• No results found

LYS VAN FIGURE

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2022

Share "LYS VAN FIGURE "

Copied!
27
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)
(2)

Inhoud

LYS VAN FIGURE ... 3

LYS VAN TABELLE ... 3

Inleiding ... 1

Resultate ... 4

1. Geslag ... 4

2. Skool ... 5

3. Huistaal... 5

4. Vakkeuses ... 6

5. Afrikaans as onderrigtaal ... 7

6. Verdere studie na skool ... 7

7. Waar verder studeer? ... 8

8. Ander instansies vir verdere studie... 8

9. Voltyds of deeltyds verder studeer ... 9

10. Verdere studie in Afrikaans ... 10

11. Wat gaan hulle doen as hulle nie verder gaan studeer nie? ... 10

12. Fondse vir studie ... 11

13. Studierigtings ... 12

14. Werk ... 16

15. Redes waarom respondente oorsee wil gaan werk ... 17

16. Leerlinge wat reeds werk gekry het ... 17

17. Belangstelling in gemeenskapswerk ... 18

18. Leiding aangaande loopbaankeuses ... 18

19. Impak van die Covid-19 op toekomsvisie en vooruitsigte ... 19

Slot ... 24

(3)

LYS VAN FIGURE

Figuur 1. Geslag ... 4

Figuur 2. Skool ... 5

Figuur 3. Vakkeuses... 6

Figuur 4. Voel oor Afrikaans as onderrigtaal ... 7

Figuur 5. Studie na skool ... 7

Figuur 6. Instansie vir verdere studie ... 8

Figuur 7. Voltyds of deeltyds studeer ... 9

Figuur 8. Verdere studie in Afrikaans ... 10

Figuur 9. As nie verder gaan studeer ... 10

Figuur 10. Fondse vir studie ... 12

Figuur 11. Waar gaan werk ... 16

Figuur 12. Oorsee werk ... 17

Figuur 13. Belangstelling in gemeenskapswerk ... 18

Figuur 14. Leiding aangaande loopbaankeuses ... 18

LYS VAN TABELLE

Tabel 1.Terugvoer per skool ... 1

Tabel 2. Ander instansies vir verdere studie ... 8

Tabel 3. Oorsese universiteite ... 9

Tabel 4. Studierigtings ... 12

(4)

1

Inleiding

Hierdie studie is gedurende Mei 2021 deur Solidariteit Jeug aangevra. Die hoofdoel van die navorsing is om te bepaal wat gr. 12-leerlinge in skole regoor Pretoria se siening is oor hul toekoms, wat hulle beoog om na skool te doen en hoe die Covid-19-pandemie hulle beïnvloed het.

ʼn Elektroniese vraelys is op Survey Monkey (https://www.surveymonkey.com/r/Gr12skoleopname ) ontwerp en ʼn internetskakel waar die vraelys elektronies ingevul kon word, is per selfoonnommer aan respondente uitgestuur. Die opname kan beskryf word as ʼn gemengde metode navorsingstudie omdat daar van kwantitatiewe sowel as kwalitatiewe data en ontledingstegnieke gebruik gemaak word. Die kwantitatiewe data is hoofsaaklik deur beskrywende statistiese tegnieke ontleed terwyl die kwalitatiewe teks deur middel van inhoudsontleding ondersoek is.

Die vraelys is vanaf Mei tot Oktober 2021 na skole in Pretoria versprei. Onderwysers het die matrikulante gevra en aangemoedig om die vraelys op hul selfone te voltooi. Daar is dus van ʼn gerieflikheid-steekproefmetode gebruik gemaak. ʼn Totaal van 11 skole (Hoërskool Montana en

“ander” skole is nie hierby ingesluit nie) regoor Pretoria het aan die studie deelgeneem en 1 533 leerlinge het die vraelys voltooi.

Nota: Daar was leerlinge wat hierdie vraelys grappenderwys ingevul het wat tot sommige wedersprekende en konflikterende resultate aanleiding gegee het. Dit het egter nie die oorkoepelende betroubaarheid en sinvolheid van die resultate beïnvloed nie aangesien dieselfe patrone en temas regoor die veertien skole verkry is. Hieronder is voorbeelde hiervan gelys:

39 leerlinge het genoem dat hulle huistaal ʼn “ander taal” is wat nie genoem is nie. Op die vraag waar hulle moet aandui wat hulle “ander” huistaal is, het een leerling aangedui dat hulle huistaal Sesotho is en een het gesê dat hy Tswana by die huis praat. Die ander het nie hierdie vraag voltooi nie en daar is waarskynlik nie so baie leerlinge wat ʼn ander huistaal as Afrikaans of Engels het nie.

119 leerlinge het aangedui dat hulle beplan om te gaan werk na skool. Op ʼn volgende vraag waar hulle gaan werk, het 349 leerlinge verskillende stede regoor die land genoem waar hulle gaan werk.

47 leerlinge wat nie verder gaan studeer nie, het aangedui dat hulle oorsee wil gaan, maar in ʼn latere vraag oor waarom hulle besluit om oorsee te gaan, het slegs 14 leerlinge die vraag beantwoord.

Tabel 1.Terugvoer per skool Afrikaanse Hoër Seunskool

Pretoria

211 Hoërskool Waterkloof 94

Hoërskool Oos-Moot 185 Hoër Tegniese Skool Pretoria-

Tuine 83

Hoërskool Zwartkop 171 Hoër Tegniese Skool John Vorster 39 Hoërskool Garsfontein 168 Ander skool nie hierbo genoem

nie.

24

Hoërskool Wonderboom 150 Hoërskool Montana 1

Hoërskool Eldoraigne 142

Hoërskool Centurion 136 Totaal: 1533

Hoërskool Menlopark 128

(5)

2

Samevatting

Tweederdes (60,4%) van die leerlinge wat hierdie opname voltooi het, is meisies teenoor 39,6% seuns.

Byna al die leerlinge (96,2%) dui aan dat hulle huistaal Afrikaans is terwyl 3,1% Engels as hulle huistaal aangedui het. Op die vraag oor hoe die matrikulante oor Afrikaans as onderrigtaal voel, het meer as tweederdes (68,8%), aangedui dat hulle positief daaroor voel. Slegs 0,8% is negatief oor Afrikaans as onderrigtaal en 21,7% voel nie positief of negatief daaroor nie.

ʼn Klein groepie matrikulante is nog onseker of hulle verder gaan studeer na skool (16,4%), terwyl die oorgrote meerderheid (79%) sê dat hulle wel verder gaan studeer. Die meeste beplan om aan die Universiteit van Pretoria (44%) te gaan studeer. Agt persent gaan by die Universiteit van Stellenbosch studeer en 7% gaan na die Noorwes-Universiteit vir verdere studies. AROS en The Open Window, sowel as die Belgium Campus en Varsity College is ook opsies wat die matrikulante vir verdere studies gekies het. Daar is baie groot verskeidenheid instansies (68) waar die leerlinge beplan om na skool te gaan studeer waarvan nege oorsese instansies is wat gelys is.

Die meeste (87,7%) van die leerlinge beplan om voltyds te studeer, terwyl slegs 12,3% deeltyds gaan studeer. Van diegene wat wel verder gaan studeer, sê 50% dat hulle graag in Afrikaans sal wil studeer terwyl 23% nie in Afrikaans verder wil studeer nie en 27% onseker daaroor is. Amper ʼn driekwart (71,7%) gee te kenne dat hulle graag studieleiding betreffende loopbaankeuses sou wou ontvang.

