• No results found

DIE FINANSIËLE PLAN (VRAAG 45-69)

3.2 BESPREKING VAN DIE RESULTATE VOLGENS GROEPVERDELING

3.2.4 DIE FINANSIËLE PLAN (VRAAG 45-69)

3.2.4.1 Beplanning en kontrolering (vraag 45-49 en vraag 52-53)

(Die volledige bespreking en persentasies word in Aanhangsel C getoon)

Tabel 3.27 Totaal van beplanning en kontrolering

NO. VRAAG JA (%) NEE (%)

45 Ek dink gereeld aan wat my finansiële posisie tydens aftrede sal wees. 68.5 31.5 46 Ek ervaar stres as ek dink aan my finansiële posisie en my naderende aftrede. 49.1 50.9 47 Ek het al begin om voorsiening vir my aftrede te maak. 73.8 26.2

48 Ek stel vir my finansiële doelwitte. 67.6 32.4

49 Die doelwitte word in my begroting gereflekteer. 53.7 46.3 52 Ek het 'n konsultant/makelaar wat na my finansiële beplanning omsien. 42.5 57.5 53 Ek kontroleer soms die vordering wat ek maak ten opsigte van my gestelde 52.9 47.1

Tabel 3.28 Beplanning en kontrolering per ouderdom en posgraad NO. OUDERDOM POSGRAAD 18-25 26-35 36-45 46-55 56-63 1-5 6-8 9-10 11-14 15-20 JA (%) JA (%) JA (%) JA (%) JA (%) JA (%) JA (%) JA (%) JA (%) JA (%) 45 48.1 60.6 77.7 69.2 81.3 66.7 64.8 72.5 68.8 81.3 46 40.7 47.9 58.5 40.0 50.0 56.9 50.5 54.9 45.3 18.8 47 63.0 74.6 71.3 81.5 68.8 48.1 72.5 80.4 84.1 100 48 70.4 63.4 66.7 72.3 68.7 67.3 64.4 64.7 71.4 81.3 49 59.3 49.3 51.1 57.1 60.0 49.0 54.5 47.1 58.1 68.8 52 33.3 36.6 42.1 50.8 56.3 15.4 48.4 41.2 50.0 68.8 53 37.0 59.2 52.7 53.8 43.8 34.0 49.5 54.9 62.5 81.3

Op grond van die totale resultate blyk dit dat die meerderheid van die respondente, veral diegene wat naby aan aftrede is, gereeld aan hulle finansiële posisie tydens aftrede dink. Ongeveer die helfte van respondente, veral die in ouderdomme 36-45 en in posgrade 1-5 en 9-10, ervaar stres as hulle aan hulle finansiële posisie en naderende aftrede dink.

Dit bring dan ook mee dat ongeveer driekwart van respondente al begin het om voorsiening te maak vir hulle aftrede. Dit is kommerwekkend as besef word dat ongeveer 'n kwart van respondente, veral die jonger garde en amper die helfte van respondente in posgrade 1-5, nog geen voorsiening vir aftrede gemaak het nie. Die syfers stem ooreen met die hoë voorkoms van die uitstellers-tendens.

Minder as die helfte van alle respondente het 'n finansiële konsultant of makelaar wat na hulle finansiële beplanning omsien. Van die respondente wat naby aftrede is en diegene wat in posgrade 15-20 is, maak net meer as die helfte gebruik van 'n makelaar of konsultant.

3.2.4.2 Mediese dekking (vraag 50)

(Die volledige bespreking en persentasies word in Aanhangsel C getoon)

Tabel 3.29 Totaal van mediese dekking

NR. VRAAG JA (%) NEE (%)

50 Ek het 'n mediese fonds/hospitaalplan. 78.9 21.1

Tabel 3.30 Mediese dekking per ouderdom en posgraad

NO.

OUDERDOM POSGRAAD

18-25 26-35 36-45 46-55 56-63 1-5 6-8 9-10 11-14 15-20 JA (%) JA (%) JA (%) JA (%) JA (%) JA (%) JA (%) JA (%) JA (%) JA (%)

Dit is insiggewend om te sien dat meer as 'n driekwart van die respondente wel oor 'n mediese fonds of 'n hospitaalplan beskik. Die hoogste voorkoms is onder respondente in die ouderdomsgroep 46-55 in posgraad 11 en hoër.

