• No results found

Androsentrisme hang nou saam met patriargie. Hiervolgens is die man en die manlike die norm vir die samelewing. Heteroseksuele manlike interpretasies en -belewenisse word as norm aanvaar. Om waarlik mens te wees beteken hiervolgens om ’n man te wees en beskou vroue as die mindere van die menslike ras en tweedeklas burgers. Vroue word as “die ander” beskou (Rakoczy 2004:11, De Beauvoir 1997:653). Met die verstaan van “manlikheid”

127

Lips (2005:2) definieer stereotipering as sosiaal-gedeelde oortuigings dat vasgestelde eienskappe aan mense toegeskryf kan word bloot op grond van hul geslag.

en “vroulikheid” as twee pole, word die “weg beweeg” van die pole vertolk as die “nader beweeg” aan die ander pool. Wanneer ’n man dan “vroulike” eienskappe openbaar, word hy gebrandmerk as “onmanlik” en vroue as “onvroulik” op hulle beurt. ’n Verdere gevolg is dat daar die verwagting is dat vroue en mans in groepe van dieselfde geslag saamgevoeg moet word in verskeie kontekste. Sou ’n man saam met ’n groep vroue wees of ‘n vrou saam met mans, word die enkeling dikwels as “indringer” beleef en hanteer. Mans en vroue sal geneig wees om kontekste te vemy wat beleef word as “ingestel” op die “teenoorgestelde” geslag (Lips 2005:3).128

Schüssler Fiorenza (2001:118) verfyn die woord patriargie en androsentrisme verder na kyriargie. Die woord is ’n samestelling tussen kyrios (die Grieks vir heer of meester) en archein (om te domineer). In die Klassieke tydperk het ’n sosio-politiese sisteem ontwikkel waarin die slawemeester en elite, geleerde man uit die besittersklas, mag gehad het oor vroue en ander mans (Rakoczy 2004:11). Beheer kan alleen bestaan indien daar oorheersing is oor ’n dienskneg/slaaf. Dit vereis ’n slawe-geslag, slawe-klas, slawe-ras en slawe- godsdiens. Ook die aarde word oorheers. Alle beheer word geregverdig deur die motivering dat “wet en orde” gehandhaaf moet word. Hierdie oorheersing word in stand gehou deur opvoeding, sosialisering en geweld en lei tot onreg en onderdrukking.

Binne so ’n werklikheidsbeskouing bestaan die “wit man” as norm. Met hierdie stelling behoort in ag geneem te word dat manlike en vroulike stereotipes wissel tussen kulture en oor tyd.129 Tog bestaan daar sekere temas wat in patriargale samelewings in verskillende kulture gevind word, naamlik: mans is dominant, onafhanklik, sterk en avontuurlik, terwyl vroue onderdanig, setimenteel en bygelowig is (Lips 2005:5, 10). Hierdie gegewens word bevestig deur Basow (1992:6). Basow (1992:6) wys ook daarop dat die wit

128

Byvoorbeeld kroeë of ooievaarspartytjies.

129

Edley en Wetherell (1995:11) wys byvoorbeeld op die strewe van talle antropoloë in die negentiende eeu om verbande te lê tussen breingrootte, intelligensie en geslag – die gevolgtrekking waartoe hulle gekom het, was dat mans meer intelligent as vroue is. Dieselfde antropoloë was oortuig dat die wit ras oor hoër intelligensie beskik as anderskleuriges (“laer rasse”).

middelklas man en vrou algemeen as stereotipe beskou word van wat ’n man of vrou verteenwoordig. Van waar kom die denke oor die “wit man”?

