• No results found

Die pro-aktiewe proses: stappe soos voorgestel deur Geldard en

HOOFSTUK 4: HULPVERLENING AAN ADOLESSENTE MEISIES MET

4.2 Kursusse en terapietegnieke

4.2.7 Geldard en Geldard se benadering

4.2.8.1 Die pro-aktiewe proses: stappe soos voorgestel deur Geldard en

Wanneer adolessente probleme ondervind, blok dit die normale ontwikkelingspad van kind na volwasse stadium. Adolessente behoort in staat te wees om vanuit hulleself strategieë en hulpbronne te ontwikkel om die probleme op te los, deur van die hulp van hulle groep, ouers of ander belangrike mense in hulle lewens gebruik te maak. Sommige probleme is egter so ernstig, herhalend of privaat dat professionele hulp benodig word. Indien dit nie verkry word nie, kan die resultaat wanaangepaste gedrag soos onttrekking, aggressie, gebruik van dwelms of selfs selfmoord wees.

Stap 2: Pro-aktiewe berader gedrag

ʼn Pro-aktiewe berader beskik oor die volgende karatereienskappe, naamlik om die ontwikkelingsbehoeftes van die adolessent in ag te neem; die adolessent te glo; adoles- sente kommunikasie te akkommodeer; om pro-aktief te kan optree en die adolessent se deel van inligting te respekteer.

Dit is belangrik vir die berader om met sy/haar persoonlike, “innerlike adolessent” in aanraking te kom sodat die wêreld van die adolessent beter verstaan kan word. Dit is verder belangrik om tipiese adolessente gedrag soos veranderlikheid en onbetroubaar- heid te aanvaar. Soms mag die berader suspisieus benader word en nie vertrou word nie. Die berader behoort egter buigsaam en aanpasbaar te wees.

Fundamenteel is die adolessent besig om vanuit ʼn situasie van uiterste beheer en kontro- le na ʼn situasie van meer outonomie en verantwoordelikheid te beweeg. Die adolessent behoort dus die keuse, binne limiete, te hê om te besluit wat toepaslik vir elke sessie is

en om ʼn sessie by te woon of nie. Die gevolge van die keuses moet egter ook gekom- munikeer word.

Dit is belangrik om die adolessent te glo. Slegs wanneer daar teenstrydighede voorkom, mag dit met die adolessent bespreek word en vervolgens kan die teenstrydige konstrukte met meer realistiese konstrukte vervang word. Die aanspreek van teenstrydighede bou vertroue, aangesien baie adolessente van mening is dat volwassenes hulle misverstaan en nie glo wat hulle sê nie.

Adolessente wil oor probleme op hulle eie tyd praat en dit is dikwels vir ander mense ongeleë. Hulle wyk ook dikwels tydens gesprekke van die belangrike probleem af, maar behoort toegelaat te word om dit te doen. Hulle praat ook maklik oor nie-toepaslike onder- werpe tydens gesprekke en gebruik baie keer humor om die erns van die bespreking uit te balanseer.

Adolessente is dikwels onseker en rusteloos tydens beradingsessies. Hulle raak maklik verveeld en ongeduldig en moet dus aktief betrokke bly. Die vaardighede en strategieë wat gebruik word, moet voortdurend volgens die direkte behoeftes van die adolessent op daardie stadium van die sessie verander word sodat geleenthede nie verlore gaan nie. Selfopenbaring laat adolessente toe om die sterk emosies en gevoelens wat tydens trauma plaasgevind het, te ervaar. Dikwels word hierdie verhale met die groep bespreek, aangesien dit veiligheid en intimiteit bewerkstellig. Die berader kan dus ook van sy/haar verhaal met die adolessent deel ten einde vertroue te bewerkstellig.

Vertroulikheid is egter van kardinale belang vir adolessente om enige ernstige trauma te openbaar. Daar is egter wetlike-, etiese- en professionele verpligtinge om sekere openba- rings soos mishandeling, selfmoordneigings of planne om ander seer te maak, aan te meld. Ouers en versorgers het egter ook ʼn reg om van hierdie probleme te weet, aange- sien hulle die adolessent vir berading laat gaan het. Dit is egter belangrik om hierdie aangeleentheid met die beradene te bespreek, sodat besluit kan word hoe en wanneer die openbaring sal geskied.

