• No results found

In Hoofstuk 5 word ʼn deeglike ontleding en interpretasie van die ingesamelde data gemaak. Die biografiese en demografiese inligting wat van die respondente ingesamel is, is deur middel van staafgrafieke en sirkeldiagramme uiteengesit. Verwerkings en berekeninge is gedoen deur gebruik te maak van die SAS-program van NWU, Potchefstroomkampus.

Onderwyser- en skoolhoofresponse is deur middel van Beskrywende Statistiek ontleed en vergelykings is deur middel van tabelle gemaak om hoë tellings van response en lae tellings van response van die verskillende vraelyste te analiseer. Frekwensie-ontledings,

standaardafwykings en persentasies is van die inligting ingesamel, gemaak.

Onderstaande figuur 4.1 gee ʼn samevatting van en die verwantskap tussen die navorsingsmetode en -ontwerp wat in hierdie ondersoek gebruik is:

| 81

NAVORSINGSONTWERP en METODOLOGIE

Kwantitatief d.m.v. vraelyste

NAVORSINGSBENADERING

Postpositivisme

NAVORSINGSMETODE

Vraelyste met ʼn Likert-skaal

NAVORSINGSVRAE

 Wat is die aard en omvang van leierskapstyle van skoolhoofde?  Wat is die aard en omvang van onderwysermoreel in skole?

 Wat is die aard van die invloed van die skoolhoof se leierskapstyl op die vlak Van onderwysermoreel?

 Watter aanbevelings kan aan skoolhoofde en die onderwysdepartement gemaak word wat moontlik sal lei tot ʼn positiewe vlak van

onderwysermoreel en beter leierskapspraktyke by skoolhoofde?

POPULASIE

Sekondêre skool skoolhoofde en onderwysers

DATA-ANALISE

Vraelyste ontleed deur Statistiese Konsultasiedienste

BYDRAE VAN DIE STUDIE

Om skoolhoofde en onderwysers ʼn beter perspektief te gee van die verskillende leierskapstyle van skoolhoofde en hoe dit onderwysermoreel beïnvloed.

Figuur 4.1: Samevatting en verwantskap van Navorsingsmetode en -ontwerp

4.7 ADMINISTRATIEWE PROSEDURES

Die Amajuba Distriksbestuurder, past. NK Sithole, is per pos en per epos genader om toestemming te verkry om die vraelyste aan die hoofde van sekondêre skole in die Amajuba Distrik van KwaZulu Natal te versprei. Skriftelike toestemming is ontvang (sien Bylaag B).

| 82 Die skrywe aan skoolhoofde (sien Bylaag A) sowel as die skriftelike toestemming van die Distriksbestuurder is by die vraelys, wat slegs in Engels opgestel is, ingesluit en per hand by elke betrokke skool afgelewer. Die navorser het ʼn opvolgafspraak vir ʼn week later gemaak om weer die vraelyste weer te gaan insamel. Elke skool is verseker van die vertroulikheid en anonimiteit van alle inligting. Respondente is ook ingelig dat deelname aan die vraelyste heeltemal vrywillig is en hulle het ʼn brief dienooreenkomstig geteken. Vraelyste is in koeverte geplaas, wat nadat die vraelys ingevul is, toegeplak is. Elke skoolhoof en onderwyser het ʼn respondentnommer ontvang.

ʼn Totaal van 30 skoolhoofde en 235 onderwysers het die vraelyste ingevul en teruggegee. Twee skoolhoofde het nie hul vraelyste ingegee nie en 21 onderwysers het nie hul vraelyste voltooi nie. Skole in landelike gebiede en in townships was moeilik bereikbaar en kommunikasie via epos en selfs telefone (landlyne) nie moontlik nie. Die meeste hoofde is op hul selfone gekontak om reëlings te tref. Heelwat skole se landlyne het nie gewerk nie, as gevolg van kabeldiefstal. Die aantal vraelyste uitgedeel en terugontvang, is as volg:

Vraelyste uitgedeel Vraelyste terugontvang

% vraelyste

terugontvang

Skoolhoofde 34 30 88%

Onderwysers 264 235 89%

Tabel 4.3: Verdeling van vraelyste

Die resultate van die vraelyste is na die Statistiese Konsultasiedienste van die NWU geneem vir ontleding en verwerking.

