• No results found

Gebruik van kontrasepsie na terminasie van

4. Inleiding

4.25 Gebruik van kontrasepsie na terminasie van

Bianchi-Demicheli et al (2003: 109) het in ’n studie oor die gebruik van kontrasepsie na swangerskapsterminasie bevind dat die oorgrote meerderheid van vroue wel kontrasepsie na ’n swangerskapsterminasie, gebruik. In hierdiè studie is bevind dat 116 (97%) van die respondente wel van voorneme is, om kontrasepsie na hul swangerskapsterminasie, te gebruik. Die korrekte gebruik van kontrasepsie is egter steeds nie verseker nie.

97% 3% 0% 20% 40% 60% 80% 100% A a n ta l re s p o n d e n te Ja Nee

Gebruik van kontrasepsie na die terminasie

van swangerskap (N) = 120

Die mees algemene kontraseptiewe metode wat deur vroue na ’n swangerskapsterminasie gebruik word, is die kontraseptiewe inspuiting en die pil (Bender & Geirsson, 2004: 481). Ses en tagtig (72%) van die respondente in hierdie studie was van voorneme om die kontraseptiewe inspuiting na die terminasie te gebruik (vergelyk figuur 4.29), terwyl slegs twaalf (10%) van voorneme is om die kontraseptiewe pil, na die terminering van swangerskappe te gebruik.

Agtien (15%) respondente is van voorneme om ’n kombinasie kontrasepsie middel te gebruik. Die kombinasie van kontrasepsie middele sluit die gebruik van ’n kondoom saammet ’n hormonale kontraseptiewe metode in. Dit blyk dat hulle probeer seker maak dat hulle nie weer ongewens swanger sal raak nie, net soos in die geval van ’n studie deur Kozinszky en Bartai (2004: 80) gedoen op ’n twee groepe vroue, waar die een groep wat ’n terminasie ondergaan het, na die terminasie eerder ’n kondoom saammet die kontraseptiewe pil gebruik het, om ’n verdere ongewensde swangerskap te voorkom. Die groep wat nie ’n swangerskapsterminasie ondergaan het nie, het aangedui dat hulle steeds net van ’n kondoom as ’n kontraseptiewe metode, gebruik sou maak.

Tipes kontrasepsie wat respondente na die

terminasie sal gebruik (N) = 116

72.0% 15.0% 10.0% 2.0% 1.0% Inspuiting Kombinasie van kontrasepsie Pille Intra-uteriene toestel Sterilisasie

Figuur 4.29: Tipes kontrasepsie wat respondente na die terminasie sal gebruik

Vier (3%) respondente beplan om nie na die swangerskapsterminasie, kontrasepsie, te gebruik nie. Twee (67%) respondente is van mening dat hulle eerder van seks sal onthou en een (33%) sal ’n sterilisasie ondergaan, eerder as om kontrasepsie te gebruik (vergelyk figuur 4.30).

Redes van respondente wat nie van voorneme is om kontrasepsie na die terminasie te gebruik nie (N) = 4

33.0%

67.0%

Respondente wat eerder sal steriliseer Respondente wat van seks sal onthou

Figuur 4.30: Redes van respondente wat nie van voorneme is om kontrasepsie na die terminasie te gebruik nie.

4.26. Terminering van ’n volgende swangerskap indien weer binne een jaar swanger raak (Vraag 19)

Volgens Alouini et al (2002: 43) kom die herhaling van ’n terminasie van swangerskap binne die volgende drie tot vier jaar na die eerste terminasie van swangerskap dikwels voor (vergelyk figuur 4.6). Vier (3%) van die respondente in hierdie studie is van mening dat hulle wel weer ’n terminasie van swangerskap sal ondergaan, indien hulle weer binne ’n jaar na die eerste terminasie van swangerskap, sal swanger raak (vergelyk figuur 4.31).