3.2.4.3 Ongeskiktheidsdekking (vraag 51)

(Die volledige bespreking en persentasies word in Aanhangsel C getoon)

Tabel 3.31 Totaal van ongeskiktheidsdekking

NO. VRAAG JA (%) NEE (%)

51 Ek het addisionele ongeskiktheidsdekking/versekering aanvullend tot die groepskema vir as ek nie in staat is om verder te werk nie.

60.4 39.6

Tabel 3.32 Ongeskiktheidsdekking per ouderdom en posgraad

NO.

OUDERDOM POSGRAAD

18-25 26-35 36-45 46-55 56-63 1-5 6-8 9-10 11-14 15-20 JA (%) JA (%) JA (%) JA (%) JA (%) JA (%) JA (%) JA (%) JA (%) JA (%)

51 51.9 57.7 55.8 73.8 50.0 25.0 68.1 60.8 68.8 93.8

Die meerderheid van die respondente het wel addisionele ongeskiktheidsdekking, om voorsiening te maak vir wanneer hulle nie in staat is om verder te kan werk nie. 'n Gebrek aan diesulke voorsiening kom wel in posgrade 1-5 voor.

3.2.4.4 Testamente en boedelbeplanning (vraag 54-60)

(Die volledige bespreking en persentasies word in Aanhangsel C getoon)

Tabel 3.33 Totaal van testamente en boedelbeplanning

NO. VRAAG JA (%) NEE (%)

54 Ek het 'n testament. 74.2 25.8

55 Ek weet wat met my eiendom sal gebeur as ek sterf en nie 'n testament het nie. 85.1 14.9 56 Ek verstaan alles wat in my testament staan. 77.1 22.9 57 My testament word gereeld nagegaan en opdateer. 53.3 46.7 58 My testament maak voorsiening vir die versorging van al my afhanklikes. 73.5 26.5 59 My naasbestaandes weet waar my testament geliasseer word. 68.9 31.1 60 My naasbestaandes weet wat in my testament geskryf staan. 55.8 44.2

Die totale resultate toon dat bykans 'n driekwart van die respondente wel oor 'n testament beskik en alles verstaan wat daarin staan. Die meerderheid is bewus van die gevolge van 'n intestate afsterwe. Slegs respondente in posgrade 15-20 het almal 'n testament, is ten volle bewus van die gevolge van 'n intestate boedel en verstaan alles wat in hulle testamente staan.

Tabel 3.34 Testamente en boedelbeplanning per ouderdom en posgraad NO. OUDERDOM POSGRAAD 18-25 26-35 36-45 46-55 56-63 1-5 6-8 9-10 11-14 15-20 JA (%) JA (%) JA (%) JA (%) JA (%) JA (%) JA (%) JA (%) JA (%) JA (%) 54 37.0 67.6 76.6 92.3 75.0 37.3 81.3 76.5 84.4 100 55 57.7 81.7 87.1 95.4 86.7 65.4 87.6 88.0 90.5 100 56 48.1 72.1 79.6 89.2 81.3 48.1 85.2 72.0 87.3 100 57 25.9 47.1 53.3 72.3 43.8 30.0 62.5 44.0 64.1 56.3 58 34.6 64.7 78.7 90.8 68.8 36.5 83.9 72.0 82.8 100 59 40.7 58.8 73.9 81.3 75.0 44.0 78.4 68.0 69.8 87.5 60 22.2 51.5 59.8 72.3 43.8 15.7 60.2 60.0 71.4 81.3

Net meer as die helfte van respondente se testamente word gereeld nagaan en opdateer. Dieselfde verhouding geld ook vir die openheid wat respondente en hulle naasbestaandes ten opsigte van hulle testamente het. Ongeveer twee derdes van die respondente het aangedui dat hulle naasbestaandes weet waar hulle testament geliasseer is.

