees nie, maar eerder om feitelike beskrywings te gee van hoe die betrokke samelewing inderdaad funksioneer (1974:6).

Watter ideale nagestreef behoort te word, word binne die konteks van hierdie modelle as ʼn aparte vraag beskou. In die beskrywende modelle verwys die konsep “pluraliteit” na groeperings van mense wie se solidariteitsgevoel gebaseer is op godsdiens, taal, kultuur, etnisiteit, klas, ras, gebied of enige kombinasie hiervan (Vosloo,1974:6).

Vosloo verwys hoofsaaklik na drie beskrywende modelle, naamlik die konflikmodel, die konsensusmodel en die konsosiasiemodel, wat hieronder in paragraaf 6 bespreek word (1974:6-8)

3.1.4. TOEPASSINGS VAN PLURALISME

Vosloo bespreek die Suid-Afrikaanse toepassings van pluralisme onder drie hoofde, naamlik die bestaande patroon van groepindeling, die beleid van veelvolkigheid en knelpunte wat nuwe akkommodasiepatrone vereis. Daar word ook aandag gegee aan die pluralistiese perspektief as wegwyser na nuwe aanpassings.

3.1.5. PLURALISME OOR VERDELINGSELEMENTE HEEN

Pluralisme kan heensny oor ʼn verskeidenheid van verdelingselemente in ʼn land soos volke, rasse, klasse, etnisiteite, stamme, religieë en kulturele andersoortighede. Met die groeps- basis as gemeenskaplike eienskap is groepe of groepsassosiasies die basiese eenhede van samelewings, word groepe as gemeenskappe en gemeenskappe as ʼn samelewing beskou. ʼn Samelewing is dus ʼn kollektiwiteit van gemeenskappe en is in daardie sin pluraal (Wessels, 1978:362).

62

3.2. JOHN SFURNIVALL:“VADER VAN DIE PLURALE GEDAGTE”

Wat ter teoretiese oriëntering lig op die betekenis van pluralisme werp, is ook die standpunte van John S Furnivall. Hy is die denker wat die begrip die eerste keer gebruik het. Dit was in die vyftigerjare van die vorige eeu, toe hy navorsing oor die bevolkings van Burma en Java gedoen het (Furnivall, 1956:304). Furnivall word gevolglik deur sommige denkers as die

“vader” van die plurale gedagte beskou (Pelser, 1991:182). Hy is dus die eerste denker wat

die plurale omgewing verken het (Wessels,1978:369) Met verwysing na die verskillende gemeenskappe in die Verre Ooste, het hy gesê:

“In Burma, as in Java, probably the first thing that strikes the visitor is the medley of people – European, Chinese, Indian and Native. It is in the strictest sense a medley for they mix, but do not combine --- there is a plural society, with different sections of the community living side by side but separately within the same political unit. Each group holds by its own religion, its own culture and language, its own ideas and ways”. (Furnivall, 1956:304).

Hierdie stelling kom ooreen met dit wat Mangosuthu Buthelezi gesê het dat Suid-Afrika se mense in ʼn eenheidstaat nie in ʼn vorm van potjiekos opgeklits moet word waar hul identiteite verlore gaan nie, maar eerder saam soos vrugte in ʼn slaaibak lê waar hulle saam is, maar jy herken die piesang, die appel, die lemoen (Persoonlike onderhoud).

Pelser stem saam dat die konsep van pluralisme by Furnivall ontstaan het en sê dit het as ʼn

“...politieke filosofie (ontwikkel) wat die samelewing beskou as saamgestel uit ʼn verskeidenheid politieke, etniese, religieuse, kulturele en ekonomiese belangegroepe waarby individue binne ʼn netwerk van kruissnydende lojaliteit inskakel” (1991:182).

Hier sal opgemerk word datPelser etniese groepe by die belangegroepe insluit.

