• No results found

Impak van die Covid-19 op toekomsvisie en vooruitsigte

In document LYS VAN FIGURE (pagina 22-27)

19. Impak van die Covid-19 op toekomsvisie en vooruitsigte

Die leerlinge is gevra om in hul eie woorde te beskryf wat die impak van Covid-19 op hul toekomsvisie en vooruitsigte was. Na kodifisering en inhoudsanalise het die volgende temas (in volgorde van

belangrikheid, m.a.w. hoe meer kinders hierdie tema genoem het, hoe belangriker is die tema) te voorskyn gekom.

Geen invloed nie (25,1% )

ʼn Kwart van die leerlinge het aangedui dat die Covid-19-pandemie nie ʼn noemenswaardige invloed op hulle toekomsplanne gehad het nie en dat hulle nog steeds seker is oor wat hulle volgende jaar gaan doen. Hulle voel ook dat die pandemie nie hulle punte of belewenis van skoolgaan pertinent negatief beïnvloed het nie. Baie sê dat niks vir hulle verander het nie.

Nie veel geaffekteer nie, ek weet nog presies wat ek wil gaan studeer

Dit het geen impak tot dusver gehad op my toekoms planne nie.

Niks verander

COVID-19 het my nie beïnvloed nie

Wel dit is sleg maar niks rerig in my toekoms verander nie

Die Covid 19 pandemie het nie eintlik my beplanning vir die toekoms beïnvloed nie.

Dit het glad nie my toekomstige visie verander nie en ook nie my planne nie

My toekomsvisie het nie veel verander nie. Ons is almal is gedwing om aan te pas en alles gebeur vir 'n rede. Ek glo my toekomsvisie se langtermyn doel bly dieselfde en ek glo dat ek daar sal uitkom met die nodige hulp.

Ek is baie min beïnvloed deur Covid 19 Ek voel as ek hard genoeg werk sal ek nog steeds ʼn toekoms vir myself kan bou, afhanklik van die huidige situasie

Positief (30,4%)

ʼn Derde van die respondente wat die vraag beantwoord het, het geskryf oor hoe die pandemie eintlik op verskeie vlakke ʼn positiewe effek op hulle gehad het.

Hulle skryf oor hoe hulle tyd gehad het om hulself te vind, om dinge te oordink en om beter planne vir die toekoms te maak. Baie het nuwe doelwitte gestel en baie moes aanleer om meer gedissiplineerd te werk. Hulle het ʼn nuwe tipe pligsbesef begin ontwikkel en besef dat hulle harder aan ʼn toekoms sal moet werk, juis omdat dinge op die oomblik so onseker is.

Baie noem hoe hulle geleer het om meer aanpasbaar en buigsaam te wees. Hulle het meer oor hulleself geleer en ook besef hoe sterk hulle is en dat enigiets moontlik is. Baie het besef dat die lewe vinnig kan verander en dat hulle beter vir die toekoms moet beplan, selfs om ander loopbane te kies wat meer volhoubaar en realisties is ingeval dinge skeefloop.

Van die matrikulante het ook gesê dat hulle nou besef hoe belangrik familietyd asook tyd om te ontspan is. Van die leerlinge het ook as gevolg van die krisis weens die pandemie besef dat hulle graag ander wil help of ʼn bydrae in hulle gemeenskap wil lewer en daarom ook ander studierigtings oorweeg.

Baie van die matrikulante sê hoewel hulle nou spanning ervaar, sien hulle baie uit na wat die toekoms kan bring en hulle voel positief daaroor.

Van die respondente beskryf ʼn “dringendheid”, want hulle voel omdat dinge so vinnig kan verander, moet hulle nou ekstra versigtig wees, ekstra beplan en ekstra voorberei vir die toekoms. Hoewel dit ʼn positiewe eienskap kan wees om aan te leer, moet daar ook ʼn balans wees. As hierdie siening te ver

20 ontwikkel, kan dit spanning en ʼn hiper-waaksaamheid veroorsaak, wat die normale vreugde en

sorgeloosheid van ʼn jongmenslewe sal oorheers en dit te ernstig maak.

