• No results found

HOOFSTUK X ROMEINS-HOLLANDSE REG

10.4 Leerstuk van analoë of soortgelyke gebruik

10.4.1 Antonius Perezius

Perezius was ‘n Spaanse juris wat aan die Jesuïteorde behoort het maar aan die Universiteit te Leuven doseer het, en om dié rede as gesaghebbend oor die Romeins-Hollandse reg beskou kan word.916 Hy

behandel die quaestio wat dan eintlik ‘n res religiosa is.917 Volgens hom is

‘n begraafplaas grond wat deur ‘n vrywillige918 private handeling vir vrome

doeleindes en gebruik, soos begrawing, bestem word.919 Begrawing is

slegs een van die piis usibus, oftewel vrome gebruike waarvoor res

religiosa aangewend kan word. Op grond hiervan word tot die

gevolgtrekking gekom dat Perezius in effek bydra tot die ontwikkeling van die analoë gebruiksdoktrine in die Romeinse-Hollandse reg.

10.4.2 JOHAN VAN DEN SANDE (1568 – 1638)

Terwyl Perezius in die Suid-Nederlande aktief was, was Van den Sande weer te Friesland werksaam. Hy was vir ‘n tyd lank lid van die Hof van Friesland en was meer in die Romeinse– en Frieslandse reg as in die Hollandse reg geskoold.920 Sy werk is egter vir onderhawige studie

915 Die benaming is immers dié van skrywer hiervan. 916 Hahlo en Kahn 1968: 561; Van Zyl 1983a: 341. 917 Perezius 1670: 2 1.

918 G 2 6; Inst 2 9; De Colquhoun 1860: 7.

919 Quae private voluntate piis usibus, puta mortuo sepeliendo, destinatae sunt. 920 Hy behaal sy doktoraat te Leiden.

170

besonder waardevol omdat dit die Romeinse reg soos dit in die destydse Friesland geresipieer is, weergee.921

Volgens Van den Sande922 is gewyde kerke en begraafplase sake wat buite

die handelsverkeer staan en wat nie aan enigiemand kan behoort nie.923

Van den Sande924 erken die gebruik van kerke en begraafplase vir vrome

doeleindes anders as bloot die erediens of begrawing onderskeidelik. So verwys hy byvoorbeeld ook na liefdadigheid en hulp aan armes as geoorloofde doelstellings waarvoor dié tipe saak aangewend mag word.925

Dit word ter oorweging gegee dat Van den Sande hier ‘n aansienlike bydrae lewer tot die ontwikkeling van die leerstuk van analoë of soortgelyke gebruik ten opsigte van res divini iuris.

Die aanwending van ‘n res religiosa, waarvan die oorspronklike doel bereik is of verval het by onmoontlikwording, vir doeleindes van liefdadigheid of hulpverlening aan die armes is in ooreenstemming met die analoë gebruiksleer.

10.4.3 DIONYSIUS G VAN DER KEESSEL ( 1738 – 1816 )

By die bespreking van die vatbaarheid vir eiendomsreg en die gebruik van religieuse sake in die Romeins-Hollandse reg is reeds daarop gewys dat Van der Keessel926 die gebruik van grafte en begraafplase vir doeleindes

anders as begrawing toegelaat het. Dit is egter duidelik dat hierdie reël nie sonder meer van toepassing was op alle religieuse sake nie.

Van der Keessel verklaar sy eenstemmigheid met Grotius927 dat grafte nie

gekoop en verkoop kan word nie tensy dit ten doel het om vir begrawingsdoeleindes gebruik te word. Hy beklemtoon egter dat hierdie

921 Van Zyl 1983a: 376; Wessels 1908: 240. 922 1633: 1 7 1.

923 1633: 1 7 1. 924 1633: 1 7 1. 925 1633: 1 7 1. 926 1961: 2 1 37. 927 …Quod ait Grotius…

