• No results found

Onderdrukkende patriargale strukture kom in alle bekende samelewings voor. Daarteenoor is daar geen historiese rekords wat bewys kan lewer van ’n ware matriargie nie (Henslin 2000:300, Lerner 1986:21, Goldberg 1977:199-207). Lerner (1986:216-219) is oortuig dat paternalistiese oorheersing binne gesinsverband dateer uit die tweede millenium vC, samelopend met die totstandkoming van privaat eiendom. Sy is verder oortuig dat patriargie nie “natuurlik” is nie en deur samelewingskultuur gevorm is en daarom weer beëindig kan word deur sosialisering (Lerner 1986:21). Die navorser skaar haarself by hierdie oortuiging.

Wat sou ’n goeie vertrekpunt wees om ’n onderdukkende samelewingstruktuur te transformeer? Die verstaan van die ineenverweefdheid van mag en gender sal ’n sleutelrol speel in die vorming van ’n kontra-kultuur identiteit120 en daardeur die transformasie van die samelewing. In hierdie verband behoort gender stereotipes en –rolle veral aandag te geniet (Basow 1992:3). Wat ’n kontra-kultuur identiteit van ’n weerstandige identiteit onderskei, is die feit dat wanneer ’n kontra-kultuur identiteit ontwikkel word, daar nie alleen teen onderdrukkende strukture in opstand gekom word nie, maar dit ondersoek ook krities die ideologie agter ’n gegewe samelewingstruktuur. Deur die onderdrukkende struktuur te verstaan, kan ’n bevrydende struktuur ontwikkel word wat deur die geloofsgemeenskap voor-geleef kan word.

119

Die woord gender word gebruik as vervanging van die woord “geslag,” omdat dit ’n meer omvattende term is as bloot die verstaan van biologiese geslagsverskille. Gender word sosiaal gekonstrueer en word bepaal deur die mens se identifisering met “manlike of vroulike”

karaktereienskappe en hou nie noodwendig verband met die persoon se biologiese samestelling of fisiese geslag nie.

120

Uit die werk deur Castells is dit duidelik dat ’n kontra-kultuur identiteit die mees sinvolle werkswyse is in die transformasie van die samelewing (verwys 1.3.2.1.).

Hoe mag en gender verstaan word, is kultureel gekleur. Mag, volgens Brock (1988:45). word in ’n patriargale samelewing121 verstaan as iets wat verwerf word teenoor ander wat verworwe mag bedreig. Hierdie verstaan van mag is kompeterend en hiërargies.122 In ’n patriargale samelewing word vroue deur mans oorheers. Binne ’n samelewing waar hierdie denke heers, vind vroue dikwels hul mag in kinderversorging en die behoefte om ander te versorg. Die konstrukte van oorheersing en onderdanigheid bedreig nie hierdie verworwe mag – wat later oorgaan in toegekende mag en stereotipes – nie. Hierdie “plekke” wat (meeste) mans en vroue binne so ’n samelewing ingeneem het, eksploiteer ander om mag te bekom en is nadelig vir beide mans en vroue (:45). Dit is hierdie soort mag wat “die ander” moet onderdruk om te kan bestaan. Dit word byvoorbeeld gevind in die denke van Aristoteles (384-322 vC) wat die samelewing omskryf aan die hand van ’n reeks hiërargië: God- man-seuns-vrou-dogters-slawe-diere. Volgens hom is dit natuurlik dat die sterkere (byvoorbeeld mans) oor die swakere (byvoorbeeld vroue) regeer (Browning 2004:5).

Die onderliggende motief vir hiërargiese patriargie is eksklusivisme. De Beauvoir (1949) (1997:17), verduidelik in haar boek “The Second Sex” dat “andersheid” ’n fundamentele kategorie van die menslike verstaan van die werklikheid is. Uit hierdie verstaan word groepe deur eksklusivisme gevorm. Elke bekende samelewing verdeel die menslike ras in twee groepe, naamlik mans en vroue (Edley & Wetherell 1995:9).123 Wanneer polariserende stereotipiese124 gedrag nie alleen aan elke geslag toegeskryf word nie, maar

verwag word, skep dit ruimte vir onderdrukking. Volgens Conway-Turner en

Cherrin (1998:19), Brock (1988:44) en Nakawombe (1996:42-43) plaas die tradisionele verstaan van manlikheid en vroulikheid, vroue in ’n onderdanige

121

Soos reeds in Hoofstuk 1 uiteengesit, word patriargie gekenmerk deur institusioneel bekragtigde outoriteit van mans oor vroue en hul kinders in gesinsverband. Hoewel die patriargale gesin in krisis verkeer, is die oorheersing van vroue deur mans wel algemeen (Edley en Wetherell 1995:123, Nakawombe 1996:42).

