• No results found

HOOFSTUK 6: DIE VERBAND TUSSEN BELANGSTELLING EN ENKELE ASPEKTE VAN WERKGEDRAG

6.4 KRITERIA VIR DIE METING VAN SUKSES

Uit die voorgaande bespreking is bemerk dat beroepsbelang­ stellingsmeetinstrum�nte voorspellend is van verskeie fasette van werksukses. Dit is egter belangrik om te ont­ hou dat � meetinstrument netso goed voorspel as wat die kriteria waarteen dit opgeweeg word, dit toelaat om te voorspel. Die keuse van geskikte en toepaslike kriteria vir die voorspelling van gedrag is dus van wesentlike be­ lang. In hierdie afdeling gaan dus gelet word op n aantal belangrike aspekte wat met die keuse van geskikte kriteria

saamhang.

6.4.1 Tipes kriteria

Werkverwante kriteria kan verskeie vorme aanneem, afhangende van die dimensie van werksukses wat gemeet word. Volgens McCormick en Ilgen (1981, p.47) kan werkverwante kriteria in ses kategorie verdeel word,.naamlik prestasiekriteria, werkbywoningskriteria, ongeluks- en beseringskriteria, sta­ tuskriteria, fisiologiese en ook subjektiewe kriteria. Vir die doeleindes van hierdie ondersoek word die aandag

by die eersgenoemde vier groepe bepaal.

Ongeag die dimensies van werksukses wat geevalueer word, moet onthou word dat die geskiktheid van kriteria n

uitvloeisel is van die mate waarin sekere basiese ver­ eistes bevredig is.

6.4.2 Vereistes waaraan kriteria behoort te voldoen Wanneer geskikte en toepaslike kriteria vir validerings­ prosesse oorweeg word, is daar TI verskeidenheid noodsaak­ lik en/of wenslike vereistes wat bevredig behoort te word, alvorens besluite oor spesifieke kriteria geneem word. Die belangrikstes hiervan is die relevantheid en betrou­ baarheid van die kriteria, en ook vryheid van kontamina­ sie (Blum en Naylor, 1968; McCormick en Ilgen, 1981; Thorndike en Hagen, 1977).

(1) Relevansie van die kriterium

Wanneer verwys word na die relevansie van die kriterium word bedoel dat die kriterium van toepassing moet wees op di§ komponent van werksukses waarmee n vergelyking getref word. Hierdie aspek hang dus saam met die kwessie van geldigheid.

Op grond van die werklike kriterium kan relevansie dus beskou word as die mate waarin die gekose kriterium geldig is (Blum en Naylor, 1968, p.177).

Relevansie word ook uitgedruk volgens die ooreenkoms tussen die werklike en TI teoretiese ideale kriterium. Die bestaan van so TI ideale kriterium is deur Thorndike gepostuleer met die veronderstelling dat so TI kriterium "serve as the basis for characterizing performance of individuals along a 'true' scale" (McCormick en Ilgen, 1981, p.52). Vanaf hierdie basis definieer Blum en Nay-

lor (1968, p.177) kriteriumrelevansie as die mate waarin die werklike kriterium en die ware kriterium mekaar vleuel.

In die praktyk is dit dikwels nodig om kriteria te selek­ teer of andersins te ontwikkel wat in sommige opsigte van die ideale kriterium afwyk. Na hierdie kriteria kan volgens McCormick en Ilgen (1981, p.52) verwys word as intermediere ("intermediate") of onmiddellike("immediate") kriteria, afhangende van die mate waarin sulke kriteria die teoretiese ideaal benader. Dit word egter sterk deur Blum en Naylor ( 1968, p. 177) beklemtoon dat 'n empiriese meting van kriteriumrelevansie nie moontlik is nie.

( 2)

---

Betroubaarheid van kriteria

Betroubaarheid verwys na die konsekwentheid of konstant­ heid van TI meetinstrument se tellings by herhaaldelike toepassings (Kerlinger, 1973; Magnusson, 1966). Op grand van werkverwante kriteria word TI maatstaf van betroubaar­ heid verkry deur die mate te bepaal waarin individue neig om dieselfde vlak op die kriterium oor TI sekere tydperk te handhaaf (McCormick en Ilgen, 1981, p.54). Verskeie statistiese metodes kan gebruik word om die betroubaarheid van meetinstrumente te bepaal. Hierop sal later ingegaan word.

