• No results found

4.2 AFLEIDINGS EN GEVOLGTREKKINGS

4.2.4 Die finansiële plan

Dit blyk dat die meerderheid van die personeel, veral diegene wat nader aan aftrede is en in die hoë posgrade (15-20) is, diegene is wat gereeld aan hulle finansiële posisie tydens aftrede dink. Ongeveer die helfte van personeel ervaar stres as hulle aan hulle finansiële posisie tydens hulle naderende aftrede dink. Dit is veral diegene in die ouderdomsgroep 36-45 jaar en die wat in die laagste posgrade is, wat die meeste stres in hierdie verband ervaar.

Dit is verblydend dat soveel as 73.8% van personeel al begin het om voorsiening vir hulle aftrede te maak. Dit beteken egter ook dat meer as 25% nog nie begin het om voorsiening vir hulle aftrede te maak nie. Die gebrek aan voorsiening kom veral in die posgrade 1-5 voor, waar bykans die helfte van personeel nog nie met aftrede- voorsiening begin het nie. Dit verduidelik ook die ervaring van stres wat hulle ondervind. Dit is ten nouste verbonde aan die groot voorkoms van die uitstellers-klassifikasie wat in die laer posvlakke gevind is.

Die voorafgaande paragraaf se bevinding word ook ondersteun deur ongeveer twee derdes van personeel wat wel vir hulle finansiële doelwitte stel en dit deel van hulle begrotings maak. Aansluitend hierby is daar slegs 52.9% van personeel, meestal diegene 26 jaar en ouer wat in posgrade 9 en hoër is, wat soms die vordering wat gemaak word met gestelde finansiële doelwitte kontroleer.

Minder as die helfte van alle personeel het 'n finansiële konsultant of makelaar wat na hulle finansiële beplanning omsien. Die uitsondering is by die personeellede in die ouderdomsgroepering van 55-63 jaar en persone in posgrade 15-20, waar meer as die helfte van 'n konsultant of makelaar gebruik maak om na hulle finansiële beplanning om te sien.

Dit blyk ook dat die meerderheid van die personeel (78.9%) wel oor 'n mediese fonds of 'n hospitaalplan beskik. Die gebrek aan mediese dekking kom veral voor by die persone

dat minder as die helfte van personeel in hierdie kategorieë oor mediese dekking beskik.

Die meerderheid van die personeel het wel addisionele ongeskiktheidsdekking om voorsiening te maak, sou hulle nie in staat wees om verder te werk nie. Dit is veral die personeel in die ouderdomsgroep van 46-55 jaar en in die posgraadkategorie 15-20 wat die meeste oor addisionele ongeskiktheidsdekking beskik.

Die meerderheid van die personeel beskik wel oor 'n testament, verstaan alles wat in hulle testamente staan en is van mening dat hulle weet wat van hulle bates sal word indien hulle sou sterf. Slegs ongeveer die helfte van personeel gaan gereeld hulle testamente na en opdateer die testament indien nodig. Die meerderheid se testamente maak voorsiening vir die versorging van al hulle afhanklikes. Net meer as die helfte het aangedui dat hulle naasbestaandes weet wat die bepalinge van hulle testamente is. Ongeveer twee derdes het aangedui dat hulle naasbestaandes weet waar hulle testament geliasseer is. Die meerderheid is ook op hoogte van die gevolge van 'n intestate afsterwe. 'n Duidelike gebrek aan die bestaan van geldige testamente kom wel voor by die persone in die ouderdomsgroep 18-25 jaar en diegene in posgrade 1-5.

Indien na die plek van verblyf na aftrede gekyk word is dit kommerwekkend dat die meerderheid van die personeel nie weet waar hulle gaan woon na hulle aftrede nie. Slegs die personeel met ouderdomme van 55-63 en die wat in die hoogste- en laagste posgraad kategorie val, is relatief seker van waar hulle na hulle aftrede gaan woon.

Slegs ongeveer die helfte van personeel is van mening dat hulle finansieel onafhanklik sal kan aftree. Veral die jonger garde met ouderdomme tussen 18-35 jaar is meer positief dat hulle finansieel onafhanklik sal kan aftree. Die persepsie van finansiële onafhanklikheid na aftrede is ook direk gelyk aan die posgraad waarin die personeel hulle bevind. Die persone op die laagste posgrade is die minste oortuig en diegene op die hoër posgrade is die meeste oortuig dat hulle finansieel onafhanklik sal kan aftree. Die meerderheid van personeel, veral die in ouderdomsgroep 55-63 jaar wat op lae posgrade is, is die meeste oortuig dat hulle na hulle aftrede sal moet aanhou werk om te kan oorleef. Die persone op die hoogste posgrade is meer seker dat hulle nie sal hoef te werk na aftrede nie.

Die meerderheid van personeel is op hoogte van die stand van hulle pensioenfonds en is ook bewus van al die voordele van hulle pensioenfonds. Dit is veral die persone in die ouderdomsgroepe 46-55 jaar en die in die posgrade 11-20, wat die meeste op hoogte is van hulle pensioenfonds en die voordele wat dit vir hulle inhou. Die meerderheid van personeel maak ook selfstandig hulle pensioenfondskeuses, veral diegene in die ouderdomsgroep van 36-45 jaar. Die persone op senior vlak word ook die minste deur ander persone beïnvloed met die maak van pensioenfondskeuses. Die meeste onsekerheid is geïdentifiseer by persone in die ouderdomsgroep 18-25 jaar en op posgrade 1-5. Hierdie groep het leiding in die neem van besluite nodig.

Wat wel kommerwekkend is, is egter dat bykans die helfte van die personeel hulle pensioenfonds opsie keuse uitoefen op grond van die opsie wat die beste korttermyn- resultate gelewer het. Dit is die persone in die ouderdomsgroep van 26-35 jaar wat die meeste geneig is om hulle pensioenfonds beleggingsopsie keuses op grond van die beste korttermynresultate te maak. Dit beteken dat die personeel nie hulle pensioenfonds volgens 'n langtermyndoelwit bestuur nie. Die jonger garde is die wat hulle die minste steur aan die korttermyn resultate.

Dit is egter positief dat net meer as die helfte van personeel, behalwe vir hulle pensioenfonds, ook ander addisionele voorsiening vir hulle aftrede gemaak het. Dit is dan ook veral die personeel in die ouderdomsgroep van 56-63 jaar en die persone in posgrade 11-20 wat sodanige voorsiening vir hulle aftrede gemaak het.