• No results found

HOOFSTUK 5: OPSOMMING, GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS

5.2 Opsomming van die studie

Suid-Afrika se uitvoer is ongediversifiseer. Die land voer hoofsaaklik natuurlike grondstowwe soos minerale uit. China is sedert 2009 Suid-Afrika se grootste handelsvennoot, en poog voortdurend om die veranderende plaaslike en wêreldekonomie te akkommodeer. China het sy ekonomie geherstruktureer en daardeur die kernfokus van ekonomiese aktiwiteite geskuif van vervaardiging na diensverskaffing. Verder word die moontlikheid van ʼn volskaalse handelsoorlog met die VSA al hoe groter. Om hierdie uitdaging die hoof te bied, moet China die markte waarheen hy uitvoer, diversifiseer. Suid-Afrika bied in hierdie opsig unieke geleenthede – onder meer vanweë sy goed ontwikkelde instellings en infrastruktuur in vergelyking met die res van Afrika. Verder is daar ook goed ontwikkelde en sterk geskiedkundige handelsbetrekkinge tussen China en Suid-Afrika.

China, as Suid-Afrika se grootste handelsvennoot, is ʼn natuurlike beginpunt vir ʼn ondersoek na die moontlikhede van diversifikasie in die uitvoer van Suid-Afrika se produkte. Om dit te bewerkstelling is dit van kardinale belang dat Suid-Afrika, in ag genome die verandering in die binnelandse ekonomie van China, op die bevordering van die mees realistiese uitvoergeleenthede fokus.

Om bogenoemde redes was die doel van hierdie studie om die realistiese geleenthede vir wedersydse uitvoer tussen Suid-Afrika en China te identifiseer.

Die eerste hoofstuk het die agtergrond van en die motivering vir hierdie studie, sowel as die probleemstelling en ʼn inleiding tot die metodologie wat in die navorsing gebruik is, bespreek. Hoofstuk 2 het ʼn literatuuroorsig gegee, met spesifieke fokus op die noodsaaklikheid van internasionale handel en die voordele van uitvoer vir lande. Daarbenewens is die handelsverhouding tussen Suid-Afrika en China ondersoek, sowel as veranderinge in die Chinese ekonomie, Suid-Afrika se afhanklikheid van kommoditeite en die vraag na wat die

grootste uitdagings in die bevordering van uitvoer tussen China en Suid-Afrika is. In die derde hoofstuk is die metodologie, naamlik die besluitondersteuningsmodel (oftewel die DSM) wat gebruik is om die navorsingsvraag te beantwoord, in meer besonderhede bespreek. Die resultate, te wete die identifisering van realistiese bilaterale uitvoergeleenthede vir Suid-Afrika en China, is in hoofstuk 4 behandel en ontleed.

Om die oorhoofse navorsingsdoelwit te bereik, is spesifieke doelwitte gestel, wat in die verskillende hoofstukke bereik is. Hierdie doelwitte word hier onder in Tabel 5-1 gegee, en daar word aangedui in watter hoofstuk die betrokke doelwit bereik is.

Tabel 5-1: Doelwitte wat in elke hoofstuk bereik is

Doelwitte (afdeling 1.4) Primêre bevinding Afdeling waarin die doelwit bereik is

i) Gee ʼn oorsig van die literatuur oor die belangrikheid van

internasionale handel volgens die belangrikste handelsteorieë.

Die belangrikste handelsteorieë stel die volgende:

i) Internasionale handel het ekonomiese groei tot gevolg omdat dit

mededingingsvoordele inhou. ii) Ekonomiese groei vind plaas as

interne faktore, soos menslike kapitaal, ontwikkel word. Internasionale handel kan endogeniese faktore positief beïnvloed, byvoorbeeld deur arbeiders uit te daag om meer te leer en daardeur ekonomiese groei te stimuleer.

iii) Ontwikkelende lande kan selfs meer by die oordrag van kennis baat vind as ontwikkelde lande. iv) Uitvoerbevordering hou makro- en mikroëkonomiese voordele in – op makrovlak deur byvoorbeeld werkskepping en op mikrovlak deur byvoorbeeld firmas te dwing om

internasionaal mededingend te wees.

Hoofstuk 2.1

ii) Bepaal uit die literatuur wat die aard van die huidige

handelsbetrekkinge tussen Suid- Afrika en China ten opsigte van beleid en multilaterale en bilaterale betrekkinge is.

Multilateraal:

i) In 2000 word FOCAC gestig, wat China en Afrika se wedersydse erns toon om mekaar te betrek.

ii) In 2010 sluit Suid-Afrika, met die ondersteuning van China, by BRICS aan om onderlinge kommersiële, politieke en kulturele samewerking aan te moedig.

iii) In 2012 beklemtoon die vyfde ministeriële konferensie van

FOCAC ʼn gesamentlike strategie om uitvoerhandel van Afrika na China te diversifiseer.