Honderd en negentien van die matrikulante wat aangedui het dat hulle nie verder na skool gaan studeer nie, dui aan dat hulle gaan werk, en 75 (23%) sê dat hulle nog onseker is oor wat hulle na skool gaan doen. Vyf persent van die leerlinge noem dat hulle graag verder sou wou studeer, maar dat hulle punte nie goed genoeg is nie. 11% kan as gevolg van finansiële omstandighede nie verder gaan studeer nie. Net meer as die helfte van dié wat wil gaan werk (61) sê dat hulle nog werk moet soek.

Nege en twintig gaan wel by ʼn familie-onderneming werk en tien beplan om oorsee te gaan werk.

Meer as ʼn derde (35,8%) van die leerlinge het aangedui dat hulle wel in gemeenskapswerk sou belangstel, terwyl 35,1% nie daarin sal belangstel nie en 29% onseker is daaroor.

Byna tweederdes van dié wat verder gaan studeer (59%), noem dat hulle ouers vir hulle studies gaan betaal, terwyl 26,4% sê dat hulle nog nie befondsing het nie en 11,9% beplan om ʼn lening vir verdere studies te kry. Slegs 32 matrieks dui aan dat hulle beurse ontvang het om verder te studeer. Hoewel die leerlinge baie seker klink oor wat hulle wil gaan studeer of doen na skool, het 66,9% aangedui dat hulle graag leiding ten opsigte van hulle loopbaankeuses sal wil ontvang.

Van die gewildste studierigtings is Finansiële en Besigheidstudies, Mediese en verwante beroepe, Ingenieurswese, Onderwys en Regte.

Op die vraag oor wat die impak van Covid-19 op hulle toekomsvisie en vooruitsigte is, het ʼn kwart geantwoord dat dit geen uitwerking op hulle toekomsplanne het nie en dat die pandemie ook geen negatiewe invloed op hulle gehad het nie. ʼn Derde het geantwoord dat die pandemie eerder ʼn positiewe effek op hulle gehad het. Hulle het tyd gehad om hulleself beter te leer ken, om seker te maak wat hulle met hul lewens wil doen en om nuwe doelwitte vir die toekoms te stel. Baie van die leerlinge het ook gevoel dat hulle geleer het om meer doelgerig en gedissiplineerd te werk. Hulle sê ook dat hulle besef hoe belangrik dit is om volhoubare loopbane te kies omdat enige iets kan gebeur.

Vir ongeveer 13% van die groep respondente het die Covid-19-pandemie egter onsekerheid oor die toekoms gebring. Van hulle moes hulle toekomsplanne verander en baie is nou onseker oor wat volgende jaar vir hulle voorlê. Sommiges voel huiwerig om planne vir die toekoms te maak. Van die kinders noem ook dat hulle oor die algemeen bang en onseker oor die toekoms voel en gespanne daaroor is.

Van die leerlinge het ook groot verandering in hierdie tyd ervaar. Hulle moes veranderinge maak aan hulle roetine en manier van skoolgaan en leer, maar ook in hul sosiale en sportaktiwiteite. Daar was ook groot veranderinge in baie van hulle ouerhuise, veral wat finansies betref. Sommiges het selfs genoem dat hulle nie meer kan gaan studeer nie omdat daar nie nou meer genoeg geld daarvoor is

(6)

3 nie. Baie moes ook hulle beplanning om bv. oorsee te gaan werk laat vaar omdat dit te onseker is of hulle kan gaan of nie. Persoonlik het baie van die kinders ook hulle idee van die toekoms verander.

Baie voel nou hulle moet ander loopbane kies en ander voel dat hulle meer onseker is oor hul toekomsplanne, juis omdat hulle besef dat enige iets kan gebeur en as gevolg van die onsekerheid wat met die toekoms saamgaan.

Net minder as 10% sê dat die pandemie en die verandering wat daarmee saamgegaan het, hulle skoolpunte negatief beïnvloed het. Van hulle sukkel met aanlyn klasse en om op hul eie te studeer en voel dat dit vir hulle moeiliker is. Hulle kon nie so goed soos altyd presteer nie. Sommiges se punte het ook gedaal omdat die pandemie en die situasie by hulle emosionele stres veroorsaak het.

(7)

4

Resultate

Vrae 1-7 verskaf inligting m.b.t. biografiese en demografiese gegewens van die respondente soos o.a.

geslag, graad, skool en huistaal. Die res van die vraelys bestaan uit spesifieke vrae aan die graad 12’s wat o.a. handel oor hul toekomsvisie, wat hulle gaan studeer en waar.

Die resultate word in grafiese of tabelvorm weergegee en die verbatim response op die oop vrae is met minimale wysiging weergegee. Van die response is opgesom om temas te verkry.

1. Geslag

Tweederdes (60,4%) van die leerlinge wat die opname voltooi het, is vroulik terwyl 39,6% manlik is.

Figuur 1. Geslag

MANLIK VROULIK

719; 39,6%

813; 60,4%

Geslag

(8)

5

2. Skool

Hierdie verslag fokus op veertien skole in Pretoria. Die meeste respondente (211) is leerlinge by die Afrikaanse Hoër Seunskool.

Figuur 2. Skool

3. Huistaal

Die meerderheid leerlinge (1 443 – 94,2%) se huistaal is Afrikaans. Slegs 3,1% (47) het aangedui dat hulle huistaal Engels is en een leerling elk het aangedui dat hul huistaal Isizulu, Nederlands en Sotho is.

Daar is wel 39 leerlinge wat aangedui het dat hul huistaal ʼn “ander” taal is wat nie genoem is nie.

AFRIKAANSE HOËR SEUNSKOOL … HOËRSKOOL OOS-MOOT HOËRSKOOL ZWARTKOP HOËRSKOOL GARSFONTEIN HOËRSKOOL WONDERBOOM HOËRSKOOL ELDORAIGNE HOËRSKOOL CENTURION HOËRSKOOL MENLOPARK HOËRSKOOL WATERKLOOF HOËR TEGNIESE SKOOL PRETORIA-TUI HOËR TEGNIESE SKOOL JOHN VORSTER ANDER SKOOL NIE HIERBO GENOEM NIE.

HOËRSKOOL MONTANA

211; 13,8%

185; 12,1%

171; 11,2%

168; 11,0%

150; 9,8%

142; 9,3%

136; 8,9%

128; 8,3%

94; 6,1%

83; 5,4%

39; 2,5%

24; 1,6%

1; 0,1%

Skool

(9)

6

4. Vakkeuses

In die figuur hieronder is die leerlinge se vakkeuses gerangskik volgens die vakke wat die kinders die meeste neem, tot die vakke wat hulle die minste neem.

Byna al die kinders neem Afrikaans Huistaal, Lewensoriëntering en English First Additional Language as vakke. Slegs 64% neem Wiskunde en minder as 39% neem Fisiese Wetenskap. Net meer as ʼn derde (35%) van die leerlinge neem Wiskundige Geletterdheid. Baie min leerlinge neem Robotika, Duits en Frans asook Musiekteorie.

