• No results found

DIE PASTORALE BEHOEFTES VAN 'N PERSOON WAT IN 'N GEEN-UITWEG EGSKEIDING VERKEER

3.1. Die Pastorale behoeftes van 'n persoon wat in 'n Geen-Uitweg Egskeiding verkeer aan die hand van vyf gevallestudies

3.1.4.1. Die Geval van Hariet

Hariet is 'n 62-jarige vrou met twee kinders wat tans op universiteit studeer. Sy is sesjaar gelede geskei van Paul met wie sy 17 jaar getroud was. Sy was 39 jaar oud en Paul 25 jaar oud met hul troue. Sy woon tans alleen op 'n plattelandse dorp in die Karoo, waar sy as boekhoudster by 'n finansiele instansie werksaam is.

Ten spyte van die ouderdomsverskil wat daar bestaan het tussen haar en Paul, was hulle baie gelukkig in hulle huwelik. In haar eie woorde beskryf Hariet hul huwelik as "besonder gelukkig." Paul was in alle opsigte haar beste vriend en sy het niemand anders in die wereld gehad waarmee sy soveel belangstellings gedeel het nie. Sy het horn beskou as 'n ware lewensmaat en vreugde as eggenoot. Sy het ook 'n besondere bewondering vir sy vaderskap gehad waar hy as gelowige vader aan sy kinders die grondslag gele het vir 'n lewende geloof.

Twee jaar voor hul egskeiding het sy begin bemerk dat Paul nie meer dieselfde teenoor haar optree as waaraan sy in 15 jaar se huwelik gewoond geraak het nie. Hulle kon nie meer met mekaar deel wat op hulle harte was nie. Hariet het begin ervaar dat daar 'n emosionele afstand tussen haar en Paul gekom het. Een aand aan die etenstafel, waar die hele gesin teenwoordig was, het Paul bekend gemaak dat hy nie meer in die Bybel en in die verlossing in Jesus Christus glo nie. Dit was vir Hariet en die kinders 'n verskriklike ontnugtering, aangesien hulle as gesin 'n

besondere bewondering vir Paul gehad het vir die leiding wat hy as vader aan die gesin gegee het op geestelike terrein.

Later het dit ook aan die lig gekom dat Paul 'n verhouding met sy sekretaresse gehad het. In sy werk moes hy en sy sekretaresse van tyd tot tyd reis om inspeksies by ander dorpe te gaan doen. Hulle moes telkens vir dae oorbly. Paul het later erken dat hy tydens hierdie werksreise saam met sy sekretaresse, owerspel gepleeg het. Na hulle egskeiding is Paul getroud met sy sekretaresse en hulle woon tans nog op dieselfde dorp as Hariet. Sy sien vir Paul nog gereeld wanneer die kinders op die dorp kom kuier en kontak tussen haar en Paul onafwendbaar is.

In die dagvaarding tot 'n egskeiding wat op haar bestel is, het Paul aangevoer dat die rede vir hul egskeiding 'n gebrek aan kommunikasie is. Hariet erken dat die kommunikasie tussen haar en Paul doodgeloop teen die einde van hulle huwelik, maar sy is oortuig dat daar ander redes vir die egskeiding was. Sy voer drie redes aan waarom sy meen hulle huwelik skeefgeloop en sy teen haar wil 'n egskeiding moes beleef. In die eerste plek beskou sy die verandering van geloofsoortuiging wat Paul gehad het as primere rede vir die egskeiding. Hiermee saam, in die tweede plek, glo Hariet dat dit vir Paul ongemaklik was om te leef in gesin wat gelowig is en getrou hul godsdiens beoefen het. In die derde plek voer Hariet die owerspel wat Paul met sy sekretaresse gepleeg het aan as rede waarom Paul haar verlaat het.

Onderwyl hulle huweliksprobleme ondervind het, het Paul en Hariet 'n sielkundige gesien vir huweliksberading. Vir Hariet was die huweliksberading 'n groot teleurstelling. Sy het 'n groot behoefte daaraan gehad om vanuit die Woord en met gebed begelei te word tydens die berading. Sy is oortuig daarvan dat leiding vanuit die Woord en in gebed vir Paul baie sou help tydens geloofsvertwyfeling. Die sielkundige het aan haar die opdrag gegee om 'n lys op te stel van die dinge van Paul wat haar in hulle huwelik teleurgestel het. Sy het met moeite die lys opgestel net om met die volgende sessie te vind dat dit verniet was. Sy het ervaar dat die sielkundige haar nie geglo het dat sy waarlik gelukkig was in hulle huwelik nie. Die stap van 'n egskeiding is na slegs 'n paar sessies deur die sielkundige voorgestel.

Op die vraag of sy kan se dat sy die trauma van haar egskeiding al verwerk het, het sy voorwaardelik 'ja' geantwoord. In haar eie woorde se sy: "'Ja' beteken ek funksioneer met vreugde in die lewe. Dit beteken nie dat ek klaar getreur het nie!" Uiteindelik was dit medegelowiges wat haar gehelp het om die trauma van haar Geen-Uitweg Egskeiding te verwerk. Die feit dat sy met vrymoedigheid en vertroue kon praat met medegelowiges het die emosionele pyn vir haar help verwerk. Gebed was ook vir haar 'n anker in die swaar tye, omdat sy met vrymoedigheid haar pyn en smart na die Vader kon neem.

In 'n onderhoud se Hariet dat sy nooit weer sal trou nie, want Paul is haar man. Sy beskou horn as haar enigste lewensmaat, alhoewel hulle nie meer getroud is nie en hy nou met 'n ander vrou getroud is. Die egskeiding wat met haar gebeur het, is 'n tragedie waarvan sy die slagoffer is en dit vir die res van haar lewe sal wees. Sy het geleer om normaai te funksioneer en kan voortgaan met die lewe, maar sy dink steeds aan haarself as die slagoffer.