• No results found

TEOLOGIESE BASISTEORIE

AKSIEPLAN VIR DIE MEDE-AFHANKLIKE

5.5 HEMFELT, MINIRTH EN MEIER SE GENESINGSMODEL VIR DIE MEDE-AFHANKLIKE PERSOON

5.5.10 Fase 10: Instandhouding

Die tipe behoefte rondom instandhouding gaan afhang van die graad van mede- afhanklikheid.

Herstel van mede-afhanklikheid is nie 'n eens en vir altyd aangeleentheid nie. • Drie kategoriee van instandhouding

o Daaglikse instandhouding behoeftes

'n Daaglikse spesifieke tyd vir meditering, gebed en Bybelstudie is noodsaaklik. Die mede-afhanklike moet spesifiek soek na beloftes van ouerlike liefde in die Skrif. Indien vroeer vasgevang met verslawing, obsessie of kompulsie moet hy daaglikse 'n kort inventaris opstel ten einde vas te stel of die ou wee besig is om terug te kruip. EIke drie maande moet daar 'n verhoudingsopname gemaak word betreffende vordering al dan nie met betrekking tot alle verhoudinge.

o Gebruikmaking van ondersteuningsgroepe

Daar moet ten voile gebruik gemaak word van die waarde en voordele van ondersteuningsgroepe. Dit help die mede-afhanklike om tot die slotsom te kom: "Ek

is nie alleen nie - hierdie mense net antwoorde gevind en ek kan ook."

'n Langtermyn ondersteuningsgroep is uiters waardevol ten opsigte van talle van die instandhoudings aspekte gekoppel aan die herstelproses.

o Hersiening van die tien fases

Die tien fases moet periodiek herrsien word. Nuwe krisisse mag vereis dat daar weer deur sekere fases soos byvoorbeeld die van rou gewerk moet word.

Nuwe krisisse kan ook ou onverwerkte pyn sneller en dit moet dan hanteer word.

• God se rol in die herstelproses

In eie kragte kan daar slegs gevorder word tot op 'n sekere punt en slegs in totale afhanklikheid van God kan daar dan verder beweeg word tot by voile heling.

Mede-afhanklikheid het dikwels 'n intergeneratiewe karakter wat in 'n sekere sin beskik oor 'n 'geakkumuleerde vernietigingswaarde'. In hierdie verband kan 'n genogram van die breere familie tot groot nut in die terapeutiese proses wees.

Obsessies is geneig om vas te klou en kompulsies weier gewoonlik hardkoppig om bes te gee - later verskyn hulle ook soms onder 'n nuwe masker. Daarom is die mede-afhanklike totaal afhanklik van 'n krag bokant die van hulself om uiteindelik uit hierdie bose siklus te kan breek. Dit impliseer 'n totale vertroue en oorgawe aan die beheer van die Heilige Gees - vir talle mede-afhanklikes is dit 'n skrikwekkende stap gesien teen die agtergrond van soveel teleurstellings met ouers en mense. Met die nodige hulp en begeleiding is dit egter moontlik.

5.6 SAMEVATTING

In hierdie hoofstuk is drie verskillende genesingsmodelle vir die mede-afhanklike persoon onder oe geneem.

• Filadelfia Opieidingsentrum

Met betrekking tot die opieidingsmateriaal van die Opieidingsentrum van Filadelfia is daar gefokus op die volgende sinvolle riglyne vir die mede-afhanklike kind:

o Om aan horn vaardighede te leer om probleme op te los.

o Om op 'n effektiewe wyse van opgekropte emosies ontslae te raak. o Om meer verantwoordelikheid vir homself en sy gedrag te aanvaar. o Om verhoudings op te bou met volwassenes.

o Om by belange groepe buite die gesin betrokke te raak. o Om deeltydse werk te doen.

o Om te leer om ouer mense meer te vertrou.

Hulpverlening aan die mede-afhanklike volwassene het onder andere die volgende ingehou:

o Die vermoe om diepgewortelde skaamte, woede, vrees en hulpeloosheid wat reeds tydens die kinderjare gei'nternaliseer is, te versorg deur 'n nuwe lewegewende gesindheid, houding en ingesteldheid by die persoon te inisieer.

o Sterk klem is gele op deelname binne groepsverband ten einde binne die groep tot 'n eie waarde belewenis te kan kom en te leer om die groep te vertrou.

o Die persoon word geleer om probleme te hanteer, om die verlede aan te spreek en af te handel, om homself te ontkoppel van negatiewe en destruktiewe aangeleerde rolle en om te rou oor die pyn en verliese wat gelei is.

o Die persoon word geleer hoe om te vergewe.

o Die persoon moet leer om dit wat agter is, agter te laat (Fil 3:13).

o Met 'n nuwe identiteit, spesiale skeppingsdoel en 'n spesifieke roepingsbewustheid moet hy sy nuwe lewe tegemoet gaan en leef in die volheid van Jesus Christus.

ABBO

ABBO se genesingsmodel vir die mede-afhanklike persoon glo dat daar eers 'n verhouding met die persoon opgebou moet word. Nadat die persoon se vertroue dan gewen is, kan hy begelei word om insig te verkry in die situasie en ook in die strategies (gedrag) waarvan hy gebruik maak om beheer oor sy situasie te kry. Hiermee saam kom dan gewoonlik ook insig met betrekking tot die mate waartoe sy

hart verknog is aan sy skat, asook die mate van onwilligheid om enige poging aan te wend om van die probleem of situasie ontslae te wil raak.

In die konfronterings en aktiveringsfase kan die persoon uiteindelik begelei word om af te sien van sy negatiewe en destruktiewe interaksie met homself en andere, en dan begelei word tot verandering.

• Hemfelt et al.

Hemfelt et al. se genesingsmodel is die mees omvattendste van die drie modelle. Dit is 'n praktiese, nuttige en uitvoerbare model waar fokus deurgaans op die tipiese probleme en agtergrond van die mede-afhanklike is. Die klem is dan ook baie sterk op die inoefening van opiossingsvaardighede ten einde die probleme van die verlede die hoof tebied.

Hierdie model is bespreek aan die hand van die volgende tien fases van herstel: o Fase 1: Eksploreer en ontdek die probleem.

o Fase 2: Inventaris van verhoudinge. o Fase 3: Beheer oor verslawings.

o Fase 4: Om die huis te verlaat en totsiens te se\ o Fase 5: Rou oor verliese.

o Fase 6: Nuwe selfpersepsies. o Fase 7: Nuwe ervarings. o Fase 8: Nuwe ouerskap.

o Fase 9: Rentmeesterskap betreffende verhoudings. o Fase 10: Instandhouding.

5.7 SLOT

In hierdie hoofstuk is die volgende behandel:

Filadelfia Opleidingsentrum, ABBO en Hemfelt et al. se genesingsmodelle vir die mede-afhanklike persoon, samevatting en slot

In die volgende hoofstuk, hoofstuk 6 sal van 'n gemtegreerde beradingsmodel, wat saamgestel is uit die genesingsmodelle van Filadelfia Opleidingsentrum, ABBO en Hemfelt et al., gebruik gemaak word om die mede-afhanklike persoon tot identiteitsherstel te begelei. Ook sal van die insigte waartoe daar in die basisteorie (hoofstuk 4), metateorie (hoofstuk 2) en empiriese studie (hoofstuk 3) gekom is, gebruik gemaak word om 'n praktykteorie daar te stel om die mede-afhanklike persoon tot 'n sinvolle verhoudingslewe te begelei.

HOOFSTUK 6

PASTORALE RIGLYNE OM PERSONE MET MEDE-AFHANKLIKHEID