• No results found

Die metode van navorsing vir hierdie artikel was ʼn literatuurstudie. ʼn Belangrike aspek van ʼn literatuurstudie is om die leser te verseker dat die navorser ʼn deeglike begrip het van die aspekte van die onderwerp wat nagevors word (Grinnell & Unrau, 2005:242). Fink (2005:3) meen dat ʼn literatuurstudie “a synthetic, explicit and reproducible method for identifying, evaluating and synthesizing the existing body of completed and recorded work produced by researchers, scholars and practitioners” is. ʼn Literatuurstudie het verder ten doel om die navorser ʼn duidelike beeld te gee van die onderwerp, sowel as kennis van die huidige teorieë, definisies en sleutelkonsepte van die spesifieke studie (Fouché & Delport, 2011:135). Volgens Fouché en Delport (2011:137), Grinnell en Unrau (2005:47-54), en Rubin en Babbie (2011:122) se beskrywings kan literatuur omskryf word as synde:

 ʼn Databasisstelsel soos by Universiteitsbiblioteke wat uitgebreide soekstelsels voorsien;  Internet toegang wat omvattende inligting beskikbaar het;

 Wetenskaplike boeke wat gebaseer is op navorsing of navorsing bevat;  Artikels in vaktydskrifte soos die joernaal Social Work / Maatskaplike Werk;  Persoonlike onderhoude met kenners op die gebied;

 Navorsingsberigte, referate en monografieë waar nie net die resultate van die navorsing beskryf word nie, maar ook die metode wat in die navorsing toegepas is;

 Aanbiedings by konferensies, kongresse en werkswinkels;  Koerante en tydskrifte; en

 Radio- en televisie-uitsendings.

In hierdie studie het die navorser meestal gefokus op verwysingsmateriaal, databasisse, vaktydskrifte, persoonlike onderhoude en navorsingsartikels. Etiese toestemming is van die Gesondheid Etiekkomitee van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe aan die Noordwes- Universiteit (Potchefstroomkampus) met die etieknommer NWU-00011-10-A1 bekom.

2.5 BEGRIPSOMSKRYWING VAN SLEUTELTERME

2.5.1

Alternatiewe sorg

Alternatiewe sorg binne die Suid-Afrikaanse konteks word deur Malan (2015) omskryf as die verwydering van ʼn kind na substituut-sorg – die kind word versorg deur iemand anders as die biologiese ouer. ʼn Kind is dus in alternatiewe sorg, soos deur die Children‟s Amendment Bill SA, 2006 (Suid-Afrika, 2006) gestipuleer is, wanneer hy/sy geplaas is in óf pleegsorg, óf ʼn kinder- en jeugsorgfasiliteit óf ʼn privaatplek van tydelike versorging wat deur ʼn hofbevel bekragtig is. Van Emmenis (2015) noem dat die onderskeid getref word tussen die verskillende opsies van alternatiewe sorg, naamlik die periode van plasing, toelae wat as subsidie ontvang word, en die fokus van die terapeutiese program.

Vir die doel van hierdie artikel is daar spesifiek gefokus op die kind wat in alternatiewe sorg in ʼn privaatplek van tydelike versorging geplaas word.

2.5.2

Die kind

2.5.3

Kinder- en Jeugsorgfasiliteite

Jamieson (2014:215) en Martin (2015:24-25) beskou ʼn kinder- en jeugsorgfasiliteit as ʼn sentrum wat omsien na meer as ses kinders wat sorg en beskerming benodig, buite die familie- omgewing. Hierdie plasings kan as lang- of korttermyn aangewend word.

2.5.4

Kind wat sorg en beskerming benodig

Artikel 150 van die Children‟s Act 38 of 2005 stipuleer dat ʼn kind sorg en beskerming benodig wanneer:

 Die kind verlaat of wees gelaat is en sonder enige sigbare ondersteuning is;  Die kind gedrag openbaar wat nie deur die biologiese ouers beheer kan word nie;  Die kind op straat woon of werk of om ʼn bestaan bedel;

 Die kind verslaaf is aan ʼn afhanklikheidsvormende middel en geen ondersteuning het om behandeling te bekom vir sodanige afhanklikheid nie;

 Die kind leef in, of blootgestel word aan omstandighede wat sy fisiese, geestelike of maatskaplike welsyn ernstig kan benadeel;

 ʼn Risiko bestaan dat indien die kind aan die ouer, voog of versorger terugbesorg sou word, hy aan omstandighede blootgestel sou kon word wat sy fisiese, geestelike of maatskaplike welstand ernstig kan benadeel;

 Die kind fisies of geestelik verwaarloos word;

 Die kind deur ʼn ouer, versorger, ʼn familielid of ʼn persoon wat ouerlike regte en verantwoordelikhede oor die kind het, mishandel, misbruik of doelbewus verwaarloos of verneder word;

 ʼn Kind ʼn slagoffer van kinderarbeid is; en

 Die kind dan in ʼn huis teruggeplaas sou word waar ʼn ander kind die verantwoordelikheid as “ouer” in die huishouding nakom (dus in ʼn “child-headed household”).

2.5.5

Kinderversorger

ʼn Kinderversorger word omskryf as ʼn “Professionele of para-professionele persoon wat in direkte aanraking kom met behoeftige of probleemkinders met die oog op die bevrediging van hulle daaglikse versorgings- en opvoedingsbehoeftes (Vaktaalkomitee, 1995:30). Milligan en Stevens (2006:10) beskryf ʼn kinderversorger as ʼn persoon wat betrokke is by die kind se daaglikse aktiwiteite en deel uitmaak van die kind se versorging op ʼn 24-uurbasis.

ʼn Kinderversorger kan dus vir die doel van hierdie studie beskou word as die persoon wat daagliks betrokke is by die kind en sy wêreld en die kind op ʼn fisiese, emosionele, ontwikkelings- en sosiale vlak versorg.

2.5.6

Pleegsorg

Barker (2014:166) beskryf pleegsorg soos volg: “The provision of physical care and family environments for children who are unable to live with their natural parents or legal guardians.” Malan (2015) omskryf die term as ʼn vorm van alternatiewe sorg op bevel van die Kinderhof vir die kind wat sorg en beskerming nodig het binne ʼn goedgekeurde pleeggesin, wat binne of buite familieverwantskap kan wees, onder die toesig van ʼn gemagtigde instansie. Bosch (2015), Van Emmenis (2015) en Van Schalkwyk (2015) bevestig dat pleegsorg beskou kan word as ʼn langtermyn-plasing waar ʼn kind wat sorg en beskerming benodig in die sorg van ʼn goedgekeurde pleegouer geplaas word. Pleegsorg word dikwels voorafgegaan deur plasing in ʼn privaatplek van tydelike versoging (Kok, 2012:6).

2.5.7

Privaatplekke van tydelike versorging

ʼn Privaatplek van tydelike versorging kan omskryf word as: ʼn korttermyn-plasing (Bosch, 2015; Van Emmenis, 2015; Van Schalkwyk, 2015), vir die beveiliging van ʼn kind wat sorg en beskerming benodig (Bosch, 2015; Van Emmenis, 2015; Van Schalkwyk, 2015), met die toestemming van die hof (Children‟s Act 38 of 2005). Daar kan tot ses kinders in die sorg van ʼn privaat kinderversorger se sorg geplaas word (Bosch, 2015; Makhavhu, 2010:2-4; Meintjes et

al., 2007:25; Van Emmenis, 2015; Van Schalkwyk, 2015) totdat die hof besluit om ʼn meer

permanente plasing te finaliseer (Makhavhu, 2010:5).