3.3. AREND LIJPHART: KONSOSIASIEPOLITIEK

Arend Lijphart, gebore Nederlander, is ʼn wêreldbekende politieke wetenskaplike wat spesiali seer in vergelykende politiek, verkiesings en verkiesingstelsels, demokratiese instellings en etnisiteit in politiek. Lijphart is vir hierdie studie belangrik omdat hy ʼn leidende figuur in die ontleding van konsosiasiepolitiek is. Konsosiasie omskryf die wyses waarop verdeelde seg- mente van samelewings demokrasie deur magsdeling in stand kan hou.

63

Lijphart werp lig op die betekenis van pluralisme deur te verwys na die probleme wat uit plurale gemeenskappe voortspruit. Hy sê in dié verband ʼn groot aantal state, veral in Asië, Afrika en Suid-Amerika:

“...are beset by political problems arising from the deep divisions between segments of their populations and the absence of a unifying consensus” (1977:16).

In die omslag tot Lijphart se genoemde werk Democracy in Plural Societies word onder meer gesê:

“While it may be difficult to achieve and maintain stable democratic governments in countries with deep religious, ideological, linguistic, cultural, or ethnic cleavages, Lijphart argues that it is not at all impossible.”

Lijphart se verwysing na “deep religious, ideological, linguistic, cultural, or ethnic cleavages”, raak nie net die wese van pluraliteit aan nie, maar ruim ook plek in vir etniese groepe as belangegroepe. Daar word meer in paragraaf 6.4. met konsosiasiepolitiek gehandel.

3.4. BMBULLIVANT:KULTURELE PLURALISME

In sy werk oor die pluralisme (Bullivant, 1984) verwys Bullivant in sy Voorwoord na “Cultural

pluralism or multiculturalism” as sinonieme vir mekaar. Hy sê dit het gedurende die 20ste eeu

op twee maniere ʼn eienskap van baie Westerse lande geword. Eerstens is kulturele pluralis- me in die sin van kulturele verskeidenheid gedurende die 20ste eeu ʼn feit. In verskeie lande, soos die VSA, Brittanje, Australië en Nieu-Seeland, is daar betekenisvolle rasse-, etniese- en segmentele verskille, maar die minderhede behou gedeeltes van hul kultuur en volg ook ʼn lewenswyse wat in vele opsigte van die lewenswyse van die meerderheid verskil (Bullivant, 1984:ix).

Tweedens is kulturele of multikulturele pluralisme in amptelike regeringsvlakke en semi- regeringvlakke as ʼn sosio-politieke filosofie aanvaar wat help om beleidmaking op belangrike terreine te beïnvloed soos opvoeding, maatskaplike welsyn en selfs die reg. Tog, redeneer Bullivant, kan kulturele pluralisme meer wegsteek as belig. Daar word oor die algemeen aanvaar dat kulturele pluralisme, of diversiteit, amper sonder uitsondering gesien word as verskille in lewenstyle. Dit gaan wesenlik oor privaat belange, wat met slegs enkele uitson- derings nie oorvloei na “...the public domain of society and affairs of state” nie.

64

Aansprake deur regerings dat kulturele pluralisme (of ander plurale filosofieë) gelykheid van geleentheid sal bevorder, kan die werklike geskilpunt verberg, aangesien dit deel vorm van die wyse waarop mag uitgeoefen word (Bullivant, 1984: ix). Bullivant beskou etniese groepe dus as deel van die belangegroepe in die samelewing.

3.5. EDWARD DEW:DIE POLITIEK VAN ETNIESE PLURALISME

Edward Dew, ʼn politiek-wetenskaplike van die Fairfield Universiteit in Connecticut, word as ʼn spesialis in Latyns Amerikaanse en Karibiese politiek beskou en ondersoek sommige stellings oor die politiek van etniese pluralisme (Dew, 1978:197). Hy haal, as definisie van die pluralis- me, Pierre van den Berghe met goedkeuring aan. Hy beskryf pluralisme soos volg:

“Pluralism refers to a property, or set of properties, of societies wherein several distinct social and/or cultural groups coexist within the boundaries of a single polity and share a common economic system that makes them interdependent, yet maintain a greater or lesser degree of autonomy and a set of discrete institutional structures in other spheres of social life, notably the familial, recreational, and religious” (1978:197 e.v.).