Die Covid-19 pandemie het my eerlikwaar positief verander. Baie mense, waarvan ek bewus is, het nie positief hieruit gekom nie maar ek voel intern het ek beter uitgestap. Ek het besef wat belangrik is in my lewe, wat my gesin en studierigting is.

Nuwe doelwitte gekry Nuwe verantwoordelikhede Nuwe aanpassings

Die Covid-19 pandemie het my toekomsvisie verander, bloot deur die feit dat ek nou besef dat ek nie altyd 100% vooruit kan beplan nie. Ek moet reg wees vir enige moontlike struikelblokke!

Covid-19 het my laat besef wat werklik my passie is en waarin ek belangstel. Dit het my tyd gegee wat ek gebruik het om myself te verbeter en te besef wat ek na skool wil doen. Ek wil graag Teologie gaan swot en die wêreld toer. Ekonomies het Covid-19 my gesin hard getref en ʼn droom vir Au Pair wakker gemaak.

Ek het vreeslik baie van my geleer van myself, hoe ek leer en myself motiveer. Ek het agter gekom watse werke daar na aanvraag is en dit is waarom ek in 'n IT rigting wil gaan. Die COVID-19 pandemie het my selfbeheer geleer, maar ook om alles wat ek het te waardeer.

Met die regte attitude is enige iets moontlik. Ons kan die pandemie oorwin, daar is hoop, dus is daar ook hoop vir die toekoms. Ek het ook geleer aanpas en nuwe uitdagings te aanvaar.

Ek het agtergekom hoe maklik iets kan gebeur wat jou jou werk kos. So ek wil so hard as moontlik werk/leer om ʼn goeie werk vir my te kan kry.

Dat jy moet buigsaam wees om aan te pas by verandering.

Covid-19 het my tot die besef laat kom dat ek meer met my lewe wil doen as ʼn oggend tot aand werk.

Ek wil ʼn verskil maak in my gemeenskap en in my land en ek wil dit doen terwyl ek my passie uitleef! Dit het my ook maak besef dat familie tyd en ontspannings tyd baie, baie belangrik is en dat mens dit nie as nutteloos moet afskryf nie.

Ek’t pligsgetrou geraak deur om self te studeer

Die COVID-19 pandemie het my visie heeltemal verander. Ons lewens kan binne 'n sekonde verinneweer word. Daar is geen sekerheid in ons lewens nie. Die pandemie het my laat besef dat ek elke dag my beste moet gee, maak nie saak wat nie. Ek moet elke geleentheid moontlik aangryp omdat ek nie weet wanneer daardie geleentheid nie beskikbaar sal wees nie. Dit het my geleer om elke oomblik te koester.

In die grendel tydperk het ek besef dat ek mense wil help. Ek wil die onreg herstel. Daar is soveel dinge wat daagliks om ons verkeerd gaan, soveel dinge wat niemand aan aandag gee nie. Ek wil mense help wat nie 'n stem het nie. COVID-19 het ons planne baie verander, maar dit het ons in dieselfde slag 'n hele paar kosbare lesse geleer.

Ek deur die loop van grendeltyd besef het waarvoor Ek ʼn passie het en wat Ek eintlik wil doen met my lewe. Ek het myself beter leer ken en ek het nou langtermyn doelwitte.

Dissipline geleer

Ek het gesien dat ek moet hard werk om te kom waar ek wil wees en ʼn werk moet kies wat voltyds behoue kan bly

Gedurende die grendeltydperk het almal besef hoe groot impak geld op mense se lewe het en hoe iets soos covid ʼn gemors in mens se lewe kan maak. Daarom het ek besef dat om so gou as moontlik ʼn salaris te kan ontvang en hard te werk vir wat jy soek ʼn groot impak op jou toekoms het

Ek het begin harder werk in alle opsigte, meer beplan vir my toekoms wat vir my voorlê

Hoewel die Covid-19 pandemie baie onsekerheid veroorsaak het, is ek seker dat ek oor die vermoëns beskik om ʼn positiewe uitkyk oor my toekoms te handhaaf en dit is my motivering om akademies harder te werk en beter te presteer sodat ek bo omstandighede kan uitstyg.

