• No results found

ʼn Navorsingsleemte: Christus as κευαλή van die ἐκκλησία en die πνεύμα as ἀρραβών van Christus-volgelinge se geloofslewe

sintagmatiese ondersoek)

3.7 ʼn Navorsingsleemte: Christus as κευαλή van die ἐκκλησία en die πνεύμα as ἀρραβών van Christus-volgelinge se geloofslewe

In dié hoofstuk is ʼn oorsig gegee van bestaande navorsing oor die twee briewe aan Kolossense en Efesiërs en ook die besondere verhouding tussen die twee briewe wat aan die hand van sleutelbegrippe soos θεθαιή, ἐθθιεζία en die Gees as

ἀξξαβώλ van gelowiges se erfdeel, ʼn belangrike rol speel. Dit is ook uitgelig dat die twee briewe saam gesien moet word en as ʼn sinoptiese-probleem beskou moet word soos tereg deur Collins (1988:143) aangedui is. Die bronne waarna verwys is, is parallel aangebied in die oortuiging dat die geheel ʼn kruisdebat verwoord as aanduiding van die besondere verhouding tussen dié twee briewe wat dui op die bruikbaarheid van komposisie-analise as eksegetiese metode.

In dié verband is ook resente navorsing benut as aanduiding dat iemand wat met ʼn nuwe saak na bepaalde hoorders gaan, gewoonlik gestuur word deur ʼn persoon of ʼn instansie (change agency) en in dié verband optree as ʼn meningsvormer (change

agent) wat self gedryf word deur sy innerlike motivering (alter state of consciousness).

During the centuries before and after Paul, countless persons reported a range of visions and appearances involving celestial entities. Their experiences have to be interpreted within the framework of their own culture‟s consensus reality rather than ours. There is no reason not to take seriously what these persons say of their experiences. Paul ascribes his call by the God of Israel to his change agency task to an alternate state of consciousness experience initiated by God (Gal 1:1, 12) (Malina & Pilch 2013:223).

Malina & Pilch (2013:224) gee ʼn verdere lys van sodanige belewenisse van Paulus (2 Kor 12:1-7; Rom 16:26; Gal 2:2; 2 Kor 12:8; 1 Kor 15:5-8) aangevul deur

voorbeelde uit die sinoptiese-evangelies en die Handelinge van die Apostels.

Sodanige belewenisse bevestig dat die werklikheid waarin mense leef meer is as dit wat met die oog gesien en met die rede verstaan kan word. Dit is die

spreekwoordelike skrefie van die gordyn wat weggetrek word as aanduiding van die teenwoordigheid en handewerk van die lewende God in die wêreld, meer besonder in sy kerk. Paulus as meningsvormer (change agent)

insists on having been commissioned by the God of Israel in his revelation experience of the resurrected Jesus (Gal 1:1, 10- 12). In third- and fourth-generation Jesus group documents, we find mention of such authorization given by the Twelve through the resurrected Jesus (Matt 28:18-20; Acts 1:8) (Malina & Pilch 2013:235).

Die verband tussen die Hoof van die kerk, wat daarmee geïmpliseer word en die waarborg dat dit inderdaad so is, vorm die onderbou vir kerklike deelname en voortgesette toewyding. Mense wat dood was as gevolg van hulle sonde is lewend gemaak, opgewek in so mate dat hulle as „t ware saam met Christus reeds in die hemel is (θαὶ ζπλήγεηξελ θαὶ ζπλεθάζηζελ ἐλ ηνῖο ἐπνπξαλίνηο ἐλ Φξηζηῷ Ἰεζνῦ) (Ef 2:6). Die Gees is die waarborg (ἀξξαβώλ ) daarvan, want uit genade is julle gered (ράξηηί ἐζηε ζεζῳζκέλνη) (Ef 2:5b).

Deeglike kennisname en aanvaarding van dié besondere kerkbegrip of ekklesiologie, waarborg die hedendaagse kerk se voortbestaan en vergestalt lidmate se blywende verbondenheid aan die kerk teen alle hedendaagse verwagtinge in.

Dit is noodwendig so dat die kerk Christologies gesien word, want in ʼn Christelike kerk is dit onafwendbaar, maar die pneumatologiese dimensie kan nie daarvan losgemaak word nie. Die sogenaamde groei-element tussen Kolossense en Efesiërs met betrekking tot die veelvuldiger gebruik van die Gees en veral die Gees as

ἀξξαβὼλ ondersteun die voorlopige mening dat hiermee ʼn besondere insig na vore kom wat hedendaags vir ʼn krimpende kerk van betekenis kan wees.