3.2.4.5 Aftreebeplanning (vraag 61-69 en vraag 72)

(Die volledige bespreking en persentasies word in Aanhangsel C getoon)

Tabel 3.35 Totaal van aftreebeplanning

NO. VRAAG JA (%) NEE (%)

61 Ek weet waar ek gaan woon na my aftrede. 44.4 55.6 62 Ek sal finansieel onafhanklik kan aftree. 50.2 49.8 63 Ek sal na my aftrede moet aanhou werk om te kan oorleef. 53.1 46.9 64 Ek weet wat is die stand van my pensioenfonds. 79.7 20.3 65 Ek weet wat is die voordele van my pensioenfonds. 78.5 21.5 66 Ek maak self my pensioenfonds keuses. 87.0 13.0 67 Ek maak my pensioenfonds keuse soos wat my kollegas hulle keuses maak. 8.3 91.7 68 Ek kies die pensioenfonds beleggingsopsie op grond van die opsie wat in die

onlangse verlede die beste korttermyn resultate gegee het.

46.7 53.3

69 Ek verander gereeld die samestelling van my pensioenfonds portefeulje. 26.7 73.3 72 Behalwe vir my pensioenfonds het ek ander addisionele voorsiening vir aftrede

gemaak.

52.0 48.0

Net meer as die helfte van die respondente weet nie waar hulle gaan woon na hulle aftrede nie. Dit is slegs die wat die naaste aan aftrede is wat meer sekerheid rakende hierdie aspek het. Die helfte van respondente is van mening dat hulle nie finansieel onafhanklik sal kan aftree nie. Slegs die respondente wat 18-25 jaar en 46-55 jaar oud is en in posgrade 15-20 is, is meer positief dat hulle finansieel onafhanklik sal kan aftree. Ongeveer die helfte van die respondente is van mening dat hulle ná aftrede sal

moet aanhou werk om te kan oorleef. Die tendens kom veral by persone in die ouderdomsgroep 55-63 en wat in posgraad 1-10 is voor. Dit is ook die persone in posgrade 1-5 wat nie ander addisionele voorsiening vir hulle aftrede gemaak het nie.

Tabel 3.36 Aftreebeplanning per ouderdom en posgraad

NO. OUDERDOM POSGRAAD 18-25 26-35 36-45 46-55 56-63 1-5 6-8 9-10 11-14 15-20 JA (%) JA (%) JA (%) JA (%) JA (%) JA (%) JA (%) JA (%) JA (%) JA (%) 61 12.0 18.6 47.4 72.3 75.0 52.9 37.1 39.2 46.9 68.8 62 58.3 49.3 44.6 56.3 37.5 37.0 40.9 52.9 59.4 81.3 63 33.3 48.5 60.9 52.3 62.5 67.3 57.0 54.9 41.3 31.3 64 62.5 81.4 77.9 84.6 81.3 48.0 78.7 90.2 90.6 100 65 56.0 80.0 80.6 83.1 68.8 39.2 86.5 84.3 88.7 93.8 66 64.0 87.1 89.5 89.2 86.7 66.7 89.9 90.2 92.2 100 67 8.0 10.0 7.4 10.8 0.0 11.8 8.0 13.7 4.7 0.0 68 32.0 55.7 50.5 35.4 40.0 43.1 47.7 51.0 50.0 12.5 69 8.0 25.7 30.5 27.7 25.0 17.6 30.3 25.5 25.0 37.5 72 28.0 47.1 46.3 67.7 75.0 21.6 52.8 47.1 67.2 93.8

Meer as 'n driekwart van respondente is op hoogte van die stand van hulle pensioenfonds. Hulle is ook bewus van al die voordele van hulle pensioenfonds. Dit blyk egter dat die respondente in posgrade 1-5 nie oorwegend ten volle bewus is van die voordele van hulle pensioenfonds nie.

Dit blyk ook dat die groot meerderheid van respondente self hulle pensioenfonds keuse sonder beïnvloeding uitoefen. Bykans die helfte van die respondente oefen egter hulle pensioenfonds opsie keuse uit op grond van die opsie wat die beste korttermyn resultate gelewer het. Dit is die respondente wat 26-35 jaar oud is en in posgrade 9-10 lê, wat hulle meestal deur die korttermyn resultate van die onderskeie pensioenfonds opsies laat lei.