• No results found

4. Inleiding

5.6 Berading oor terminasie van swangerskap

5.6.2 Aanbeveling 173-

5.6.1 Gevolgtrekking

Terminasie-van-swangerskapberading stel ’n vrou in staat om ’n ingeligte besluit ten opsigte ‘n terminasie, sowel as om alternatiewe keuses, te maak (Seber, 2006: 2). Dit is die berader se taak om die vrou rakende haar besluit, die proses daaraan verbonde, die persone daarby betrokke, die onmiddellike en langtermyn-komplikasies, sowel as alternatiewe keuses in te lig (Dickens & Cook, 2002: 55).

Die navorsingsbevindinge het aangedui dat die meeste van die respondente nog nie berading ontvang het toe die navorser onderhoude met hulle gevoer het nie, terwyl nege en twintig van die respondente geweier het om berading te ontvang. Die weiering van berading was ’n faktor wat die respondente van die keuse om ’n ingeligte besluit te neem, ontneem het. Aan die ander kant het die respondente wat wel berading ontvang het, egter aangedui dat die berading hulle nie van hul besluit om ’n terminasie te laat doen, laat afsien het nie.

5.6.2 Aanbeveling

Die berading van vroue wat terminasie van swangerskappe versoek behoort deel te vorm van die proses van swangerskapsterminasie. Die berader in die kliniek waar die terminasie uitgevoer word, moet dus oor sekere persoonlikheidseienskappe beskik. Hulle moet met die korrekte houding, empatie, simpatie, sinvolle kommunikasie en goeie interpersoonlike vaardighede die berading van ’n vrou wat ’n terminasie versoek, kan behartig (Seber,

Geregistreerde verpleegkundiges is reeds in die opleidingsprogram wat deur die regering ingestel is, met die implementering van Wet 92 van 1996, opgelei om die berading van vroue wat terminasies versoek, te hanteer (Theron & Grobler, 2000:128), tog blyk dit duidelik vanuit die hierdie navorsing dat sommige kliënte nie werklik berading ontvang het nie.

Beradingstrategieë kan moontlik ondersoek word om die werklike impak daarvan op die kliënt waar te neem. Indiensopleiding van die huidige beraders om effektiewe berading aan vroue wat terminasies versoek, te voorsien behoort gedoen te word. Indiensopleiding kan moontlik ook as verbetering van die opleidingsprogram wat deur die regering met die inwerkingstelling van Wet 92 van 1996, geloods is, dien.

5.7 Aanbevelings vir verdere navorsing

Op grond van die navorsingsbevindinge word die volgende vir verdere navorsing aanbeveel.

5.7.1) Die berading vir die vrou wat ’n terminasie van swangerskap versoek.

Die navorsingsbevindinge het bevestig dat een en negentig respondente nie pre- terminasie-van-swangerskapberading ontvang het nie. Ongeag die weiering van nege en twintig respondente om berading te ontvang, bly die berading die belangrikste aspek in die proses van terminasie. Berading moet ’n vrou wat ’n swangerskap wil laat termineer, in staat stel om ’n ingeligte besluit ten opsigte van haar keuse te maak, en alternatiewe voorhou (Seber, 2006: 2). ‘n Omvattende studie oor die berading van vroue in klinieke waar terminasies gedoen word, sal bepaal watter beradingstrategieë gebruik behoort te word en of alle aspekte wel aangespreek word wanneer die vroue berading ontvang.

5.7.2) Terminasie as ’n metode van kontrasepsie.

Die navorser het met die studie bevind dat vier van die respondente die inrigting waar terminasies gedoen word, reeds vir ’n tweede terminasie besoek (vergelyk figuur 4.6). Die respondente het aangedui dat die onverantwoordelike gebruik van kontraseptiewe middels en die gevolglike mislukking daarvan die rede vir die herhaling van die terminasie van swangerskap is. Die respondente was ook van mening dat hulle weer ’n terminasie van swangerskap sal ondergaan indien hulle weer binne ’n jaar nà die eerste terminasie van swangerskap sou swanger raak.

Die bevinding is kommerwekkend, aangesien die respondente nie van voorneme is om kontrasepsie ter voorkoming van ’n ongewenste swangerskap toe te pas nie, maar eerder ’n terminasie te ondergaan (vergelyk figuur 4.32). Die respondente in hierdie studie terminasie van swangerskap as ’n kontraseptiewe metode beskou en om daardie rede ’n terminasie laat doen het, noodsaak ‘n ondersoek. Die Wet stipuleer tog duidelik dat terminasie van swangerskap nie

’n vorm van kontrasepsie of bevolkingsbeheer is nie.

5.7.3) Die psigologiese welstand van vroue wat swangerskapterminasies versoek.

Terminasie van swangerskap is ’n traumatiese ervaring is en die traumatiese reaksies op terminasie van swangerskap word dikwels nie erken nie, aangesien baie vroue verwag dat die besluit wat hulle neem verligting nà ’n ongewenste swangerskap sal bring (Bennett, 2004: Intyds). Die trauma verbonde aan swangerskapterminasie begin dus reeds met die aanvang van die swangerskap, wat moontlik ook die geval met die respondente in die studie was.