Covid 19 het my toekoms uitkyk en drome so verander dat ek baie meer gemotiveerd is om harder te werk en my drome te bereik.

Dit het meer druk geplaas om self studie toe te pas en steeds beter prestasies te behaal

Dat ek harder gaan moet werk, omdat werk skaars is tans in Suid-Afrika

dit het my geleer om meer selfrespek te hê oor my werk want in die grendeltydperk het niemand jou ondersoek oor jou werk nie, dit was jou eie verantwoordelikheid

21

Ek het agtergekom hoe maklik iets kan gebeur wat jou, jou werk kos. So ek wil so hard as moontlik werk/leer om ʼn goeie werk vir my te kan kry.

Moet seker maak oor toekoms en planne

Dit het my laat besef dit alles kan verander en in die toekoms dat ek meer verseker oor my toekoms moet wees

Covid-19 showed me that life is too short. It also showed me that if an opportunity is handed to me, grab it with both hands.

Ek het gesien dat ek moet hard werk om te kom waar ek wil wees en ʼn werk moet kies wat voltyds behoue kan bly

Meer gemotiveer om die weermag te join

Die Covid-19 pandemie het my toekomsvisie verander, bloot deur die feit dat ek nou besef dat ek nie altyd 100% vooruit kan beplan nie. Ek moet reg wees vir enige moontlike struikelblokke!

Dit het vir my gewys dat ek nie ʼn dokter of ingenieur moet wees om eendag goeie geld te kan maak nie

Die covid-19 pandemie het my toekomsvisie verander deurdat ek seker geword het van wat ek wil studeer en dat ek besef het dat my werk moet behels dat ek 'n verskil in mense se lewens kan maak, want ek wil graag daar wees vir ander.

COVID-19 het my toekomsvisie heeltemal verander omdat Ek deur die loop van grendeltyd besef het waarvoor Ek ʼn passie het en wat Ek eintlik wil doen met my lewe. Ek het myself beter leer ken en ek het nou langtermyn doelwitte.

Onseker oor die toekoms (13%)

Sommige van die matrikulante se toekomsplanne moes verander en hulle is onseker oor wat volgende jaar vir hulle voorlê. Dié wat beplan het om oorsee te gaan werk, is veral onseker of hulle nog sal kan gaan. Die onsekerheid, soos vroeër bespreek, handel ook oor loopbaankeuses. Party het besef dat hulle iets anders wil gaan studeer, ander het tot die insig gekom dat die loopbane wat hulle gekies het, dalk nie so volhoubaar vir die toekoms gaan wees nie. Sommiges ervaar ʼn huiwering om planne vir die toekoms te maak.

Van die leerlinge noem ook dat hulle oor die algemeen bang en onseker voel oor die toekoms en dat dinge deurmekaar is. Dit veroorsaak spanning by die matrikulante.

Dit het onsekerheid gekweek of ek nog oorsee gaan kan gaan en dat my kanse van ʼn sport beurs weg geneem gaan word

Alles het my net geconfuse. Ek weet nie wat om te doen en hoe om dit meer te doen nie. Alles is net deurmekaar nou

Dit het my onseker gemaak oor die rigting waarin ek wil gaan studeer en of ek keuring gaan kry vir my rigting.

Dit het my beroep keuse verander. Dit het my onseker laat voel vir of ek oorsee moet gaan of nie.

Ek voel bang en onseker oor alles

Dit het my nogal verward gelos, weet nie meer presies wat ek wil gaan doen nie.

het my nogal benoud gemaak, en my maak stres oor my toekoms

Ek is meer onseker aangesien ek in toeriste bedryf wil gaan en nie meer seker is oor waar ek toelating gaan kry en of die toeriste bedryf gaan deurtrek nie.

