• No results found

Die Joodse erfreg is deur die twee gedeeltes in die Pentateug, nl in Numeri 27:8- 11 en Deuteronomium 21:16-17, gereël. Dié Skrifdele bepaal in wese dat die eiendom in die familie gebly het en die seun die natuurlike erfgenaam was. Geskrewe testamente het nie bestaan nie omdat die bepalings van die Tora

127 Esra 2:61 en 1 Kron 2:34-35 lyk na aannemings in die vroulike lyn maar dit verander nie die

verskynsel van manlike dominansie nie.

128 Die hoofdoel van die aanneming by die Babiloniërs was waarskynlik om hulle te plaas vir ʼn

vakleerlingskap; opleiding is gewoonlik deur die vader gegee. Aan die einde van die periode het die kind terug gegaan na sy oorspronklike familie. Die aanneming vir die voortgang van die geslagslyn kan ook nie uitgesluit word nie (Hammurabi 1955:383vv).

129 Die boek van Tobias dateer ongeveer derde eeu vC.

130 Lyall (1969:462-464) haal baie ander voorbeelde aan om die invloed van die Babiloniërs op

die Joodse sisteme te wys; dit is egter nie vir hierdie studie tersaaklik nie.

131 Yaron (1961:40) verwys na ʼn enkele geval van aanneming uit die Aramese papiri waar die

aanneming van ʼn slaaf duidelik is. Die probleem is dat dit plaasgevind het onder ʼn Persiese bevelvoerder wat impliseer dat dit volgens die Persiese wette was en nie volgens die Joodse wette nie. Die ander gevalle is meer twyfelagtig. In die katakombes in Rome is inskripsies wat daarop dui dat aanneming deur en van Jode bekend was (Leon 1960:232 vv). Dit kan egter Jode wees wat die Romeinse gebruik nagevolg het.

132 Dit is onwaarskynlik dat Paulus die Joodse wet gebruik as agtergrond vir sy gebruik van die

voldoende was sodat elkeen geweet het wat om te doen wanneer iemand sterf. Daar is voorbeelde van gevalle waar persone van hulle besittings, as geskenke uitgedeel het in die lig van die naderende dood. Die latere Tannaïtiese wette het die situasie verander en daar is al meer gemaak van skenkings wat gegee is na goeddunke, self aan persone buite die gesinskring.

Die Joodse reg het die gebruike van die Grieke (diaqhdiaqhdiaqhdiaqh////khkhkhkh) en die Egiptenare (metametametameta\\\\ th

th th

th\\\\n teleuthn teleuthn teleuthn teleuth////nnnn) oorgeneem en aangepas vir hulle eie omstandighede. Van die

Griekse diaqhdiaqhdiaqh////khdiaqhkhkhkh,,,, vorm die Jode ʼn Hebreeuse transliterasie, deyathiqi. Die begrip, deyathiqi, het die vorm en bepalings van die Griekse testament oorgeneem en

hierdie gebruik is deur die Jode as herroepbaar gehanteer. Die Joodse mattana, het die Egiptiese metametametameta\\\\ th th th th\\\\n teleuthn teleuthn teleuthn teleuth////nnnn nagevolg. Hierdie gebruik is as onherroeplik

gereken. Die mattenath šekhiv mera‘ (die geskenk van een wat siek lê) en die

mattenath bari’ (die geskenk van een wat gesond is) is gebruike wat later

ontwikkel het vir die reëlings in die lig van die naderende dood. Die begrip

deyathiqi is waarskynlik die oorkoepelende begrip vir testament, met die ander

twee as subkategorieë wat later in gebruik gekom het.

Die erflating/geskenk het met die mattenath bari’ dadelik die erfgenaam se besit geword. Die vruggebruik is egter deur die skenker uitgehou. Die gebruik om die vruggebruik uit te hou was na alle waarskynlikheid ʼn latere ontwikkeling gewees. Die beginsel van vruggebruik het bepaal dat indien die ontvanger van die geskenk die objek sou verkoop, dit eers na die dood van die erflater die koper se eiendom kon word. Die feit dat die mattenath bari’ onveranderbaar was, word egter deur navorsers uit latere literatuur bewys. Die beginsel dat die mattenath

bari’ gegeld het vir iemand wat gesond is en mattenath šekhiv mera‘ die vir

iemand wat siek is, is ook ʼn latere ontwikkeling in die Joodse reg.

Aanneming is wel bekend in die Ou Testament. Die konvensie met betrekking tot die neem van byvroue en leviraatshuwelike het egter veroorsaak dat die hoofrede vir aanneming op ʼn ander wyse ondervang is, en gevolglik het aanneming nie ontwikkel nie. Die aanneming-konvensie onder die volke rondom die Jode het wel invloed uitgeoefen op die Joodse reg.

Die gebruike uit die Joodse reg wat beskryf is, het almal met eie terminologie saamgeloop. Indien Paulus daarna wou verwys in sy voorbeeld in Galasiërs 3:15 sou hy die spesifiek terme moes gebruik om die wenk te gee dat dit ʼn verwysing na hierdie gebruike is. Die gebruike het ook laat in die geskiedenis ontstaan en dalk nie eers bekend in die tyd van Paulus nie. Die gebruike was ook veranderbaar indien daar so vooraf ooreengekom is.

Dit is onwaarskynlik dat Paulus hierdie gebruike in gedagte gehad het toe hy in Galasiërs 3:15 na ʼn mens-voorbeeld verwys.

HOOFSTUK 6

VERBONDSLUITPRAKTYKE IN DIE OU TESTAMENT

6.1 INLEIDING

In hierdie hoofstuk kom die verbondsluitpraktyke van die Ou Testament aan die orde. Die fokus is om die verbondsluitpraktyke wat tussen twee menspartye gesluit is, te bespreek. Hierdie praktyk kan lig werp op die begrip wat Paulus in Galasiërs 3:15 gebruik wanneer hy na ʼn mens-voorbeeld verwys as diaqh/kh diaqh/kh diaqh/kh diaqh/kh wat

die vertaling van תי ִר ְבּ is. Die mens-voorbeeld wat Paulus gebruik kan na die sluiting van ʼn verbond tussen menspartye verwys. Dit is dus noodsaaklik om die konvensies en gebruike rondom die sluit van die verbonde in die Ou Testament te ondersoek om te bepaal of die verbond as moontlike konteks vir diaqdiaqdiaqhhhh/kh in diaq

Galasiërs 3:15 kan dien.

Die hoofstuk stel die verbond as wetlike instrument vir die hantering van die verhouding tussen twee partye aan die orde en bespreek nie die teologiese konsep van verbondsluiting nie. In die teologiese konsep is God nie net die een wat die waarborge aan die verbond gee nie, soos in die geval van ʼn verbond tussen twee menspartye nie, maar Hy is self onderworpe aan die bepalings van die verbond. Die teologiese konsep sal wel aan die orde kom om sekere gebruike van die verbondsluiting te illustreer.

In die hoofstuk word kortliks verwys na die verskil tussen ʼn kontrak en ʼn verbond. Daarna kom die aard, die oorsprong, die doel en die struktuur van die verbond aan die orde. Die moontlikheid, al dan nie, om die verbond tersyde te stel sal bespreek word en die terme wat eie aan die verbondsverhouding is, sal van nader toegelig word.