Schüssler Fiorenza (2001:26) noem die vroulike argetipe130 die “wit dame.” Hierdie “ideale dame” het samelopend met westerse kolonialisme en romantisisme ontwikkel, en het die christelike, wit, elite, Europese vrou, voorgehou as model van hoe ’n beskaafde gekultiveerde vrou behoort te lyk. Hierdie ideologie is tegelykertyd gebruik om elite vroue uit posisies van mag in die samelewing en kerk te hou. Hulle is koloniale verteenwoordigers gemaak wat die Europese kultuur oorgedra het aan die sogenaamde barbare. Hierdie argetipe van die “wit dame” is volgens Schüssler Fiorenza (2001:26) ’n projeksie van die westerse, opgevoede man en predikante wat glo dat ’n vrou van nature as komplementêr tot ’n man bestaan. Hierdie argetipe het nie die bevryding van vroue as doel nie, maar moet uitgeleef word sodat mans in beheer kan wees. Hierdie ideale vroulike word geassosieer met ’n spiritualiteit van selfvervreemding, onderdanigheid, huishoudelikheid, diens, selfverloëning, afhanklikheid, manipulering, magloosheid, skoonheid, dieëte en hulpeloosheid. Hierdie stereotiperende ideologie word deur kulturele sosialisering oorgedra. 131 Volgens Nakawombe (1996:43) kom meeste van hierdie eienskappe vandag nog onder vroue in Afrika na vore.

Stereotipering as kenmerk van ’n patriargale samelewing versterk die onderdrukking van vroue (Conway-Turner & Cherrin 1998:19, Edley & Wetherell 1995:102), omdat dit vroue beperk tot sekere rolle en daarmee saam word meer waarde geheg aan “manlike” eienskappe as “vroulike” eienskappe (Basow 1992:7). Middelbrook (1980:82) beskryf die proses van stereotipering as volg: “Wanneer ons onwillig of nie in staat is om ’n persoon as individu te aanvaar nie, wend ons ons tot stereotipering. Stereotipering

130

Argetipes vorm die basis vir menslike denke en bestaan uit oerbeelde wat die mens se waarneming van die werklikheid beïnvloed deur intuïsie. Argetipes kan alleen deur simbole uitgedruk word. ’n Simbool verteenwoordig altyd iets wat nie met woorde gesê kan word nie (Meyer, Moore en Viljoen 1988:84).

131

Hierdie ingesteldheid funksioneer dikwels vandag nog. Lips (2005:18) wys op navorsing deur Haddock en Zanna (1994) dat konserwatiewe respondente vroue meer positief beoordeel het wanneer die beeld van die vrou wat voorgehou word dié van ’n huisvrou is. Vroue wat as feministe voorgehou word, is baie negatief beoordeel.

behels dat ’n persoon geklassifiseer word as lid van ’n sekere groep. Oor die groep word sekere aannames gemaak ten opsigte van hul karaktereienskappe. Hierdie eienskappe word dan direk aan die individu toegeskryf.” Stereotipering aksensueer die verskille tussen mans en vroue, wat vroue in ’n onderdanige en afhanklike rol plaas (Conway-Turner & Cherrin 1998:19, Lips 2005:3, 10). In navorsing oor eiewaarde onder laerskoolkinders is gevind dat kinders wat oorwegend “vroulike” eienskappe openbaar – veral meisies – ’n beduidende laer eiewaarde het as seuns wat “manlike” eienskappe openbaar. Androgene individue (wat beide “manlike” en “vroulike” eienskappe uitleef) het die hoogste eiewaarde openbaar (Basow 1992:174). Die vraag kan gevra word: Tot wie se voordeel bestaan hierdie stereotipes? Hierop is die antwoord uit die voorafgaande duidelik: Die man.

Die volgende vraag sal wees: Is hierdie onderskeid geregverdig? Verskil mans en vroue werklik tot so ’n mate dat vroue as teenoorgesteldes of komplementêr teenoor mans gesien kan word? Om hierdie vrae te kan beantwoord, moet die biologiese en sosiale invloede in die vorming van “manlikheid” en “vroulikheid” in ag geneem word. Om dit sinvol te kan beantwoord is dit belangrik dat die terme wat gebruik word ten opsigte van genderomskrywing duidelik is.

3.3. Terme ten opsigte van genderomskrywing