Onseker oor rigting (4,3%)

Dit het my onseker gemaak oor die rigting waarin ek wil gaan studeer en of ek keuring gaan kry vir my rigting.

Dit het my beroep keuse verander. Dit het my onseker laat voel vir of ek oorsee moet gaan of nie.

Kanse verminder

22

Ek is baie meer onseker oor my toekoms en my doelwitte. Ek voel negatief om te gaan studeer na skool omdat ek voel die uitdagings om daar te kom te groot is.

Dit het verander dat ek baie onseker is wat ek wil doen na skool, dit verminder die kanse om oorsee te gaan

Ek is meer onseker aangesien ek in toeriste bedryf wil gaan en nie meer seker is oor waar ek toelating gaan kry en of die toeriste bedryf gaan deurtrek nie.

Dit het dit ʼn bietjie dit erger gemaak en my meer laat stres oor my toekoms.

Verandering (11,2%)

Die leerlinge self het groot verandering op verskeie vlakke van hul lewens en hul ouers se lewens ervaar. Onsekerheid word aan verandering gekoppel en daar is baie onsekerheid onder die leerlinge ook. Onsekerheid veroorsaak gevoelens van stres en angs, maar die meeste het dit nie direk genoem nie.

Hulle moes veranderinge maak aan hul roetine en manier van skoolgaan en leer, maar ook in hul sosiale lewens. Daar was ook groot veranderinge in baie van hulle ouerhuise, veral wat finansies aanbetref. Sommiges het selfs genoem dat hulle nie meer kan gaan studeer nie omdat daar nie nou meer genoeg geld daarvoor is nie. Baie moes ook hul beplanning om bv. oorsee te gaan werk, laat vaar omdat dit te onseker is of hulle sal kan gaan of nie.

Op ʼn meer persoonlike vlak het baie van die leerlinge ook hulle idee of opinie oor die toekoms verander. Baie voel nou hulle moet ander loopbane kies en ander voel dat hulle meer onseker is oor hulle toekomsplanne, juis omdat hulle besef dat enige iets kan gebeur.

Sommige kinders praat oor hoe hulle nie meer aan sport kan deelneem nie en dat dit vir hulle ʼn groot verandering meebring, asook hoe stresvol dit vir hulle is.

Dit het alles verander

Die pandemie het my gewys dat daar werklik min is waarvan ons eintlik seker is. Ons moes leer hoe om aan te pas en op ander maniere nog steeds die punte behou wat ons nog altyd gekry het. Dit was vir my ʼn baie groot aanpassing en soms sukkel ek nog steeds maar ek sien ʼn goeie toekoms vir ons as matrieks want hierdie pandemie het ons geleer hoe om verandering te hanteer en die beste van elke situasie te maak.

Baie aanpassings aan my roetine.

Dit het my idee van my toekoms verander en wat ek wil studeer.

Toe Covid begin het, het ek nooit gedink my lewe sal so baie verander nie. Van my ouers wat se werk daarmee gelei tot ek wat elke dag aanlyn moes skool gaan en nie kon sosialiseer met vriende of onderwysers nie. Dit was regtig ʼn groot aanpassing vir my want daar was niks meer sport of interaksies met onderwysers nie. My ouers wat finansieel sukkel het ook bygedra by ongelooflike stres. Ek was en is baie onseker oor wat ek eendag wil gaan studeer eintlik omdat ek bang is dat ek nie gaan keuring kry want my punte het bietjie afgeneem tydens Covid. Dis moeilik ook om te dink wat in die toekoms gaan gebeur as my ouers nie geld het vir my om te gaan studeer nie. So alles is maar baie stresvol deesdae en baie onseker. Covid het definitief baie onsekerheid, stres gebring maar ook baie lewenslesse

Dit het dit moeilik gemaak om by besighede/hospitale te "shadow" om uit te vind watter loopbaan ek wil volg. Die ekonomiese toestand maak finansiering moeiliker. Dit maak dit ook moeiliker vir jongmense om aangestel te word vir vakansiewerke om werksondervinding op te doen.

