• No results found

In hierdie hoofstuk word die ontwerp van die navorsing breedvoerig bespreek, en ook die statistiese hulpmiddels wat gebruik gaan word vir die verwerking van die gegewens. Duidelikheid moet egter verkry word omtrent sekere werk­ verwante begrippe waarna in die ondersoek verwys word ten einde die leser vertroud te maak met die agtergrond waar­ teen die ondersoek uitgevoer is.

7.2 BEGRIPBEPALING

Die terme wat ter sprake kom, kan in twee kategoriee ver­ deel word, naamlik die terme wat "eie" aan die onderneming is en die ander wat oenskynlik selfverklarend van aard is, maar tog as gevolg van die konteks waarbinne hulle gebruik word, verwarring kan veroorsaak.

(1) Suid-Afrikaanse Vervoerdienste (SAVD) Dit is die ower­ heidsbeheerde vervoerorganisasie van die RSA wat onder die Minister van Vervoer ressorteer en bestaan uit die volgende vertakkirige: SA Spoorwee, Lugdiens, Hawens, Pypleidings en Padvervoerdiens.

(2) Suid-Afrikaanse Spoorwee (SAS) Dit is die vertakking

van die SAVD wat verantwoordelik is vir die vervoer van mense en goedere per spoor en die lewering van aanverwante dienste.

(3) Trekkrag Dit is stoom-, diesel- en elektriesaangedrewe lokomotiewe wat gebruik word om goederetrokke en passasiers­ rytuie mee te vervoer.

(4) Trekkragpersoneel Dit is die werknemers wat met die werklike bediening van die verskillende trekkragte tydens die

vervoer van mense en goedere gemoeid is.

(5) Drywers (stoom, diesel en elektries) Binne die raamwerk van die SAS word na masjiniste as drywers ver­ wys. Hulle is vir die bediening van onderskeidelik stoom-, diesel- en elektriesaangedrewe lokomotiewe verantwoordelik. (6) Stokers Dit is die toetreebetrekking tot die trekkrag­ grade. Hierdie personeel is hoofsaaklik verantwoordelik vir die volgehoue voorsiening van aandrywingskrag aan stoom­ lokomotiewe.

(7) Drywersassistente (diesel en elektries)

Dit is daardie personeel v�at behulpsaam is met die ver�orging en instandhouding van die lokomotiewe.

(8) Stokers- en drywersassistentpligte Dit is die take en verantwoordelikhede wat stokers/drywersassistente moet uit­ voer en nakom om die werk doeltreffend te kan verrig.

(9) Grade Die term is binne die raamwerk van die SAVD si­ noniem met die begrip "betrekking".

Teen die agtergrond van die voorafgaande kan voortgegaan word met die bespreking van die navorsingsontwerp.

7.3 NAVORSINGSONTWERP

Die ontwerp van die ernpiriese ondersoek moet noodwendig met die probleernstelling, oogmerke van die ondersoek, die gestelde hipoteses en die literatuurstudie verband hou. Gevolglik word die navorsingsontwerp in twee dele bespreek. Die eerste gedeelte van die ontwerp handel oor die bepaling van differensiele belangstellingspatrone op inter- en in­ traberoepsvlak vir twee kriteriurngroepe, terwyl die tweede gedeelte betrekking het op die bepaling van differensiele belangstellingspatrone vir suksesvolle en onsuksesvolle

proefpersone binne die kriteriumgroepe.

7.3.1 Bepaling van differensiele beroepsbelangstellings vir voetplaatpersoneel

Die ontwerp van hierdie eerste gedeelte behels in bree trekke die verkryging van TI geskikte, algemene verwysings­ groep (para. 5.2.1) waarteen die belangstellings van per­ sone in die kriteriumgroepe opgeweeg kan word ten einde differensiele belangstellingspatrone te probeer aandui. Daar word ook gelet op die belangstellings van applikante vir die toetreegraad (stoker) in vergelyking met die van

bekleers van daardie betrekking (para. 5.3). Binne die kriteriumgroepe word belangstellings van spesialisasie­ groepe ook ten opsigte van differensiering (para. 5.2.3) teen mekaar opgeweeg.

(1) �e£k£y�i�g_v�n_TI_tQeEa�lik_alg�m�n� ye£wys1ngsgrQeQ

(�a�i�gEo�pl

In ooreenstemming met die literatuurgegewens omtrent die bepaling van interberoepsbelangstellings word 'n algemene verwysingsgroep bestaande uit TI steekproef van Blanke indi�nsnemingsapplikante saamgestel. Daar is bemerk dat maksimumdifferensiasie (para. 5.2.1) verkry word indien kriteriumgroepe vergelyk word ·met TI basisgroep op dieself­

de vlak van die beroepshierargie . Drie basisgroepkombina­

sies word met mekaar vergelyk ten einde bogenoemde bevin­ ding te toets. Terselfdertyd word daardeur gepoog om die geskikste basisgroep in terme van differensieringsmoont­ likhede te verkry. TI Vierde groep (A1) word saamgestel om die hipotese te toets dat applikante vir stokersposte, se belangstellings soortgelyk aan die van bekleers van die poste is. Die vier groepe is:

A: die totale steekproef van indiensnemingsapplikante A1: alle applikante vir die stokersgraad

A2: alle applikante wat om halfgeskoolde betrekkings aan­ soek doen, behalwe diegene in A1.

A3: alle applikante vir ongeskoolde betrekkings

(2) Vergelyking van kriteriumgroepe ten opsigte van inter- beroepsbelangstellings

---

- - - -

---

Twee kriteriumgroepe, naamlik (i) stokers en drywers­ assistente (diesel en elektries), vir statistiese ver­

werking geklassifiseer as groep B, en (ii) drywers (stoom, diesel en elektries), geklassifiseer as groep C, word met mekaar vergelyk ten opsigte van die proefpersone se belang­ stellings.