Figuur 3. Vakkeuses

ROBOTIKA FRANS MUSIEKTEORIE DUITS MUSIEK SIVIELE TEGNOLOGIE MEGANIESE TEGNOLOGIE VISUELE KUNS VERBRUIKERSTUDIES DRAMATIESE KUNS ELEKTRIESE/ELEKTRONIESE …

TEGNIESE WISKUNDE INLIGTINGSTEGNOLOGIE ALPHA WISKUNDE EKONOMIE GESKIEDENIS GASVRYHEIDSTUDIES ENGLISH HOME LANGUAGE GEOGRAFIE TOERISME REKENAARTOEPASSINGSTEGNOLO…

INGENIEURSGRAFIKA EN -ONTWERP ONTWERP REKENINGKUNDE LEWENSWETENSKAPPE BESIGHEIDSTUDIES WISKUNDIGE GELETTERDHEID FISIESE WETENSKAP WISKUNDE LEWENSORIËNTERING ENGLISH FIRST ADDITIONAL …

AFRIKAANS HUISTAAL

2; 0%

11; 1%

11; 1%

18; 1%

42; 3%54; 4%

58; 4%

62; 4%

79; 5%

81; 5%

82; 5%98; 6%105; 7%

136; 9%158; 10%

162; 11%

172; 11%

181; 12%198; 13% 378; 25%

384; 25%

386; 25%

420; 27%

420; 27%

489; 32%505; 33%

539; 35%598; 39% 985; 64%

1168; 76%1349; 88%

1483; 97%

Vakkeuses

(10)

7

5. Afrikaans as onderrigtaal

Byna 70% van die leerlinge het aangedui dat hulle positief oor Afrikaans as onderrigtaal voel. Net meer as 20% voel neutraal en 0,8% is negatief oor Afrikaans as onderrigtaal. 8,7% voel dat hulle eerder in ʼn ander taal as Afrikaans onderrig sou wou ontvang.

Figuur 4. Voel oor Afrikaans as onderrigtaal

6. Verdere studie na skool

Byna 80% van die leerlinge het aangedui dat hulle wel na skool verder gaan studeer. Slegs 4,6% gaan nie verder studeer nie en 16,4% is nog onseker daaroor.

Figuur 5. Studie na skool EK SOU GRAAG EERDER IN ENGELS OF 'N ANDER TAAL

ONDERRIG WOU ONTVANG

NEGATIEF NEUTRAAL POSITIEF/BAIE POSITIEF

133; 8,7%

13; 0,8%

332; 21,7%

1054; 68,8%

Hoe voel jy oor Afrikaans as onderrigtaal?

JA NEE ONSEKER

1211; 79,0%

70; 4,6%

251; 16,4%

Gaan jy na skool verder studeer?

(11)

8

7. Waar verder studeer?

Die meeste leerlinge [44% (550 leerlinge)] beplan om aan die Universiteit van Pretoria te gaan studeer.

Daar is 8% (96) van die leerlinge wat aan die Universiteit van Stellenbosch wil gaan studeer. 20% (263 leerlinge) het egter aangedui dat hulle by ʼn ander instelling as dié wat gelys is, gaan studeer. 7% gaan na die Noordwes-Universiteit en 4% elk na Sol-Tech en Akademia.

4% (56 leerlinge) en 4% (52leerlinge) onderskeidelik wil by Sol-Tech en Akademia gaan studeer.

Figuur 6. Instansie vir verdere studie

8. Ander instansies vir verdere studie

Daar is ʼn verskeidenheid van 68 ander instansies gelys waarnatoe die matrieks na skool gaan om verder te studeer. Van die gewildstes is Aros en Open Window.

Tabel 2. Ander instansies vir verdere studie

Aros 42

Open Window 15

Belgium Campus 8

Varsity College 7

SACAP 6

Inscape 5

Stadio Lisof 5

VEGA 5

CTU 4

Police academy 4

CTU Training Solutions 3

ISA Carstens Academy 3

Oakfield College 3

Blue Chip Flight School 2

Capital hotel school 2

HTA Culinary Art School 2

IMM Graduate School 2

Mooikrans Landbou 2

Prue Leith Culinary Institute 2

Thor Engineering 2

Valentino Jewellery Studio 2 UNIVERSITEIT VAN KAAPSTAD

BELGIUM CAMPUS UNIVERSITEIT VAN JOHANNESBURG WITS OPEN WINDOW TUT UNIVERSITEIT VAN DIE VRYSTAAT UNISA CENTURION AKADEMIE AKADEMIA SOL-TECH NOORDWES-UNIVERSITEIT UNIVERSITEIT STELLENBOSCH N ANDER INSTELLING UNIVERSITEIT VAN PRETORIA

8; 1%

9; 1%

13; 1%

13; 1%

16; 1%

8; 1%

18; 1%

28; 2%

40; 3%

52; 4%

56; 4%

91; 7%

96; 8%

263; 20,9%

550; 44%

Waar beplan jy om te gaan studeer?

(12)

9 Agttien leerlinge het aangedui dat hulle oorsee gaan studeer. Hier is van die universiteite wat hulle gelys het (vier respondente het net genoem dat hulle oorsee gaan studeer, maar het nie genoem by watter instansie hulle beplan om te gaan studeer nie en drie het gesê dat hulle in Amerika gaan studeer, sonder om die naam van die instansie te noem).

Tabel 3. Oorsese universiteite

University of Georgia 2

University of Melbourne 2

Alabama State University 1

Engeland 1

Swedish University 1

Universiteit in Australië 1

University of Essex 1

University of Queensland 1

Yale School of Drama 1

9. Voltyds of deeltyds verder studeer

Die meerderheid van die respondente (87,7%) beplan om voltyds te gaan studeer en slegs 12,3%

gaan deeltyds studeer.

Figuur 7. Voltyds of deeltyds studeer

DEELTYDS VOLTYDS

149; 12,3%

1062; 87,7%

Voltyds of deeltyds verder studeer.

(13)

10

10. Verdere studie in Afrikaans

Die meeste (50%) van die leerlinge wat wel verder gaan studeer, sê dat hulle graag in Afrikaans verder sal wil studeer, terwyl 27% nie in Afrikaans verder sal wil studeer nie en 23% onseker daaroor voel.

Figuur 8. Verdere studie in Afrikaans

11. Wat gaan hulle doen as hulle nie verder gaan studeer nie?

Driehonderd een en twintig leerlinge het genoem dat hulle nie verder gaan studeer nie of onseker is of hulle gaan studeer of nie. 37% (119) noem dat hulle gaan werk, terwyl 23% (75) nog onseker is oor wat hulle gaan doen. Sewe en veertig leerlinge het aangedui dat hulle oorsee gaan, maar hierdie syfer is heel moontlik nie korrek nie, omdat die getalle nie ooreenstem met ander vrae oor die onderwerp nie.

Daar is 11% (35) wat graag verder sou wou gaan studeer, maar dit nie kan doen nie as gevolg van finansiële omstandighede. Sewentien (5%) beplan om ʼn gapingsjaar te neem en ʼn postmatriek te gaan doen, terwyl tien ʼn gapingsjaar gaan neem en nie juis iets gaan doen nie.

Figuur 9. As nie verder gaan studeer

JA NEE ONSEKER

606; 50,0%

327; 27,0% 278; 23,0%

Sou jy graag in Afrikaans verder wou studeer?

