• No results found

Om die invloed van die leierskap van die skoolhoof op die moreel van die onderwysers te bepaal, het ons ʼn strukturele vergelykingsmodel nodig. Dié model toon wel korrelasies tussen die LPI- en PTO-vraelyste.

Figuur 5.3: Strukturele Vergelykingsmodel tussen die aangepaste PTO- en die LPI-vraelyste

Figuur 5.3 dui aan dat al die items van die LPI-vraelys statisties betekenisvol op die faktore van die PTO-vraelys laai. Die p-waarde is by elke item <0.001 (***p<0.001).

| 139

Estimate

P-Waarde

Skakeling_skoolhoof

<--- Demokratiese_leierskap

.856

<0.001

Tevredenheid

<--- Demokratiese_leierskap

.529

<0.001

Rapport_onderwysers

<--- Demokratiese_leierskap

.491

<0.001

Tabel 5.31 Gestandaardiseerde Regressie Gewigte (Standardized Regression Weights)

Die gestandaardiseerde regressiewe gewigte van Skakeling_skoolhoof met Demokratiese Leierskap in bostaande tabel is groter as die ander twee eienskappe en toon ʼn groot effek van .856 Die effek van .529 en .491 by die ander twee aspekte, is egter ook statisties betekenisvol.

Die volgende passingsmaatstawwe is verkry:

CMIN/DF= 2.317 (Chi-kwadraat deel deur Degrees of Freedom) wat aanvaarbaar is. CFI= 0.807 (Comparative Fit Index): redelik aanvaarbaar

RMSEA =0 .075 (Root Mean Square Error of Approximation) met 90% VI [0.071;0.79]

Die Chi-kwadraat toetsstatistiek word gedeel deur die vryheidsgrade (DF) vir ʼn beter passingsmaatstaf. Waardes van kleiner as 5 dui dus op ʼn goeie passing. Die waarde in hierdie ondersoek is 2.317, wat aanvaarbaar is.

Die CFI-waarde is 0.807 en moet eintlik >9 wees. Die CFI-waarde is dus net minder as wat dui op ʼn goeie passing.

Die waarde van die RMSEA is 0.075 wat ʼn goeie passing is, aangesien die waarde nie >0.10 moet wees nie.

Die model pas dus bevredigend.

5.12 SAMEVATTING

In hierdie hoofstuk is ʼn deeglike data-analise en interpretasie van al die vraelyste gedoen. Dit blyk dat die biografiese en demografiese besonderhede van die studiepopulasie geen noemenswaardige effek op die uitkoms van die data gehad het nie.

Die studiepopulasie van hierdie ondersoek was goed verteenwoordigend van alle rassegroepe en ouderdomme. Die meerderheid respondente was bo veertig en het meer as 10 jaar onderwyservaring. Die meerderheid skoolhoofde en onderwysers is goed

| 140 gekwalifiseerd. Meer as 60% van die skole is multi-kulturele wat dui op ʼn goeie balans tussen rassegroepe in die meeste skole.

Vanuit die beskrywende statistiek van die PTO-vraelys wat onderwysermoreel in die skole toets, blyk dit dat die meeste onderwysers redelik positief voel oor hulself en die rol wat hulle in die skoolopset vertolk. Onderwysers stem nie daarmee saam dat hulle werksure onredelik is nie en hulle blyk tevrede te wees met hul werkslading by hulle skole. In die PTO-vraelys het onderwysers by skakeling met die skoolhoof tellings van meer as 3.0 aangetoon wat aandui dat die meeste van hulle oor die algemeen tevrede was met die leierskap van die skoolhoof.

Die betroubaarheid van die vraelyste is getoets aan die hand van die Cronbach’s Alpha. Vir die vraelys om te voldoen aan interne betroubaarheid moet die Cronbach’s Alpha >0.6 wees, wat wel die geval met al die vraelyste was.