171

beginsel slegs betrekking het op grafte in kerkhowe of begraafplase. Dié reël spruit in die eerste plek uit die voorskrifte van die publiekreg wat aldaar geresipieer is en nie ob vinculum religionis, dit wil sê uit die ystergreep van die godsdiens nie. Dit is immers nie soseer die grond self waarin begrawe is wat vir die eiendomsreg van die mens vatbaar is as wat dit die ius sepulchri of begrawingsreg is nie.928

In Praelectiones 2 1 37 noem Van der Keessel nie wie die eienaar van kerke en kerkhowe self is nie, maar reeds in die bespreking van

Praelectiones 2 1 32 hierbo is gemerk dat hy hierdie sake aan die volk of

die staat929 toeken. Die private individu wat oor die ius sepulchri ten

opsigte van ‘n graf in die kerk of kerkhof beskik, beskik dus oor geen eiendomsreg in die klassieke sin van die woord nie maar slegs oor ‘n gebruiksreg. Wat meer is, sodanige gebruiksreg het niks anders as begrawing ten doel nie.

Dit staan dus nie die houer van die ius sepulchri vry om sy reg van die hand te sit vir enige doel anders as begrawing nie. Waar mede–eienaars egter ‘n gemeenskaplike of familiegraftombe in landelike gebied930 besit,

verhoed niks hulle om die tombe vir ‘n ander gebruik aan te wend nie op voorwaarde dat alle belanghebbendes daartoe instem.

Dit word weereens beklemtoon dat Van der Keessel nie die aard van die veranderde gebruik beskryf of uitdruklik enige beperkings daarop plaas nie. Die vraag ontstaan nou of daar aanvaar kan word dat dié tipe saak vir enige doel hoegenaamd aangewend kan word? Met ander woorde, kan

928 Van der Keessel 1961: 2 1 37: Quod ait Grotius sepulchrae vendi non

posse, nisi ad usum sepulturae, verissimum est, si intelligatur de sepulchris, quae in templis aut coemeteriis nostris habentur, tamen non ob vinculum religionis, sed ob publicum ius, quod in iis locis receptum est, cum non tam fundus sepulchri, quam usus iste sepulturae privatorum in patrimonio esse videantur. Sed si quis sepulchrum vel familiare vel commune extra urbem in agro habeat, et inter omnes dominos conveniat ut in alium usum adhibeantur iste locus, nihil est quod talem dispositionem prohibeat.

929 …in dominio populi…. 930 …extra urbem in agro….

172

die eienaars gesamentlik besluit dat ‘n religieuse saak ook vir profane doeleindes van enige aard aangewend word of moes die gebruik van ‘n aard analoog of soortgelyk aan begrawing wees?

Daar kan maklik ‘n stel afgetrap word deur te argumenteer dat aangesien alle eienaars in so ‘n geval instem, en aangesien Van der Keessel hier geen beperking op die aard van die alternatiewe gebruik plaas nie, die antwoord op laasgenoemde vraag negatief behoort te wees, met ander woorde dat die graftombe by ooreenkoms vir enige profane doel hoegenaamd aangewend kon word.

Vir skrywer hiervan bestaan daar egter gewigtige bedenkinge teen so ‘n benadering. In die eerste plek moet in gedagte gehou word dat hier ‘n familie- of ander gemeenskaplike graftombe ter sprake is en waarskynlik ook nie ‘n leë graftombe wat nog nie deur begrawing religiosus geword het nie anders sou Van der Keessel nie daarna as ‘n sepulchrum verwys het nie, of sou hy die term ten minste gekwalifiseer het deur van ‘n ongebruikte graftombe gewag te maak.