Respondente wat weer 'n terminasie van swangerskap sal ondergaan indien binne een jaar swanger raak

(N) = 120

3.0%

97.0%

Sal weer na een jaar termineer

Sal nie na een jaar termineer nie

Figuur: 4:31 Respondente wat weer ‘n terminasie sal ondergaan indien binne een jaar swanger raak

Die vier respondente (3%) wat weer ’n swangerskapsterminasie binne een jaar sal ondergaan is van mening dat hulle (2) dan steeds sal studeer en finansieël onstabiel (2) sal wees, indien hulle weer sou swanger raak. Kommerwekkend dat hulle dus van mening is om nie kontrasepsie ter voorkoming van ’n ongewensde swangerskap te gebruik nie (vergelyk figuur 4.32), maar wel weer ’n terminasie te ondergaan. Hul beskou dus beslis terminasie as ’n metode van kontrasepsie.

50% 50% 0% 5% 10% 15% 20% 25% 30% 35% 40% 45% 50% A antal res po nd ente Sa l ste ed s fi na nsie el on sta bie l w ees Sa l ste ed s stud eer

Redes vir die herhaling van terminasie van swangerskap indien binne een jaar swanger raak (N) = 4

Figuur 4.32 Redes vir die herhaling van terminasie van swangerskap indien binne een jaar swanger raak.

In ooreenstemming met ander studies (Bianchi-Demicheli et al, 2003: 109) is 116 (97%) respondente van plan om nie weer ’n swangerskapsterminasie te ondergaan nie en hulle sal eerder kontrasepsie gebruik (vergelyk tabel 4.28) Die redes wat deur die 116 respondente wat nie van plan is om weer ’n swangerskapsterminasie te ondergaan nie, word in tabel 4.9 weergegee.

Tabel 4.9: Redes vir die nie-herhaling van ’n swangerskapsterminasie indien binne een jaar weer sou swanger raak.

Redes vir die nie-herhaling van ’n swangerskapsterminasie na een jaar

Persentasie van respondente

Aantal respondente

1) Sal kontrasepsie gebruik 68% 79

2) Wil steriliseer 9% 10

3) Sal onthou van seks 1% 1

4) Te veel risiko’s aan swangerskapsterminasie verbonde 9% 10 5) Moeilike besluit 2% 2 6) Ondervinding angsvol 2% 2 7) Sal verantwoordelikheid aanvaar 10% 12 N = 116 4.27 Samevatting (Vraag 20)

Die besluit om ’n terminasie van ’n swangerskap te laat doen, word altyd gemotiveer, hetsy dit sosio-ekonomies van aard of slegs ’n ongewensde swangerskap is (Bianchi- Demicheli, 2003: 107). Die navorser het na aanleiding van die redes wat reeds deur verskeie ander navorsers onder andere Bianchi- Demicheli (2003: 107) en Uygur en Erkaya (2001: 211), aangevoer word, ’n lys van redes saamgestel, wat in die vraelys ingesluit was. Die respondente moes weergee of enige van die redes ook op hulle van toepassing is, sodat dit met die reeds bekende redes van vorige navorsers vergelyk kan word. Diè redes soos deur die respondente weergegee word in tabel 4.10 beskryf.

Tabel 4.10: Toepassing van die redes vir terminasie van swangerskap op respondente

Redes vir die terminasie van swangerskappe

Persentasie van respondente Aantal respondente

1. Ek is nie nou gereed om ’n kind te hê nie.

53% 64

2. Ek is werkloos. 69% 83

3. Ek beskik oor te min finansies.

92% 110

4. Ek wil nie ’n enkel-ouer wees nie.

61% 73

5. Ek wil nie my seksuele aktiwiteit bekend maak nie.

4% 5

6. Ek wil nie nou al gebind wees nie.

39% 47

7. Ek wil nie kontrasepsie gebruik nie.

0% 0

8. Ek het gedink ek sal nie so maklik swanger raak nie.

4% 5

9. My ouers dring aan op ’n terminasie.

1% 1

10. Ek was onbewus van die bestaan van terminasie van swangerskap sou ek swanger raak.

0% 0

11.Ek het geglo dat maagde nie kan swanger raak nie.