122

Lips (2005:3) verwys na geskiedkundiges se bevinding dat in die patriargale kultuur duidelike hiërargiese waarde gekoppel word aan stereotipes, met die man meer gevorder op die kontenium van volmaaktheid as vroue.

123

Met verwysing na navorsing deur Ortner en Whitehead 1981.

124

Lips (2005:2-3) definieer stereotipering as sosiaal-gedeelde oortuigings dat vasgestelde eienskappe aan mense toegeskryf word bloot op grond van hul geslag. Sy wys ook op die neiging om manlike en vroulike stereotipes as teenoorgesteldes te sien.

posisie. Ter illustrasie kan die volgende uittreksel uit die leerboek vir katkisante in die belydenisklas, die “Glo en bely” (AJK/Algemene Jeugkommissie 1991:128-151),125 geneem word: Onder die opskrif “wedersydse hulp” as een doel van die huwelik en gesin word gemotiveer: “Die man beskik oor sekere eienskappe, kragte en vermoëns waaroor die vrou nie beskik nie en waaraan sy sterk behoefte het” en omgekeerd. Hierdie eienskappe word later verder verduidelik: “Na sy liggaam is hy groot, sterk en gespierd. Na sy gees is hy onafhanklik van geaardheid. Hy wil in beheer wees, leiding neem en bevele gee.” Oor die vrou word gesê: “Liggaamlik is sy minder gespierd, soepeler, ronder, sagter en broser. Na haar gees is sy meer afhanklik van geaardheid, sy het behoefte aan beskerming en leiding van die man. Sy wil na hom opsien en hom vertrou” (:137). “So vul hulle mekaar aan. Dit mag en moet alleen in die huwelik plaasvind. Die huidige unisex gedagte is dus heeltemal onbybels” (:130). Hierdie verstaan loop uit op onregverdige stereotipering. Hierdie soort stereotipes – byvoorbeeld dat vroue meer onderdanig, sentimenteel en versorgend is en mans avontuurlustig, kragdadig en doel-georiënteerd is - word in verskillende kulture gevind (Basow 1992:4).126 Volgens Conway-Turner en Cherrin (1998:19) is hierdie soort tradisionele verstaan van “manlikheid” en “vroulikheid” in ’n patriargale konteks gevorm.

Hieruit volg die denkraamwerk: Daar is een normatiewe geslag: mans. Een regerende ras: wit mense. Een geloof: Christenskap. Een soort gesin: heteroseksueel en monogaam, met ’n manlike broodwinner en vroulike tuisteskepper. Diegene wat aan hierdie uitverkore groep behoort het ’n “Godgegewe plig” om almal anders te onderrig om te konformeer – dié wat buite hierdie orde lewe word gesanksioneer (Radford Ruether 2000:206). Uit ’n feministiese oogpunt is dit stereotipering wat meewerk tot eksklusivisme in die geloofsgemeenskap, deurdat dit vroue en ander rolspelers wat nie die normatiewe navolg nie, marginaliseer.

125

Die gebruik van nie-akademiese bronne ter illustrasie word gekies omdat dit die bronne is wat die denke van die gelowiges van vandag vorm/gevorm het.

126

In hierdie hoofstuk word daar steeds gewerk binne die gekose teologiese benadering, met perspektief 1, terwyl perspektief 2 inleidend bygevoeg word (verwys 1.8.6.1. en 1.8.6.2.). Die werklikheid wat bespreek gaan word, is onder andere die ideologie agter patriargie (perspektief 2). Hieruit volg die vraag of die stereotipering127 van manlike en vroulike rolle in die samelewing geregverdig is, wat weer die spanning tussen essensialisme en konstruktivisme op die voorgrond bring (perspektief 1).

Hoewel sommige van die navorsing wat aangehaal word, nie binne die studieveld van Praktiese teologie val nie, het dit waarde in dié opsig dat dit aandui dat die tradisionele verstaan van mans en vroue as komplementêr of as teenoorgesteldes, ongegrond is. Vir elke teorie waarna verwys word, bestaan kritiek en in sommige gevalle selfs teenoorgestelde bewyse (Bunker- Rohrbaugh 1981, Lips 2005). Die bedoeling met die verwysing na teorieë is egter nie om finale uitsluitsel oor elk te gee nie, maar ’n poging op juis te wys op die feit dat daar nog geen “finale woord” oor gender en stereotipes gespreek is nie. Hieruit volg dan dat stereotipes nie as grond vir die onderskeid tussen mans en vroue gebruik kan word nie. Hiermee saam kan die navorser ook nie ontken dat daar moontlik essensialistiese verskille vir meeste mans en meeste vroue kan bestaan nie. Tog kan hierdie gegewe nie bepaal hoe vroue en mans behandel word nie, omdat dit van individu tot individu verskil, en sommige “bevindinge” verkeerd kan wees.

3.2. Die basiese ideologiese konsepte van