Van den Berghe sluit etniese groepe in by wat hy ʼn “single polity” noem.

Op die agterblad van Dew se boek (Dew, 1978) lui die samevatting dat etniese politiek nie noodwendig tot ʼn diktatorskap of anargie degenereer nie. Die boek fokus op ʼn gedetailleerde politieke geskiedenis van een van die mees heterogene gemeenskappe in die Karibe en die opkoms van Kreoolse, Hindustaniese en Javanese politieke partye in die 1940’s in die konteks van verskuiwende (“shifting”) Nederlandse koloniale beleidsrigtings. Hy spoor hul onderlinge verhoudings na deur die jare wat met die bittere stryd vir onafhanklikheid in 1974-1975 sy hoogtepunt bereik het. Krake in elkeen van die etniese groepe het die versplintering van bestaande politieke partye bevorder, waardeur die politieke multi-polarisme van die stelsel vermeerder het. Hierdie situasie het op sy beurt die aanvaarding van konsosiatiewe regering- skoalisies genoodsaak, wat tot ʼn mate die negatiewe gevolge van etniese mededinging verminder het. Die etniese bipolariteit tussen Hindoestani’s en Kreole wat deel van die onaf- hanklikheidstryd was, het erge spanning by die brose Surinaamse stabiliteit veroorsaak. Dew vra:

“If ethnic pluralism is only one of the many properties a society may have, how is it that this, rather than economic or social stratification, should become the organising focus of politics?”

65

Hy sê dit hoef egter nie die geval te wees nie. Hy steun op Crawford Young en Dew met verwysing na Indo-Amerikaanse state van Mexiko, Guatemala en die Suid-Amerikaanse Andes waar klas-identifikasie groter politieke waarde het as etnisiteit (Young, 1976: Hoofstuk 11). Die rede daarvoor is die vernietiging deur die Spanjaarde van ʼn belangrike institusionele Indiaanse struktuur, naamlik die Indiaanse godsdiens, wat nodig was om die afsonderlike Indiaanse identiteite te voed en te versterk.

ʼn Vraag wat deur Rabushka en Shepsie gestel is, en waarna Dew verwys, is:

“Is the resolution of intense but conflicting preferences in the plural society manageable in a democratic framework?”

Hulle antwoord self hul eie vraag: “We think not” (Dew, 1978: 201). Dew dink hulle “sweeping

pessimism is uncalled for” (Dew, 1978:202-203).

3.6. JOHAN DEGENAAR:INTELLEKTUELE WAARDEBEPALING

3.6.1. DIE STAAT

Die bekende Suid-Afrikaanse filosoof, Johan Degenaar, word beskou as “one of the most

respected and influential philosophers in South Africa”. Daar word ook van hom gesê dat sy

werke gekenmerk is deur ʼn “intellectual assessment of the idea of a plural democracy ...” (Degenaar: Inligting oor hom. Geraadpleeg: 15 Julie 2012). Hy sê ten spyte van die beperkt- heid en gebreke van die pluralistiese teorie kan dit die verhouding tussen staat en samelewing betekenisvol beskryf en advies aan die hand doen. Die pluralisme beskou die staat as een van die groeperinge in ʼn samelewing (1980:137). Hy definieer pluralisme as ʼn denkrigting soos volg:

“Pluralisme is ʼn standpunt wat die bestaan en waarde van ʼn pluraliteit van fenomene in ʼn bepaalde konteks beklemtoon. Dit word gebruik binne filosofiese, religieuse en politieke verband” (1980:109).