Indien aanvaar word dat Van der Keessel hier ‘n graftombe wat ‘n locus

religiosus is in gedagte het dan is dit onwaarskynlik dat hy bedoel het dat

dit die sogenaamde “eienaar” of “mede-eienaars” van die graftombe vrystaan om sodanige graftombe vir enige doel hoegenaamd aan te wend. Hiervoor was die beskermingsvoorskrifte van die gemenereg ten opsigte van religieuse sake te streng. Dit is byvoorbeeld ernstig te betwyfel of die sogenaamde “eienaar” van ‘n familiegraf of die “mede-eienaar” van ‘n kommunale graf immuun was teen die streng en omvangryke maatreëls wat op die misdaad violatio sepulchri betrekking gehad het. Daar het

volgens skrywer hiervan se mening ‘n groter morele

eerbiedigingsverpligting ten opsigte van die graftombe op so ‘n “eienaar” of “mede-eienaar” gerus as op ‘n gewone vreemdeling wat toevallig eienaar van die grond geword het waarin die graftombe geleë is.

In die tweede plek bestaan gesag soos dié van De Groot931 wat die

gebruik van alle religieuse sake tot begrawing beperk terwyl skrywers soos Perezius, Van den Sande en ook Van der Keessel self die analoë of soortgelyke gebruiksleer ten opsigte van alle religieuse sake verkondig. Skrywer hiervan wil dus aan die hand doen dat Van der Keessel tog hier die analoë gebruiksleer voor oë hou wanneer hy die “eienaars” van die familie- of kommunale graf magtig om daardie tombe vir ‘n doel anders as begrawing aan te wend.932

Laastens word die aandag gevestig op ‘n teks van Van der Keessel uit ‘n ander konteks, maar waarin hy kommentaar lewer op die lotgevalle van geestelike goedere na die Protestantse reformasie en waarin hy na mening van skrywer hiervan wel die analoë gebruiksdoktrine933 erken,

alhoewel nie in soveel woorde nie.934

10.5 DIE SOGENAAMDE SEPULKRALE REGIME 10.5.1 SIMON GROENEWEGEN (1613 – 1652)

In sy kommentaar op D 11 1935 wys Groenewegen936 daarop dat in die

Romeinse reg ‘n res religiosa nie as deel van ‘n bestorwe boedel beskou is nie omdat dit as res nullius geklassifiseer is. Die posisie was dat indien ‘n persoon eers erfgenaam was maar daarna om een of ander rede soos onwaardigheid937 die boedel ontsê is, sy regte met betrekking tot res

931 1903: 2 1 37.

932 Van der Keessel 1961: 2 1 37: ..conveniat ut in alium usum adhibeantur – “hy kom

ooreen om dit vir ‘n ander doel te gebruik.” Dit beteken egter nie vir enige doel hoegenaamd nie.

933 in usus pios et publicos adhibita esse.

934 Van der Keessel: 1961: 2 1 37: Iure novo Hollandico post receptam publice

reformatam religionem omnia ista bona ecclesiastica in usus pios et publicos adhibita esse, satis est cognitum, cf et Van Leeuwen R.H.Recht, B.II.n.4. qua de re infra dicturus est Grotius L.2P.1. par.30.

935 De religiosis et sumptibus funerum. 936 1649: 2 2 8.

937 D 34 9 De his quae indignus auferuntur.

174

religiosae nog steeds ongeskend in hom bly vestig het.938 Klaarblyklik

verwys Groenewegen hier na die unieke sepulkrale regime wat in die Romeinse reg ten opsigte van res religiosae gegeld het en wat nie aan gewone boedelverdeling by versterwing onderhewig was nie.939

Aangesien grafte en begraafplase in die Romeins-Hollandse reg egter private “eiendom” was, het die regte wat daarop betrekking gehad het saam met die oordrag van ‘n bestorwe boedel oorgegaan en nie in ‘n onwaardige erfgenaam940 bly vestig nie. Op dié manier sou ‘n onwaardige

erfgenaam in die Romeins-Hollandse reg, anders as in die Romeinse reg, selfs begrawingsregte ontsê word aangesien die Romeinsregtelike sepulchrale regime nie meer erkenning geniet het in die geval van erfgrafte nie. 941

Daar word egter weereens daarop gewys dat dit nie die locus religiosus as sulks was wat as “private eiendom” in die Romeins-Hollandse reg beskou is nie maar wel die ius sepulchri, oftewel die reg om ‘n liggaam in ‘n spesifieke graftombe te begrawe. Dit beteken dat terwyl die onwaardigheidsverklaring van ‘n erfgenaam in die Romeinse reg die betrokke erfgenaam nie van sy ius sepulchri ten opsigte van ‘n erfgraf ontneem het nie dit wel die geval in die Romeins-Hollandse reg was aangesien die ius sepulchri, maar nie die locus religiosus per se nie, in laasgenoemde stelsel as res in patrimonio et commercio beskou is.