29% 35

12. Ek weet dat aborsies beskikbaar is sou ek swanger raak.

30% 36

13. Ander 5% 6

N = 120

Tabel 4.7 weerspieël baie duidelik die feit dat in hierdie studie 110 (92%) van respondente van mening was dat hul finansieël nie instaat sou wees om ’n baba te versorg nie, 89 (69%) werkloos was, en 70 (58%) nie nou ‘n kind wou hê nie. Die feit dat niemand teen die gebruik van kontrasepsie was nie, maar wel seksueel aktief was en die moontlikheid van ’n swangerskap moes voorsien, is beslis kommerwekkend.

Absolute onkunde soos die feit dat 36 (30%) respondente van mening was dat indien hul maagde was, hul nie kan swanger raak nie, is onrusbarend. Vir 36 (30%) respondente was die beskikbaarheid van swangerskapsterminasies ’n oplossing.

Die bevinding word weerspieël in die feit dat 28 respondente reeds erken het dat hulle wel swangerskapsterminasie as ’n metode van kontrasepsie beskou (vergelyk figuur 4.23).

Dit is strydig met wet 92 van 1996, want as ’n persoon van mening is dat daar ’n “maklike” oplossing vir ’n ongewenste swangerskap is, sal die motivering om dit te voorkom heel moontlik na die mening van die navorser ontbreek. Terminasies met die gevolglike emosionele en fisieke implikasies wat dit inhou sal en kan in groot getalle voortgaan.

Die hoofstuk bevat die resultate en interpretasie van die data wat deur die navorser tydens die data insameling verkry was. Die aanbevelings ten opsigte van die navorsingsbevindinge word volledig in die volgende hoofstuk bespreek.

Hoofstuk 5

Gevolgtrekkings en Aanbevelings

5.1 Inleiding

Op grond van die resultate wat tesame met die data-interpretasie breedvoerig in die voorafgaande hoofstuk bespreek is, word die volgende gevolgtrekkings en aanbevelings nou gemaak.

5.2. Seksuele voorligting

5.2.1 Gevolgtrekking

Seksuele voorligting is die grondslag vir die ontwikkeling van intieme verhoudings tussen mans en vroue. Die voorliging behels die oordra van kennis oor die anatomie en fisiologie van reproduksie, wat ’n persoon in staat sal stel om die aanvang van seksuele aktiwiteit, veral op ’n jong ouderdom, uit te stel. Die moontlike gevolge van seksuele aktiwiteit, soos byvoorbeeld ongewenste swangerskappe wat tot swangerskapterminasies kan lei, kan dus afgeweer word (Black et al, 2005: 235).

Die navorsingsresultate het aangedui dat vroue in die populasie wat deur die steekproef verteenwoordig is, op ’n jong ouderdom in seksuele aktiwiteite betrokke raak. Vyf en dertig (30%) van die vroue wat terminasies van swangerskappe versoek het, het in die ouderdomsgroep van 15-20 jaar geval (vergelyk figuur 4.1), terwyl, 22% (26) van die vroue nog skoolgegaan het (vergelyk figuur 4.2).

Die meerderheid van die respondente (119) het egter aangedui dat hulle wel seksuele voorligting ontvang het, tog het hulle ongewens swanger geraak.

5.2.1 Aanbeveling

Seksuele voorligting is noodsaaklik maar slegs die effektiewe benutting van die inligting sal menige vroue toerus om voorsorgmaatreëls te tref teen die gevolge van seksuele aktiwiteit op ’n vroeë ouderdom (Hlahele,1998: 36). Die navorser is van mening dat seksuele voorligting slegs effektief sal wees indien maatreëls vir die toepassing ten opsigte daarvan in skole aan leerders oorgedra word.

Die klem in seksuele voorligting wat in skole gegee word behoort, op die uitstel van seksuele aktiwiteit gelê te word, wat moontlik tot die voorkoming van ongewenste swangerskappe sal meehelp. Opvoeders van Lewensoriëntering in skole moet oor genoegsame kennis rakende die voorkoming van swangerskap by wyse van onthouding asook die gebruik van kontraseptiewe middels beskik. Opleidings instansies moet dus rakende hierdie navorsingsresultate ingelig word. Die navorser sal hierdie aangeleentheid met die Hoof van Opvoedkunde by die Universiteit van die Vrystaat opneem ten einde ’n plan van aksie daar te stel.