• No results found

Die Betrokke Teoloe en 'n fundamentalistiese denkmodel

4.2 Gereformeerde teoloe uit die dae van JD du Toit 1 Die Kosbare Goud

4.2.1.5 Die Bybel

4.2.1.5.2 Die gesag van die Skrif

Sekerlik een van die vernaamste denkers onder die ou vaders, JD du Toit (1944:40), handel hier heel gepas oor een van die belangrikste aspekte met betrekking tot my studie. Hy begin deur te se: As ons bewyse moet lewer vir die Christelike waarheid, word die Skrif aangehaal. Dit is dan die einde van alle teespreking. Waarom? Wei omdat die gelowige die Skrif erken as die

Woord van God en bygevolg as die absolute gesagsbron.

Nou kom die vraag: op watter grond steun die onfeilbare gesag van die Skrif?

JD du Toit hanteer eerstens die gronde waarop die gesag van die Skrif prinsipieel nie kan rus nie. Dit is:

• Die oorlewering

Die tradisie of oorlewering van die oudste kerk wat handel oor die Bybel is nie voldoende nie want die oorlewering is nie onfeilbaar nie. Die hoofbeswaar is egter dat die mens by die gebruikmaking van tradisie om die gesag van die Bybel te bepaal, die feilbare mens aanstel om uit te maak wat Woord van God is en wat nie. Sodoende word die mens geplaas bo die Bybel.

• Die apostolisiteit

Die grond het alleen betrekking op die Nuwe Testament, maar die beswaar bly dieselfde. 'n Feilbare menslike ondersoek na die apostolisiteit kan nie die werk van God aangaande die Bybel beoordeel nie.

• Historiese argumente

Die gesag van die Bybel kan ook nie van historiese argumente afgelei word nie. Nogmaals dieselfde beswaar. Die Bybel as werk van God kan nie afhanklik gemaak word van 'n feilbare menslike ondersoek nie.

Die Betrokke Teoloe en 'n fundamentalistiese denkmodel

• Die outoriteit van die Kerk

Omdat die kerk, en hier word Calvyn en Bavinck aangehaal, self gedra word deur die gesag van die Bybel, kan die Bybel nie afhanklik gemaak word van die kerk se goedkeuring nie.

Van die gronde waarop die gesag van die Bybel nie kan rus nie, se JD du Toit (1944:42): Hierdie en derglike bewysvoeringe en argumente het wel hul waarde, wat ons nie wil verkleineer nie. Maar hulle is alleen van waarde vir die gelowiges, d.w.s. vir diegene wat alreeds glo dat die Bybel die Woord van God is. Hulle kom nie om ons tot die geloof te beweeg nie (dit kan hulle nie), maar om ons in die alreeds voorhande geloof te versterk. Kom die teestander met sy bewyse, ons het ons teebewyse. Ons kan horn op gelyke platform ontmoet en met sukses weerstaan. Maar ons moet nie dink dat daarmee die teestander oortuig en tot geloof beweeg sal word nie.

Hierna haal hy Greijdanus aan wat se dat, hoewel daar gewys kan word dat die Bybel aangaande sy eie gesag getuig en ook allerlei kan bybring wat die waarheid van die selfgetuienis steun, kan die gesag van die Bybel nie wetenskaplik bewys word in soverre elkeen met logiese noodwendigheid gedwing word om dit aan te neem nie. MAAR so ook kan die teenstander nie wetenskaplik bewys dat die selfgetuienis van die Bybel aangaande sy eie gesag onwaar is nie. Die verwerping van die gesag van die Bybel is daarom ook 'n saak van geloof.

Maar hoe kom gelowiges tot die aanvaarding van die selfgetuienis van die Bybel? Omdat die Heilige Gees in die harte van gelowiges getuig dat die boeke van die Bybel die Woord van God is. JD du Toit (1944:43) hanteer hierdie stelling onder sewe punte:

• Die eintlike getuienis vir die Goddelikheid van die Skhf is die getuienis wat die Skhf self gee. Dit is en bly die Woord van God al sou geen mens die getuienis aanneem nie.

• Van nature kan die mens die koninkryk van God nie sien nie (Johannes 3:3): hy kan die heilsfeite en heilswaarhede nie waarneem nie. Daarom verwerp hy die Bybel as die Woord van God.

• In die wedergeboorte word in die gelowige die geestelike vermoens herstel... dan is dit dat die Gees met ons gees getuig dat ons kinders van God is (Romeine 8:16).

• Hierdie getuienis betref nie net die Goddelikheid van die Skhf nie. Dit se dat ons kinders van God is en dus deel het aan alles wat God aan sy kinders kenbaar gemaak het...

• Die eintlike grond vir ons geloof aan die Skrifgesag is dus die selfgetuienis van die Skhf, maar die getuienis van die Heilige Gees is die middel om ons tot die geloof te beweeg.

• Hierdie getuienis is geen aparte stem wat tot ons kom buitekant die Woord om nie, maar dit kom uit en deur die Woord.

• Hierdie getuienis gee onmiddellike sekerheid en gaan nie langs die omweg van bewysvoering nie. Daarom het ons al die argumente en redeneringe, wat in die begin van hierdie artikel opgesom is, nie nodig nie as dit op die laaste grond van ons Skrifgeloof aankom.

JD du Toit keer weer terug na die teenstander maar die keer het hy 'n ander vraag. Dit is die vraag of Gereformeerdes die goeie reg het om die standpunt hierbo te handhaaf. Die teenstander is duidelik nie 'n Jehova-getuie nie, maar 'n modernis wat die gronde van die Gereformeerde geloof aanvat en die wetenskaplikheid daarvan betwyfel.

JD du Toit (1944:43) se: maar, sal die teestander daarvan toevoeg: julle moet ons eers die deuglikheid van die beginsel bewys wat julle as uitgangspunt (die feit dat die Bybel die Woord van God is en dat die Heilige Gees daarvan in die harte van gelowiges getuig) gekies het. Ons antwoord is: Nee. Elke wetenskap gaan uit van beginsels waaragter 'n mens nie kan teruggryp nie, wat nie bewys kan word nie. Sonder sulke beginsels, as punte van begin, is geen wetenskap moontlik nie. Waarom moet dan net vir die Godskennis 'n uitsondering gemaak word?

JD du Toit is gou om by te voeg dat dit nie 'n saak van wetenskap versus geloof is nie maar geloof teenoor ongeloof. Hy wat JD du Toit (1944:43) is, is ten voile wetenskaplik. Die belangrikste is wat hy vervolgens se: Die outoriteit van die Skrif rus dan ook, soos alle beginsels, in sigself en is vir geen bewys vatbaar nie. Die Skrif moet geglo word op sigself. Dit is nie onwetenskaplik nie... Die verskillende wetenskappe het wel, volgens hul verskillende aard, verskillende soorte beginpunte en verskillende metodes waarvolgens gewerk word, maar in die grond van die saak is dit, soos Prof. Bavinck se: die geloof aan die grondbeginsels is altyd mistiek van aard.