In die Romeins-Hollandse reg is familiegrafte egter van bogenoemde reeling uitgesluit en het die ius sepulchri altyd in die erfgenaam, hoe onwaardig hy ookal mag wees, gevestig. Met ander woorde, alhoewel die

938 D 11 7 33 : Si quis fuit heres, deinde hereditas ablata sit ei quasi indigno magis est ut

penes eum iura sepulchrorum remaneat- “Waar ‘n persoon erfgenaam is , maar die

erflating op grond van onwaardigheid van hom weggeneem word, is dit beter dat die begrawingsregte in hom bly vestig.”

939 Groenewegen 1649: 2 2 8. 940 heres indignus.

941 Vgl hfst 8 12 hierbo.

175

Romeinse erfgraftelike sepulkrale regime in die Romeins-Hollandse reg in onbruik verval het, het die familieregtelike regime nog proprio vigore bly geld.

Wanneer die eienaar van ‘n stuk grond waarin daar ‘n erfgraf aan die een kant en ‘n familiegraf aan die ander kant geleë is, te sterwe kom, volg die regte met betrekking tot hierdie twee sake dus uiteenlopende bestemmings: Die regte met betrekking tot die erfgraf, dit wil sê die ius

sepulchri, vererf volgens die gewone erfregtelike maatreëls, insluitende

die onwaardigheidsreël, terwyl dit nie die geval met die familiegraf is nie. Die vraag ontstaan nou wat die lot van laasgenoemde tipe graf in so ‘n geval is. Dit is op hierdie vraag wat die bronne swyg en selfs Groenewegen, die enigste juris by wie ‘n bespreking van dié aangeleentheid gevind word, volstaan by sodanige onderskeid en rep verder geen woord oor die lot van die familiegraf nie.

Op grond van hierdie stilswye van Groenewegen942 kan aanvaar word dat

die regsposisie van die familiegraf, in teenstelling met dié van die erfgraf, in die Romeins-Hollandse reg grootliks ooreengekom het met dié in die Romeinse reg.

Met ander woorde, die onwaardigheidsverklaring van ‘n familielid van die oorledene het hoegenaamd nie die begrawingsregte van daardie familielid aangetas nie. Die familiegrafregtelike regime wat in die Romeinse reg aangetref word, het dus feitlik onveranderd in die Romeins-Hollandse reg bly voortleef. Soos in die Romeinse reg was daar dus in die Romeins- Hollandse reg eiesoortige vererwingsbeginsels op die familiegraf van toepassing, altans vir sover dit die ius sepulchri oftewel die begrawingsreg wat daarop betrekking gehad het, aangaan.

942 1649: 2 2 8.

176

10.6 VERJARING

By die bespreking van die Romeinsregtelike vervreemdingsverbod wat ten opsigte van religieuse sake gegeld het, is gemerk dat die verkryging van eiendomsreg in ‘n locus religiosus, of die ius sepulchri wat daarop betrekking gehad het, deur verjaring nie moontlik was nie. 943

Die interessante vraag ontstaan of hierdie verjaringsverbod onveranderd in die Romeins-Hollandse reg gehandhaaf is. Soos reeds gemeld, is die verbod in die Usus Modernus en die pandektistewetenskap opgehef ten opsigte van die ius sepulchri terwyl daar geen verandering ingetree het ten opsigte van die locus religiosus self nie.