Dit laat die adolessent met ʼn sekere mate van beheer oor die gevolge. Beraders behoort dus sulke besprekings met ouers en versorgers in die teenwoordigheid van die ado-

lessent te doen, aangesien vertroulikheid tydens berading die adolessent die geleent- heid bied om vertroulike probleme te bespreek.

Elke sessie met ʼn adolessent bestaan uit verhoudingsbou, om die probleem te assesseer en die probleem aan te spreek. Die berader orkestreer net die beradingsproses, terwyl die adolessent toegelaat word om binne die grense te ontdek en probleme op te los. Adolessente behoort vaardighede gegee te word waarmee soortgelyke probleme in die toekoms hanteer kan word, ten einde hulle in staat te stel om die nodige veranderinge sonder verdere berading aan te bring.

Dit is belangrik om ʼn goeie verhouding met die adolessent op te bou deur op hulle vlak te kommunikeer en van mikro-vaardighede2 tydens die beradingsproses gebruik te maak.

Voortdurende ontwikkeling en instandhouding van die verhouding is noodsaaklik, aange- sien adolessente voortdurend verhoudings evalueer. Dit is belangrik vir die adolessent om konstrukte rakende verhoudings te ondersoek en met nuwe konstrukte in ʼn omgewing te eksperimenteer waar hulle veilig voel en nie veroordeel sal word nie.

Daar word dus met die adolessent gekontrakteer dat hulle self oplossings sal soek, dat daar perke aan die vertroulikheid is, dat hulle self besluit het om vir berading te gaan en dat dit hulle eie keuse is oor wat hulle bereid is om te doen. Dit sluit toekomstige sessies in.

Tydens die sessies word die probleem aangespreek deur na die storie te luister en dit te glo; temas en probleme te identifiseer en die emosionele toestand van die adolessent te evalueer.

Tydens die storievertelling word empatie betoon, emosionele reaksies word raakgesien en verbaal bevestig. Die adolessent sal duidelike verligting toon, aangesien ʼn volwassene hom of haar glo.

2 Mikro-vaardighede word beskou as byvoorbeeld om teenwoordig te wees tydens die

Dikwels soek adolessente oplossings vir spesifieke probleme tydens terapie. Ander probeer slegs die probleem beter verstaan en soek self later oplossings. Hierdie jong mense moet gekomplimenteer word vir die aanvaarding van eie verantwoordelikheid. Verskeie oplossing word ondersoek en geëvalueer, tesame met alle positiewe en negatiewe gevolge. Slegs oplossings wat in ooreenstemming met die adolessent se persoonlike konstrukte, of hersiene konstrukte is, kan oorweeg word. Hiermee saam moet die wil en vermoë bestaan om hierdie oplossings uit te voer.

Oplossings moet getoets word, ten einde die gevoel van mislukking wat maklik kan ont- staan, te verhoed. Die toets van oplossings word as nuttig gesien, aangesien nuwe inlig- ting hierdeur verkry is (Geldard & Geldard, 2010:86-102).

4.2.9 Gevolgtrekking

Gedurende die beradingsproses aan adolessente moet aandag aan drie primêre funksies gegee word, naamlik om verhouding te bou, die probleem te assesseer, en vervolgens die probleem aan te spreek. Daar moet pro-aktief aan die adolessent se behoeftes, soos dit gedurende die sessie verander, aandag gegee word. Mikro-vaardighede3 moet

voortdurend verander word. Kommunikasiemetodes waarin die adolessent toegelaat word om ook oor ander sake as net die probleem te praat behoort gebruik te word. Die berader kan soms persoonlike trauma in die sessie openbaar aan die adolessent, indien hy of sy voel dat dit ondersteuning en vertroosting aan die adolessent kan bied. Verskeie beradingstrategieë word tydens die sessies gebruik.

Daar moet voortdurend op die ontwikkelingsbehoeftes van die adolessent gefokus word en die berader behoort empaties op te tree. Deur die adolessent te glo, word vertroue gebou, maar die perke van vertroulikheid moet duidelik uitgestippel word. Elke sessie moet volledig wees, sodat indien die adolessent nie vir verdere sessies terugkom nie, die proses as afgehandel beskou kan word en die adolessent nie met verdere seer onverwerkte emosies gelaat word nie. Verder moet elke oplossing getoets word, sodat

die adolessent dit nie as mislukking ervaar indien dit nie in die praktyk werk nie (Geldard & Geldard, 2010:103).