• No results found

Filter 3: Identifisering van waarskynlike en realistiese uitvoergeleenthede

HOOFSTUK 3: METODOLOGIE

3.5 Filter 3: Identifisering van waarskynlike en realistiese uitvoergeleenthede

Filter 1 dui ’n land as ʼn aanvanklike geleentheid aan wanneer dit aan die nodige vereistes van ʼn lae politieke en ekonomiese risiko en genoegsame ekonomiese groei en grootte voldoen. Filter 2 identifiseer kombinasies van invoermarkte en produkgroepe wat moontlike geleenthede aandui as hierdie markte genoegsame invoerwaarde en ook genoegsame groei in invoerwaarde van die betrokke produkgroep toon. Uitvoerlande wat reeds in die vervaardiging van ’n produkgroep ’n voorsprong het, word nie volgens dieselfde standaard beoordeel as lande wat relatief min of geen ervaring in die vervaardiging van die produkgroep het nie.

Tog is dit nie genoegsame filtrering nie. Volgens Cuyvers et al. (1995:179) is bogenoemde filters nog nie ʼn aanduiding van die gemak of kompleksiteit waarmee toegang tot die markte wat geïdentifiseer is, verkry kan word nie. Daarom word daar in filter 3 getoets vir twee elemente wat toegang tot ’n mark kan verhinder. Filter 3.1 toets vir die vlak van invoerkonsentrasie wat reeds binne ’n mark is, en filter 3.2 toets vir handelsbeperkinge wat die invoerland in die mark of produkgroep het.

Cuyvers et al. (1995:180) toon dat daar ’n hoë vlak van konsentrasie in ’n invoermark is as ’n relatief klein aantal uitvoerlande ’n relatief groot markaandeel in die invoermark het. Hierdie uitvoerders het dus ʼn mededingingsvoordeel bo kleiner uitvoerders, aangesien hulle goed bekend is by die plaaslike aankopers en hulle reeds ’n basis van kennis van die mark het.

Die DSM gebruik in filter 3.1 die Herfindahl-Hirshmann-indeks (HHI) om te toets vir die graad van konsentrasie in ’n mark wat toegang sal beperk (Cameron & Viviers, 2017:148). Die indeks word soos volg bereken:

EEF, = G HIIJ, , K , , L

M

waar:

N die uitvoerland is wat oorweeg word; die invoerland is wat oorweeg word; die produkkategorie is wat oorweeg word;

IJ, , die totale invoer van produkkategorie uit land N9 na land is; en

IK , , die totale invoer van produkkategorie na land is.

’n HHI-waarde wat nader aan 0 is, dui daarop dat die mark minder gekonsentreerd is. Daar is relatief meer verskaffers wat elkeen ʼn min of meer gelyke markaandeel het. Wanneer die HHI- waarde nader aan 1 is, dui dit daarop dat ’n klein aantal verskaffers ʼn markaandeel het. ’n HHI-waarde van 1 toon dat daar net een verskaffer is wat die hele markaandeel het (Steenkamp, Grater & Viviers, 2016:62).

In die gebruik van die HHI word daar ook onderskei tussen markte wat groot is en/of groei toon, en markte wat gestagneer het en/of klein is (Cuyvers et al., 1995:180). Daar word weer gebruik gemaak van die kriteria in filter 2, en die volgende afsnypunte word gebruik (Cameron & Viviers 2017:148): ℎJ≥ EEF, Kategorie 3: J= 0.4 Kategorie 4,5 en 6: J= 0.5 Kategorie 7: J= 0.6 waar:

ℎJ die gemiddelde van die HHI-waardes van al die produkgroep-land-kombinasies is wat

ondersoek word.

Hoër konsentrasies in die mark word toegelaat vir markte wat groter is en besig is om te groei (Cuyvers, Steenkamp & Viviers, 2012:67). In kategorie 3-markte – dit is markte wat relatief groot is – word daar dus konsentrasievlakke van hoogstens 40% toegelaat. In Kategorieë 4-, 5- en 6-markte – dit is markte wat relatief groot en groeiend is – word konsentrasievlakke van

hoogstens 50% toegelaat. Markte wat relatief groot groei op die kort en lang termyn toon, word konsentrasievlakke van hoogstens 6% toegelaat (Cameron & Viviers 2017:149).

Filter 3.2 toets vir handelsbelemmerings wat toegang tot die mark sal beperk. Voorbeelde van belemmerings is vervoerkoste, invoerbelasting, nietariefbelemmerings, kwantitatiewe invoerbeperking, en die tyd wat daar by die toegangspoort bestee word om die goedere toegelaat te kry tot die binneland. Dieselfde samestelling van filter 3.2 as wat Cameron en Viviers (2017) beskryf, word in hierdie studie gebruik.

Volgens hierdie metode word drie veranderlikes getoets, naamlik i) tariewe, ii) internasionale verskepingskoste, binnelandse en internasionale transitotye, en transito- grenskostebenaderings, en laastens iii) die plaaslike koste van invoer. Hierdie drie veranderlikes word bereken as ’n ad valorem-ekwivalent van die waarde van die goedere en word bymekaargetel om ’n totale ad valorem-ekwivalent van handelskoste per produkgroep- land-kombinasie te bereken (Cameron & Viviers, 2017:26).

Die totale ad valorem-ekwivalentpersentasie van die koste van die vervoer van produkte van die toegangspoort van die uitvoerland tot by die finale bestemming in die invoerland word ’n saamgestelde relatiewe marktoegangindeks genoem, oftewel MAI . Hierdie indeks word vir elke potensiële produkkategorie-land-kombinasie vir die uitvoerland bereken. Die saamgestelde relatiewe marktoegangindeks word soos volg bereken (Cameron & Viviers, 2017:29):

MAI = (3% $ × AVET J+ 3% × AVES + 3% ℎ × AVEH + 3% × AVED )

waar:

N die uitvoerland is wat oorweeg word; die invoerland is wat oorweeg word; die produkkategorie is wat oorweeg word; AVET die ad valorem-ekwivalenttarief is;

3% $ die geweegde koëffisiënt van AVET J is vir al die moontlike kombinasies wat oorweeg

word;

AVES die ad valorem-ekwivalent vir internasionale verskepingskoste is;

3% die geweegde koëffisiënt van AVES is vir al die moontlike kombinasies wat oorweeg word;

3% ℎ die geweegde koëffisiënt van AVEH is vir al die moontlike kombinasies wat oorweeg word;

AVED die ad valorem-ekwivalent vir die plaaslike binnelandse koste van invoer is; en

3% die geweegde koëffisiënt van AVED is vir al die moontlike kombinasies wat oorweeg word.

Die afsnypunt wat gebruik word, is:

MAI ≤ `(a

waar:

`(a die Pareto-ingeligte afsnypunt vir die relatiewe marktoegangindeks is.

Die Pareto-beginsel is die sogenaamde 80:20-beginsel. Daarvolgens moet die produkkategorie-land-kombinasies ’n ad valorem-ekwivalentpersentasie van die algehele vervoerkoste hê van minder of gelyk aan die 80ste persentiel van die totale ad valorem-koste van die kombinasies wat oorweeg word (Cameron & Viviers, 2017:29).

Produkkategorie-land-kombinasies wat aan die maatstawwe van beide filter 3.1 (lae relatiewe konsentrasie in die invoermark) en filter 3.2 (lae relatiewe beperkinge op handel in die invoermark) voldoen, word deurgelaat na filter 4 en maak waarskynlike uitvoergeleenthede uit (Cuyvers, Steenkamp & Viviers, 2012:68).