Die feit dat die respondente verskillende gevoelens, wat oorweldigend negatief was, soos skok, ongelukkigheid, pyn, stres en frustrasie ervaar het, noodsaak die psigologiese evaluering van die welstand van vroue wat swangerskapterminasies versoek, aangesien die besluit om ’n terminasie te laat doen, gewoonlik as in ’n toestand van emosionele isolasie geneem word (Millner & Hanks, 2002: 57).

5.8 Beperkinge van die studie

Die tipe steekproeftrekking, ‘n gerieflikheidseleksie, kon daartoe bygedra het dat nie alle deelnemers reeds berading ontvang het, voordat onderhoude met hulle gevoer was nie. Dit mag moontlik wees dat die steekproeftrekking vroeg in die oggende plaasgevind het.

Die feit dat terminasie van swangerskap ’n redelik kontroversiële onderwerp is, en data deur middel van gestruktureerde onderhoude gevoer is, mag moontlik daartoe aanleiding gegee het dat deelnemers nie altyd eerlik in al hul antwoorde was nie.

Vanweë die taalspesifikasie was ’n oorgrote meerderheid van die kliënte wat terminasies versoek het van die studie uitgesluit, aangesien hulle slegs Sotho of Xhosa magtig was.

5.9 Slotopmerking

Die navorsingsresultate toon duidelik dat die aanhef tot die Wet 92 van 1996 naamlik “In geloof dat die beëindiging van swangerskap nie ’n tipe

voorbehoeding of bevolkingsbeheer is nie” (Suid-Afrika. Wet op die Keuse

Kliënte beskou terminasie as ’n uitweg om van ‘n ongewenste swangerskap ontslae te raak en respondente het dus daarom nie kontrasepsie gebruik of dit effektief gebruik nie. Die blyk dus dat een van die belangrikste redes vir die hoë insidensie van terminasies die beskouing van terminasie as ’n metode van kontrasepsie is net soos onlangs bevestig deur die televisie program, Special Assignment (2006: Uitsending).

OPSOMMING

Die redes vir die hoë Insidensie van terminasie van

swangerskappe in die Vrystaat

Christelle Mei

Studieleier: Dr. L. Roets

Die Wet op die Keuse van die Beëindiging van Swangerskap, Wet 2 van 1996, stel dit duidelik dat terminasie van swangerskap nie ’n vorm van

kontrasepsie of bevolkingsbeheer is nie, dog die wet stel enige vrou in staat

om gedurende die eerste 12 weke van swangerskap om ’n swangerskapterminasie te versoek sonder enige vrae of beperkings. Na aanleiding van die statistieke van terminasie van swangerskappe van die Departement van Gesondheid in die Vrystaat was daar ’n aansienlike toename in terminasie van swangerskappe na die implementering van Wet 2 van 1996.

Die veronderstelling was dat terminasie van swangerskappe slegs volgens wetlike voorskrifte gedoen moes word, en nie bloot om van ongewenste swangerskappe ontslae te raak en dus as metode van kontrasepsie beskou te word nie. Die aansienlike toename wat die statistieke van swangerskap= terminasie toon dui moontlik daarop dat terminasie van swangerskap ’n gevolg van ongewenste swangerskappe is. Die navorser het na aanleiding van diè waarneming ondersoek na die redes vir die hoë voorkoms van terminasie van swangerskappe ingestel.

Die doelstelling van die studie was om die redes vir die hoë insidensie van terminasie van swangerskappe in die Vrystaat te ondersoek.

Die doelwitte wat tydens die studie nagestreef is, was om :

1) die moontlike redes vir ongewenste swangerskappe te identifiseer, en 2) die moonlike redes vir die terminasie van swangerskappe te identifiseer.

Die navorsing het ’n beskrywende ontwerp tydens die studie gebruik aangesien die klem op ’n indiepte beskrywing van ’n spesifieke groep individue val.

Data is deur middel van gestruktureerde onderhoude aan die hand van ’n vraelys ingesamel. Die deelnemers was kliënte wat inrigtings in die Vrystaat waar terminasies plaasvind, besoek, met die doel om ’n swangerskap te laat termineer. Die data is ingesamel by drie inrigtings in die Vrystaat waar die meeste terminasie van swangerskappe plaasvind. Drie terminasie-inrigtings is doelgerig geselekteer. Die kliënte wat aan die navorsingsprojek deelgeneem het, is deur middel van ’n gerieflikheidseleksie geselekteer.

Die data-ontleding is deur die Departement Biostatistiek aan die Universiteit van die Vrystaat gedoen. Beskrywende statistiek, naamlik gemiddeldes en standaardafwykings of mediane en persentiele vir kontinue data en frekwensies en persentasies vir kategoriese data is bereken. Die kodering van die vraelyste is deur die navorser gedoen en die data is deur middel van tabelle en figure uitgebeeld.

Die gevolgtrekking waartoe die navorser gekom het, is dat vroue wat swangerskapterminasies versoek wel die beskouing het dat swangerskap terminasie ‘n metode van kontrasepsie is. Sosio-ekonomiese redes is deur die meerderheid (89%) van die respondente as motivering vir hul versoek tot terminasie van swangerskap aangevoer en die voorkoming van diè swangerskappe kan dus tot ’n afname in die terminasieversoeke lei.