4.8 GELDIGHEID EN BETROUBAARHEID

In Hoofstuk 1 (paragraaf 1.6.26) is geldigheid en betroubaarheid bespreek (Maree, 2010:151-155). Albei die vraelyste, nl. Die Purdue Teacher Opinionaire en Leadership

Practices Inventory (LPI), Self en Observer, voldoen aan die vereistes vir geldigheid en

betroubaarheid. Al drie vraelyste is in talle vorige ondersoeke gebruik om die moreel van onderwysers en die kwaliteit van leierskap van die skoolhoof te meet.

 Geldigheid dui aan dat die instrument meet wat dit veronderstel is om te meet en aangesien hierdie meetinstrumente in soortgelyke ondersoeke gebruik is, bestaan daar geen twyfel oor die geldigheid of die betroubaarheid daarvan nie. Die

| 83 koëffisiënt en is in hierdie data-analise gebruik. Elke telling wat by ʼn item bepaal is, kan verdeel word in ʼn ware telling en ʼn fouttelling. Hoe kleiner die fouttelling in verhouding tot die ware telling is, hoe hoër is die betroubaarheid van die item;  ʼn Bevestigende faktoranalise is gedoen om die geldigheid van die meetinstrument te

toets;

 Die Chi-kwadraattoets moet groter as 0.05 wees vir ʼn model wat goed pas, maar dit word deur die grootte van die steekproef bepaal;

 Die Comparative Fit Index (CFI) moet ʼn waarde van >0.9 hê. Waardes bo 0.9 dui op ʼn goeie passing;

 Die Root Mean Square Error of Approximation (RMSEA) moet so klein as moontlik vir ʼn goeie passing wees;

 Item-analise en inter-itemkorrelasie: hierdie bewerking bepaal of die items in die vraelys tot die spesifieke konstrukte bydra.

4.9 ETIESE ASPEKTE

Die navorser het aan elke respondent verduidelik waaroor die ondersoek handel en hoe die vraelyste ingevul moes word. Elke respondent het ʼn Informed Consent Form (sien Bylaag D en E) onderteken waarin alles verduidelik is en waarin hulle ingestem om aan die ondersoek deel te neem. Alle inligting is vertroulik hanteer en geen name van respondente of skole is iewers gemeld nie.

Die nodige etiese klaring van die Etiek-komitee van die Noordwes Universiteit, Potchefstroom-kampus, is verkry om die navorsing te onderneem (NWU-00138-13-A2) (sien Bylaag K). Die nodige toestemming is ook vanaf die skoolhoofde en onderwysdepartement verkry om die ondersoek te doen (Sien Bylae met nodige toestemmingsbriewe).

4.10 SAMEVATTING

In hierdie hoofstuk is gekyk na die empiriese ondersoek van hierdie studie. Figuur 4.1 gee ʼn samevatting van die navorsingsmetode en -ontwerp. Die twee vraelyste, nl. Die Adapted

Purdue Teacher Opinionaire en die LPI self en waarnemer is as meetinstrumente gebruik en

kortliks bespreek. Beskrywende data is gebruik om die data te analiseer en afleidings te maak. Laastens is gekyk na etiese prosedures wat gevolg is. Hoofstuk 5 sal die data- analise in diepte ontleed.

| 84

HOOFSTUK 5

DATA-ANALISE EN INTERPRETASIE

5.1

INLEIDING

In die vorige hoofstuk is gekyk na die empiriese ondersoek wat by die skole gedoen is. Die spesifieke navorsingsontwerp en -metodologie is bespreek en daar is gekyk hoe die kwantitatiewe ondersoek geadministreer en uitgevoer is. In hierdie hoofstuk is ʼn analise en interpretasie van die data wat ingesamel is, gemaak. Die biografiese en demografiese besonderhede van die respondente is met behulp van sirkelgrafieke gegee. Die betroubaarheid van die vraelyste is getoets aan die hand van die Cronbach’s Alpha-telling waar die waarde ≥60 aanvaarbaar is. Daar is verder ʼn faktor-analise van die data wat versamel is, gedoen om vas te stel of die vraelyste geldig is. Die siening wat die onderwyser van die aard van die skoolhoof se leierskapstyl het, asook die vlak van onderwysermoreel, is indringend aan die hand van rangordes en beskrywende analises bespreek. Spearman se rangorde-korrelasie is gebruik om moontlike verhoudings tussen die veranderlikes aan te dui. Laastens is die invloed van die leierskap van die skoolhoof op die moreel van die onderwyser bepaal deur ʼn strukturele vergelykingsmodel te konstrueer.