Die p-waardes by elke item van die LPI-vraelys en die PTO-vraelys was telkens <0.001 (***p<0.001). Daar was wel een item, ADAP32, in die PTO-vraelys wat ʼn telling van 0.431 gehad het wat onaanvaarbaar was en is dus nie verder in ag geneem in die analise nie. Die res van die items in die vraelyste was dus betroubaar en prakties betekenisvol.

Die item-analise en inter-itemkorrelasies bewerking het bepaal of die items in die vraelyste tot die spesifieke konstrukte bydra. In elk van die vraelyste was hierdie korrelasies telkens <0.1.

Die geldigheid van die vraelyste in hierdie ondersoek is getoets en vanuit die ontleding van die data het dit geblyk dat albei die vraelyste wat in hierdie ondersoek gebruik is, as geldig aanvaar kan word. Om die geldigheid van die vraelyste te toets, is gevind dat die

Comparative Fit Index (CFI) onderskeidelik ʼn waarde van 0.879 (LPI) en 0.796 (PTO) het.

Die CFI moet ʼn waarde van >0.9 hê. Waardes bo 0.9 dui dus op ʼn goeie passing. In albei hierdie vraelyste is die waardes net onder 0.9, wat steeds aanvaarbaar is.

Die CMIN/DF waardes van die twee vraelyste is 3.259 (LPI) en 2.076 (PTO), dus is die waarde groter as 2 wat net meer is as wat aanvaarbaar is.

| 141 Die Root Mean Square Error of Approximation (RMSEA) moet so klein as moontlik wees vir ʼn goeie passing. Die waardes van die RMSEA van die twee vraelyste was, 0.098 (LPI) en 0.068 (PTO) wat ʼn goeie passing is, aangesien die waarde nie >0.10 moet wees nie.

Hierdie passingsmaatstawwe dui dus op geldigheid in hierdie geval.

Die verband tussen die aard van die skoolhoof se leierskap en die vlak van onderwysermoreel is bepaal. In elkeen van die hoogste en laagste tellings van die skole in die onderskeie vraelyste was vier uit die vyf skole met die LPI-vraelys en die PTO-vraelys, dieselfde skole. Skole wat dus ʼn hoë telling by uitnemende leierskap van die skoolhoof met die LPI-vraelys getoon het, het dus ook hoë tellings by die vlak van onderwysermoreel met die PTO-vraelys getoon. Net so was vier uit die vyf skole by die laagste tellings presies dieselfde skole.

Hierdie skole se skoolhoofde het lae tellings by uitnemende leierskap van die skoolhoof met die LPI-vraelys en ook lae tellings vir die vlak van onderwysermoreel met die PTO-vraelys getoon. Skool no. 23 het by verre die laagste tellings ten opsigte van leierskap en onderwysermoreel getoon.

Die gestandaardiseerde regressiewe gewigte van Skakeling_skoolhoof met Demokratiese/Transformasionele Leierskap was groter as die ander twee eienskappe en toon ʼn goeie effek van .856 Die effek van .529 en .491 by die ander twee aspekte is egter ook statisties betekenisvol. Die model pas dus bevredigend.

| 142

HOOFSTUK 6

SAMEVATTING, BEVINDINGE EN AANBEVELINGS

6.1 INLEIDING

In die onderwysmilieu is die leierskap van die skoolhoof en die vlak van onderwysermoreel van groot belang. Soos in die literatuurstudie genoem, is daar ʼn groot verskeidenheid faktore wat ʼn invloed op die moreel van onderwysers kan hê. In hierdie studie is gekyk na die moontlike invloed wat die aard en omvang van die leierskapstyl van die skoolhoof op die vlak van onderwysermoreel kan hê. Die fokus het dus hier op moontlike korrelasies tussen die aard en omvang van die leierskapstyl van die skoolhoof en die vlak van onderwysermoreel geval. Ander veranderlikes soos die biografiese- en demografiese gegewens van die respondente is ook in ag geneem, maar het nie ʼn groot impak op leierskap of moreel getoon nie.