(14)

11 Die leerlinge moes verder ook aandui of hulle ander planne het wat nie in die vraag gelys is nie en die volgende is genoem:

Boer

Britse Weermag

Ek gaan ‘n gapingsjaar neem, in die jaar gaan ek werk & kyk waarin ek belangstel om te studeer die jaar daarna

Ek gaan gapingsjaar vat en verskillende kursusse gaan doen

Ek gaan in hierdie jaar werk soek

Ek gaan n gapings jaar neem om geld bymekaar te kry om oorsee te gaan

Ek gaan n gapjaar vat vir my gesondheid en kort kursusse doen

Ek gaan na die Fraanse weermag toe

Ek gaan vliegskool begin en swat om n pilot te word

Ek het my eie besigheid so ek gaan hom verder vat

Ek wil n gapingsjaar vat en op n Yacht werk vir n jaar of 2

Ek will studeer maar my mental state gaan dit nie toelaat nie lol

Ek will werk en studeer

Gaan eie besigheid begin

Gapings jaar en werk / studeer

Krieket speel oorsee

Oorbruggingsjaar

Targetlife youth group

Wil n Fotografie kurses doen, oorweeg dalk vroue ambag

Vir n chef studeer

12. Fondse vir studie

Van die 1211 leerlinge wat aangedui het dat hulle wel verder gaan studeer, het byna twee derdes (59%) gesê dat hulle ouers vir hulle studie sal betaal. ʼn Kwart (26,4%) noem egter dat hulle nog nie befondsing het om te gaan studeer nie, en 11,9% beplan om ʼn lening aan te gaan om verder te kan studeer. Slegs 2,6% (32 leerlinge) het ʼn beurs ontvang om verder te gaan studeer. Van die twee en dertig leerlinge wat aangedui het dat hulle ʼn beurs ontvang het om verder te gaan studeer, is 66% (21 leerlinge) seuns, terwyl net 11 meisies beurse ontvang het. Daar is ook meer meisies (211) as seuns (109) wat nog nie befondsing vir hulle studie het nie.

EK GAAN BY DIE FAMILIE BESIGHEID WERK MOET NOG WAG OM AANVAAR TE WORD MOOTLIK BY LUGMAG AANSLUIT EK GAAN 'N GAPINGSJAAR NEEM EN NIE JUIS IETS DOEN NIE EK SOU GRAAG WOU STUDEER, MAAR MY PUNTE IS NIE GOED GENOEG NIE EK GAAN ´N GAPINGSJAAR NEEM EN ´N POSTMATRIEK BY ´N SPESIFIEKE INSTANSIE DOEN EK SOU GRAAG WOU STUDEER, MAAR AS GEVOLG VAN FINANSIËLE OMSTANDIGHEDE SAL EK NIE KAN

NIE

EK GAAN OORSEE EK WEET NIE, EK IS NOG ONSEKER OOR WAT EK VOLGENDE JAAR GAAN DOEN EK GAAN WERK

1; 0%

1; 0%

1; 0%

10; 3%

15; 5%

17; 5%

35; 11%

47; 15%

75; 23%

119; 37%

Indien jy beplan om nie te gaan studeer nie, wat beplan jy om te doen?

(15)

12

Figuur 10. Fondse vir studie

13. Studierigtings

Van die gewildste studierigtings is Aktuariële Wetenskap, Arbeidsterapie, Argitektuur, Rekeningkunde, Grafiese Ontwerp, Regte, Medies, Meganiese Ingenieurswese asook Onderwys en Sielkunde. Die tabel hieronder bied ʼn growwe opsomming van basiese rigtings waarin die leerlinge gaan studeer. 1 280 studente het hulle beoogde studierigtings aangedui, terwyl 50 genoem het dat hulle nie weet wat hulle gaan studeer nie.

Tabel 4. Studierigtings *(Hierdie tabel is die verbatum inhoud soos die leerlinge hulle studierigtings aangedui het)

Besigheidstudies Mediese en verwante studies

Ekonomie 3 Dieetkunde 1

Forex 1 Chiropraktisyn 2

BWI Besigheidsanalise 1 Oudiologie 2

BCom 10 Somatologie 1

BCom Accounting 18 BSc Mensfisiologie 1

BCom Beleggingbestuur 10 Radiologie 6

BCom bemarking 6 Biokinetika 2

Besigheid administration 2 Aptekerswese 3

Besigheids en bemarking 1 Arbeidsterapie 12

Besigheid 6 Bachelor's in Emergency medical care and

rescue 1

Besigheids Analise met Data Mining 1 Fisioterapie 1

Besigheidstudies- entrepreneurskap en bestuur 1 Genetika 3

BCom Ekonomie 5 Gastroënterologie 1

BCom Entepeneerskap 1 Gesondheidsinspekteur 1

BCom finansiële en bestuur rekeningkunde 5 Gesondheidswetenskap 1

BCom Finansiële wetenskap 10 Health and safety 2

JA, EK HET 'N BEURS OM TE GAAN STUDEER JA, EK SAL 'N LENING UITNEEM OM TE GAAN STUDEER JA, MY OUERS SAL MY STUDIES BETAAL NEE, EK HET NOG GEEN BEFONDSING OM TE GAAN STUDEER

NIE

32; 2,6%

144; 11,9%

715; 59,0%

320; 26,4%

Het jy befondsing om te studeer?

(16)

13

BCom forensiese rekeningkunde 2 Hoësorgtegnikus 1

BCom International Business 3 Kinesiology 1

BCom Ondernemings Bestuur 21 Kliniese tegnoloog (BCMP) 1

BCom Rek 81 MBChB 54

BCom strategic management 1 Oogkundige 4

BCom Supply Chain Management 7 Prostetika 3

Business consultant 1 Radiografie 6

Business intelligence 1 Somatologie 4

Financial analytics 1 Tandheelkunde 4

Finansiële wiskunde 10 Verpleegkunde 9

Geoktrooieerde rekenmeester 12 Biomedical science 7

Ondernemings bestuur 4 BSc medical science 4

International business management 1 Biotegnologie 1

BconSci: Clothing Retail Management 1 Bioinformatika 1

Projekbestuur 2 Biologie 3

Algemene bestuur 3 BSc Biological Sciences 1

232 Mikrobiologie 1

146 Ingenieurswese

Ingenieurswese 12 Onderwys 94

Klank ingenieurswese 1 Grond vlak fase onderwys 5

Civil engineering 3 99

Computer engineering 6 Regte

Data ingenieurswese 1 LLB 52

Aerospace engineering 3 LLB Regte 10

Automatiewe ingenieurswese 2 BA Regte 14

Bedryfsingieneurswese 1 BCom regte 10

Biomedies Ingenieurswese 6 86

Electronic engineering 1 Sosiale- en gedragswetenskappe

Elektriese Ingeneurswese 1 BA sosiologie en Geografie 1

Meganies ingenieurswese 44 BCom menslike hulpbronne 1

Megatroniese Ingenieurswese 5 Spraak & Taal Patologie 1

Rekenaar Ingenieurswese 9 Spraakterapie 2

Siviele engineerswese 15 Sielkunde 30

110 Social Sciences 1

Opvoedkundige Sielkunde 2

Natuurwetenskappe Menslike hulpbron bestuurder 1

Dierkunde, Natuurkunde, veeartsenykunde Maatskaplike werk 4

Ekologie 13 HR 11

BSC Dierkunde 1 Fisiologie en psigologie 1

Veeartsenykunde 14 Early childhood development 6

Zoology en physiology 1 BSc geesteswetenskap 1

Mariene Biologie 1 Bedryfsielkunde 4

Natuurbewaring / Wildsbestuur 8 BSocSci 1

Landboukunde 16 67

BCom Agri Ondernemings bestuur 2 Inligtingstegnologie

Geo environmental science 1 Inligtingstegnologie 3

Geo-hidrologie 1 Rekenaar Ingenieurswese 9

Geologie 2 Rekenaar Wetenskap 8

(17)