Die gebruik van die woord ἀξξαβώλ in sy verbinding met die Gees het ʼn belangrike ekklesiologiese betekenis wat deur Mallon uitgewys word aan die hand van die insigte van Congar. „Life in Christ is realized in the Holy Spirit who effects the

character of filial belonging to God. In the Spirit, believers belong to God in the very way that Christ belongs to God‟ (Mallon 2010:190). Mallon haal Congar aan wat met betrekking tot die Gees die volgende sê:

Our life in Christ – or his life in us – is ecclesial. ... Whoever is united to the glorious body of Christ and is permeated with the Spirit through faith, baptism and the bread and wine of the Last Supper is spiritually – and therefore really – a member of Christ and forms a body with him at the level of the life of a son which promises God‟s inheritance (Mallon 2010:192).

Die verbinding van die Gees van God aan die kerk as liggaam van Christus, en die verbinding van die pneumatologie aan die ekklesiologie as dogmatiese loci, is ook beklemtoon deur Moltmann (1975) met sy Kerk in het krachtveld van de Geest.

Samevatting

Inleidend is daarop gewys dat Paulus wat tradisioneel gesien is as die outeur van al die briewe wat aan Paulus toegedig is, ʼn besonder invloedryke figuur was wat eintlik in vier verskillende wêrelde geleef het. Die standpunt wat in die meegaande studie aanvaar word is dat Paulus waarskynlik nie die outeur was van die brief aan die Kolossense en die brief aan die Efesiërs nie. Die standpunt wat deur navorsers gestel is dat die twee briewe sáám (sinopties) gesien moet word en in die vergelyking van die twee briewe ook duidelik is, word as ʼn bruikbare siening ondersteun.

Die twee briewe word nie net tekstueel met mekaar vergelyk nie maar ook inhoudelik naas mekaar geplaas as aanduiding van die teologiese verskille wat in albei

voorkom maar, terselfdertyd ook uitgebrei is. In hierdie verband is na bepaalde woordvoerders verwys wat parallel aangebied is in die oortuiging dat kruisdebat in die sin nie benadeel word nie. In die ondersoek is dit duidelik dat ten minste Efesiërs

nie deur Paulus geskryf is nie. Die standpunt word deur die meerderheid navorsers wêreldwyd aanvaar. Behalwe die opvallende ooreenkomste is dit ook duidelik dat daar ʼn bepaalde groei van Kolossense na Efesiërs plaasgevind het. Dit is veral waarneembaar wanneer die kerkbegrip van Kolossense met die van Efesiërs

vergelyk word, saam gelees met die veel groter klem wat aan die Gees as waarborg van gelowiges se erfdeel in Efesiërs in ag geneem moet word.

In die gedeelte word ook na die verskynsel verwys wat as vroeë katolisisme bekend staan en van betekenis is in die opsig dat die vroeë kerk alle rede gehad het om die Jesus-saak te laat vaar, maar teen alle verwagting in geherstruktureer het wat tot oorlewing gelei het.

Daar is ook aandag gegee aan bestaande navorsing oor die semanties-

leksikografiese-sintagmatiese ondersoek van bepaalde sleutelwoorde. Meegaande sleutelwoorde is wesenlik in die verstaan van beide briewe in hulle onderlinge verhouding tot mekaar, maar ook bruikbaar in diens van die doelwit wat in die ondersoek voorgehou is.

In die volgende hoofstuk kom die eksegetiese metode wat as komposisie-analise bekend staan aan die orde wat aandui hoe die verhouding tussen Kolossense en Efesiërs daar uitsien, asook die sterker beklemtoning van die ekklesiologie en die pneumatologie wat veral vanuit Kolossense na Efesiërs opvallend is. Dit is veral Efesiërs se siening dat die Gees die waarborg is vir die erfdeel van gelowiges wat vir die kerk toe, maar ook nou,van besondere betekenis kan wees as antwoord op die lastigheid van kerkkrimping.

Die standpunt word gedeel dat Kolossense en Efesiërs (ten minste Efesiërs) nie deur Paulus geskryf is nie. Die outeur van Efesiërs het van Kolossense gebruik gemaak, maar sy brief aangepas om soos vermoed word nie ʼn brief te wees vir een bepaalde plek nie, maar waarskynlik as omsendskrywe bedoel is. Meegaande hoofstuk word opgevolg met ʼn komposisie-analitiese beskouing asook ʼn aanduiding van bepaalde sleutelwoorde ter ondersteuning van die studie as geheel en die tema in besonder.

HOOFSTUK 4

KOLOSSENSE EN EFESIËRS KOMPOSISIE-ANALITIES