Degenaar het ʼn waardevolle bydrae tot die debat oor die pluralisme gelewer. Hy is die outeur van nagenoeg 150 artikels en ʼn dosyn boeke waarvan heelwat oor die pluralisme handel. ʼn Persoonlike onderhoud is met hom gevoer.

66

3.6.2. ASPEKTE VAN PLURALISME

Degenaar beklemtoon sekere aspekte van pluralisme sterk. Minderhede moet volgens hom –  Hul minderheidstatus aanvaar; nie daarteen in opstand kom nie en hulle daarvolgens orden.  Met mekaar in gesprek tree en hul probleme en ideale met mekaar bespreek.

 Na mekaar luister en met erns kennis van mekaar se standpunte neem.

 In hul interaksie met ander groepe groot geduld aan die dag lê en besef dat oplossings binne die wêreld van pluralisme gevind moet word (Persoonlike onderhoud).

3.6.3. NORMATIEWE SIENING

Degenaar se siening van die ideologie van pluralisme is hoofsaaklik normatief van aard. Die doel van hierdie studie is egter nie soseer om na die normatiewe sy van die pluralisme as ideologie te kyk nie, maar veel eerder om te kyk na pluraliteit as beskrywende model en die verskillende plurale modelle wat geïdentifiseer kan word. Gevolglik word die klem nie geplaas op dit wat behoort te gebeur nie, maar wel wat die feitelike situasie in ʼn samelewing ten opsigte van pluraliteit is en hoe regerings die pluraliteit inderdaad bestuur.

3.7. AJPELSER:MINDERHEDE EN MINDERHEIDSREGTE

3.7.1. VERSKILLENDE PLURALE MODELLE

AJ Pelser skryf in 1991 ʼn artikel in die Joernaal vir Eietydse Geskiedenis waarna reeds verwys is. Hy neem daarin die stand van teorievorming rondom pluraliteit in oënskou en identifiseer verskeie meganismes wat aangewend kan word om pluraliteit te hanteer en in die besonder hoe om minderhede te beskerm. Die teorie van pluralisme doen sekere modelle van pluraliteit aan die hand oor hoe om die pluraliteit in ʼn diep verdeelde eenheidstaat te hanteer en om minderhede te erken en hul regte te beskerm. Daarmee word in paragraaf 6 van hier- die hoofstuk in besonderhede gehandel.

3.7.2. KONSTITUSIONELE BESKERMING

Pelser sê daar is ook ander meer bekende stappe wat geneem kan word om minderhede en hul regte in diep verdeelde samelewings te erken en beskerm, naamlik spesifieke konstitusio- nele bepalings. Sodanige bepalings sal hoofsaaklik uit konsensus tussen groepe spruit. Daar

67

word vervolgens met ʼn aantal vorme van konstitusionele minderheids-beskermingsmaatreëls gehandel.

Die vraag watter (grondwetlike) reëlings in heterogene samelewings getref kan word om min- derhede te erken en hul regte te beskerm, word deur AJ Pelser beantwoord. In sy gemelde artikel vra hy reg aan die begin die vraag in welke mate, indien enigsins, “...die regte van groepe formeel in ʼn nuwe grondwet vervat moet word” (1991:180-181).

Hy sê hierdie problematiek, eie aan plurale, etnies diep verdeelde samelewings, word aange- spreek in die redelik algemene aanvaarding (veral onder politieke wetenskaplikes) dat besondere grondwetlike strukture en spesiale prosedures/meganismes vir besluitneming in samelewings met heterogene bevolkings ontwikkel moet word ten einde maksimaal aan die demokratiese vereistes te voldoen (1991:180).

3.7.3. DIE WENNER-NEEM-ALLES“-KIESSTELSEL

In Brittanje, wat ʼn betreklik homogene land is, geld die tradisionele meerderheidsmeganisme van die “wenner-neem-alles”. Hierdie stelsel neig egter in kultureel- en etnies verdeelde samelewings om ewigdurende meerderhede en minderhede te skep. Die stelsel is uiteraard vir minderhede onaanvaarbaar want dit hou hulle in die naam van demokrasie as politieke gevangenes van die meerderheid. Minderhede moet dus druk uitoefen om te probeer verseker dat hierdie kiesstelsel nie in hul land se grondwet vervat word nie.

