• No results found

DIE PASTORALE BEHOEFTES VAN 'N PERSOON WAT IN 'N GEEN-UITWEG EGSKEIDING VERKEER

3.1. Die Pastorale behoeftes van 'n persoon wat in 'n Geen-Uitweg Egskeiding verkeer aan die hand van vyf gevallestudies

3.1.3.2. Die Pastorale Behoeftes van Wilhelm

a.) Verwerking van die gevoel van verraad na die misleiding wat die egskeiding voorafgegaan het en vergifnis: Die manier waarop Hermien vir Wilhelm mislei het voordat sy horn verlaat het en die misleiding wat daar was toe sy na die buiteland vertrek het, het Wilhelm diep seer gemaak. Toe sy vertrek het, was hy nog onder die indruk dat hulle huwelik gelukkig was en dat sy horn liefgehad het. Daar was vir horn geen manier om homself te kon voorberei op die trauma van 'n egskeiding nie. Die impak van die egskeiding het horn skielik getref en hy het gevoel dat Hermien horn verraai het. Sy het horn alleen agter gelaat in sy werk as predikant, waar sy ook deel daarvan was voor haar vertrek. Wilhelm was kwaad vir Hermien omdat sy horn in die steek gelaat het. Daarom het hy hulp nodig gehad om die verraad wat teenoor horn gepleeg is te verwerk. In hierdie opsig was dit vir horn baie moeilik om Hermien te vergewe.

b.) Hulp met die maak van sin van al die gebeure en die verstaan van hoekom dit gebeur het: Hermien het volstrek geweier om met Wilhelm te praat oor die redes vir die egskeiding. Sy het moeite gedoen om Wilhelm te vermy en het horn so die geleentheid ontneem om vrae te vra en sin te probeer maak van alles wat gebeur het. Omdat hy nie met Hermien kon praat oor die redes vir hulle egskeiding nie, kon hy nooit verstaan hoekom presies die egskeiding plaasgevind het nie. Al wat daar vir Wilhelm was om te probeer sin maak en verstaan hoekom die egskeiding plaasgevind het, was herinneringe uit hulle huwelik. Die herinneringe het gepaard gegaan met vrae oor spesifieke situasies wat dalk kon aanleiding gee tot 'n egskeiding. Dit het egter by vrae gebly aangesien Hermien nooit die vrae beantwoord het nie. Wilhelm het hulp nodig gehad in die opsig dat daar iemand moes wees wat as 'n klankbord vir horn moes optree terwyl hy hierdie vrae oor hulle verlede aan homself gevra het. Hy het 'n neutrale opinie nodig gehad oor enige moontlike teorie wat hy kon gehad het waarin die egskeiding plaasgevind het.

c.) Die bantering van vals beskuldigings op die hofstukke: Omdat Hermien nooit met Wilhelm wou praat oor die egskeiding nie, het hy geweet dat die redes wat in die amptelike hofstukke vir die egskeiding aangegee is, vals was. Hy het hierdie amptelike redes vir die egskeiding as valse beskuldigings ervaar. Dit was ook vir horn traumaties omdat Hermien nooit vantevore hieroor gekla het nie. Sy het aangevoer dat sy emosioneel ge'fntimideerd was in die rol wat sy as predikantsvrou in hulle huwelik gespeel het. Wilhelm meld in 'n onderhoud dat Hermien horn nog altyd onder die indruk gebring het dat sy haar predikantsvrouskap gesien het as 'n roeping. Dit was veral vir horn swaar omdat sy aangevoer het dat sy ge'i'ntimideerd gevoel het - 'n indirekte aanklag voor sy deur. Wilhelm moes begeleiding ontvang om te kon verstaan dat hierdie aantygings nie op horn persoonlik van toepassing is nie en dat hy nie die verantwoordelikheid kan aanvaar vir Hermien se gevoel dat sy emosioneel ge'i'ntimideerd was nie.

d.) Die verwerking van die implikasies van 'n egskeiding op sy beroep as predikant: Die kerklike proses van 'n ondersoek na hulle egskeiding was vir Wilhelm baie traumaties. Dit was ook vir horn moeilik om weer met sy werk as predikant voort te gaan na die ondersoek afgehandel was aangesien hy met die gereelde kontak met mense gedwing was om baie te praat oor die gebeure rondom sy egskeiding. Hier was die pastorale behoefte om begeleiding te ontvang om te kan voortgaan met sy normale take as predikant, sonder om toe te laat dat die invloed van 'n egskeiding horn van stryk bring.

e.) Behoefte aan rou-begeleiding eerder as egskeidingsberading: Omdat sy egskeiding meer vir horn gevoel het na die verlies van 'n lewensmaat as 'n gewone egskeiding, was daar by

Wilhelm 'n sterk behoefte om begeleiding deur sy gepaardgaande rou te ontvang. Wilhelm het met die pastorale hulp wat hy tydens sy egskeiding ontvang het, ervaar dat die pastor wat horn begelei het glad nie hierdie behoefte van horn om te rou asof Hermien deur die dood van horn weggeneem was, identifiseer nie.

f.) Goedkeuring van die rol van 'n nuwe verhouding in die herstel na sy egskeiding: Wilhelm is oortuig daarvan dat sy gelukkige huwelik met Lucia horn finaal gehelp het om die trauma van sy egskeiding met Hermien te verwerk. Dit was egter vir horn moeilik dat mense na aan horn, horn voortdurend gewaarsku het dat hy nie weer dieselfde fout moet begaan nie. Toe hy met Lucia getrou het, was daar baie van sy vriende wat horn gewaarsku het dat 'n huwelik nie die wonde van die verlede kon herstel nie. Dit het veroorsaak dat Wilhelm afgesonder van sy ondersteuningsbronne gevoel het toe hy met Lucia getrou het. Tyd wat verloop het, het bewys dat sy huwelik met Lucia op vaste grond staan en dat sy vriende se vrese ongegrond was. In die tyd net voor sy tweede huwelik het Wilhelm egter goedkeuring van 'n vertroueling, wat 'n pastor kon wees, nodig gehad.