Dit is egter belangrik dat TI maatstaf van sukses stabiel en reproduseerbaar moet wees indien voorspelling daarvan gemaak wil word (Thorndike en Hagen, 1977, p.64). Die be­ troubaarheid van TI maatstaf van sukses is dus net so belang­ rik en noodsaaklik as die van enige ander meetinstrument. (3) Kriteriumkontaminasie

Menslike gedrag is TI funksie van beide individuele en

situasieveranderlikes. Wanneer met kriteria gehandel word waarin individuele verskille gereflekteer word, kan die

kriteriumtellings van individue gekontamineer word deur die invloed van verskille in die situasieveranderlikes

(McCormick en Ilgen, 1981, p.52). Kriteriumkontaminasie kan dus gesien word as die variansie in die werklike kriterium wat nie met die ideale kriterium verband hou nie (Blum en Naylor, 1968 , p.177). Globaal gesien kom dit daarop neer dat faktore buite die individu se beheer n invloed op sy kriteriumtellings uitoefen. Indien die telling uitermate deur situasieveranderlikes eerder as die individu se werkbekwaamheid beinvloed word, kan weinig waarde aan die verband tussen toetsresultate en kriterium­ tellings geheg word (Thorndike en Hagen, 19 77, p.64).

McCormick en Ilgen (1381, p.53) wys op metodes wat aange­ wend kan word om die effek van kontaminasie uit te skakel of te� te werk. TI Moontlike benadering sou wees om slegs individue te selekteer vir wie die konteminasieverander­ likes eenvormig is. Statistiese aanpassings om die invloed van kontaminerende veranderlikes te minimaliseer, kan

byvoorbeeld deur middel van parsiele korrelasie bewerkstel­ lig word.

6 .4.3 Enkelvoudige en meervoudige kriteria

Uit TI oorsig van literatuur oor kriteria is dit duidelik dat vanaf ongeveer die middel van die vyftigerjare TI nuwe siening ten opsigte van die "kriterium" posgevat het.

Die tradisionele siening het daarop neergekom dat daar "'n kriterium" bestaan wat TI enkele allesinsluitende maatstaf van werksukses is waarteen voorspellers opgeweeg word.

Daar is algaande aanvaar dat werksukses TI multidirnensionele konsep is en dat kriteria vir die bepaling van voorspel­ lingswaarde ook multidimensioneel is, dit wil se, die keuse van kriteria sal van die dimensie/s van werksukses wat voor­ spel wil word afhang. Ondanks eenstemmigheid oor die multi­ dimensionaliteit van werksukses bestaan daar n groot mate van teenstrydigheid aangaande die gebruik van enkelvoudige ('composite") en meervoudige ("multiple") kri teria.

Die algemene uitgangspunt van voorstanders van 'n

enkelvoudige kriterium is dat "die kriterium" as 'n maat­ staf van die individu se globale sukses of waarde-vir­ die-onderneming, as basis van vergelyking en besluitne­ ming dien (Schmidt en Kaplan, 1971, pp.41�-420). Die benadering behels dat die onderskeie maatstawwe van werk­ sukses saamgevoeg en deur die een of ander metodes van weging tot een saamgestelde punt gereduseer word. Na TI omvattende ondersoek van die metodologie van gewigtoeken­ ning, wys Blum en Naylor (1968, pp.184-190) daarop dat die kwessie van weging egter nie bevredigend opgelos is nie. Schmidt en Kaplan (p.425) gaan van die standpunt uit dat die kombinering van kriteria tot een saamgestelde punt die indruk skep dat werkprestasie volgens n enkel, onder­ liggende dimensie verklaar kan word.

Aanhangers van die meervoudige benadering se standpunt word paslik deur Dunnette (1963, p.252) uitgedruk in die ver­ klaring dat "it would seem wiser to investigate the separate relationships between each of the predictors and each of

the available measures of job success. The results would lend increased meaning to the qualities measured by the tests

and to behaviours encompassed by the ·various aspects of job success". Die feit dat enige gegewe waarde op TI globale kriteriumskaal die gevolg van verskillende kombinasies van saamgevoegde kriteria kan wees, ontlok juis TI waninterpre­

tasie van n individu se werksukses (McCormick en Ilgen,

1981, p.58).

Uit

n

gedragswetenskaplike oogpunt blyk dit voordeliger te wees om van meervoudige kriteria gebruik te maak. Blum en Naylor (1968, p.193) stel dit egter duidelik dat die logika van enkelvoudige kriteria onaanvegbaar is. Hoewel McCormick en Ilgen (1981, p.59) hiermee nie eens is nie, wys hulle op die praktiese noodsaaklikheid om TI enkele indeks van werk­ sukses te konstrueer. Met die statistiese verwerking van die resultate is van sowel die enkelvoudige as die meervoudige

benadering gebruik gernaak.

Met hierdie bespreking word die literatuurgedeelte van die studie afgesluit en oorgegaan na die ernpiriese ondersoek wat uitgevoer is.