14

gereedskapmaker 2 Rekenaartegnikus 1

BSc Plant and Soil Sciences 1 Programmering 1

BSc plant en dierkunde 1 Netwerk administrasie 1

BSc veekunde 1 IT Programeering 12

BSc Zoology 1 IIE Bachelor of computer and information

sciences 1

BVetNurs 1 Computer science 1

BVS- veeartseny 2 Data science 1

BSc mikrobiologie en geologie 1 BIT-Information 2

BSc agric 2 BSc Computer and knowledge systems 1

BSc biological and agricultural sciences 1 BSC Computer Science 1

BSc landbou 3 BSc Information and knowledge systems 5

Equine studies 1 47

Argeologie 1

78 Uitvoerende kunste

Kunste Drama 3

Digitale kuns 2 Dramaties Kunste (BDram) 2

Modeontwerp 3 Musiek / Musiek produksie 5

Motion pictures and cinematography 1 Musiekteater en Dans 2

Ontwerp 3 12

Photography en web designing 1

Product design 1 Ambagte of tegniese rigtings

Kuns en Kuns Geskiedenis 3 Ambag 3

Industriële Ontwerp 2 Diesel werktuigkunde 4

Fotografie 1 Meul maker 7

Game Design 5 Motorwerktuigkunde 1

Fine arts 1 Sweiser 2

Grafiese Ontwerp 14 Trekkerwerktuigkundige 1

Environmental design 1 Wapensmid 2

Binnehuis ontwerp 1 Plumber 2

Animasie kuns 4 Passer en draaier 14

Jewelry design / manufacturing / goudsmit 2 Haarkapster 1

45 Electro mechanical technician 2

Kommunikasie Elektrisiën 1

Information design 1 Siviele tegnologie 1

Visual communication 6 Tegniese tekeninge 1

Uitgewerswese 1 Goudsmit 1

Strategic brand communication of Digital

design 1 Skoonheidsterapeut 2

Journalism 1 45

Interactive visual communication and branding 3

digitaal elektries 1 BSc, Fisika, Wiskunde Chemie

Communication Design 6 BSc Fisika 4

BA Information Design 1 BSc Mathematical Science/ BsCDatsci 1

BA Kommunikasie en Joernalistiek 4 BSc rigting 8

Ideation 1 BSc Wiskunde 2

26 Wiskunde of Rekeningkunde 1

Toerisme en gasvryheidstudies Syfers 1

Toerisme, Gasvryheidstudies Astrophysics 1

BConSci Hospitality Management 4 BSc biochemie 2

(18)

15

BSc toerisme met dierkunde 1 BSc Chemie 1

BSc Culinary science 3 BSc Chemistry 1

Chef 3 Chemie of genetika 1

Dipoma in Toerismebestuur 1 23

Event management 1

Hospitality Management 1 Algemeen

Hotel bestuur 2 BA public management and international

relations 2

Food retail management with communication 1 BA Tale 1

Gasvryheid studies 1 BA Algemeen 3

Toerisme besigheid 5 Tale 2

23 Logistiek 1

Internasionale verhoudinge 1

Eiendom Argitektuur Politiek, Filosofie, Ekonomie met Latyn as

ekstra vak 1

BSc eiendomswese 1 11

Built environment 9

Argitektuur 9 Eiendom en konstruksie

19 Eiendom ontwikkeling 1

Quantity Surveying 6

Lugvaart siviele bestuur 1

Vlieënier 6 Konstruksie bestuur 1

Flight attending 1 Stad-en streekbeplanning 1

Lugvaart 2 10

Lugvaart Tegnikus 1

11 Sekuriteit en kriminologie

Kriminologie 3

Sport Forensiese wetenskap 1

Golf, Coaching en professioneel 1 Speurder 1

Sport bestuur / sport wetenskap 8 Polisie 3

9 Militêre Polisie 1

9

Teologie 5

(19)

16

14. Werk

Slegs 122 leerlinge het hierdie vraag beantwoord. Een en sestig leerlinge wat na skool wil gaan werk moet nog werk soek. Nege en twintig van hulle gaan by ʼn familie-onderneming werk en tien gaan oorsee werk. Twaalf het te kenne gegee dat hulle studentewerk gaan doen.

Figuur 11. Waar gaan werk

Die ander opsies wat hulle na skool gaan doen as hulle nie gaan studeer nie, word hieronder gelys:

Boer 3

Ek gaan op n vliegtuig werk 1

Ek het klaar werk vir volgende 1

Ek het reeds werk 1

Ek wil 'n appy word, maar moet 1

Gaan na kinders kyk 1

Het reeds werk 1

Internskap by n besigheid 3

Lifestyle coach kurses 1

Messe maak en verkoop 1

My eie werk verder vat 1

Software developer 1

Versekering 1

By lugmag aansoek doen 1

Werk terwyl kursus voltooi word 1

EK GAAN GEMEENSKAPSWERK DOEN EK GAAN IN 'N FAMILIE-ONDERNEMING WERK EK GAAN OORSEE WERK EK GAAN OP 'N BOOT WERK EK GAAN STUDENTEWERK DOEN EK MOET NOG WERK SOEK LUGMAG WEET NIE

4

29 10

4 12

61 1

1

Indien jy gaan werk:

(20)

17

15. Redes waarom respondente oorsee wil gaan werk

Slegs 14 studente het hierdie vraag beantwoord. Dit gaan vir hulle hoofsaaklik daaroor dat daar geleenthede oorsee is wat nie hier beskikbaar is nie. Vier voel dat daar nie vir hulle 'n toekoms in Suid- Afrika het nie en vyf wil graag reis en die wêreld sien.

Figuur 12. Oorsee werk

16. Leerlinge wat reeds werk gekry het

Die meeste van die leerlinge wat gesê het dat hulle na skool gaan werk (119), noem dat hulle in die Pretoria- en Centurion-area gaan werk (25%). Daar is ook 18 respondente wat aangedui het dat hulle in die Wes-Kaap gaan werk terwyl 57% nog nie seker is waar hulle gaan werk nie.

Die leerlinge wat reeds werk het sowel as dié wat hoop om werk te kry, noem die volgende areas waarin hulle hoop om te gaan werk indien hulle nie gaan studeer nie: hoop om au pair- of IT-werk te kry asook in boerdery of landbou, besigheid/finansies of in diereversorging.

DAAR IS GELEENTHEDE OORSEE WAT NIE HIER BESKIKBAAR IS NIE.

EK VOEL DAT EK NIE 'N TOEKOMS IN SUID-AFRIKA HET NIE.

EK WIL GRAAG REIS EN DIE WÊRELD SIEN.

5 4

5

Indien jy oorsee gaan werk, wat is die redes?

(21)

18

17. Belangstelling in gemeenskapswerk

Net meer as ʼn derde (35,8%) het aangedui dat hulle wel in gemeenskapswerk sou belangstel, terwyl 35,1% nie daarin sal belangstel nie en 29% moontlik daarin sal belangstel. Meer meisies (51%) as seuns (18,2%) dui aan dat hulle in gemeenskapswerk sal belangstel.

Figuur 13. Belangstelling in gemeenskapswerk

18. Leiding aangaande loopbaankeuses

Meer as tweederdes van die leerlinge (66,9%) sal graag leiding aangaande loopbaankeuses wou ontvang, terwyl 33,3% nie hulp t.o.v. hulle loopbaankeuse wil ontvang nie.

Figuur 14. Leiding aangaande loopbaankeuses

JA MOONTLIK NEE

549; 35,8%

445; 29,0%

538; 35,1%

Sal jy in gemeenskapswerk, soos byvoorbeeld au pair of bejaardesorg, belangstel?

JA NEE

1025; 66,9%

507; 33,1%

Sou jy leiding wou ontvang aangaande loopbaankeuses?

