• No results found

Hfst 6: Gevolgtrekkings ten opsigte van die riglyne vanuit Efesiërs vir

HOOFSTUK 8 SAMEVATTENDE PERSPEKTIEWE

8.7 Afdeling C: Die normatiewe taak

8.7.2 Hfst 5: Gevolgtrekkings ten opsigte van belangrike perspektiewe

8.7.2.4 Hfst 6: Gevolgtrekkings ten opsigte van die riglyne vanuit Efesiërs vir

Dit is noodsaaklik om die meisie met ʼn afwesige vader te begelei om God se groot genade te begryp alvorens enige eise aan haar gestel word. Sy moet dus eers haar identiteit in Christus begryp alvorens daar verwag kan word dat sy dit kan uitleef. Intensiewe bestudering van haar wonde soos agterdog teenoor mense, twyfel in die waarheid van die Woord en twyfel of selfs minagting van haarself sal eers nodig wees sodat sy met aanmoediging en begeleiding die imperatief kan begin uitleef.

 Identiteit

o Indien die jong gelowige haar identiteit in Christus vind kan dit so ʼn integrale deel van haar lewe uitmaak dat sy die roeping wat God met haar lewe het tot uitvoer kan bring.

o Aangesien sy ʼn kind en uitverkorene van God word, wat geseënd, uitverkies en vergeef is, stel die Heilige Gees binne haar, haar in staat om God se wil te doen terwyl sy op Sy leiding kan staatmaak.

o Deur begeleiding kan die meisie begryp dat sy deur haar geloof in Christus dieselfde genade as jong gelowiges in die brief Efesiërs ontvang het. o Begeleidende pastorale versorging aan hierdie meisies is noodsaaklik

sodat hulle insig in hulle identiteit in Christus verkry wat in alle fasette van hul lewens sigbaar sal wees.

o Die adolessente moet nie ʼn stel reëls kry wat op hulle afgedwing word nie aangesien dit hulle net sal ontmoedig.

o Die pastor en geestelik volwasse lidmate het die verantwoordelikheid om die kerk se eenheid te beskerm deur die individuele lidmate te onderrig dat hulle ook ʼn verantwoordelikheid het om as eenheid met die gemeente te leef en goeie verhoudings moet handhaaf. Die meisie met ʼn afwesige vader

behoort dus ook onderrig te word dat daar geen verdeeldheid in Christus is nie.

o Die modellering van Christelike waardes deur geestelik volwasse leiers aan meisies met afwesige vaders is noodsaaklik veral in die gemeentelewe. Hulle moet dus by die gemeentelewe ingesluit word want hulle is deel van “een liggaam”.

o Hulle moet weerbaar gemaak word om negatiewe invloede te weerstaan deur hulle te laat deel in “een hoop” in Christus.

o Hulle moet tot ʼn onwrikbare geloof in Christus begelei word sodat hulle gedoop kan word en gehoorsaam aan God se wil vir hulle lewens kan wees. Hulle moet verder geleer word dat daar slegs een God en Vader is.

o Die kerk moet elke adolessente meisie begelei om hulle eie dienswerk in die navolging van Christus te doen.

o Meisies met afwesige vaders wat hul gawes ontdek en in diens van ander gebruik besef hulle waarde is nie in die optrede van hul afwesige vader nie maar in hul roeping as God se kinders. Daar moet besondere versorging aan hierdie meisies binne die kerk gegee word. Werklike transformasie vind in die hart en gedagtes van mense plaas.

o Hierdie meisies kan in moeilike situasies staande bly deur te glo dat niks vir God onmoontlik is nie en dat hy ook Sy ander beloftes sal waar maak.

 Pa-wonde

o Die basis vir die kerk asook die lewe in Christus is die gawes wat Christus aan die kerk en gelowiges skenk.

o Indien gelowiges die regte gesindheid teenoor eenheid openbaar sal hulle in staat wees om ten spyte van verskille in generasies liefdevolle verhou- dings met mekaar te handhaaf aangesien hulle tot vergifnis in staat sal wees.

o Omdat God die gelowige as Sy kinders aangeneem het en hulle mede- erfgename word, leer die adolessente meisie met ʼn afwesige vader God as Vader ken.

o Deur die oorwinning in Christus verkry meisies met afwesige vaders mee- lewing en vertroosting deur die Gees van God.

 Pa-honger

o God sal die gelowige nooit verlaat of in die steek laat nie omdat Sy Gees binne in die gelowige woon.

o Die innerlike mens word deur die Heilige Gees versterk sodat die omvang van Christus se liefde binne die kerkgemeenskap verstaan kan word. o Die honger na ʼn pa se liefde kan bevredig of verminder word wanneer die

omvang van Christus se liefde binne die gemeenskap van die gelowiges begryp word.

 Verhoudings

o Die verhouding met die Here behoort die belangrikste verhouding vir enige adolessente meisie te wees.

o Dit is noodsaaklik om met toegewydheid en volharding te doen wat God van die gelowige verwag ten einde die roeping in Christus te volbring sodat tot geestelike volwassenheid gegroei kan word.

o Die eenheid wat deur die werking van die Heilige Gees verkry is, is vrede en dit stel gelowiges in staat om liefdevolle verhoudings met mekaar te handhaaf.

o Daar word van die gelowige verwag om in liefde te wandel en nie soos ʼn ongelowige op te tree nie sodat hulle mekaar in liefde kan verdra. Daar word verder van die gelowige verwag om eerlik in liefde op te tree sodat die kerk kan groei en opgebou word.

o Dit is die kerk se plig om adolessente meisies met afwesige vaders te begelei en toe te rus rakende morele verval sodat hulle antwoorde op hulle lewensvraagstukke kan verkry. Leierskap van die kerk behoort die lees van wysheidsliteratuur aan meisies met afwesige vaders aan te moedig sodat hulle God se Woord op praktiese wyse in hulle lewens kan ervaar en toepas.

o Gesinsbediening speel ʼn belangrike rol in jeugbediening en ouers behoort aan hulle kinders te demonstreer hoe ʼn lewe wat totaal aan God toegewy is lyk, sodat meisies kan besef hulle gewildheid mag nie ten koste van hulle geloof in God wees nie.

o Die leierskap in die kerk behoort ingelig te wees rakende meisies met afwesige vaders se probleme sodat hulle aan sulke meisies die nodige leiding kan verskaf om die wapenrusting van God op effektiewe wyse in konkrete situasies toe te pas.