Ten einde verskille in belangstellings tussen die basis­ groepe en die kriteriumgroepe te ondersoek, word die drie kombinasies van die basisgroep (A, A2 en A3) onderling en, indien nodig, met kriteriumgroepe 2 en 3 vergelyk. Indien geen betekenisvolle verskille tussen A, A2 en A3 voorkom nie, word net A, B en C s� vergelyk. Sou statis­ ties beduidende verskille tussen A, A2 en A3 voorkom, word A, B en C; A2, B en C en A3, B en C vir verskille getoets. Waar A as basisgroep gebruik word en � verskil tussen A, B en C gevind word, word A, B; A, C en C, B vergelyk ten einde sterkte en rigting, en ook die beduidenheid van die verskille te bepaal. Dieselfde prosedure geld in­ dien verskille tussen basisgroepkombinasies voorkom.

(4) Bepaling van differensiele belangstelling vir spesia-- - - - - - - - - - - - - - - - -

-

- - - - - - - lisasiegroepe

Albei kriteriumgroepe is weer onderverdeel in drie spesia­ lisasiegroepe. Kriteriumgroep 1 bestaan uit stokers (B1), drywersassistente (diesel) (B2), en drywersassistente (elek­ tires) (B3), terwyl kriteriumgroep 2 uit drywers (stoom) (C1),

drywers (diesel) (C2) en drywers (elektries) (C3) bestaan. Elk van die drie spesialisasiegroepe binne die kriterium­ groepe word onderling ten opsigte van hul belangstellings, met mekaar vergelyk terwyl spesialisasiegroepe binne groepe B en C op dieselfde trekkragte, stokers (B1) teen drywers

(stoom) (C1), ens. ook met mekaar vergelyk word.

(5) ye�q�lyk1n3 van �p£11k�n!e_m�t_b�kle�r� van die !O�tEe�­ grQaQ

Applikante vir die toetreegraad (A1) word met bekleers in die stokersgraad (B1) vergelyk om ooreenkomste in hul be­ langstellings te ondersoek (verwys para. 5.3).

(6) Statistiese bewerkin3s

Vir die analise van die gegewens in deel 1 van die navorsings­ ontwerp, word van twee standaardrekenaarprogramme gebruik

gemaak:

(i) MANOVA:

(ii) BMDP3D:

meerveranderlikeanalise van variansie om te toets vir verskille tussen gemid­ deldes van drie groep� (Rekensentrum UOVS).

Toets vir gelykheid tussen twee normaal­ verdeelde vektore (uitgevoer deur die Rekenaarsentrum, UOVS).

7.3.2 Bepaling van differensiele belangstellingspatrone vir suksesvolle en onsuksesvolle proefpersone

Hierdie tweede gedeelte van die navorsingsontwerp behels in bree trekke die vergelyking van suksesvolle en onsukses­ volle proefpersone (verdeel volgens kriteria neergele in hoofstuk 9) in die twee kriteriumgroepe B en C, en ook n

vergelyking van suksesvolle en onsuksesvolle proef­ persone in die globale kriteriumgroepe (B+C) met me­ kaar ten opsigte van hul belangstellings,

n

bepaling van die verband tussen die 19VBV en die gekose kriteria

(kyk hoofstuk 9) en ook tussen die 19VBV en die ver­ moetoetse.

(1) �eEg�lyk!ng �a� �u�s�s�o!l� en_onsuksesvolle_groepe �e_b�l�ngs!e!l!ngs

Drie groeperings van suksesvolle (S) en onsuksesvolle (0) proefpersone uit kriteriumgroepe B en C onderskeidelik en ook

n

globale voetplaatgroep (B+C) word gedoen. Daardeur word gepoog om te bepaal of suksesvolle en onsuksesvolle proefpersone in die kriteriumgroepe B en C oor differen­ siele belangstellings beskik. Indien dit nie die geval is nie, word die globale kriteriumgroep (B+C) ontleed ten opsigte van,die belangstellings van suksesvolles en on­ suksesvolles.

(2) �eEb�nQ !u�s�n_VQO£S£e!l�r� van �eEk�u�s�s_e� kri­ !eEi� �iE voorspelling

Vervolgens word die verband tussen die voorspellers van werksukses en die gekose kriteria (werkprestasie, werk­ bywoning, veiligheidsgedrag en werktevredenheid) onder­ soek. In die geval van kriteriumgroep B word sowel die 19VBV as die klassifikasiebattery met die kriteria ver­ gelyk, terwyl slegs die 19VBV vir kriteriumgroepe C met die kriteria van werksukses vergelyk word.

(3) Verband tussen die 19VBV en die vermoetoetse

Hierna word die verband tussen die 19VBV en die relevan- te vermoetoetse vir die keuring van stokers/drywersas­

sistente (die Otistoets, die Bloxtoets en die Tegniesetoets) van nader bekyk.

Die volgende statistiese hulpmiddels word gebruik vir die bewerking van die gegewens:

(i) MANOVA (ii) BMDP3D

(iii) Pearson se produkmoment-korrelasiekoeffisient (r) word gebruik om die verband tussen voorspellers en kriteria en ook tussen voorspellers onderling te ondersoek. Dit word in terme van � korrelasiematriks uitgedruk.

In die volgende hoofstuk word breedvoerig gekyk na die omskrywing van die populasies en die metode waarvolgens streekproefneming gedoen is.

HOOFSTUK 8: POPULASIEOMSKRYWING EN STEEKPROEFNEMING