(22)

19

19. Impak van die Covid-19 op toekomsvisie en vooruitsigte

Die leerlinge is gevra om in hul eie woorde te beskryf wat die impak van Covid-19 op hul toekomsvisie en vooruitsigte was. Na kodifisering en inhoudsanalise het die volgende temas (in volgorde van

belangrikheid, m.a.w. hoe meer kinders hierdie tema genoem het, hoe belangriker is die tema) te voorskyn gekom.

Geen invloed nie (25,1% )

ʼn Kwart van die leerlinge het aangedui dat die Covid-19-pandemie nie ʼn noemenswaardige invloed op hulle toekomsplanne gehad het nie en dat hulle nog steeds seker is oor wat hulle volgende jaar gaan doen. Hulle voel ook dat die pandemie nie hulle punte of belewenis van skoolgaan pertinent negatief beïnvloed het nie. Baie sê dat niks vir hulle verander het nie.

Nie veel geaffekteer nie, ek weet nog presies wat ek wil gaan studeer

Dit het geen impak tot dusver gehad op my toekoms planne nie.

Niks verander

COVID-19 het my nie beïnvloed nie

Wel dit is sleg maar niks rerig in my toekoms verander nie

Die Covid 19 pandemie het nie eintlik my beplanning vir die toekoms beïnvloed nie.

Dit het glad nie my toekomstige visie verander nie en ook nie my planne nie

My toekomsvisie het nie veel verander nie. Ons is almal is gedwing om aan te pas en alles gebeur vir 'n rede. Ek glo my toekomsvisie se langtermyn doel bly dieselfde en ek glo dat ek daar sal uitkom met die nodige hulp.

Ek is baie min beïnvloed deur Covid 19 Ek voel as ek hard genoeg werk sal ek nog steeds ʼn toekoms vir myself kan bou, afhanklik van die huidige situasie

Positief (30,4%)

ʼn Derde van die respondente wat die vraag beantwoord het, het geskryf oor hoe die pandemie eintlik op verskeie vlakke ʼn positiewe effek op hulle gehad het.

Hulle skryf oor hoe hulle tyd gehad het om hulself te vind, om dinge te oordink en om beter planne vir die toekoms te maak. Baie het nuwe doelwitte gestel en baie moes aanleer om meer gedissiplineerd te werk. Hulle het ʼn nuwe tipe pligsbesef begin ontwikkel en besef dat hulle harder aan ʼn toekoms sal moet werk, juis omdat dinge op die oomblik so onseker is.

Baie noem hoe hulle geleer het om meer aanpasbaar en buigsaam te wees. Hulle het meer oor hulleself geleer en ook besef hoe sterk hulle is en dat enigiets moontlik is. Baie het besef dat die lewe vinnig kan verander en dat hulle beter vir die toekoms moet beplan, selfs om ander loopbane te kies wat meer volhoubaar en realisties is ingeval dinge skeefloop.

Van die matrikulante het ook gesê dat hulle nou besef hoe belangrik familietyd asook tyd om te ontspan is. Van die leerlinge het ook as gevolg van die krisis weens die pandemie besef dat hulle graag ander wil help of ʼn bydrae in hulle gemeenskap wil lewer en daarom ook ander studierigtings oorweeg.

Baie van die matrikulante sê hoewel hulle nou spanning ervaar, sien hulle baie uit na wat die toekoms kan bring en hulle voel positief daaroor.

Van die respondente beskryf ʼn “dringendheid”, want hulle voel omdat dinge so vinnig kan verander, moet hulle nou ekstra versigtig wees, ekstra beplan en ekstra voorberei vir die toekoms. Hoewel dit ʼn positiewe eienskap kan wees om aan te leer, moet daar ook ʼn balans wees. As hierdie siening te ver

(23)

20 ontwikkel, kan dit spanning en ʼn hiper-waaksaamheid veroorsaak, wat die normale vreugde en

sorgeloosheid van ʼn jongmenslewe sal oorheers en dit te ernstig maak.

Die Covid-19 pandemie het my eerlikwaar positief verander. Baie mense, waarvan ek bewus is, het nie positief hieruit gekom nie maar ek voel intern het ek beter uitgestap. Ek het besef wat belangrik is in my lewe, wat my gesin en studierigting is.

Nuwe doelwitte gekry Nuwe verantwoordelikhede Nuwe aanpassings

Die Covid-19 pandemie het my toekomsvisie verander, bloot deur die feit dat ek nou besef dat ek nie altyd 100% vooruit kan beplan nie. Ek moet reg wees vir enige moontlike struikelblokke!

Covid-19 het my laat besef wat werklik my passie is en waarin ek belangstel. Dit het my tyd gegee wat ek gebruik het om myself te verbeter en te besef wat ek na skool wil doen. Ek wil graag Teologie gaan swot en die wêreld toer. Ekonomies het Covid-19 my gesin hard getref en ʼn droom vir Au Pair wakker gemaak.

Ek het vreeslik baie van my geleer van myself, hoe ek leer en myself motiveer. Ek het agter gekom watse werke daar na aanvraag is en dit is waarom ek in 'n IT rigting wil gaan. Die COVID-19 pandemie het my selfbeheer geleer, maar ook om alles wat ek het te waardeer.

Met die regte attitude is enige iets moontlik. Ons kan die pandemie oorwin, daar is hoop, dus is daar ook hoop vir die toekoms. Ek het ook geleer aanpas en nuwe uitdagings te aanvaar.

Ek het agtergekom hoe maklik iets kan gebeur wat jou jou werk kos. So ek wil so hard as moontlik werk/leer om ʼn goeie werk vir my te kan kry.

Dat jy moet buigsaam wees om aan te pas by verandering.

Covid-19 het my tot die besef laat kom dat ek meer met my lewe wil doen as ʼn oggend tot aand werk.

Ek wil ʼn verskil maak in my gemeenskap en in my land en ek wil dit doen terwyl ek my passie uitleef! Dit het my ook maak besef dat familie tyd en ontspannings tyd baie, baie belangrik is en dat mens dit nie as nutteloos moet afskryf nie.

Ek’t pligsgetrou geraak deur om self te studeer

Die COVID-19 pandemie het my visie heeltemal verander. Ons lewens kan binne 'n sekonde verinneweer word. Daar is geen sekerheid in ons lewens nie. Die pandemie het my laat besef dat ek elke dag my beste moet gee, maak nie saak wat nie. Ek moet elke geleentheid moontlik aangryp omdat ek nie weet wanneer daardie geleentheid nie beskikbaar sal wees nie. Dit het my geleer om elke oomblik te koester.

In die grendel tydperk het ek besef dat ek mense wil help. Ek wil die onreg herstel. Daar is soveel dinge wat daagliks om ons verkeerd gaan, soveel dinge wat niemand aan aandag gee nie. Ek wil mense help wat nie 'n stem het nie. COVID-19 het ons planne baie verander, maar dit het ons in dieselfde slag 'n hele paar kosbare lesse geleer.

Ek deur die loop van grendeltyd besef het waarvoor Ek ʼn passie het en wat Ek eintlik wil doen met my lewe. Ek het myself beter leer ken en ek het nou langtermyn doelwitte.

