• No results found

HOOFSTUK X ROMEINS-HOLLANDSE REG

10.3 Vindisering van Res Religiosae

10.3.1 Petrus Gudelinus

In sy Commentarius behandel Gudelinus862 die aangeleentheid van die

vatbaarheid vir eiendomsreg en vindisering van res divini iuris in die sogenaamde ius sacrum, oftewel die Kanonieke reg breedvoerig.863 Die

nie-vindiseerbaarheid wat Gudelinus as een van die privilegies van res

sacrae beskou,864 verwys na die feit dat hierdie sake vrygestel is van

menslike handelsverkeer aangesien dit uitsluitlik vir goddelike gebruik bestem is. Verbode handelstransaksies ten opsigte van res sacrae sluit in koop en verkoop, pand- en verbandgewing, ensovoorts. Die goddelike gebruik waarna hy verwys is natuurlik die erediens in die geval van res

sacrae in die eng sin asook die feit dat begraafplase as dormitoria oftewel

slaapplekke van gestorwe gelowiges moet dien.

Gudelinus865 maak dit egter duidelik dat wanneer hy hierdie sake as extra commercium bestempel hy nie bedoel dat dit tot so ‘n mate res nullius is

dat dit geensins aan die mens kan behoort nie. Sekere families het byvoorbeeld grafpersele in begraafplase asook in kerkgeboue,866 en die

kerk het byvoorbeeld geestelikes867 om res sacrae te “vindiseer”.868

Alhoewel res divini iuris dus in ‘n sekere sin gevindiseer kan word, kan dit nogtans nie aanvaar word dat hierdie sake in die gewone sin aan die mens behoort nie, dit wil sê dat die mens daaroor in nostro patrimonio869

oftewel in volle eiendomsreg beskik nie.870 Dit kan wel privaatregtelik vir

862 1620: 6 2.

863 Daar bestaan weinig twyfel dat Gudelinus hier die moderne reg van sy tyd behandel

aangesien die titel van sy werk immers na die ius novissimum verwys.

864 Gudelinus 1620: 6 2. 865 1620: 6 2.

866 Hy het geskryf op ‘n stadium toe kerkgrafte die reël eerder as die uitsondering was. 867 episcopos quam oeconomos.

868 Gudelinus 1620: 6 2 gebruik hier inderdaad die terme “vindicare possunt.” 869 In eiendomsreg.

870 Hy verwys egter na die actio adjuncta causa patriae potestatis wat as grondslag kan

dien vir ‘n aksie gerig op die beskerming van besitsreg in res divini iuris deur ‘n sg eienaar.

162

‘n sekere voorafbepaalde en eksklusiewe gewyde doel gebruik word en dit is begrawing.

Daar bestaan weereens geen twyfel by skrywer hiervan dat Gudelinus eintlik stel dat dit die ius sepulchri oftewel die reg om ‘n liggaam in ‘n spesifieke graftombe te begrawe is wat vatbaar vir eiendomsreg en vervreemding is maar nie res religiosae proprio sensu nie. Gudelinus871

maak die treffende vergelyking tussen die bevoegdheid waaroor ‘n

paterfamilias beskik om sy kinders te “vindiseer,” alhoewel hy nie oor

eiendomsreg in hulle beskik nie, en die beskikkingsbevoegdheid wat mens het met betrekking tot res divini iuris.872 Die Paterfamilias oefen sy

beskikkingsbevoegdheid uit deur ‘n actio in rem wat aan hom vir dié doel toegestaan word. Die aksie wat spesifiek hier ter sprake is, is die sogenaamde actio patriae potestatis adjuncta causa873 wat deur Ulpianus

uiteengesit word in D 6 1 1 2, De rei vindicatio. Die paternale mag wat die

Paterfamilias oor die kind besit, toon ‘n merkbare ooreenkoms met die dominium wat oor ‘n res religiosa uitgeoefen word. Geeneen van die twee

is egter dominium in die ware sin van die woord nie.

Die beskermingsremedie wat die reg ten opsigte van kinders en res

religiosae verleen, is nie soseer op proprietas nie maar eerder op

praktiese noodsaaklikheid en praetoriese billikheidsoorwegings874

gegrond.

10.3.2 JOHANNES VOET (1647 – 1713)

871 1620: 6 2.

872 Hierdie vergelyking is alreeds deur die Romeinse juriste getref: D 6 1 1 2 De rei

vindicatione; G 1 52; G 3 199 en D 34 2 38 1.

873 Dit word duidelik deur Ulpianus uiteengesit in D 6 1 1 2, De rei vindicatio. D 6 1 23 1

maak dit egter duidelik dat die rei vindicatio as sulks nie beskikbaar is ten opsigte van

res divini iuris nie.

874 Hfst 2 hierbo. Hierdie remedie is duidelik nie afkomstig uit die sg ius strictum, oftewel

enige sivielregtelike beginsel nie maar wel uit die bonum et aequum, dws uit billikheidsoorwegings.

163

Verbode handelstransaksies wat deur Voet875 ten opsigte van res religiosae opgenoem word, is dieselfde as dié wat in die Romeinse reg

gegeld het, naamlik vindisering, serwituut, verjaring, verkoop, skenking, pandgewing, ensovoorts. Alhoewel daar Romeinsregtelik geen eiendomsreg in res religiosae gevestig kon word nie kon daar volgens Voet tog in ‘n sekere sin gesê word dat ‘n graf aan die mens behoort876

weens die ius inferendi (hy bedoel die ius sepulchri), dit wil sê die reg om daarin te begrawe wat in die mens kan vestig. 877

Volgens Voet se uitleg van die Romeinse reg878 het daar selfs in daardie

stelsel ‘n soort quasi-eiendomsreg en dus ook ‘n tipe quasi-vindikasie ten opsigte van die ius sepulchri bestaan, alhoewel eiendomsreg in die graftombe asook die inhoud daarvan as sulks nie erken is nie. Om hierdie rede kon daar dus wel na ‘n graftombe as nostrum879 verwys word, met

die voorbehoud dat dit eintlik die ius sepulchri of begrawingsreg is wat

nostrum is.

Hierdie uitgangspunt moet veral in gedagte gehou word wanneer die benaderings van Voet en Cuiacius880 vergelyk word. Laasgenoemde skryf

byvoorbeeld dat res religiosae nie gevindiseer kan word “asof dit aan ons behoort“881 nie. Hier het die geleerde skrywer met respek egter nie soos

Voet die ius sepulchri in gedagte nie maar wel die fisiese graftombe self. Dit is dus in geen opsig ‘n weerspreking van Voet nie. Soos onder die

875 1669: 11 7.

876 eo sensu nostrum dicitur.

877 Voet 1669: 11 7 skryf in verband met eersgenoemde: In quantum tamen

habemus ius inferendi mortuum in nostrum sepulchrum, illud eo sensu nostrum dicitur, ac quisque mortuum inferre in locum suum … et interdictum de locis religiosis continere causam quasi proprietatis … ius sepulchri ad heredes transiri … restitute hereditate aut ablata heredi, tanquam indigno, iura sepulchrorum apud heredem remanere. Hinc quoque, licet monumentum ipsum legari nequeat, ius tamen mortuum inferendi legare quisque potuit …

878 D 43 1 2 2. 879 “…ons eie…” 880 1822: 6 14. 881 quasi nostras. 164

bespreking van Cuiacius aangetoon word, word daar na die aksie ter “vindisering” van die ius sepulchri as ‘n actio in factum extraordinaria882

verwys en nie ‘n ordinaria vindicatio directa of legitima883 nie.884