Dit het my planne om my sport te verbeter verbeur en maak dit vir my baie moeiliker om oorsee ʼn beurs te ontvang

Dit was ʼn groot aanpassing gewees en het my opsigte teenoor die werksomgewing verander

Ek wou altyd in musiek in gaan, maar as gevolg van Covid, moes ek meer realisties wees

My planne vir 2022 was om in Amerika te Au-pair en te gaan studeer. Maar met die Covid 19 is dit moeilik om oorsee te gaan as jy nie ondervinding het in die beroep nie. Hulle sal veel meer eerder iemand in daardie land vat of iemand wat meer ondervinding het

23

Die pandemie het my laat besef dat my beroep baie kwesbaar is tot verandering.

Dit het definitief my rigting verander en ook onsekerheid gebring rakende die moontlikheid om na skool te gaan studeer

Punte negatief (9,6%)

Ongeveer 10% van die matrikulante het vertel hoe die pandemie hulle skoolpunte baie negatief beïnvloed het. Die meeste noem dat hulle sukkel met aanlyn klasse en voel ook dat eksamens moeiliker was vir hulle. Baie het daarmee gesukkel om op hul eie te studeer, veral omdat hulle nie kontaktyd met onderwysers kon hê nie. Sommiges het veral met wiskunde agter geraak. Baie was bekommerd dat hulle nie so goed soos altyd sou kon presteer nie en dit het veroorsaak dat hulle moes aanpas en nuwe maniere van leer en werk moes kry.

Vir ander het die emosionele stres veroorsaak dat hulle punte gedaal het. Soms was dit so erg dat van hulle genoem het dat hulle nie meer universiteitsvrystelling het nie.

My punte het aansienlik geval, omdat meeste van my vakke aanlyn ontvang moes word. Veral fisies en wiskunde is moeilik om op datum te hou as jy dit net 3 keer ʼn week gekry het.

Dit het dit moeilik gemaak met die sport wat weggevat was. Ons het online begin klas gaan en dit was baie moeiliker as om skool te gaan in persoon.

Dit het net eksamens moeiliker gemaak met die maskers en tydperk wat ons by die huis was, maar dit het nie my toekomsvisie werklik verander nie.

Negatief, ek sukkel om aanlyn te studeer.

My punte het sleg geword oor die online skool gaan.

Die Covid-19 pandemie het veroorsaak dat ek nie kan studeer soos ek moet nie, weens die emosionele druk en uitwerking van die pandemie. Indien daar nie ʼn pandemie was nie, sou my graad 11 punte aansienlik hoër wees, en my kanse op keuring ook hoër.

My sport en akademie het ʼn groot terugslag gehad.

Die skool en graad 11 punte was NIE op standaard nie.

My punte het verskriklik gedaal. Om mense en besighede te gaan shadow is nie moontlik nie en is nou meer deurmekaar oor wat om te doen en gaan studeer. Finansies is ook ʼn groot probleem.

My punte het af gekom, dus werk ek nou hard om toelating te ontvang.

Negatief (7,9%)

Sommige kinders het in die algemeen gesels oor hoe die pandemie hulle negatief geraak het. Hulle beskryf dat dit ʼn moeilike ervaring is, dat dit baie sleg is en dat dit probleme en struikelblokke oor hulle en hul gesinne se pad gebring het. Party noem spesifiek dat dit vir hulle meer negatief is omdat hulle ontneem is van geleenthede en ervaringe, veral in ʼn matriekjaar, maar ook wat hulle eerste jaar op

Sommige kinders het in die algemeen gesels oor hoe die pandemie hulle negatief geraak het. Hulle beskryf dat dit ʼn moeilike ervaring is, dat dit baie sleg is en dat dit probleme en struikelblokke oor hulle en hul gesinne se pad gebring het. Party noem spesifiek dat dit vir hulle meer negatief is omdat hulle ontneem is van geleenthede en ervaringe, veral in ʼn matriekjaar, maar ook wat hulle eerste jaar op

In document LYS VAN FIGURE (pagina 22-27)