Dissipline geleer

Ek het gesien dat ek moet hard werk om te kom waar ek wil wees en ʼn werk moet kies wat voltyds behoue kan bly

Gedurende die grendeltydperk het almal besef hoe groot impak geld op mense se lewe het en hoe iets soos covid ʼn gemors in mens se lewe kan maak. Daarom het ek besef dat om so gou as moontlik ʼn salaris te kan ontvang en hard te werk vir wat jy soek ʼn groot impak op jou toekoms het

Ek het begin harder werk in alle opsigte, meer beplan vir my toekoms wat vir my voorlê

Hoewel die Covid-19 pandemie baie onsekerheid veroorsaak het, is ek seker dat ek oor die vermoëns beskik om ʼn positiewe uitkyk oor my toekoms te handhaaf en dit is my motivering om akademies harder te werk en beter te presteer sodat ek bo omstandighede kan uitstyg.

Covid 19 het my toekoms uitkyk en drome so verander dat ek baie meer gemotiveerd is om harder te werk en my drome te bereik.

Dit het meer druk geplaas om self studie toe te pas en steeds beter prestasies te behaal

Dat ek harder gaan moet werk, omdat werk skaars is tans in Suid-Afrika

dit het my geleer om meer selfrespek te hê oor my werk want in die grendeltydperk het niemand jou ondersoek oor jou werk nie, dit was jou eie verantwoordelikheid

(24)

21

Ek het agtergekom hoe maklik iets kan gebeur wat jou, jou werk kos. So ek wil so hard as moontlik werk/leer om ʼn goeie werk vir my te kan kry.

Moet seker maak oor toekoms en planne

Dit het my laat besef dit alles kan verander en in die toekoms dat ek meer verseker oor my toekoms moet wees

Covid-19 showed me that life is too short. It also showed me that if an opportunity is handed to me, grab it with both hands.

Ek het gesien dat ek moet hard werk om te kom waar ek wil wees en ʼn werk moet kies wat voltyds behoue kan bly

Meer gemotiveer om die weermag te join

Die Covid-19 pandemie het my toekomsvisie verander, bloot deur die feit dat ek nou besef dat ek nie altyd 100% vooruit kan beplan nie. Ek moet reg wees vir enige moontlike struikelblokke!

Dit het vir my gewys dat ek nie ʼn dokter of ingenieur moet wees om eendag goeie geld te kan maak nie

Die covid-19 pandemie het my toekomsvisie verander deurdat ek seker geword het van wat ek wil studeer en dat ek besef het dat my werk moet behels dat ek 'n verskil in mense se lewens kan maak, want ek wil graag daar wees vir ander.

COVID-19 het my toekomsvisie heeltemal verander omdat Ek deur die loop van grendeltyd besef het waarvoor Ek ʼn passie het en wat Ek eintlik wil doen met my lewe. Ek het myself beter leer ken en ek het nou langtermyn doelwitte.

Onseker oor die toekoms (13%)

Sommige van die matrikulante se toekomsplanne moes verander en hulle is onseker oor wat volgende jaar vir hulle voorlê. Dié wat beplan het om oorsee te gaan werk, is veral onseker of hulle nog sal kan gaan. Die onsekerheid, soos vroeër bespreek, handel ook oor loopbaankeuses. Party het besef dat hulle iets anders wil gaan studeer, ander het tot die insig gekom dat die loopbane wat hulle gekies het, dalk nie so volhoubaar vir die toekoms gaan wees nie. Sommiges ervaar ʼn huiwering om planne vir die toekoms te maak.

Van die leerlinge noem ook dat hulle oor die algemeen bang en onseker voel oor die toekoms en dat dinge deurmekaar is. Dit veroorsaak spanning by die matrikulante.

Dit het onsekerheid gekweek of ek nog oorsee gaan kan gaan en dat my kanse van ʼn sport beurs weg geneem gaan word

Alles het my net geconfuse. Ek weet nie wat om te doen en hoe om dit meer te doen nie. Alles is net deurmekaar nou

Dit het my onseker gemaak oor die rigting waarin ek wil gaan studeer en of ek keuring gaan kry vir my rigting.

Dit het my beroep keuse verander. Dit het my onseker laat voel vir of ek oorsee moet gaan of nie.

Ek voel bang en onseker oor alles

Dit het my nogal verward gelos, weet nie meer presies wat ek wil gaan doen nie.

het my nogal benoud gemaak, en my maak stres oor my toekoms

Ek is meer onseker aangesien ek in toeriste bedryf wil gaan en nie meer seker is oor waar ek toelating gaan kry en of die toeriste bedryf gaan deurtrek nie.

Onseker oor rigting (4,3%)

Dit het my onseker gemaak oor die rigting waarin ek wil gaan studeer en of ek keuring gaan kry vir my rigting.

Dit het my beroep keuse verander. Dit het my onseker laat voel vir of ek oorsee moet gaan of nie.

Kanse verminder

(25)

22

Ek is baie meer onseker oor my toekoms en my doelwitte. Ek voel negatief om te gaan studeer na skool omdat ek voel die uitdagings om daar te kom te groot is.

Dit het verander dat ek baie onseker is wat ek wil doen na skool, dit verminder die kanse om oorsee te gaan

Ek is meer onseker aangesien ek in toeriste bedryf wil gaan en nie meer seker is oor waar ek toelating gaan kry en of die toeriste bedryf gaan deurtrek nie.

Dit het dit ʼn bietjie dit erger gemaak en my meer laat stres oor my toekoms.

Verandering (11,2%)

Die leerlinge self het groot verandering op verskeie vlakke van hul lewens en hul ouers se lewens ervaar. Onsekerheid word aan verandering gekoppel en daar is baie onsekerheid onder die leerlinge ook. Onsekerheid veroorsaak gevoelens van stres en angs, maar die meeste het dit nie direk genoem nie.

Hulle moes veranderinge maak aan hul roetine en manier van skoolgaan en leer, maar ook in hul sosiale lewens. Daar was ook groot veranderinge in baie van hulle ouerhuise, veral wat finansies aanbetref. Sommiges het selfs genoem dat hulle nie meer kan gaan studeer nie omdat daar nie nou meer genoeg geld daarvoor is nie. Baie moes ook hul beplanning om bv. oorsee te gaan werk, laat vaar omdat dit te onseker is of hulle sal kan gaan of nie.

Op ʼn meer persoonlike vlak het baie van die leerlinge ook hulle idee of opinie oor die toekoms verander. Baie voel nou hulle moet ander loopbane kies en ander voel dat hulle meer onseker is oor hulle toekomsplanne, juis omdat hulle besef dat enige iets kan gebeur.

Sommige kinders praat oor hoe hulle nie meer aan sport kan deelneem nie en dat dit vir hulle ʼn groot verandering meebring, asook hoe stresvol dit vir hulle is.

Dit het alles verander

Die pandemie het my gewys dat daar werklik min is waarvan ons eintlik seker is. Ons moes leer hoe om aan te pas en op ander maniere nog steeds die punte behou wat ons nog altyd gekry het. Dit was vir my ʼn baie groot aanpassing en soms sukkel ek nog steeds maar ek sien ʼn goeie toekoms vir ons as matrieks want hierdie pandemie het ons geleer hoe om verandering te hanteer en die beste van elke situasie te maak.

Baie aanpassings aan my roetine.

Dit het my idee van my toekoms verander en wat ek wil studeer.