Bilateraal:

i) In 2002 word die South Africa- China Bi-National Commission ingestel, wat ten doel het om uitvoer van meer duursame produkte met toegevoegde waarde uit Suid-Afrika na China te bevorder.

ii) Die Joint Economic and Trade Committee (JETC), wat in 2007 ingestel is, fokus daarop om die wanbalans in die ekonomiese verhouding tussen Suid-Afrika en China te verbeter.

iii) In 2015 besoek president Xi Jinping Suid-Afrika, en die

Action Plan on the Strengthening of the Joint Working Group sowel as die Memorandum of Understanding on Jointly Building the Silk Road Economic Belt and the 21st Century Maritime Silk Road

word onderteken.

iv) In 2016 plaas die sesde sessie van die South Africa-China Bi- National Commission die klem op die belangrikheid van die industrialisering van die Suid- Afrikaanse ekonomie. iii) Ondersoek wat die samestelling

van handel tussen Suid-Afrika en China is.

China het in 2009 Suid-Afrika se grootste uitvoerbestemming geword. Grondstowwe, minerale, intermediêre goedere, metale en brandstof is die belangrikste produkte wat Suid-Afrika na China uitvoer. Die tendens wys dat Suid- Afrika sedert 2012, relatief gesproke, meer primêre goedere soos grondstowwe, minerale en brandstof uitvoer in stede daarvan dat uitvoer uit Suid-Afrika

gediversifiseer het na produkte met toegevoegde waarde.

Hoofstuk 2.3

iv) Stel vas hoe China se ekonomie

besig is om te verander. In 2012 het daar ’n herstrukturering in China se ekonomie plaasgevind. Hierdie transformasie toon aan dat China besig is om sy fokus van vervaardiging na dienslewering te verskuif en dat internasionale handel ’n direkte invloed op die ekonomieë van China se

handelsvennote, insluitende Suid- Afrika, uitoefen.

v) Gee ʼn oorsig van die aard van Suid-Afrika se afhanklikheid van kommoditeite.

Suid-Afrika se uitvoer wentel om die produksie van kommoditeite. ’n Kernstrategie vir ontwikkelende lande wat van kommoditeite afhanklik is, is diversifikasie.

Hoofstuk 2.5

vi) Identifiseer uit die literatuur watter moontlike uitdagings daar vir uitvoer van die een na die ander tussen Suid-Afrika en China is.

Uitvoer uit Suid-Afrika: Die identifisering van potensiële markte en kopers is die vierde grootste uitdaging vir Suid- Afrikaanse uitvoerders. Invoer na Suid-Afrika: Suid-Afrika se moeilike

invoerprosedures en invoertariewe en nietariefbelemmerings is die grootste uitdaging vir Suid- Afrikaanse invoerders. Invoer na China:

Die tariewe en nietariefbeperkings wat die Chinese regering op invoer plaas, is die grootste uitdaging wat Chinese invoerders moet oorkom. Uitvoer uit China:

Die tweede grootste uitdaging vir uitvoerbevordering is die

identifisering van potensiële markte en kopers.

Hoofstuk 2.6

vii) Identifiseer realistiese geleenthede vir uitvoer uit Suid-Afrika na China.

Daar is 444 realistiese geleenthede vir uitvoer uit Suid-Afrika na China geïdentifiseer wat aan al die kriteria van die DSM-metodologie voldoen. Die 30 grootstes van hierdie geleenthede word in tabel 4-10 gegee.

Die vier nywerheidsektore wat die meeste potensiële waarde en ook die grootste diversifikasie van geleenthede inhou, is:

voedsel (S05), ander chemikalieë en kunsvesels (S17), basiese chemikalieë (S16) en masjinerie en toerusting (S25).

Hoofstuk 4.3, 4.6 en 4.8

viii) Identifiseer realistiese geleenthede

vir uitvoer uit China na Suid-Afrika. Daar is 494 realistiese geleenthede vir uitvoer uit Suid-Afrika na China geïdentifiseer wat aan al die kriteria van die DSM-metodologie voldoen. Die 30 grootstes van hierdie geleenthede word in tabel 4-28 gegee.

Die volgende vier nywerheidsektore hou die beste kombinasie van diversifikasie en waarde in: basiese yster en staal (S22), metaalprodukte (uitsluitende masjinerie) (S24), masjinerie en

Hoofstuk 4.10, 4.12 en 4.14

toerusting (S25), en basiese chemikalieë (S16).

ix). Doen aanbevelings oor die produkte en sektore in die ekonomie waarop

uitvoerbevorderingsaksies moet fokus om gediversifiseerde

bilaterale handel tussen Suid-Afrika en China te bevorder. Suid-Afrika na China: Aggressiewe verkennende strategie: HS847950, nywerheidsrobotte. Aggressiewe uitbreidingstrategie: HS620690, dames-/meisiesbloese en -hemde. Verdedigende onderhoudende strategie: HS401019, vervoerbande / -belde.

32 RUG met die hoogste waarde waarop gefokus behoort te word, word in tabel 4-15 gegee. China na Suid-Afrika: Aggressiewe verkennende strategie: HS080810, appels. Aggressiewe uitbreidende strategie: HS844180, masjinerie vir die maak van papierpulp, papier/karton. Verdedigende onderhoudende strategie: HS283630,

natriumbikarbonate.

32 realistiese uitvoergeleenthede met die hoogste waarde waarop gefokus behoort te word, word in tabel 4-33 gegee.

Hoofstuk 4.7, 4.8, 4.13, en 4.14