Pelser verwys na verskillende denkers, soos De Tocqueville, wat reeds in die negentiende eeu gesê het dat demokrasie wat op hierdie wyse in heterogene samelewings beoefen word, ʼn groot bedreiging vir die demokrasie inhou, aangesien die tirannie van die meerderheid meer onderdrukkend kan wees as die tirannie van die enkeling of ʼn aristokrasie. Die rede hiervoor is dat die minderheid voortdurend moet konformeer en hulle vryheid derhalwe bedreig word. Hieruit spruit wanhoop asook ʼn wantroue in die demokrasie wat dikwels tot anargie, staats- grepe en rewolusies lei (De Tocqueville, 1945:191-198).

68

3.7.4. ʼn HANDVES VAN MENSEREGTE EN ʼn PROPORSIONELE KIESSTELSEL

ʼn Vraag wat Pelser ook behandel, is watter vorm die beskerming van minderheidsgroepe moet aanneem en – dalk belangriker – hoe die minderheidsgroepe omskryf moet word. Pelser sê:

“Die argument wil dit dus hê dat enige debattering oor grondwetlike hervorming in Suid-Afrika (die artikel is in 1991 geskryf) nie buite om ʼn geheelbeeld van die problematiek van plurale samelewings kan plaasvind nie. So ʼn geheelbeeld kan alleen gevorm word indien daar opnuut oor die pluralistiese model as ʼn teoretiese benaderingswyse by grondwetlike hervorming besin word” (1991:181).

Pelser gee voorbeelde van twee wyses waarop hy reken minderhede teen die moontlikheid van ʼn tirannie van die meerderheid beskerm kan word. Hy noem ʼn Handves van Menseregte en ʼn kiesstelsel van proporsionele verteenwoordiging (1991:187, 189). Hierdie vorme van minderheidsbeskerming moet uiteraard ideaal in die land se Grondwet vervat word.

3.7.5. GEDESENTRALISEERDE MAG

Huber en Form beklemtoon die beginsel van gedesentraliseerde mag en sê dat ʼn politieke stelsel pluralisties van aard is wanneer

”.... a variety of groups or factions can influence policy in such a way that no single or no small number of groups can control it or, conversely, when all legitimate interest groups have an appreciable share of influence” (Huber & Form, 1981).

Daar is dus ʼn sterk samehang tussen sosiale en politieke pluralisme.

3.7.6. PELSER SE WERKSDEFINISIE

Pelser gee sy algemene “werksdefinisie” van pluralisme. Dit handel egter nie met die feitelike pluraliteit nie, maar eerder hoe sake ingevolge die ideologie van pluralisme hanteer behoort te word. Sy definisie is

“Pluralisme is ʼn perspektiefrakende magsbesit wat veral vir ʼn heterogene samelewing geskik is waar daar ʼn groot verskeidenheid politieke, etniese, religieuse en ander belangegroepe (gewoonlik in afsonderlike streke of gemeenskappe) bestaan, en waarvan elkeen by wyse van onderhandeling en skikking politieke inspraak geniet op so ʼn wyse dat geen enkele groep of kombinasie van groepe sy of hulle wilsbesluit(e) op die samelewing as ʼn geheel kan afdwing nie” (1991:183-184).

69

3.7.7. PELSER SE BASIESE AANNAMES

Volgens Pelser verskaf die basiese aannames van die pluralisme ʼn duidelike beeld van die belangrike eienskappe van die pluralisme, waarna hy ook verwys as die uiteensetting van ʼn breë verwysingsraamwerk (1991:185-186):

 Politieke mag word verdeel tussen ʼn aansienlike aantal en verskeidenheid van kompeterende