Toe Covid begin het, het ek nooit gedink my lewe sal so baie verander nie. Van my ouers wat se werk daarmee gelei tot ek wat elke dag aanlyn moes skool gaan en nie kon sosialiseer met vriende of onderwysers nie. Dit was regtig ʼn groot aanpassing vir my want daar was niks meer sport of interaksies met onderwysers nie. My ouers wat finansieel sukkel het ook bygedra by ongelooflike stres. Ek was en is baie onseker oor wat ek eendag wil gaan studeer eintlik omdat ek bang is dat ek nie gaan keuring kry want my punte het bietjie afgeneem tydens Covid. Dis moeilik ook om te dink wat in die toekoms gaan gebeur as my ouers nie geld het vir my om te gaan studeer nie. So alles is maar baie stresvol deesdae en baie onseker. Covid het definitief baie onsekerheid, stres gebring maar ook baie lewenslesse

Dit het dit moeilik gemaak om by besighede/hospitale te "shadow" om uit te vind watter loopbaan ek wil volg. Die ekonomiese toestand maak finansiering moeiliker. Dit maak dit ook moeiliker vir jongmense om aangestel te word vir vakansiewerke om werksondervinding op te doen.

Dit het my planne om my sport te verbeter verbeur en maak dit vir my baie moeiliker om oorsee ʼn beurs te ontvang

Dit was ʼn groot aanpassing gewees en het my opsigte teenoor die werksomgewing verander

Ek wou altyd in musiek in gaan, maar as gevolg van Covid, moes ek meer realisties wees

My planne vir 2022 was om in Amerika te Au-pair en te gaan studeer. Maar met die Covid 19 is dit moeilik om oorsee te gaan as jy nie ondervinding het in die beroep nie. Hulle sal veel meer eerder iemand in daardie land vat of iemand wat meer ondervinding het

(26)

23

Die pandemie het my laat besef dat my beroep baie kwesbaar is tot verandering.

Dit het definitief my rigting verander en ook onsekerheid gebring rakende die moontlikheid om na skool te gaan studeer

Punte negatief (9,6%)

Ongeveer 10% van die matrikulante het vertel hoe die pandemie hulle skoolpunte baie negatief beïnvloed het. Die meeste noem dat hulle sukkel met aanlyn klasse en voel ook dat eksamens moeiliker was vir hulle. Baie het daarmee gesukkel om op hul eie te studeer, veral omdat hulle nie kontaktyd met onderwysers kon hê nie. Sommiges het veral met wiskunde agter geraak. Baie was bekommerd dat hulle nie so goed soos altyd sou kon presteer nie en dit het veroorsaak dat hulle moes aanpas en nuwe maniere van leer en werk moes kry.

Vir ander het die emosionele stres veroorsaak dat hulle punte gedaal het. Soms was dit so erg dat van hulle genoem het dat hulle nie meer universiteitsvrystelling het nie.

My punte het aansienlik geval, omdat meeste van my vakke aanlyn ontvang moes word. Veral fisies en wiskunde is moeilik om op datum te hou as jy dit net 3 keer ʼn week gekry het.

Dit het dit moeilik gemaak met die sport wat weggevat was. Ons het online begin klas gaan en dit was baie moeiliker as om skool te gaan in persoon.

Dit het net eksamens moeiliker gemaak met die maskers en tydperk wat ons by die huis was, maar dit het nie my toekomsvisie werklik verander nie.

Negatief, ek sukkel om aanlyn te studeer.

My punte het sleg geword oor die online skool gaan.

Die Covid-19 pandemie het veroorsaak dat ek nie kan studeer soos ek moet nie, weens die emosionele druk en uitwerking van die pandemie. Indien daar nie ʼn pandemie was nie, sou my graad 11 punte aansienlik hoër wees, en my kanse op keuring ook hoër.

My sport en akademie het ʼn groot terugslag gehad.

Die skool en graad 11 punte was NIE op standaard nie.

My punte het verskriklik gedaal. Om mense en besighede te gaan shadow is nie moontlik nie en is nou meer deurmekaar oor wat om te doen en gaan studeer. Finansies is ook ʼn groot probleem.

My punte het af gekom, dus werk ek nou hard om toelating te ontvang.

Negatief (7,9%)

Sommige kinders het in die algemeen gesels oor hoe die pandemie hulle negatief geraak het. Hulle beskryf dat dit ʼn moeilike ervaring is, dat dit baie sleg is en dat dit probleme en struikelblokke oor hulle en hul gesinne se pad gebring het. Party noem spesifiek dat dit vir hulle meer negatief is omdat hulle ontneem is van geleenthede en ervaringe, veral in ʼn matriekjaar, maar ook wat hulle eerste jaar op universiteit bv. aanbetref. Sommiges beleef ʼn situasie waar dinge so deurmekaar is dat hulle nie meer beheer oor hulle toekoms, punte of situasie het nie en dit is baie stresvol en onnatuurlik.

Covid 19 het ons land en werkers negatief beïnvloed. Meer persone sukkel en meer mense is verlore. Ons land is ʼn land wat ʼn ongelooflike hoë werkloosheidsyfer het. Meer kinders sukkel en het geen motivering. Ek is een van daardie sukkelende kinders wat uit my omstandighede wil breek.

Moeilik ervaringe

Covid 19 het my matriek jaar aangetas, ek het soveel uitgesien om so baie dinge te doen vir oulaas maar a.g.v. van die covid 19 maatreëls kan ek dit nie voluit beleef nie bv. Interhoër

Die COVID-19 pandemie het my negatief gemaak

Dit het struikelblokke in my lewe veroorsaak.

Dit maak dit baie meer uitdagend, en verminder geleenthede en ervarings in seker gebiede

Baie negatief

Chaos

(27)

24

Slot

Uit hierdie opinie- en behoefte-opname wat meestal Afrikaanse matriekleerlinge van Pretoria-skole gedurende Mei tot Oktober 2021 ingevul het, kan daar gesien word dat die groep jong mense ʼn ambisieuse en positiewe groep leerlinge is. Die meeste van hulle gaan verder studeer na skool en net minder as die helfte is positief daaroor om in Afrikaans verder te gaan studeer. Hoewel dit voorkom asof die meeste wil gaan studeer en ook seker is oor hul keuses, het ʼn paar genoem dat hulle nou onseker voel daaroor, en 67% het gesê dat hulle graag studieleiding aangaande loopbaankeuses sou wou ontvang.

Hoewel die pandemie onsekerheid en verandering in die manier van skoolgaan en leer gebring het, het baie van die kinders hierdie tyd ook konstruktief gebruik om dieper oor hul toekoms te dink en deeglik te beplan wat hulle graag wil doen. Hulle moes noodgedwonge ook meer gedissiplineerd en selfgedrewe werk. Slegs ʼn klein aantal matrikulante het aangedui dat hulle punte negatief beïnvloed is en dat hulle gespanne en onseker oor die toekoms voel.

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Petersburg

Dodelijk in de 16 schiet hij ze er vanuit alle hoeken in bij zijn club Schalke 04, en ook bij Oranje doet hij uitdrukkelijk van zich spreken door al 31 doelpunten te hebben ge-

Daarnaast zal alcoholverstrek- king met een buitentap of horeca- punt op de openbare weg tijdens en na een EK wedstrijd niet toegestaan worden en gelden voor het ophangen

Terug naar de Europese Defensie Gemeenschap, door J.. Integratie tussen blank en zwart Tanzania, door

Christelijke democratie in twee continenten, door K. Onderwerpen betreffende onderwijs en kultuur

Wil je graag eens een topmatch in het damesvoetbal bijwonen en komen supporteren voor onze topsporters Zenia Mertens, Sari Kees en Inara Bouker?. Op zaterdag 14 april

PBZ zal eerst uitzoeken hoeveel grond er benodigd is en aan welke eigenschappen deze moeten voldoen, voordat DLG kan bepalen hoeveel geschikte grond er beschikbaar is..

[r]