De Groot944 en Van der Keessel945 deel mee dat dit logies is dat die ius sepulchri in die Romeins-Hollandse reg deur verjaring verkrygbaar is

aangesien dit in beginsel in daardie stelsel ook oordraagbaar en verhandelbaar is. Weereens word egter gemaan dat hierdie beginsel nie op eiendomsreg in die res religiosa as sulks van toepassing was nie.

10.7 GEVOLGTREKKING

Dit is ‘n onbetwisbare feit dat die Romeins-Hollandse begrawingsreg ingrypend beïnvloed is deur die sekulariseringsproses van begraafplaas- administrasie wat met die opkoms van die sekulêre humanisme en die Protestantse reformasie in die sestiende eeu ‘n aanvang geneem het. In die Gereformeerde Duitse Usus Modernus Pandectarum en die Pandektistwetenskap, wat as susterswetenskappe van die Romeins- Hollandse reg beskou word, het daar egter nooit ‘n volslae sekularisering of profanisering van religieuse sake self ingetree nie. Skrywer hiervan maak die stelling dat die sekulariseringsproses ingrypend was op grond

943 Vgl hfst 2 3 hierbo. 944 1903: 2 1 37. 945 1961: 2 1 37.

177

van die feit dat beheer oor religieuse of vrome sake ná die Protestanse reformasie grootliks na die wêreldlike owerhede oorgegaan het.

Daar bestaan geen sekerheid of eenstemmigheid aangaande die identiteit van die persoon of instansie wat oor die opperste administratiewe bevoegdheid ten opsigte van grafte en begraafplase beskik het nie maar die meerderheid van tekste en die oorwig van gesag ken dié bevoegdheid aan die plaaslike owerheid of konsistorie as verteenwoordigers van die soewerein toe. Om hierdie rede word daar in die tekste ‘n onderskeid getref tussen openbare begraafplase en gemeentelike (in die sin van parogiale) begraafplase. Eersgenoemde het onder die administrasie van die openbare owerhede geval terwyl laasgenoemde onder die beheer van die gemeenterade of kerkrade gestaan het.

Die vraag of religieuse sake in die Romeins-Hollandse reg nog steeds met nie-vatbaarheid vir eiendomsreg en handelstransaksies beklee was, is nie totaal onomstrede nie. ‘n Aantal tekste verklaar oënskynlik dat private grafte en begraafplase wat buite stedelike gebiede geleë is ten volle in eiendom gehou kan word en ook vir enige doel aangewend kan word, op voorwaarde dat alle belanghebbendes toestem waar toepaslik, terwyl daar ook tekste is wat verklaar dat selfs kerkgrafte die mens in eiendom toekom.

Soos egter by herhaling aangetoon is, moet hierdie tekste met groot omsigtigheid hanteer word. Die skrywers van dié betrokke tekste tref nie altyd ‘n duidelike onderskeid tussen eiendomsreg van die graftombe of begraafplaas as sulks en eiendomsreg van die sogenaamde ius sepulchri of die gebruiksreg wat op die graftombe betrekking het nie, dit wil sê die reg om ‘n liggaam in ‘n spesifieke graftombe te begrawe nie.

Wanneer hierdie skrywers dus verklaar dat ‘n persoon in die Romeins- Hollandse reg ten volle oor eiendomsreg in ‘n graftombe beskik, kom dit volgens skrywer hiervan se beskeie mening gewoon neer op ‘n stelling dat

‘n persoon as reghebbende van die ius sepulchri, daardie reg onderhewig aan die begrawingsdoel kan verhandel en dat religieuse sake in dié sin dus met vatbaarheid vir eiendomsreg en verhandelbaarheid beklee is. So ‘n benadering word byvoorbeeld by Voet en De Groot aangetref. Van der Keessel se voorlesings op De Groot bevestig dié uitleg van die regsposisie. In die Romeins-Hollandse reg betree die leerstuk van analoë gebruik by skrywers soos Perezius, Van den Sande en Van der Keessel ook ‘n verdere ontwikkelingsfase. Dit beteken dat hierdie skrywers die gebruik van religieuse sake wat hul doel bereik het of waarvan die doel onmoontlik geword het, tot gebruike anders as begrawing maar analoog of soortgelyk daaraan, toelaat.

Soos in die bespreking van die Suid-Afrikaanse reg946 aangetoon sal word,

het die hof in Cape Town and District Waterworks947 en ander beslissings

wat daarop voortgebou het ‘n ernstige dwaling begaan deur die toeskrywing van ‘n algehele en bykans absolute vatbaarheid vir eiendomsreg en handelstransaksies aan grafte, graftombes en begraafplase in die Romeins-Hollandse reg.

946 Hfst 11 hieronder. 947 1890 8 SC 9.

179

HOOFSTUK XI

DIE SUID-AFRIKAANSE REG IN DIE VOOR-

GRONDWETLIKE BEDELING

11.1 INLEIDEND

Dit kom gerieflik en bruikbaar voor om die Suid-Afrikaanse reg rofweg in twee fases in te deel. Eerstens die voor-grondwetlike fase, gevolg deur die grondwetlike fase. Die sogenaamde voor-grondwetlike fase dateer terug na die periode wat die promulgering van die interim grondwet van 1993 vooraf gegaan het.948

Aangesien die Wet op die Uitbreiding van Sekerheid van Verblyfreg, 1997,949 soos in 2001 gewysig deur die Algemene Wysigingswet op

Grondsake,950 ingrypende statutêre maatreëls daarstel wat in terme van

die huidige grondwet, dit wil sê die Grondwet, 1996 aangeneem is om uiting en vergestalting te gee aan grondwetlike bepalings neem die grondwetlike fase van onderhawige studie dus min of meer ook ‘n praktiese aanvang met die inwerkingtreding van hierdie wette. Die bespreking van die grondwetlike fase sluit dus noodw endig ‘n bespreking van sodanige wette in.

In beide historiese fases van die ontwikkeling van die begrawingsreg, ‘n term wat die reg met betrekking tot begraafplase insluit, word gemerk

948 Die grondwetlike fase verwys dus na die regsbedeling wat in werking getree het met

die aanneming van die sogenaamde interim grondwet op 27 April 1994, wat egter slegs ‘n oorgangsmaatreël was. Die huidige grondwet tree in werking op 4 Februarie 1997. Currie en De Waal 2013: 7.

949 Wet 62 van 1997. 950 Wet 51 van 2001.

180

dat die regsontwikkeling maar ietwat langsaam en gestadig is. Dit sluit in statutêre ontwikkeling, regspraak sowel as akademiese diskoers.

Daar word byvoorbeeld waargeneem dat slegs die volgende geringe aantal direk relevante hofbeslissings tydens die voor-grondwetlike fase gerapporteer is: Cape Town and Districts Waterworks Co (Ltd) v Executors

of Elders wat sover as 1890 terugdateer,951 Gillespie v Toplis in 1951,952 Dibley v Furter ook in 1951,953 Kruger v King William’s Town Municipality

in 1959954 en Ex parte Bruton NO in 1970.955 Enkele strafregtelike

beslissings soos Rex v Spear 956 het egter ook die hofverslae gehaal.957

Alhoewel daar ‘n opwindende oplewing in die begraafplaasreg gedurende die grondwetlike bedeling gevolg het, kan die aantal beslissings uit die regspraak van hierdie era egter ook op enkele vingers getel word. Hier kom veral Serole v Pienaar wat uit 2001 dateer,958 Buhrmann v Nkosi,

2001, 959 Nkosi v Buhrmann wat tot 2002 terugdateer,960 Nhlabathi v Fick

wat in 2003 beslis is,961 Oudekraal Estate v City of Cape Town in

2004,962Dlamini and Another v Joosten and Others 963 in 2006 en Selomo v Doman 964 in 2014 ter sprake. Akademiese bydraes in beide fases van

die begraafplaasreg was ook relatief gering en dun gesaai maar tog